Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, June 30, 2009

Nederlandse toeris se liggaamsdele vir moetie verkoop

Bron: PRAAG
Geskryf deur verslaggewer
Dinsdag, 30 Junie 2009
Beeld berig dat 'n deeltydse swart lyksbesorger, Ben Mongadi (35), ’n hand en bors aan ’n swart pastoor in Acornhoek verkoop het. Dit was die liggaamsdele van ’n Nederlandse toeris.

Die vrou is vier weke gelede in ’n ongeluk buite Lydenburg dood. Sy en drie ander Nederlanders het pas vir ’n vakansie in Suid-Afrika aangekom toe 'n trompop-botsing net buite Lydenburg haar eie en twee ander lewens geëis het.

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die vermeende lykskender twee weke gelede aangekeer.

Die lyksbesorger, wat deeltyds by Doves gewerk het, het Donderdag na bewering aan die polisie erken dat hy die liggaamsdele op die ongelukstoneel met ’n tuisgemaakte mes afgesny het.

Hy het glo liggaamsdele aan ’n swart pastoor van Acornhoek verkoop vir die bedrag van R800.

Pastoor Phillemon Baloyi (47), is aangekeer toe hy op sy beurt die liggaamsdele aan ’n toordokter wou verkoop vir R3 500.

Mongadi het gister vlugtig in die hof op Lydenburg verskyn.

No comments:

Post a Comment