Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, August 4, 2009

Aanvaller skiet vrou waar sy op grond lê

Geskryf deur Martiens van Bart,

Vyf gewapende rowers het ’n ma van drie jong meisies Vrydagaand in haar huis in Midrand aangeval en geskiet waar sy plat op die grond gelê het.

Die koeël het dwarsdeur me. Gillian Lindsell (42), ’n dosent aan die Damelin-kollege, se lyf getrek, in die kombuisvloer vasgeslaan, terug deur haar maag getrek en toe weer by haar rug uitgekom.

Volgens me. Tracey Brits, ’n vriendin, het een van die aanvallers haar in die rug geskiet waar sy weerloos op haar maag gelê het. Die rowers het haar en haar huiswerker vroeër met vuurwapens gedwing om op die kombuisvloer te lê.

Lees meer...

No comments:

Post a Comment