Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, August 3, 2009

Terwyl Rome brand...

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Dirk Uys,

President Jacob Zuma het op 31 Julie in sy weeklikse nuusbrief (wie is sy skriba, wonder mens onwillekeurig?) gesê dat dit onwaar is dat die land “deur onrus geteister word.” Hy het verwys na die onlangse gewelddadige opstande in verskeie provinsies teen swak dienslewering.

In tipiese Zuma-styl versoen hy egter twee teenstrydighede in een paragraaf:

"We should not claim these events to be more than they are. At the same time, it would be unwise to dismiss them because they do raise important issues and they do pose particular challenges for the count."

Zuma het die onlangse geweld en intimidasie deur betogers verwerp. Hy erken egter dat dit nie genoeg is vir die ANC om op mense ’n beroep te doen om die wette van die land te respekteer nie. Daar moet na die “omstandighede” gekyk word wat tot die onrus aanleiding gegee het en hierdie sake moet aangespreek word.
(Foto na links: Die dansende President Zuma)

Volgens Zuma is die protesaksie net gedeeltelik te blameer op plaaslike regeringslede wat nie hulle werk doen nie. Die skade van apartheid, wat tot “sosiale verskuiwings en die vernietiging van die gesinslewe” gelei het, is nog nie genoegsaam herstel nie...

Dan slaan hy egter die spyker op sy kop wanneer hy na die “lack of resources ... and skills” verwys.

Dit bly interessant om te sien hoe swartmense in Suid-Afrika gryp na apartheid as hulle die aandag van hulle eie gebreke wil aflei.

Die huidige onrus het nie veel te make met die vorige politieke bedeling in die land nie. Die gewone swartman, wat jare lank van “bevryding” gedroom het, moet nou met die nare werklikheid saamleef. Hy gaan nie oornag ’n gratis huis met ’n spoeltoilet ontvang nie. Daar gaan nie ’n blink motor in sy agterplaas pryk nie.

Intussen hoor hy van kabinetsministers wat vir hulle peperduur motors aanskaf en gratis met die Blou Trein ry, wat sekuriteitsmaatreëls ter waarde van R100 000 by hulle privaat wonings mag installeer, wat nie huur betaal nie...

Zuma verkies om hom van die huidige krisis te distansieer. Sy woordvoerder het dit gister duidelik gemaak toe hy gesê het dat die president tot dusver nie die onlusgeteisterde gebiede besoek het nie, weens botsings met sy “geskeduleerde afsprake”. Sy regering word deur ’n krisis in die gesig gestaar, maar die president is besig. Dit strook met Zuma se optrede tot dusver. Hy maak versoenende geluide en probeer homself vestig as “almal se president” binne die Afrika-siening van versoening en harmonie. Die vuil werk op regeringsvlak word deur Trevor Manuel hanteer, wat soos ’n ware eerste minister funksioneer. Partysake word weer deur Gwede Mantashe uitgesorteer. Dit plaas Zuma in die bevoorregte posisie waar hy as nasionale vaderfiguur kan optree en sy onbekwaamheid agter versigtig gekose retoriek kan wegsteek.

Die huidige krisis oor ontevredenheid met “dienslewering” gaan oor veel meer as net plaaslike politici en beamptes wat nie weet hoe ’n rioolstelsel werk nie. Daar is miljoene mense wat droom van ’n beter lewe, soos jare lank deur die ANC aan hulle belowe. Hulle is ontnugterd en het niks meer om te verloor nie.

Miskien moet Zuma maar ’n paar van sy afsprake kanselleer en op grondvlak gaan kyk wat aangaan. Die rewolusie het die geneigdheid om soms sy eie kinders te verorber.

No comments:

Post a Comment