Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Geweld in SA. Show all posts
Showing posts with label Geweld in SA. Show all posts

Wednesday, July 13, 2011

Stakers rand vier werkers erg aan

Jody Nel,
Werknemers van ’n onderneming in Benoni het gister meer as 30 minute in hul geslote kantoor gewag voordat hulle veilig gevoel het om vier aangerande mans na die hospitaal te neem. Lees verder...

Friday, July 9, 2010

Dalk is gerugte genoeg

Uit Kaapstad word berig dat ‘n paar honderd buitelanders, en dit is nou nie wêreldbekerbesoekers nie, by ‘n vulstasie uitkamp in die hoop om ‘n rygeleentheid terug huis toe te kry. “Huis” is in die meeste gevalle, klaarblyklik Zimbabwe.
Die Somali’s en Ethiopiërs met hulle spaza-winkeltjies vertel dat hulle nie nuwe voorraad aankoop nie, want hulle is bang vir plundery.
Buitelanders in sekere woongebiede in die Kaap trek met besittings en al na ander gebiede om tydelik skuiling te vind. Lees verder...

Friday, August 7, 2009

Leerlinge verslae ná geliefde juffrou se dood

Geskryf deur Amanda Roestoff.

“Juffrou, hoekom het hulle haar doodgemaak? Kon hulle haar nie net weggestamp het of vasgemaak het nie?”

Dis wat verslae leerlinge van die Lanternskool in Roodepoort van me. Lucy Briel wou weet ná die gru-moord Woensdag op me. Marinda O’Dell, ’n arbeidsterapeut van die skool. Lees meer...

Meer as 500 honde in Heidelberg vergiftig

Geskryf deur Gloria Edwards,

Meer as 500 honde is sedert begin Januarie in die Gautengse dorp Heidelberg gif ingegee.

Dit is net een plaaslike veearts se syfers, het mev. Debbie Seinsch, ’n inwoner, gesê. “Uit die 500 kon die veearts net 40 red.”

Mnr. Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gister op ’n noodvergadering gesê Heidelberg is ’n rampgebied vir honde.

Van die woedende inwoners het gedreig om die mense wat hul honde vergif, dood te maak.

Die honde word met aldikarb, beter bekend as Two Step, vergiftig.

Verskeie gemeenskapslede het by die vergadering opgedaag om antwoorde van die polisie te kry oor wat hulle as “ ’n gebrek aan optrede teen misdadigers” bestempel. Lees meer..

Thursday, August 6, 2009

’n Volk onder beleg

Geskryf deur Vlad du Plessis,

(Foto: Afrikaners wat weerbaarheidsopleiding ontvang)

Die skrywe van Buks van Rensburg het my net weereens laat besef hoe ons as volk nie net van alle mag gestroop is nie, maar my ook onder die indruk gebring van die ernstige mate van sielkundige demoralisering waaraan ons ly. Hierdie sielkundige demoralisering is instrumenteel in die regime se heerskappy oor ons. Hoewel PW Botha in die jare 80 van 'n Totale Aanslag gepraat het, was daardie woorde nooit so waar soos juis nou nie. Dié aanslag vind op elke denkbare gebied plaas en is ontwerp om ons as volk geestelik, kultureel, ekonomies en biologies uit te wis. Adriana Stuijt praat selfs van ’n pogrom wat teen Afrikaners gevoer word. Vele kommentators verwys reeds daarna as ’n volksmoord omdat die situasie aan al die vereistes van ’n volksmoord voldoen.

Oor die sielkundige demoralisering - en in welke mate dit die sukses van die volksmoord bewerkstellig - kan 'n hele verhandeling geskryf word. Buks van Rensburg is vir seker in die kol as hy dit herlei na 'n dekadensie. Ook die Afrikaner se oppervlakkige ontvlugting daarvan deur onbenullighede soos sport en die groeiende McJesus-verskynsel is tipies van ’n volk in verval. Met die McJesus-verskynsel verwys ek na die verskeie kits-charismatiese geestelike bewegings wat soos paddastoele verrys en ontvlugting in die vorm van ’n meer oppervlakkige en verteerbare teologiese boodskap bied.

Geen van hierdie ontvlugtings bied egter ’n oplossing vir ons krisis nie. Dit is tydelike en illusionêre oplossings wat met die werklikheid van ons bestaanskrisis niks te make het nie. Ons sal ook nie ons menswaardigheid hieruit herwin nie, omdat dit nóg die regime se pogings om ons konstant met die apartheidsverlede te verneder, nóg die ander aspekte van die Totale Aanslag, aanspreek nie. Sportbyeenkomste bied hoogstens ’n hedonistiese ontvlugting, deurdat dit ons toelaat om dopamienafskeidings te beleef wat ’n soort tydelike 'lekker gevoel' beswyming skep. Die ironie dat rugby en krieket juis Engelse sportsoorte is, hoef ek sekerlik nie uit te wys nie. Aan die ander kant preek die kerke konstant vir ons oor medemenslikheid en ’n universele 'naaste', wat niks met die antieke boodskap te make het nie. Hierdeur wakker hulle gedurig 'n verlammende piëtisme aan waardeur ons onsself net verder op die altaar plaas sodat die swart onderdrukker ons vir hul eie belang kan slag en offer.

In die geheel kan ons nie op hierdie trant voortgaan nie. Op hierdie manier stuur ons naamlik vir seker op uitwissing af. Dit is tyd dat Afrikaners die uitdelging wat aan die plaasvind is, erken vir wat dit is en ophou om die gevolglike woede te onderdruk. Hierdie woede skreeu om uitdrukking en dit is ook die sleutel na ons bevryding.

Die Boeremagsaak is ’n sentrale aparaat in die ANC se gereedskapskassie van instrumente waarmee die Afrikaner gefolter word. Behalwe dat dit veronderstel is om ons konstant te herinner daaraan dat enige millitêre poging hierdie selfde futiele gevolge sal inhou, is dit ’n instrument van vernedering. 'Weereens het hulle ons uitoorlê' - en dit moet konstant in ons gesigte gedruk word. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie, omdat die Boeremag hoogstens ’n desperate en infantiele poging van ’n klompie enkelinge was. Tog is die regime se obsessie om die saak so lank as moontlik lewend te hou juis ’n bevestiging van hoeveel hulle die Afrikaner vrees en ook tot watter mate hulle besef dat indien ons millitêr goed georganiseerd is, ons ’n werklike bedreiging vir hulle kan inhou. Die ironie is dat die Boeremag nooit enigsins professioneel van stapel gestuur is nie, en dus word die swakste voorbeeld van Afrikaner militêre organisasie as voorbeeld gebruik.

Die feit dat die swakste voorbeeld veronderstel is om my bang te maak, stem my juis opgewonde en hoopvol. Ek is van mening dat die Boeremagsaak enorme potensiaal vir ons bevryding inhou. Ten eerste moet ons simpatie met die aangeklaagdes, asook ons woede oor die ongeregtigheid van hoe hierdie absurditeit vir ewig uitgerek word en as waarskuwing vir alle Afrikaners gebruik word, juis ons woede uitlok. Die saak self bied verder ’n hele argief van strategiese materiaal van die Boeremag se foute en verskaf sodoende ’n padkaart weg van hierdie futiele mislukking en is per definisie die rigtingwyser na ’n meer suksesvolle strategie.

Die Boeremag-lede was dalk nie die slimstes onder ons nie. Hulle benadering en gebrek aan begrip dien egter as ’n leerskool. Ons moet onsself weerhou van onwettige optrede en ander ondeurdagthede.

Ek twyfel ernstig of ons ’n volkstaat langs die politieke weg gaan kry. Die meerderheid van ons volk is bloot te gedemoraliseerd daarvoor en boonop is die magdom van Afrikaner politieke en kultuur organisasies net te gefragmenteerd. Nogtans moet ons aanhou om te werk vir politieke eenheid en om daardie pad ook na te streef. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie.

Tog is ek daarvan oortuig dat ons alleen struktuur, eenheid en hernieude trots in ons stryd gaan skep deur die bou van 'n sterk militêre beweging. Ná die vernedering van Duitsland by Versailles het die Nasionaal-Sosialiste juis die Duitsers se trots herstel deur die opbou van millitêre vermoë. Dan Roodt het meermale al na 1994 verwys as die Afrikaner se Versailles. Ek is oortuig dat die NSA die Afrikaner se Weimar Republiek is en dat ons net so erg gedemoraliseerd soos die Duitsers in daardie era is.

Ons het 'n millitante minderheid nodig wat hoogs georganiseerd en die toonbeeld van moderne Afrikanertrots is. ’n Soort fanatieke Boere-Nazi of AWB beeld moet egter van weggestuur word.

Dit is ook my oortuiging dat ons nie die ondersteuning van die meerderheid Afrikaners benodig nie. Die 1917 Oktober-rewolusie in Rusland is suksesvol uitgevoer deur die Bolsjewiste wat in daardie stadium slegs 16% verteenwoordiging in die Doema (die Russiese parlement) gehad het. As ons 16% van Afrikaners in 'n (para) militêre struktuur kan organiseer met 'n sterk Afrikaner-identiteit wat ons woonbuurtes suksesvol beskerm, ons kultuur trots vertoon en 'n Afrikaner poltieke agenda handhaaf, sal ons gedy en seevier in hierdie land.

Dit is nie nodig vir ons om, soos die Boeremag, staatsgrepe en ander onwettighede te beplan of te bedryf nie. Ons moet ons by die wet hou. Suid Afrika is op 'n pad van groeiende onstabiliteit. Die geleentheid vir handeling sal weldra kom...

Crime-fighting 'legend' slain

By Jacques Breytenbach

A managing director of Coin security company who was also a former police detective was shot and killed while trying to apprehend an armed robber at a shopping mall near Irene.

As the body of 37-year-old Jaco Pretorius was lifted out of his privately-owned Toyota Prado into the mortuary van, all those who knew him - ranging from police directors to the top brass in South Africa's private security sector - fought back tears as they tried to come to grips with their loss. Read further...

Wednesday, August 5, 2009

Misdaadgolf teister Johannesburg

Die misdaadgolf in Johannesburg duur onverpoosd voort en dit is weereens duidelik dat die ANC-regering nie in staat is om die burgers van Suid-Afrika te beskerm nie. So sê Advokaat Anton Alberts, raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Johannesburgse Metropolitaanse Raad, na aanleiding van die gewelddadige aanval op ‘n ma van drie jong dogters in Midrand gisteraand.
Lees meer...

Tuesday, August 4, 2009

Man loop met sy binnegoed in hande ná aanval

Geskryf deur Herman Scholtz

’n Voormalige skoonmaker by ’n motorfabriek in Rosslyn, Pretoria, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy ’n man se maag oopgesny en dié se ingewande uitgeval het.

“Nie een van ons sal weet hoe dit voel om met jou ingewande in jou hande te loop nadat jy oopgesny is nie,” het streeklanddros Pieter Nel gesê voordat hy Andrew Koba (31) gevonnis het.

Koba is vroeër in die Pretoria-Noord-streekhof skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op mnr. Hendry Britz (58).

Britz het as ’n monteur by die August Läpple-aanleg gewerk en Koba was ’n skoonmaker vir ’n maatskappy wat die aanleg skoongemaak het.

Die hof het gehoor Koba het op ’n dag in Junie 2007 ’n tuisgemaakte mes werk toe geneem, dit laat skerpmaak en Britz sonder rede aangeval.

Aanvaller skiet vrou waar sy op grond lê

Geskryf deur Martiens van Bart,

Vyf gewapende rowers het ’n ma van drie jong meisies Vrydagaand in haar huis in Midrand aangeval en geskiet waar sy plat op die grond gelê het.

Die koeël het dwarsdeur me. Gillian Lindsell (42), ’n dosent aan die Damelin-kollege, se lyf getrek, in die kombuisvloer vasgeslaan, terug deur haar maag getrek en toe weer by haar rug uitgekom.

Volgens me. Tracey Brits, ’n vriendin, het een van die aanvallers haar in die rug geskiet waar sy weerloos op haar maag gelê het. Die rowers het haar en haar huiswerker vroeër met vuurwapens gedwing om op die kombuisvloer te lê.

Lees meer...

Monday, August 3, 2009

Terwyl Rome brand...

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Dirk Uys,

President Jacob Zuma het op 31 Julie in sy weeklikse nuusbrief (wie is sy skriba, wonder mens onwillekeurig?) gesê dat dit onwaar is dat die land “deur onrus geteister word.” Hy het verwys na die onlangse gewelddadige opstande in verskeie provinsies teen swak dienslewering.

In tipiese Zuma-styl versoen hy egter twee teenstrydighede in een paragraaf:

"We should not claim these events to be more than they are. At the same time, it would be unwise to dismiss them because they do raise important issues and they do pose particular challenges for the count."

Zuma het die onlangse geweld en intimidasie deur betogers verwerp. Hy erken egter dat dit nie genoeg is vir die ANC om op mense ’n beroep te doen om die wette van die land te respekteer nie. Daar moet na die “omstandighede” gekyk word wat tot die onrus aanleiding gegee het en hierdie sake moet aangespreek word.
(Foto na links: Die dansende President Zuma)

Volgens Zuma is die protesaksie net gedeeltelik te blameer op plaaslike regeringslede wat nie hulle werk doen nie. Die skade van apartheid, wat tot “sosiale verskuiwings en die vernietiging van die gesinslewe” gelei het, is nog nie genoegsaam herstel nie...

Dan slaan hy egter die spyker op sy kop wanneer hy na die “lack of resources ... and skills” verwys.

Dit bly interessant om te sien hoe swartmense in Suid-Afrika gryp na apartheid as hulle die aandag van hulle eie gebreke wil aflei.

Die huidige onrus het nie veel te make met die vorige politieke bedeling in die land nie. Die gewone swartman, wat jare lank van “bevryding” gedroom het, moet nou met die nare werklikheid saamleef. Hy gaan nie oornag ’n gratis huis met ’n spoeltoilet ontvang nie. Daar gaan nie ’n blink motor in sy agterplaas pryk nie.

Intussen hoor hy van kabinetsministers wat vir hulle peperduur motors aanskaf en gratis met die Blou Trein ry, wat sekuriteitsmaatreëls ter waarde van R100 000 by hulle privaat wonings mag installeer, wat nie huur betaal nie...

Zuma verkies om hom van die huidige krisis te distansieer. Sy woordvoerder het dit gister duidelik gemaak toe hy gesê het dat die president tot dusver nie die onlusgeteisterde gebiede besoek het nie, weens botsings met sy “geskeduleerde afsprake”. Sy regering word deur ’n krisis in die gesig gestaar, maar die president is besig. Dit strook met Zuma se optrede tot dusver. Hy maak versoenende geluide en probeer homself vestig as “almal se president” binne die Afrika-siening van versoening en harmonie. Die vuil werk op regeringsvlak word deur Trevor Manuel hanteer, wat soos ’n ware eerste minister funksioneer. Partysake word weer deur Gwede Mantashe uitgesorteer. Dit plaas Zuma in die bevoorregte posisie waar hy as nasionale vaderfiguur kan optree en sy onbekwaamheid agter versigtig gekose retoriek kan wegsteek.

Die huidige krisis oor ontevredenheid met “dienslewering” gaan oor veel meer as net plaaslike politici en beamptes wat nie weet hoe ’n rioolstelsel werk nie. Daar is miljoene mense wat droom van ’n beter lewe, soos jare lank deur die ANC aan hulle belowe. Hulle is ontnugterd en het niks meer om te verloor nie.

Miskien moet Zuma maar ’n paar van sy afsprake kanselleer en op grondvlak gaan kyk wat aangaan. Die rewolusie het die geneigdheid om soms sy eie kinders te verorber.

Thursday, July 30, 2009

Swartes vermoor wit vrou: "Vrou keelaf gesny in huis"

’n Arbeidsterapeut en ma van twee se keel is eergistermiddag afgesny nadat haar aanvallers haar verskeie kere met ’n mes gesteek het.

Eers het hulle mev. Marinda O’Dell (48) se 17-jarige dogter, Alicia, met ’n breekyster in haar slaapkamer in die huis aangerand en haar gewurg, vermoedelik as deel van ’n poging om die huis in Noordheuwel, Krugersdorp, te beroof.

Lees verder...

Saturday, July 25, 2009

Die groeiende moontlikheid van rewolusie (Deel 2)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Stygende Verwagtinge:

Soos Dan Roodt aangetoon het, het Alexis de Tocqueville daarop gewys dat armoede op sigself nie die oorsaak van revolusie is nie, maar dat die stygende verwagtinge van ’n behoeftige bevolking, waaraan nie voldoen kan word nie, wel aanleiding tot revolusie kan gee. De Tocqueville het grondige studies van die Franse en ander revolusionêre kontekste gedoen.

Soos die model ook sal demonstreer, het swart Suid-Afrikaners in die periode voor FW de Klerk lae verwagtinge ten opsigte van verskeie lewensaspekte, waaronder dienslewering, politieke regte, materiële rykdom, ens gehad. Hoewel swartes in daardie periode deur politieke agitasie gehoop het op die voordele en regte van demokrasie, was dit slegs as abstrakte terme. Swartes het geen daadwerklike politieke mag gehad nie, met die gevolg dat daar geen grondige rede was om hoë verwagtinge te koester nie. Daar was ook geen noemenswaardige swart elite wat materiële welvaart gedemonstreer het en wat hulle dus as maatstaf vir hul verwagtinge kon gebruik nie. Soos Roodt ook verduidelik, sou die oorwegend middelklas blanke nie 'n verwysingspunt vir swart verwagtinge word nie.

Ek dink dit kan met sekerheid gesê word dat die oomblik toe FW de Klerk die vrylating van Nelson Mandela en die ontbanning van die ANC aangekondig het, swart verwagtinge begin styg het. Voor en na die ANC- bewindsoorname het hierdie organisasie onrealistiese beloftes aan kiesers gemaak en sodoende is verwagtinge net verhoog. In elk geval sou die blote idee van “bevryding” by swartes allerhande utopiese verwagtinge begin skep. Die verwagtinge strek boonop oor 'n breë spektrum van dienste, goedere, regte ens.

Soos Roodt ook aandui, jaag die aanwesigheid van die sogenaamde 'swart diamante' wat konstant hulle materiële welvaart vertoon, swartes se verwagtinge verder op. Elke plakker wil nou deel van die Gucci- en Wabenzi-brigade, wat kunsmatig deur die ANC se RA en SEB programme geskep is, wees. Die werklikheid is dat 96% van swartes nooit deel daarvan sal word nie. Hulle
frustrasie en woede rondom beloftes wat nooit nagekom is nie, en gevolglike verwagtinge wat altyd onbevredig sal bly, is besig om toenemend geweldaddige uitdrukking te kry. Die feit dat dienslewering eerder aan die ineenstort is, vererger hul woede, maar meer hieroor onder die volgende subhofie.

Vervolg met Deel 3 (Krimpende Hulpbronne)...

Tuesday, June 30, 2009

Nederlandse toeris se liggaamsdele vir moetie verkoop

Bron: PRAAG
Geskryf deur verslaggewer
Dinsdag, 30 Junie 2009
Beeld berig dat 'n deeltydse swart lyksbesorger, Ben Mongadi (35), ’n hand en bors aan ’n swart pastoor in Acornhoek verkoop het. Dit was die liggaamsdele van ’n Nederlandse toeris.

Die vrou is vier weke gelede in ’n ongeluk buite Lydenburg dood. Sy en drie ander Nederlanders het pas vir ’n vakansie in Suid-Afrika aangekom toe 'n trompop-botsing net buite Lydenburg haar eie en twee ander lewens geëis het.

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die vermeende lykskender twee weke gelede aangekeer.

Die lyksbesorger, wat deeltyds by Doves gewerk het, het Donderdag na bewering aan die polisie erken dat hy die liggaamsdele op die ongelukstoneel met ’n tuisgemaakte mes afgesny het.

Hy het glo liggaamsdele aan ’n swart pastoor van Acornhoek verkoop vir die bedrag van R800.

Pastoor Phillemon Baloyi (47), is aangekeer toe hy op sy beurt die liggaamsdele aan ’n toordokter wou verkoop vir R3 500.

Mongadi het gister vlugtig in die hof op Lydenburg verskyn.

Monday, June 15, 2009

Geheime Rasoorlog in SA: "South Africa World Cup 2010... and the shooting's already started"

Die vooraanstaande Britse koerant, Mail Online, het hierdie artikel gepubliseer. Dit is bemoedigend dat die waarheid die wereld bereik. Dis egter jammer dat die skrywer die boere as regs en rassisties tipeer. Nogtans is die oorweldigende boodskap daardie van die barbaarse brutaliteit en onreg wat teen ons boeregemeenskap gepleeg word.

"Only 70 miles from a 2010 World Cup football stadium, a farmer's wife and a boy aged 13 learn to defend themselves with lethal weapons. They say thousands of white landowners have been killed by Zimbabwe-style marauders; their black rulers accuse them of belligerence and right-wing tendencies. Aidan Hartley reports on the war of words you won't read about in your World Cup holiday brochure."
Lees die volledige berig...