Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, August 7, 2009

Meer as 500 honde in Heidelberg vergiftig

Geskryf deur Gloria Edwards,

Meer as 500 honde is sedert begin Januarie in die Gautengse dorp Heidelberg gif ingegee.

Dit is net een plaaslike veearts se syfers, het mev. Debbie Seinsch, ’n inwoner, gesê. “Uit die 500 kon die veearts net 40 red.”

Mnr. Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gister op ’n noodvergadering gesê Heidelberg is ’n rampgebied vir honde.

Van die woedende inwoners het gedreig om die mense wat hul honde vergif, dood te maak.

Die honde word met aldikarb, beter bekend as Two Step, vergiftig.

Verskeie gemeenskapslede het by die vergadering opgedaag om antwoorde van die polisie te kry oor wat hulle as “ ’n gebrek aan optrede teen misdadigers” bestempel. Lees meer..

No comments:

Post a Comment