Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, August 4, 2009

Man loop met sy binnegoed in hande ná aanval

Geskryf deur Herman Scholtz

’n Voormalige skoonmaker by ’n motorfabriek in Rosslyn, Pretoria, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy ’n man se maag oopgesny en dié se ingewande uitgeval het.

“Nie een van ons sal weet hoe dit voel om met jou ingewande in jou hande te loop nadat jy oopgesny is nie,” het streeklanddros Pieter Nel gesê voordat hy Andrew Koba (31) gevonnis het.

Koba is vroeër in die Pretoria-Noord-streekhof skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op mnr. Hendry Britz (58).

Britz het as ’n monteur by die August Läpple-aanleg gewerk en Koba was ’n skoonmaker vir ’n maatskappy wat die aanleg skoongemaak het.

Die hof het gehoor Koba het op ’n dag in Junie 2007 ’n tuisgemaakte mes werk toe geneem, dit laat skerpmaak en Britz sonder rede aangeval.

No comments:

Post a Comment