Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, July 25, 2009

Die groeiende moontlikheid van rewolusie (Deel 2)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Stygende Verwagtinge:

Soos Dan Roodt aangetoon het, het Alexis de Tocqueville daarop gewys dat armoede op sigself nie die oorsaak van revolusie is nie, maar dat die stygende verwagtinge van ’n behoeftige bevolking, waaraan nie voldoen kan word nie, wel aanleiding tot revolusie kan gee. De Tocqueville het grondige studies van die Franse en ander revolusionêre kontekste gedoen.

Soos die model ook sal demonstreer, het swart Suid-Afrikaners in die periode voor FW de Klerk lae verwagtinge ten opsigte van verskeie lewensaspekte, waaronder dienslewering, politieke regte, materiële rykdom, ens gehad. Hoewel swartes in daardie periode deur politieke agitasie gehoop het op die voordele en regte van demokrasie, was dit slegs as abstrakte terme. Swartes het geen daadwerklike politieke mag gehad nie, met die gevolg dat daar geen grondige rede was om hoë verwagtinge te koester nie. Daar was ook geen noemenswaardige swart elite wat materiële welvaart gedemonstreer het en wat hulle dus as maatstaf vir hul verwagtinge kon gebruik nie. Soos Roodt ook verduidelik, sou die oorwegend middelklas blanke nie 'n verwysingspunt vir swart verwagtinge word nie.

Ek dink dit kan met sekerheid gesê word dat die oomblik toe FW de Klerk die vrylating van Nelson Mandela en die ontbanning van die ANC aangekondig het, swart verwagtinge begin styg het. Voor en na die ANC- bewindsoorname het hierdie organisasie onrealistiese beloftes aan kiesers gemaak en sodoende is verwagtinge net verhoog. In elk geval sou die blote idee van “bevryding” by swartes allerhande utopiese verwagtinge begin skep. Die verwagtinge strek boonop oor 'n breë spektrum van dienste, goedere, regte ens.

Soos Roodt ook aandui, jaag die aanwesigheid van die sogenaamde 'swart diamante' wat konstant hulle materiële welvaart vertoon, swartes se verwagtinge verder op. Elke plakker wil nou deel van die Gucci- en Wabenzi-brigade, wat kunsmatig deur die ANC se RA en SEB programme geskep is, wees. Die werklikheid is dat 96% van swartes nooit deel daarvan sal word nie. Hulle
frustrasie en woede rondom beloftes wat nooit nagekom is nie, en gevolglike verwagtinge wat altyd onbevredig sal bly, is besig om toenemend geweldaddige uitdrukking te kry. Die feit dat dienslewering eerder aan die ineenstort is, vererger hul woede, maar meer hieroor onder die volgende subhofie.

Vervolg met Deel 3 (Krimpende Hulpbronne)...

No comments:

Post a Comment