“Agri SA wil die polisie gelukwens met verskeie optredes die afgelope week wat gelei het tot die voorkoming van ‘n plaasaanval in Kwazulu Natal en ook die spoedige arrestasie van verdagtes van boeremoordenaars in Gauteng en Limpopo. Lees verder...
Showing posts with label Misdaad. Show all posts

Saturday, July 9, 2011
Wednesday, August 11, 2010
Hondjies gaan lê op vrou ná houe
deur Marietie Louw-Carstens - Beeld,
Drie van mev. Chrissie Harmzen (70) se Jack Russell-hondjies het bo-op haar geklim en by haar gewaak nadat sy Vrydagoggend so erg op ’n plaas buite Burgersfort in Limpopo aangerand is dat sy later die dag aan haar beserings dood is. Lees verder...

Monday, August 9, 2010
‘Ek het R30,’ sê 7-jarige vir aanvaller
deur Hilda Fourie - Beeld,
’n Pretoriase ma het kort voordat sy verkrag en met ’n tuinvurk aangerand is, vir haar sewejarige seuntjie gesê om sy baba-worshond styf vas te hou en ’n kombers oor sy kop te trek.
Die seuntjie het die aanvallers R30 uit sy beursie aangebied toe hulle geld geëis het. Lees verder...
Saturday, August 7, 2010
Onreg teenoor kinders
deur Radio Pretoria,
“God vergewe ons baie dinge, maar hy vergeef ons nie die onreg wat ons ‘n kind aandoen nie”. Hierdie is die woorde van Fiela Komoeti, fiktiewe karakter in Daleen Matthee se roman, Fiela se Kind.

Ons volk het sy deel kinderhelde opgelewer. Die bekendstes is Dirkie Uys, Rachel de Beer en Japie Greyling. Dan is daar nog die duisende ongenoemdes wat in die Britse moordkampe gesterf het tydens die Engelse oorlog, aan die einde van die negentiende eeu. Lees verder...
Huisrowers verkrag meisie en vrou
'n Twaalfjarige meisie en 23-jarige vrou is verkrag en die hele gesin aangerand in 'n huisrooftog in Welkom Donderdagaand. Lees verder...
‘Pappa, hulle het Mamma geskiet’
deur Hilda Fourie,
’n Ma is voor haar twee jong kinders doodgeskiet toe sy verbete baklei het om haar voordeur vir rowers toe te hou.
Die koeël het deur ’n glasvenster in die deur getrek en mev. Riana Schoeman van Cullinan in die bors getref. Lees verder...
Saturday, July 24, 2010
‘Dit raak nou net te rof’ ná 2de aanval
Jana van der Merwe Bethlehem. – Hy het in sy eie bloed gelê en voorgegee hy is dood.
Nadat sy aanvallers weg is, het hy die 150 m na sy plaaswerkers se wonings gestrompel om hulp te soek, het mnr. Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank, naby Bethlehem, vertel nadat hy eergisteraand die tweede keer vanjaar in sy plaashuis aangeval is.Lees verder...
Friday, July 16, 2010
Polisie gerapporteer oor plaasaanvallers los kom
Na aanleiding van die voorval op Hartswater, waar ses vermeende plaasaanvallers vrygelaat is omdat die polisie skynbaar nie hulle ondersoek behoorlik uitgevoer het nie, het TLU SA die volgende skrywe aan die Onafhanklike Klagte Direktoraat gerig waarin ondersoek in die saak geëis word: Lees verder...
Thursday, July 15, 2010
Lewenslank tronk toe oor hy kollega in tent verkrag
deur Sonja Carstens ,
’n Voormalige lugmagkorporaal wat in 2007 een van sy vroulike kollegas tydens ’n oefenkamp in ’n tent verkrag het, is gister lewenslank tronk toe gestuur.
Streeklanddros Pieter Nel het Patrick Mokgolo (30), vroeër ’n korporaal van die Waterkloof-lugmagbasis, in die streekhof in Pretoria-Noord tot nóg drie jaar tronkstraf gevonnis vir die aanranding van sy fyngeboude blondekop kollega. Lees verder...
Wednesday, July 14, 2010
Dís hoe ’n mens voel as jy sterf’
Hilda Fourie
Nadat ’n Pretoriase man tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is, het hy plat op sy gesig geval en kon hy nie eens ’n pinkie verroer nie.
Al wat mnr. Rudolph Terblanche (47) om hom kon hoor, was gille, smeke en skote.
Terblanche is verlam gelaat ná die aanval sowat ’n maand gelede in sy huis op ’n kleinhoewe in Willowbray, in die ooste van Pretoria. Lees verder...
Monday, July 12, 2010
Misdaad het kleur
Hoewel die onderstaande skokkende artikel in Beeld, soos gewoonlik ras uit die storie probeer hou weet ons almal hoe die barbare lyk wat sulke dinge aanvang:
Twee vroue van Sun City Village naby KwaMhlanga in Mpumalanga het op dieselfde tyd die naweek onder onverwante voorvalle van geweldmisdaad deurgeloop.
’n Vrou (22) en haar kêrel (23) is eergister omstreeks 19:00 op pad huis toe deur drie gewapende mans oorval en na ’n verlate huis geneem. Lees verder...
Tuesday, June 8, 2010
Staat se onbevoegdheid skep veiligheidsrisiko
TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van die groter wordende lys van onbevoegde optrede van staatsinstellings, wat nou ‘n wesenlike veiligheidsrisiko skep:
Die feit dat Korrektiewe Dienste nie toegesien het dat vrylatingsvoorwaardes stiptelik nagekom word nie, in die geval van die beweerde jeugdige moordenaar van mnr. Eugene Terre’Blanche, wat bydraend was tot die dood van mnr. Terre’Blanche; Lees verder...
Thursday, June 3, 2010
Vier vas nadat pa vermoor, dogters verkrag is
deur André Damons en Sonja van Buul,
Vier Mosambiekers is in hegtenis geneem ná die moord op ’n man van Meyerton wie se twee dogters van 16 en 18 daarna herhaaldelik deur hul pa se moordenaars verkrag is. Lees meer...
Sunday, May 30, 2010
Metropolisie vermoor oënskynlik motoris
Misdaad deur sogenaamde 'misdadigers in uniform' word deesdae op 'n weeklikse grondslag gepleeg. Die linkse Naspers wil he dat ons moet glo dat dit blote 'misdadigers in uniform' is. Gegewe die hoeveelhheid misdade wat wel deur die regime se polisie en metropolisie gepleeg word, is dit meer waarskynlik dat ook hierdie weeklikse 'misdadigers in uniform' niks minder as polisie of metropolisie beamptes is wat onskuldige mense aanval nie. Hier is die jonsgte voorval van 'misdadigers in uniform' : Lees verder...
Wednesday, April 28, 2010
My patriotisme het doodgegaan
deur Jean de Villiers
Ek glo dat alle expats al die een of ander tyd moes hoor hoe hulle lafaards is en weghol terwyl die handjievol blankes wat oorbly moet veg om daaglikse oorlewing. Lees meer...

Sunday, April 18, 2010
Misdaadsyfers word gekook
Asof opruiende politieke uitsprake oor eiendomsreg en berigte oor opbouende rassespanning nie genoeg is nie, is daar nou nog 'n verwikkeling wat die potensiaal het om vir Suid-Afrika ‘n verleentheid te wees. Dit is die bekendmaking dat Suid-Afrika se reeds hemelhoë misdaadsyfers gekook word. Die man wat dit beweer is ‘n senior navorser by die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, mnr David Bruce. Lees verder...
Tuesday, November 10, 2009
Brief uit Beeld: 'Dis my voorreg om veilig te kan wees'
Geskryf deur Brenda Marais - Beeld
Ek is so bly die regering het besluit dat enigeen die BBP-ingryping kan vra. Beeld se berig “Malema mag beskerm word” verwys.
My gesin en my lewe is in doodsgevaar. Jaarliks. Maandeliks. Daagliks. En uurliks.
Hoewel daar geen doodsdreigemente teen ons gemaak is nie, is ons bang.
Ons is vreesbevange.
Ons sluit ons bedags en snags in ons eie huis toe en sien skrams die sonsopkoms deur die massa traliehekke van ons huis.
Ons loer deur ons stoep se traliehek om ons eie tuin te kan waardeer.
Hoekom? Omdat daar in ons omgewing die afgelope 15 jaar mense beroof, vermoor en gemartel is deur mense wat geen respek het vir ander nie.
Nog erger: geen respek het vir ’n lewe nie.
Ons seuns wat bevoorreg is en die wonderlike geleentheid het om op ons eiendom met hul vierwielfietse te kan ry, om vreesloos by ons dam uit te kamp en vis te vang, om onbevange tot laataand saam met hul maats wegkruipertjie te kan speel, word deur ons gemaan om eerder in te kom.
Waar hulle veilig agter slot en grendel eerder TV kan kyk of PlayStation kan speel.
Waaraan stel ons die kinders bloot?
’n Lewe as gevangene? Agter tralies?
Daarom vra ek BBP-beskerming. Nee, ek dring daarop aan.
Dis my voorreg om veilig te wees en my reg as belastingbetaler!

Wednesday, October 28, 2009
'n Afrikanersekerheidsmaatskappy
Geskryf deur Anton Barnard - SAmizdat
Dit is al lankal ‘n voldonge feit dat die Azaniese stelsel van reg en geregtigheid, nes alle ander regeringstrukture, stelselmatig besig is om in duie te stort. Die verrotting het in 1994 begin, toe rassistiese transformasie die howe en die polisiemag van binne begin rysmier het. Ek hoef nie eens die skokkende moordstatistieke van tot 30 000 slagoffers per jaar aan te haal nie, want dit is alombekend.
Dit is voorts duidelik dat dit ‘n enorme fout sou wees om op die SAPD te vertrou om ons teen misdaad te beskerm. Ek loop nou die risiko van ‘n klag teen my, maar laat ek dit reguit stel: vir blankes om op ‘n swart polisielid te vertrou, het uit bittere ervaring uiters, uiters riskant geblyk te wees. Die barbaarse stukke drek (en hiermee is ek besig om drek ernstig te beledig), geklee in SAPD-uniforms, wat eers op omkoopgeld aangedring het, en toe ‘n blanke vrou hierdie pas afgelope naweek verkrag het, is net nóg ‘n bewys hiervan. Korrupsie strek skynbaar tot op die hoogste vlakke van regstellende aanstellings in die polisie, soos die korrupte voormalige kommisaris, Jackie Selebi.
Die verrotting, korrupsie en misdadigheid van die Azaniese regstelsel strek veel verder as slegs die SAPD. Die regbank word toenemend bevolk deur ontplooide ANC-kaders, wat op grond van politieke aanneemlikheid en nie bekwaamheid nie aangestel word. Watter blanke kan ‘n regverdige verhoor te wagte wees voor die leuenaar en rassis Nkola Motata, of sy mede-rassis, “regter” John Hlope?
Die meeste blankes wat dit kan bekostig, het lankal reeds die skrif aan die muur gesien en instinktief besef dat die SAPD se transformasie die sade van sy vernietiging gedra het. Sekerheidsmaatskappye soos Chubb, Securicor en andere is het as gevolg van hierdie besef die leemte begin vul. Al wat ‘n blanke huishouding is, het bykans ‘n privaatsekerheidsmaatskappy. Die probleem is egter dat hierdie sekerheidsmaatskappye heelwat lede van dikwels twyfelagtige opleidingsvlakke en met ‘n onbekende agtergrond in diens het. Estee van Rensburg, ‘n danseres van Pretoria, is juis deur ‘n sekerheidswag in die kop geskiet. Daardie einste privaatwagte wat jy betaal om jou eiendom te bewaak, kan heel moontlik juis die misdadigers wees wat by jou gaan inbreek en jou vrou gaan verkrag. Laat ek liefs swyg oor waarom ek meen dit die geval is.
Dit raak vir my toenemend duidelik dat Afrikaners sal moet ingryp, en die funksies van die falende Azaniese staat sal moet oorneem. Ek wil daarom aan die hand doen dat daar ‘n landswye Afrikanersekerheidsmag geskep moet word. Daar is derduisende Afrikaners met uitstekende ervaring en kundigheid, onder andere voormalige polisie- en weermagoffisiere, wat só ‘n mag kan bedryf. Daar is reeds organisasies met bestaande veiligheidsstrukture in plek, byvoorbeeld die Transvaalse Landbou-unie se sekerheidsafdeling.
In plaas daarvan dat derduisende blanke huishoudings ander sekerheidsmaatskappye per debietorder befonds, hoort ons veel eerder ons maandelikse bydraes aan die Afrikanersekerheidsmag te gee.
Só ‘n mag sal heelwat probleme aanspreek:
• Ek vertrou veel eerder op ‘n Afrikanersekerheidsmag as op die stukke SAPD-drek wat die vrou verkrag het, of op die sekerheidsmaatskappy wie se lid die danseres in Pretoria vermoor het.
• Weens die kundigheid van baie Afrikaners oor sekerheid, sal so ‘n mag uiters effektief wees. Die buurtwag van Louis Trichardt, beman deur voormalige polisielede, weermaglede en selfs die NGK se dominee, het binne enkele maande ‘n afname van 95% in Louis Trichardt se misdaadkoers teweeggebring. Mense verloor egter spoedig belangstelling in ‘n buurtwag, en daarom wil ek juis nié ‘n buurtwag voorstel nie, maar eerder ‘n voltydse, professionele sekerheidsmag.
• Daar is derduisende blanke weermag- en polisielede wat agv rassistiese transformasie hul werk verloor het, en wat selfs so ver soos Irak moes gaan werk soek. ‘n Afrikanersekerheidsmag sal hierdie mense ‘n heenkome gee.
• Daar gaan natuurlik aantygings wees dat hierdie ‘n rassistiese mag is. Ek kan my reeds indink hoe Jan-Jan Joubert se skril stemmetjie nog ‘n oktaaf sal styg uit pure vrees, en hoe hy gal sal braak in al wat ‘n Nasperskoerant is hieroor. Ek verwelkom dit egter. As daar een ding is waarvoor Kees die voornemende motorkaper banger is as die duiwel vir ‘n slypsteen, is dit ‘n bebaarde en bebliksemde Boer in khaki geklee. Ek sou die uniform van die Afrikanersekerheidsmag doelbewus laat herinner aan Boerekrygers of selfs die voormalige SAW se uniforms, en bonusse uitdeel aan lede wat baarde het.
• ‘n Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening die eerste amptelike struktuur binne in ‘n Afrikanerowerheid, ‘n regering in die kuberruim vir Afrikaners, te wees – ek het iets soortgelyks as die Palestynse Owerheid en dié se polisiemag in gedagte.
Ek kan aan geen rede dink waarom so ‘n mag nie winsgewend en effektief bedryf kan word nie. Ek sal beslis lekkerder slaap as ek weet dat daar Afrikaners is wat my buurt patroller. Waarvoor wag ons?

Saturday, October 10, 2009
My pappa is ’n legend
Virginia Keppler - Beeld
‘My pappa is ’n legend. Hy sal nooit besef hoe ’n groot impak hy op soveel mense gehad het nie,” het Jean-Jacques Scheepers (18), die oudste seun van kapt. Charl Scheepers, gister voor sowat 2 000 roubeklaers in ’n huldeblyk gesê.
Scheepers is verlede Saterdagaand by ’n bouterrein in Lynnwood, Pretoria, twee keer in die maag geskiet nadat hy ’n gewapende rower drie keer gewaarsku het om sy wapen te laat val.
Hy is kort daarna dood.
Terwyl Bok van Blerk se lied, “Afrikanerhart” , voluit gespeel het, is sy kis gister deur familie in die Hatfield Christian Church ingedra. Sy vrou, Anna-Marie, en hul kinders, Jean-Jacques (18), Armand (14) en Liza-Mari (11), het huilend agter die kis die kerk ingeloop. Lees verder...

Saturday, September 12, 2009
Suid Afrika se witwarm vraagstuk: Tussenrassige misdaadkoerse

Geskryf deur Anton Barnard - SAmizdat
Die Brandon Huntley-geval het weer eens die baie aktuele vraag oor misdaadkoerse – en spesifiek misdaadkoerse oor rasgrense – in die kollig geplaas. Suid-Afrika se amptelike misdaadsyfers word nie op ‘n rassegrondslag gepubliseer nie. Ons het nie amptelike syfers wat sê hoeveel blankes deur swartes vermoor word en andersom nie.
Die blanke publiek het wel ‘n baie sterk vermoede dat die swart-op-wit misdaadkoers, selfs op ‘n proporsionele grondslag, die wit-op-swart koers totaal verdwerg. (Vir die doeleindes van hierdie stuk gebruik ek die ANC-regime se definisie van swart om ook ander rassegroepe soos kleurlinge as swart te kategoriseer.) Die publiek moet egter staatmaak op oorvertellings en nuusberigte.
Hoeveel van ons was nie self al die slagoffer van swart misdadigers, of ken ander blankes wat deur swart misdadigers beroof, vermoor, aangerand of verkrag is nie?
In die uiters rare en uitsonderlike gevalle waar blankes wel geweldsmisdaad teenoor swartes pleeg, word dit tot so ‘n mate in die pers uitgebasuin dat ‘n leser wat nie van beter weet nie, sou sweer daar is ‘n enorme probleem met rassistiese blankes wat swartes uitwis. Ironies genoeg is die lynregte teendeel waar. Die Waterkloof-4 en die Skierlik-aanvaller was uitsonderlik slegs weens die skaarsheid van hulle soort aanvalle.
Dikwels word sogenaamde blanke misdade totaal en al verdraai. Nie één van die skoonmakers in die sogenaamde Reitzhuis-voorval is beseer nie. Hulle het inteendeel laggend saamgespeel. Dis egter nie wat ‘n leek sou dink as hy CNN of die BBC se berigte hieroor gesien het nie. ‘n Boer het per ongeluk ‘n swart seun op sy plaas geskiet omdat hy hom vir een van die bobbejane wat die boer se plaas plunder, aangesien het. Dit was ‘n ongeluk. Die boer het intense berou oor die ongeluk getoon (hoeveel swart plaasmoordenaars toon soortgelyke berou?), maar nietemin hou Cosatu en sy trawante vol dat dit ‘n rassistiese moord sou wees.
Aan die ander kant is dit slegs die mees sensasionele moorde en aanvalle op blankes, byvoorbeeld die blanke meisie wat deur ‘n swart taxibestuurder vermoor is, wat nog enigsins die koerante haal. Swart-op-wit aanvalle is so algemeen en wydverspreid dat dit nie eens meer skokwaarde het nie. Bykans elke uitgawe van ‘n lukraak gekose koerant met blanke lesers bevat berigte oor swart-op-wit moorde. Sulke berigte word egter dikwels in die binneblaaie weggesteek. Dis slegs as ‘n blanke ‘n swarte aanval, dat dit tot vervelens toe voorbladnuus word. In Engels noem mens dit “man bites dog reporting”.
Die niksseggende en inderdaad absurde verskoning wat die polities korrektes aangebied het om Brandon Huntley se suksesvolle asielaansoek as belaglik te probeer afmaak, was dat swartes ook deur misdaad getref word. Dit is ongetwyfeld waar, maar dis nie die volle verhaal nie. Brandon Huntley het beweer dat hy, as lid van die blanke etniese groep, deur swartes, ‘n ander etniese groep, geteiken word. Dis iets heel anders as gewone misdaad, nie waar nie?
(Indien iemand bostaande sou betwis, gaan ek volhou dat die Waterkloof-4 se aanval en die Skierlik-skietery ook blote misdaad was, iets waaroor die linkses nooit sal toegee nie.)
Indien dit slegs blote misdaad is wat hier ter sprake is, sonder ‘n rassemotief, volg dit dat daar ook in verhouding met ons getalle ‘n proporsionele aantal blankes moet wees wat misdaad pleeg en swartes aanval. Gegewe dat blankes 10% van die bevolking uitmaak, en misdaad volgens die linkses ewekansig is wanneer dit by oortreders en slagoffers kom, volg dit dat 10% van al die misdaad in Suid-Afrika deur blankes gepleeg moet word. Ons moet dus verwag dat huise in Soweto ook deur blanke terreurbendes geteiken moet word en dat swart bejaardes se vingers ook tydens plaasaanvalle deur blanke misdadigers afgeknip sal word.
Is dit werklik die geval? Niemand het harde syfers nie, want misdaadstatistieke word weer eens nie per rasgroep aangegee nie. Kan ons egter ‘n ingeligte raaiskoot hieroor waag? Hoeveel misdaad word deur blankes gepleeg? Hoeveel deur swartes? Hoeveel swart-op-wit aanvalle teenoor wit-op-swart aanvalle? Ek sou reken die antwoord is ja. Mens kan buitelandse statistieke gebruik om minstens verdedigbare syfers mee voort te bring.
Suid-Afrika se blankes se voorouers kom grootliks uit 4 lande: Nederland, Brittanje, Duitsland en Frankryk. Siende dat blankes se voorouers van daar af kom, hoe vergelyk dié lande se misdaadkoerse met Suid-Afrika s’n? Die antwoord is: daar is bykans nie ‘n vergelyking nie. Suid-Afrika se moordkoers is sowat 40-50 per 100 000 bevolking per jaar, sowat dertig keer hoër as hierdie lande s’n, wat tipies 1,5 per 100 000 bevolking is. Hier moet mens ook in ag neem dat ‘n baie groot persentasie van misdaad in die genoemde lande deur swart immigrante gepleeg word.
Dus: Suid-Afrika het sowat 4,5 miljoen blankes. As Suid-Afrikaanse blankes se misdaadkoers soortgelyk aan ons stamlande s’n is, en daar is geen rede om te vermoed dit sou anders wees nie, sou daar slegs 67 uit die 20 000 of meer moorde jaarliks deur die land se blankes gepleeg word. Siende dat al die ander moorde, 20 000 of meer, deur anderskleuriges gepleeg word, wat is die proporsionele moordkoers, maw die koers wat die aantal moorde normaliseer op grond van bevolkingsgetalle?
Die linkses is lief daarvoor om oëverblindery te probeer toepas op grond van bevolkingsgetalle. Hier volg ‘n gunstelingfoefie van die linkses: “Omdat daar baie meer swartes as blankes is, is daar noodwendig meer swart moordenaars.”
Wel, ja, maar dis nie so eenvoudig nie. Daar is nie net getallegewys meer swart moordenaars nie, daar is ook proporsioneel meer swart moordenaars. As jy moordkoerse normaliseer, met ander woorde die koerse op ‘n gelyke basis vergelyk, is die swart koers steeds astronomies groter as blankes s’n. Hier is ‘n maklike manier om laasgenoemde te bedink:
As daar 10 000 witmense in ‘n dorpie sou woon, sou daar slegs elke 7 jaar 1 (een) moord gewees het.
As daar 10 000 swartmense in ‘n dorpie woon, sou daar elke jaar sowat 5 moorde gewees het.
Die grafiek heelbo gee die onderlinge moordkoerse per capita weer op ‘n visuele manier. Let opnuut op: dit is genormaliseer om die getalle swartes en blankes in ag te neem.
Siende dat Brandon Huntley aanspraak gemaak het daarop dat blankes deur swartes geteiken word, hoeveel van daardie 67 blanke moordenaars per jaar se slagoffers is swart en andersom? Ons moet weer eens na oorsese navorsing verwys om ‘n ingeligte raaiskoot te waag. Die VSA het bykans dieselfde aantal swartmense as wat daar in Suid-Afrika is. Die VSA het wel sulke statistieke beskikbaar.
Volgens die webwerf Color of crime pleeg swartes in die VSA 85% van alle tussenrassige misdaad. Swartes verteenwoordig slegs 10% van die totale bevolking in die VSA. ‘n Eenvoudige berekening toon dat swartes in die VSA gevolglik vyftig (50) maal meer geneig is om alle soorte misdaad oor rasgrense heen te pleeg as die res van die bevolking.
Dis moontlik dat Suid-Afrika se tussenrassige moordkoers selfs nog meer skeefgetrek is. Siende dat daar moontlik slegs 67 moorde per jaar deur wittes gepleeg word (sien die dele oor die moordkoers in blankes se stamlande), en ‘n groot deel van die slagoffers ander blankes is, word slegs ‘n baie klein aantal swartes deur blankes vermoor. Dis onbekend hoeveel, maar die boonste perk is 67, en slegs met die aanname dat alle moordslaggoffers van blanke moordenaars swart is. Dis duidelik nie die geval nie – blankes vermoor ook ander blankes.
Dis ook onbekend hoeveel blanke moordslagoffers daar per jaar is. As almal ewekansig deur misdaad geteiken word (in teenstelling met die tempo waarteen verskillende groepe misdaad pleeg), is daar minstens 2000-3000 blanke moordslagoffers jaarliks. Siende dat daar maksimum 67 blankes deur ander blankes vermoor word, is bykans al die ander blanke vermoordes die slagoffers van tussenrassige moord.
Om dit op ‘n ander manier te stel: dis sowat 30 maal meer waarskynlik dat ‘n blanke moordslagoffer se aanvaller swart sou wees as wat die aanvaller blank sou wees.
Vir swart moordslagoffers lyk die prentjie heel anders. Dis sowat 300 maal meer waarskynlik dat ‘n swarte deur ‘n ander swarte vermoor sou word, en weer eens dis slegs as alle blanke moordenaars se slagoffers swart sou wees.
Ek laat dit aan die leser self oor om te oordeel of die polities korrektes se siening, dat misdaad geen kleur ken nie, ‘n goeie weergawe van die werklikheid is. Ek verwag dat daar diegene sou wees wat van my verskil, en ek verwelkom dit. Dit sou veral baie interessant wees om van diegene wat met my verskil se syfers te hore te kom. Is dit nie moontlik tyd vir organisasies soos Praag en Afriforum om te begin aandring op misdaadstatistieke op grond van ras nie? Vir solank as wat die ANC-regime die waarheid van ons probeer weerhou, so lank sal die redelike vermoede bestaan dat die regime iets het om weg te steek, dat die inhoud van hierdie stuk nie ver van die waarheid is nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)