Wednesday, July 14, 2010
Die na-Wêreldbeker-era
Wednesday, June 30, 2010
Wie kyk vir jou?
Sunday, June 20, 2010
Nasiebou of Vryheid?
Friday, April 30, 2010
Gedagtes oor ‘n volksraad en veiligheidsstrategie

Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Lees verder...
Alles bly dieselfde, maar niks is onomkeerbaar

Tydens die ANC se sogenaamde Vryheidsdagvieringe het dié beweging se president, Jacob Zuma, uit sy pad gegaan om melding te maak van die feit dat sekere apartheidswette steeds sou spook in die huidige samelewing. In die verband het hy veral verwys na die woon-patrone wat steeds geld: swartes wat in hulle eie gebiede woon, ver van die werksplek af. Lees verder...
Sáám kan ons Afrikaners bevry
Ons land het ‘n stroomversnelling binnegegaan soos laas aan die einde van die tagtigerjare. Toe het die ANC, danksy buitelandse hulp, Suid-Afrika binnegekom en ons hele staat en die helfte van die ekonomie gevat, sonder om ‘n skoot te skiet. Lees verder...
Thursday, March 18, 2010
Zuma-gesprekke dui op swakheid: 'n ope brief aan Dan Roodt
Deur J.H. du Toit - PRAAG
Beste Dan,
Soos jy weet, ondersteun ek jou nog altyd en deurgaans. Daar is wat my betref ook geen ander Afrikanerleier wat toegerus is om die ideologiese leierskap te verskaf soos deur jou bedien nie. Sonder ‘n ideologiese raamwerk het ons geen rasionele rigtingaanwyser nie. Selfs Afriforum, wat waardevolle werk doen, spreek meestal die simptome van die huidige bestel aan. In die ideologiese sfeer oortref PRAAG alle ander Afrikanerbewegings.
Hoewel ek jou argumente rondom verlede week se gesprek met Zuma begryp, is ek soos baie Afrikaners tog besorgd oor hierdie gesprek. Behalwe dat die geheime aard daarvan vir Zuma die geleentheid sou gee om in die toekoms hom van enige verklarings te distansieer, is daar ‘n ander fundamentele probleem met verdere gesprekke in die geheel.
Ek dink nie daar kan meer twyfel bestaan dat die regime en vernaam Zuma juis ‘n strategie het om waardelose gesprekke met almal en nog wie te voer nie. Indien dit nie valse beloftes aan die landbougemeenskap is nie, is dit leuens aan buitelandse beleggers, waardelose gesprekke met Afrikaners, beloftes aan die swart vakbonde en die lys is nog baie langer. Deur nie die uitnodiging te aanvaar om saam met Zuma te gaan eet nie, het Steve Hofmeyer ‘n baie sterk boodskap gestuur, wat grootliks verwater is deurdat die res wel die uitnodiging aanvaar het.
Ek dink nie die analogie tussen die huidige gesprekke met die ANC en dié van voor 1994 is geldig nie en wel om die volgende redes:
- In daardie dae het ons die mag van die ganse staat gehad. Daar was dus ‘n daadwerklike rede waarom die ANC ten minste in die korttermyn hul beloftes gestand sou doen. Ek reken dat enige gesprekke nou net ‘n gespreksforum sonder angel is.
- Wat ons wel tot nou gesien het, is dat die regime geensins hulle woord hou oor enige saak nie. Ek dink daar bestaan ‘n wanbegrip by Afrikaners oor die aard en doel van samesprekinge in die Afrikakultuur. Terwyl ons as Nederduitse gemeenskap oor eeue heen ‘n regsbegrip rondom ooreenkomste en kontrakte gevorm het, het daardie gesofistikeerde ontwikkeling nooit in die Afrikakultuur plaasgevind nie. Hierdie wanbegrip het ook Piet Retief en sy geselskap se lewens gekos en het aanleiding tot Bloukrans en Bloedrivier gegee. In Afrika geld die ooreenkoms net so lank albei partye oor mag in die brutale vorm beskik. Toe die Retiefgeselskap hul wapens neergelê het, het die ooreenkoms geëindig. Die oomblik as enige van die partye mag verloor of afstaan, verval die ooreenkoms. Dit is die begrip wat Roelf Meyer glad nie verstaan het nie. Uit sy naïewe Westerse raamwerk het Meyer in goeder trou onderhandel. Sedertien betaal ons in bloed en aanduidings is dat ons op ‘n massale bloedbad, veel erger as Bloukrans, mag afstuur.
- Dit was juis weens die NP-onderhandelaars se liberale aanname, naamlik dat die Afrikaan dieselfde begrip rondom ooreenkomste as ons huldig, dat die ANC so suksesvol met diplomasie was. Die ANC se sukses was nie omdat hulle kwansuis goeie onderhandelaars was nie, maar eerder omdat ons leiers weens hul Westerse konsep van kontraktereg so naïef was. Om aan te neem dat ons dus, vandag, met gesprekvoering dieselfde sukses as die ANC vóór 1994, sal bereik, is om van voor af weer daardie fout te maak. Weereens huldig dit die mistasting dat die Afrikaan oor dieselfde begrip rondom ooreekomste as ons beskik. Ek betwyfel dus of enige gesprekke op hierdie stadium met die regime (insluitende Zuma) enigsins iets sal oplewer. Ons beskik doodeenvoudig nie oor die tipe mag wat vrees by die Afrikaan inboesem nie.
- Die voortgesette gesprekke met Zuma skep die indruk van ons desperaatheid en oënskynlike weerloosheid. Eintlik hoef Zuma ons niks toe te gee nie, want soos uit bostaande geargumenteer is, is daar nog geen werklike afskrikmiddel aan ons kant nie. Deur dus verdere gesprekke te voer, lyk ons eerder soos bedelaars wat kom bakhand staan en dit beklemtoon hulle (die ANC se) mag oor ons. Die gevolg is dat ons swak postureer en dus na ‘n maklik oorwinbare, selfs weerlose, vyand lyk. Hierdie benadering binne die Afrikaverband is juis baie waarskynlik om ‘n geweldsaanval op ons uit te lok. Indien ons Steve Hofmeyer se "hardegat"-houding inneem, begin ons in die Afrikaverband sterker postureer. Gesprekvoering op hierdie stadium doen oneindig meer kwaad as goed.
Ons kan ons ook nie bekommer oor wat die Weste sal sê rakende ons agenda of benadering nie. Ons maak in elk geval ‘n fout as ons dink dat ons oortuigde vriende in die vorm buitelandse regerings het. In die uur van nood gaan nóg Amerika, nóg Europa ons tot hulp snel en sal ons ten volle op onsself aangewese wees. Ons het geen aanspreeklikheid teenoor die buiteland nie. Ons is alleen teenoor onsself en God aanpsreeklik.
Myns insiens moet alle gesprekke wat met Zuma en die regime gevoer word, ook deur die landboufederasies, in die geheel gestaak word. Alle gesprekke dui op ‘n poging om in goeder trou te onderhandel, want dit is presies die onderliggende aard van onderhandelinge. In die afwesigheid van brutale mag, aan ons kant, laat enige poging in goeder trou ons swak vertoon. (Met "brutaal" bedoel ek nie geweld nie, maar wel die vermoë om dit te kan toepas ingeval van ‘n bedreiging.) Dis om hierdie rede dat, ten spyte daarvan dat die landboufedrasies die minister se drumpel deurtrap, plaasmoorde net toeneem. Die Afrikaan sien die een wat om genade of vergunning vra as ‘n swakkeling. Dit is juis die gesprekvoering wat verdere geweld uitlok.
Die enigste nie-gewelddadige bedingingsproses wat ons durf volg met enige arm van die regime is deur die howe. Die adverseriële aard van die hofgeding is die enigste bedingingsvorm wat nie ons postuur afbreek nie.
Verder moet meelopers soos Pieter Mulder geïsoleer word. Die klem moet eerder val op die opbou van ‘n Afrikanerowerheid soos telkemale deur Anton Barnard gepropageer is. Tesame met laasgenoemde, is die oprigting van ‘n paramillitêre beweging ‘n prioriteit. Eers wanneer ons weer mag begin projekteer, durf ons in gesprek met Zuma of enige regimefunksionaris tree.
Tuesday, February 16, 2010
'n Virtuele vastrapplek
Wat van ’n Afrikaner-provinsie? vra MARINUS WIECHERS na aanleiding van die huidige debat oor ’n volkstaat vir die Afrikaner.
Artikel 235 van die Grondwet bepaal oor selfbeskikking: “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ’n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse nie, soos deur nasionale wetgewing bepaal.”
Hierdie artikel is aanvaar om erkenning te gee aan aansprake op territoriale selfbeskikking van sekere Afrikanerpartye.
Om praktiese uitvoering aan hierdie reg op selfbeskikking te gee, is ’n Volkstaatraad bestaande uit lede van dié Afrikanerpartye destyds in die lewe geroep.
Ingevolge Art. 20(5)(a) van Bylae 6 van die huidige Grondwet is die voortbestaan van die Volkstaatraad gemagtig. Van al die beraadslagings van dié raad het daar egter niks gekom nie.
Ná vyf jaar se vrugtelose debatte is die Volkstaatraad in 1999 ontbind.
Dit lyk of die berg nie eens ’n muis gebaar het nie. Is daarmee die hoop op “selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit” vir die Afrikaner eens en vir altyd vernietig?
Op die oog af lyk die uitsig op Afrikaner-selfbeskikking binne ’n bepaalde territoriale entiteit bra droewig.
Want in Afrikaner- politieke geledere is daar nog te veel mense wat glo daar moet gekyk word waar woon die grootste konsentrasie van wit Afrikaners en om dan bloot op dié statistiese gegewens ’n Afrikanertuisland of ’n boel sulke tuislandjies te proklameer.
Met ander woorde, ’n wit Afrikaner-ghetto of ghetto’tjies soos in die apartheidsdae vir die verskillende etniese groepe.
En dít terwyl die meeste van ons Afrikaners tog deel van die groter Suid-Afrika wil wees en as mens en burger nie in verset teen die nuwe oorhoofse staatkundige bedeling is nie.
Maar, aan die ander kant, is ons Afrikaners in al ons bont verskeidenheid tog diep bekommerd.
Ondanks al die gerusstellings en salwende uitsprake dat die Afrikaner onmisbaar is en ’n groot bydrae kan lewer, weet ons die Afrikaanse taal en kultuur is amptelik op die afdraandepad.
Ondanks al die wonderlike taal- en kultuurfeeste weet ons daar is te veel maghebbers wat geen gevoel het vir die Afrikaanse taal en kultuur nie, of erger nog, ’n diepgewortelde antagonisme daarteen het.
Ongelukkig is daar hier ook te veel bewindvoerders wat, soos in die res van Afrika gebeur het, dink ’n ontwikkelende moderne staat moet sy eie, bestaande taal- en kultuurbesit oorboord gooi.
Te midde van hierdie kulturele barbarisme voel Afrikaners al hoe meer dat hulle in ’n Suid-Afrikaanse diaspora woon, sonder ’n stukkie aarde waar die Afrikaanse taal en kultuur – sonder totale uitsluiting van ander tale en kulture – die dominante een is.
Kortom, is dit moontlik dat die Afrikaner met sy taal en kultuur nog ’n territoriale vastrapplek binne ons Suid-Afrikaanse demokrasie kan verkry?
Myns insiens is dit wel moontlik, indien daar aan twee basiese voorwaardes voldoen word:
Eerstens moet die droom van ’n Afrikaner-volkstaat en veral die gedagte van ’n wit volkstaat met wapperende Vierkleure en smeulende voorlaaiers finaal afgesweer word.
Ook moet die lawwe gedagte van ’n Afrikaner-volkstaat wat uit die algehele Suid-Afrikaanse staatsbestel kan losbreek, die nek ingeslaan word.
Pleks van sulke verouderde waan- en drogdrome moet daar realisties, binne die huidige Suid-Afrikaanse staatsordening, gedink word aan ’n bepaalde provinsie met ’n eie grondwetlik geldige konstitusie waarin die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur onomwonde – maar sonder diskriminasie – as daadwerklike doelstelling verklaar word.
[’n Opmerking in dié verband: Die huidige provinsiale grense soos in die Grondwet bepaal, is sekerlik nie in graniet gegiet nie. In hierdie stadium is daar juis sprake van die verandering van provinsiale grense, blykbaar sonder raadpleging van die inwoners van die betrokke provinsie.
’n Wet wat die bestaande grense van een of meer provinsies verander, moet bo en behalwe die grondwetlike wysiging ook deur die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsies goedgekeur word.
Sou die oorgrote meerderheid van inwoners van ’n bepaalde gebied in ’n referendum aandring op die oprigting van hul eie provinsie, is dit ondenkbaar dat die nasionale wetgewer of provinsiale regering so ’n versoek sou kon teenstaan.
By die oorspronklike vasstelling van provinsiale grense in die 1994-Grondwet is daar uitdruklik vir sulke referendums voorsiening gemaak.]
Tweedens moet daar nugter en realisties op ’n moontlike toekomstige provinsiale gebied besluit word wat vanweë ’n natuurlike demografie reeds oorwegend Afrikaans is.
So ’n moontlike gebied hoef nie vreeslik groot of welvarend of met ’n groot ekonomiese potensiaal bedeeld te wees nie. Ook hoef dit nie noodwendig ’n toekomstige toeristeparadys te wees nie (daar is niks so erg as ’n florerende toerismebedryf om ’n inheemse taal en kultuur te verkrag nie).
Die grense van so ’n gebied hoef in die beginstadium ook nie in absolute detail uitgestippel te wees nie. Al wat nodig is, is ’n gebied wat histories, kultureel en demografies geoormerk kan word om eendag die territoriale basis vir ’n Afrikaner-provinsie te wees.
Die brandende vraag is natuurlik: Hoe kom dinge aan die gang vir die vestiging van so ’n toekomstige Afrikaner-provinsie?
Dit is vergesog om te verwag ons sentrale regering sal oornag ’n Afrikaner-provinsie met eie grondwet en regering proklameer.
Trouens, die regering sal waarskynlik baie bitsig op so ’n gedagte reageer, ondanks die Grondwet se duidelike erkenning van die beginsel van territoriale selfbeskikking.
Vir ’n toekomstige Afrikaner-provinsie sal Afrikaners en Afrikaansgesindes self die inisiatief moet neem. Hoe?
Die eerste en belangrikste stap is om Afrikaner-leiers van alle kante by ’n konstitusionele beraad te betrek waar die min-of-meer grense van die Afrikaner-provinsie, sy toekomstige grondwet en regering bespreek en onderhandel word.
Natuurlik gaan ons klomp dwarstrekkerige Afrikaner-leiers nie al te gemaklik eenstemmigheid in so ’n beraad bereik nie.
Daarom sal dit noodsaaklik wees om eers ’n verklaring van voorneme te onderhandel en te aanvaar waarmee al die leiers hulle verbind tot die waardes van nie-rassigheid en nie-diskriminasie soos in ons Grondwet vervat.
In die verklaring van voorneme sal die doelstellings en aard van die toekomstige provinsie ook algehele konsensus moet verkry.
Daarna kan oorgegaan word om die voorlopige grense van die toekomstige provinsie te bepaal en ’n grondwet op te stel wat aan die vereistes van die nasionale Grondwet voldoen.
Waarskynlik van die belangrikste bepalings van die provinsiale grondwet gaan sy “burgerskap”-bepalings wees.
Die ideaal sal wees dat elke Suid-Afrikaanse burger, hier te lande of oorsee, vrywillig “burger”, oftewel stemgeregtigde deelnemer, kan word.
By die aanvaarding van die provinsiale konstitusie kan ’n tussentydse liggaam onmiddellik oorgaan tot die reëling van verkiesings en die instelling van ’n regering, naamlik die instelling van ’n virtuele regering vir ’n virtuele toekomstige Afrikaner-provinsie.
Die verkiesing en instelling van die virtuele regering kan groot pret wees. Politieke partye, kultuurgroepe en organisasies (die grondwet vir die virtuele regering sal waarskynlik voorsiening moet maak vir verteenwoordiging van meer as net politieke partye) sal wyd moet werf en organiseer om hul ondersteuners as “burgers” van die beoogde provinsie te registreer en mense vir hulle te laat stem.
Met vandag se tegnologie is dit glad nie meer nodig dat “burgers” op bepaalde plekke fisiek moet registreer en stem nie. Dit word gewoon op die internet gedoen.
Ná die verkiesing word die virtuele regering ingestel met verteenwoordigers van die breë Afrikanerdom en Afrikaansgesindes, verlig en verkramp, liberaal en konserwatief, soos dit in ’n goeie demokrasie hoort. Kiesersteun bepaal die regering se samestelling.
Daardie regering begin om die toekomstige provinsie virtueel te “regeer” deur die grense van die toekomstige provinsie te onderhandel, maar nog belangriker, om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling binne die provinsie te bevorder.
En nog belangriker, om Afrikaanse taal- en kultuurbelange binne sowel as buite die provinsie te bevorder. (Dit kan op verskeie terreine geskied en moontlik kan die virtuele provinsiale regering ’n ontwikkelingsbank stig.)
Natuurlik gaan die onmiddellike vraag wees: Waar op aarde gaan die geld vandaan kom om die regering van hierdie toekomstige provinsie te bekostig?
Die wetgewer van die provinsie gaan, net soos enige demokraties verkose wetgewer, een of twee keer per jaar byeenkom om ’n begroting en belasting vir sy “burgers”, waar ook al ter wêreld, te aanvaar.
[Met 50 000 “burgers” en ’n jaarlikse “belasting” van R200 (veel minder as ’n jaar se inskrywing op ’n gewilde Afrikaanse tydskrif), verkry die provinsiale regering al ’n inkomste van R10 miljoen per jaar.]
Uitgawes en besteding geskied volgens die begroting en word in die wetgewer gedebatteer en gemagtig.
Die belangrike is dat Afrikaanse taal- en kultuurbelange en behoeftes gedurende hierdie openbare begrotingsdebatte bespreek en bepaal word.
’n Baie belangrike taak van die provinsiale regering sal wees om die beoogde gebied maatskaplik en ekonomies te bevorder sodat wanneer daar eendag gevra word vir ’n referendum om die provinsie daadwerklik op te rig, die meerderheid van die inwoners met graagte daarvoor sal stem.
Wat word dan van al die ander “burgers” buite hierdie nuwe provinsie (of te wel die “territoriale entiteit” van Art. 235 van die Grondwet)?
Daar is grondwetlik niks daarteen nie om hierdie soort uitgebreide, assosiatiewe provinsiale “burgerskap” te behou wanneer die Afrikaner-provinsie uiteindelik deur nasionale wetgewing afgebaken en opgerig word.
Wat wel sal moet gebeur, is dat die huidige Kieswet verander sal moet word om voorsiening te maak vir stemgeregtigde “burgers” oftewel provinsiale deelnemers wat buite die provinsie woonagtig is.
Ten slotte: Die uiteindelike vestiging van ’n Afrikaner-provinsie deur nasionale wetgewing, soos in ons Grondwet voorsien, gaan nie uit die lug val nie.
As Afrikaners en Afrikaansgesindes, ondanks hul uiteenlopende en selfs botsende sienings oor baie sake, nie hulself met die ideaal van ’n Afrikaner-provinsie kan vereenselwig nie, sal die moontlikheid van ’n territoriale selfbeskikkingsentiteit, soos in die Grondwet gemagtig, vir ewig verlore wees.
Sy selfbeskikking sal die Afrikaner dan maar op ander maniere moet verwesenlik.
Slaag die Afrikaner, die erkende baanbreker in Afrika, wel daarin om ’n territoriale selfbeskikkingsentiteit te verwesenlik, kan hy die voorbeeld stel vir ander taal- en kultuurgemeenskappe om ook ’n vaste territoriale staanplek in die groter Suid-Afrikaanse bestel te verkry.
Marinus Wiechers was voorheen professor in die staats- en volkereg aan Unisa.
Friday, February 5, 2010
Na die pot die ketel verwyt het... .
Terwyl Suid-Afrikaners mekaar nog oor gebalde vuiste aangluur en die woorde-oorlog voortduur oor die 2 Februarie-herdenking, kristalliseer die vraag opnuut:
“Ja, maar wat nou?”
Ongelukkig is idees oor wat nou, baie uiteenlopend, nie net onder die land as geheel se inwoners nie, maar ook binne groepsgeledere. LEES VERDER....
Monday, February 1, 2010
‘n Volksverkiesing
Die Volksverkiesings Kommssie, die VVK, het die naweek aangekondig dat verkiesing van ‘n Volksraad aanstaande jaar gaan plaasvind, en dat dié nuwe Raad op Republiekdag, 31 Mei, aan die Volk bekend gestel en ingestel sal word.
Daardie dag is natuurlik die vyftigste herdenking van Republiekwording, toe Suid-Afrika onder leiding van doktor Verwoerd uit die Britse Statebond getree het en die Republiek onafhanklik gemaak het. Daardie datum volgende jaar is dus inderdaad van pas. Want 31 Mei het geskiedkundig al ‘n soort pendulum geword: 31 Mei 1902 gaan dit sleg met die Boere toe die Vrede van Vereeniging geteken is, en dit die vryheid van die Boererepublieke finaal vernietig het. 31 Mei 1910 kom die Unie van Suid-Afrika tot stand, in wese ‘n Britse poging om die Boererepublieke te laat verswelg in die Britse kolonies, die Kaap en Natal. Dit was ook nie bepaald ‘n sege vir die republikeine van ons volk nie. 31 Mei 1961 was weer ‘n beter dag, alhoewel dié republiek na sommiges se mening nie genoeg met Brittanje gebreek het nie, en so het Engels steeds ‘n amptelike taal gebly, met die Engelse vlag steeds in die landsvlag, en die Engelse kiesstelsel. Maar volgende jaar se 31ste Mei kan dus inderdaad weer ‘n dag van hoop wees vir die herlewing van die republikeinse ideaal.
Voorafgaande aan die totstandkoming van die VVK het kundiges van die internasionale- en volkereg die noodsaaklikheid van ‘n eie verkose gesagsliggaam vir ons volk ingesien, en daarom het die VVK met die registrasieproses vir die verkiesing van die Volksraad begin.
As die Volksraad eers verkies is, is dit nog nie verwesenliking van ons volksrepubliek nie. Dan moet die Volksraad eers met daardie taak begin, vandaar dat ons sê dat 31 Mei 2011 vir ons weer hoop kan gee, want as die Volksraad suksesvol verkies is, is dit nog slegs die hoop op vryheid. Dan moet die Volksraad met sy werk begin, en sonder om nou aan so ‘n Raad voor te skryf, sal hulle waarskynlik dadelik begin om in terme van ons volkslewe te eis vir eie onderwys, veiligheid en ander sake wat ons direk raak. Maar hulle sal waarskynlik ook die internasionale kanale moet volg om druk op die ANC-bewind uit te oefen ten einde ons volk weer vry te maak.
Daar is egter nog baie werk voor voor ons net by die hoop uitkom. Daar moet ten minste ‘n kwartmiljoen volksgenote geregistreer word voordat die verkiesing kan plaasvind. Dit is ‘n enorme taak wat net meer as ‘n jaar tyd het om voltooi te word. Daarom is elke vryheidsbesielde volksgenoot se insette nodig. Sorg dat u geregistreer word. Die VVK-aksie gaan oor partypolitieke grense heen, dit gaan oor kerkgrense heen. Dit gaan oor kultuur-organisasiegrense heen. Daarom wil ons ernstig pleit by elke volksgenoot om nie net self te registreer nie, maar seker te maak dat familie, vriende en bure geregistreer word. Doen moeite om ‘n registrasiebeampte te gaan sien, reël huisvergaderings of groter byeenkomste om die idee, doelwit en proses te verduidelik aan volksgenote en waar hulle geregistreer kan word, en sorg dat ‘n registrasiebeampte teenwoordig is om die mense te registreer.
Hierdie is dalk een van die laaste geleenthede wat ons volk het, want die ANC is besig om sy skroewe teen ons aan te draai, soos blyk uit sy versnelde pogings om ook weer Pretoria se naam te verander. Ons moet die tyd tot ons beskikking gebruik, ons moet hierdie volgende jaar met mag en mening inklim, ons kwartmiljoen volksgenote oproep tot aksie, ons Volksraad verkies en hulle mandaat gee om ons vryheid te kry. Ons kan eenvoudig nie bekostig om hierdie geleentheid te laat verbygaan of te laat misluk nie.
Thursday, January 28, 2010
Moenie sloer met Afrikaner Owerheid nie
Die gesprek wat onlangs deur Anton Barnard oor ’n Afrikaner Owerheid (AO) aan die gang gesit is, moet momentum behou. Ook die insette deur Johann Wingaardt en Christo Landman in hierdie verband is waardevol en belangrik.
Daar bestaan reeds breë gronde vir samewerking tussen Afrikaner-organisasies ter wille van ’n te stigte AO. Weens die inklusiewe aard van ’n AO is dit moontlik om almal vanaf Kleinfontein, die Orania -beweging, PRAAG, die FAK en vele meer daarbinne te akkommodeer.
Selfs die FAK wat tradsisioneel meer aan die ‘linkerkant’ van die Afrikaner spektrum is, het onlangs, by monde van sy voorsitter, Danie Goosen, ’n konsep van selfbeskikking uitgestip wat op ’n AO sou neerkom. Sekere organisasies is betrokke by die volksverkiesingskommissie (VVK) en hierdie inisatief het op sigself die potensiaal om aan ’n AO beslag te gee.
Tog, daar is nog steeds geen duidelike breë Afrikaner-agenda vorentoe nie en die ondraaglike faksionalisme duur voort. Dit is om hierdie rede dat ek voel dat Anton Barnard se motivering vir ’n AO, wat in die kort termyn ondemokraties tot stand kom, geldig is. Dit sal in die onmiddellike noodsaaklikheid vir ’n kragtige Afrikanermondstuk en voorhoede-beweging voorsien. Demokratisering kan volgens ’n tydraamwerk wel gebeur. Die beoogde volksverkiesing kan die voertuig hiervoor wees, maar ek dink nie ons moet een dag verder mors om nie eenheid onder ’n tussentydse AO te bereik nie.
Die AO moet egter deur alle geloofwaardige Afrikaner-organisasies gestig word. Weereens gaan dit daarop neerkom of die huidige leierskap die moed sal hê om enige inisiatief te neem. Dis nou al reeds enkele weke sedert die PRAAG-OB-FAK-Afriforum gesprek en ons sien nog steeds geen sprake van enige handeling nie.
Aan die ander kant is daar die losse Afrikaner-forum wat wel geslaag het om enkele organisasies bymekaar te bring, maar dit is nog geheel en al te faksionalisties. Vir daardie forum om werklik ’n Afrikanerforum te wees, sal dit ook PRAAG, die FAK, Afriforum, en die OB moet insluit. Ek vermoed dat leierskap-ego’s en fundamentalisme nog steeds verdelend is.
Wat is fout met Afrikanerleiers dat hulle nie mekaar wil vind nie? Is dit omdat hulle fokus op die selfsugtige redes wat hulle onderskei van mekaar eerder as die gemeenskaplike gronde?
Sunday, January 24, 2010
Wanneer ons ophou wag sal die leier(s) met ons wees
Somtyds gebeur dit dat ek ’n rubriek van Tim du Plessis lees en darem so hier en daar ’n raakpuntjie met hom vind. Merendeels verskil ek egter lynreg met hom. Vandag het ek die uitsonderlike ervaring gehad om grootliks (met die uitsondering van sy laaste paragraaf) met sy argument saam te stem.
Du Plessis skryf oor die neiging onder Afrikaners om alewig te wag vir iets rigtinggewend om te gebeur, wat dan hul situasie sal beïnvloed of verander. Hoewel hierdie kennelik ’n neiging van ons mense is, is dit gelukkig net ten dele ’n waarheid, want gebeure soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog het daarop gedui dat ons tog tot daadwerklike aksie in staat is.
Nogtans, die punt is dat ons eerder sal wag tot die perde horings kry as wat ons geredelik tot handeling oorgaan. Die huidige gesprek op PRAAG oor Afrikanerselfbeskkiking en Afrikanerleierskap hou myns insiens hiermee verband.
Howel die bewustheid dat ons nie langer op die pad van verknegtheid aan die ANC kan voortgaan nie aan die uitbrei is, tree geen sterk leierskap na vore om leiding na bevryding te neem nie. ’n Volkstaat bly ’n toekomsdroom wat niks nader aan vergestalting beweeg nie.
Anton Barnard het ’n uitstekende rede gevoer waarom ’n Afrikaner-owerheid ’n beter alternatief as ’n gepraat oor volkstaatgrense is. Beide ek en Johann Wingaardt het ons ondersteuning vir Anton Barnard se standpunt uitgespreek. Anton se argument klink vir my nog steeds na die beste van al die selfbeskikingsargumente wat ek tot hede gehoor het.
Ek het selfs aangevoer dat ons ’n populêre petisie op die been bring om aan alle Afrikaner-organisasies te oorhandig. Die uitsluitlike doel hiervan sou wees om hulle te versoek om so ‘n AO tot stand te bring. My rede was juis dat as ons dit nie doen nie, die verlamming of “gewag” waarna Tim du Plessis verwys, net sal voortduur.
Terug by Afrikanerleiers en die “gewag”: Ja, dit is ook my mening dat die “gewag” waarna Tim verwys die toestand is wat ons leiers, of dan die gebrek daaraan, beskryf. Sommige skrywers het spesifiek hul kwelling uitgepreek oor die neiging van Afrikanerleiers om net te praat en tot geen aksie oor te gaan nie.
Selfs met verlede week se PRAAG-OB-Afriforum-FAK-vergadering is daar baie gepraat. Interessante verklarings en artikels het gevolg. Dit is alles baie ‘interessant’ ... en dit is al wat dit is, want die gewag duur voort.
Vandag op PRAAG verskaf beide Christo Landman en Johann Wingaardt as te ware bloudrukke van die roete na bevryding. Hulle ‘ontwerpe’ is wel in groter detail, maar kom ooreen met Anton se idee. Maar, wat gaan nou gebeur? (en hierdie is geen kritiek op die betrokke here nie.) Is dit maar net nog ‘n interessantheid waarvan ons teen volgende week vergeet het?
Ja toegegee daar is wel handeling: Daar is ouens soos Afriforum wat allerhande aksies aan die gang het. Dan Roodt van PRAAG is ’n ongeëwenaarde uitgesproke aktivis, wat nie skroom om te sê wat baie ander net dink, maar nooit die moed het om te uiter nie; en so verskaf hy waardevolle ideologiese rigting. Die Orania-beweging het daad by die woord gevoeg en ’n poging tot ’n volksvesting aangewend.
Nogtans, daar is geen eenheid nie en dus geen gekoöordineerde optrede nie. Niemand werk saam nie. Geen leier bind die Afrikaner in ’n geïntegreerde bevrydingsinisiatief saam nie. Intussen wag ons.
Maar, daar is ’n keersy tot hierdie verskynsel, en dit is die volgelinge. Wat doen ons? Ons val die leiers aan omdat hulle nie tot die tipe handeling kom wat ’n verskil kan maak nie. Maar hoeveel van ons raak werklik betrokke? Hoe kan ons van hulle verwag om grootse pogings aan te wend wanneer die meeste van ons so onbetrokke is? Kan ons van hulle verwag om geïnspireerd te wees, as ons in ons duisende by rugbywedstryde opdaag, maar geen moeite doen om aan politieke byeenkomste of aksies deel te neem nie? Kan ons werklik van hulle verwag om al die risiko te loop terwyl die res van ons ‘wag en kyk’ ?
Miskien is dit een van die redes waarom ek gehoop het ons kan ons leiers deur middel van ’n petisie tot handeling aanspoor. Ten minste sou dit ’n vorm van betrokkenheid wees, al is dit beskeie. My gevoel is dat die ‘sterk leier’ waarvoor almal hoop nie na vore gaan tree solank ons vir hom sit en wag nie.
Thursday, January 21, 2010
Kan Nederduitse gene die Afrikaner se redding wees?
Na ‘n pas afgelope besoek aan drie Europese lande (die Nederlande, Duitsland en Italië) kom die vraag by my op of die Nederduitse volkere geneties sterk genoeg is om die effek van die invloei van nie-Nederduitse mense sosiaal en religieus te kan weerstaan.
Daar is opvallende raakpunte tussen Nederlanders, Duitsers en tot ‘n mindere mate met Noordelike (Germaanse) Italianers, maar weinig raakpunte met die ander Italianers.
Wat opval is die hoë beskawingspeil in die Nederlande en in Duitsland, in teenstelling met Semitiese en Hamitiese lande.
Hierdie stelling is natuurlik kontroversieel, want reeds H.G. Wells het in sy The Outline of History (1920) aangevoer dat die Kaukasiese volkere hoër vlakke van beskawing bereik as die Semiete en Hamiete. Arthur de Gobineau, die Fransman, verklaar dat die Indo-Europeërs ‘n verhewe (soos in hoër!) posisie in die ry van volkere inneem. Dit is op grond van hierdie standpunte dat Adolf Hitler die Duitsers die Herrenvölk genoem het.
Lees verder...
‘n Volk se ontwaking? - Radio Pretoria
Soms wil dit voorkom of die oudstryders en bittereinders in ons volk se vryheidstryd moeg, selfs moedeloos word, as daar na jarelange waarsku, werk en ywer vir die volksaak, nie noemenswaardig sigbare vordering is nie.
Tog lyk dit of jare van stryd, verguising soms, spot, nie heeltemal verniet was nie. Inteendeel. Ons het die laaste tyd gesien hoe daar nuwe inisiatiewe na vore kom om ons volk ‘n vrye en onafhanklike volk te maak, uiteindelik natuurlik in ‘n eie staat. In baie van die aksies en inisiatiewe is dit juis die jonger geslag wat aan stuur van sake staan en ‘n dinamiese koers aandui. Veral op die volksekonomiese terrein, is hierdie verskynsel duidelik sigbaar.
‘n Ander interessante verskynsel openbaar homself buite die tradisionele konserwatiewe of behoudende dampkring, en dit is in die groot Afrikaanse koerante wat saam met die gestorwe NP en Broederbond die pad van Afrikaner vryheid byster geraak het om die oorgang na die nuwe Suid-Afrika te propageer en te besing. Op die webblaaie van die koerante is daar daagliks meningsopnames, wat nou wel nie wetenskaplik is nie, maar wat doodgewoon ‘n reguit vraag vra. En uit daardie opnames word dit al hoe meer duidelik dat die meerderheid van die Afrikaanse koerantlesers nie meer tevrede is met die huidige situasie waarin hulle verkeer nie.
Onlangs was die vraag gevra of lesers reken dat die Afrikaner in die steek gelaat is tydens die onderhandelinge voor die 1994-oorgawe aan die ANC. Meer as tagtig persent van die mense reken dat die Afrikaner inderdaad in die steek gelaat is.
Hierdie week is die vraag gevra of mense sal oorweeg om in ‘n volkstaat te bly. Die groot verrassing is dat slegs sewe en twintig persent van die deelnemers uitdruklik sê dat hulle nie in ‘n volkstaat wil woon nie, terwyl sewe en vyftig persent uitdruklik sê dat hulle wel in ‘n volkstaat sal wil woon, terwyl die oorblywende klomp sê hulle sal dit onder bepaalde omstandighede sal oorweeg. Dit was, terloops, ook die grootste meningsopname nog deur die koerant, want meer as elf duisend mense het daaraan deelgeneem!
Hierdie was ooglopend ‘n groot skok vir die redaksie van die betrokke koerant, wat skielik ‘n junior joernalis, van wie bittermin mense nog gehoor het, inspan om ‘n dag later ‘n byna onrealistiese te relaas lewer waarom ‘n volkstaat nie die antwoord is nie, terwyl die redakteur in vandag se koerant praat van die wit verskuiwing, en die onbekende joernalis probeer beskerm, nadat die lesers skynbaar ‘n bietjie met sy gal gewerk het.
Die feit van die saak is dat die mense wat aan hierdie meningsopnames oor die internet deelneem, hoofsaaklik die jonger garde verteenwoordig. Dit is dus daardie geslag wat doodeerlik sê dat hulle nie hou van die situasie waarin hulle verkeer nie. Alhoewel die koerant se joernalis probeer aantoon dat dit ‘n soort rassistiese benadering is en ‘n hunkering na apartheid, is dit juis nie die geval nie. Dit is mense wat deur die realiteit van die dag, besef dat hierdie bestel en bedeling nie werk nie, nie aanvaarbaar is nie, nie ideaal is nie, en dus met iets anders vervang word. ‘n Volkstaat, waar die Afrikaner oor homself regeer, lyk na ‘n logiese en aanvaarbare oplossing.
Dalk was van ons ouer vryheidstryders en leiers hulle tyd vooruit. Maar as na hierdie tekens gekyk word, is dit duidelik dat die strewe na onafhanklikheid onder ons volk groter is as wat werklik besef word. Dit is in pas met die nasionalistiese- en vryheidstrewes wat ook onder ander volke van die wêreld leef.
Dit toon dat die tyd ryp is dat ons ons vryheidseis steeds sterker stel, en ook duideliker begin omlyn. Die volk begin ryp word daarvoor. Ons het nie meer nodig om ter wille van sogenaamde politieke korrektheid, of welwillendheid teenoor ‘n vyandige regering, ons vryheidstrewe en vryheidseis, te verbloem of te versag, of selfs te verdoesel, soos sommige organisasies selfs doen nie.
Met dit in gedagte is dit dalk nou die regte tyd om ook die Volks Verkiesingskommissie, die VVK, se veldtog om ‘n volksraad vir ons volk daargestel te kry, nou met mening te dryf. Daarvoor is hande en voete van bereidwilligheid nodig. Wil u nie maar aanmeld vir die volgende fase van ons vryheidstryd nie? Ons volk smag daarna.
Sunday, January 17, 2010
Mag ons leiers mekaar vind
Te danke aan Beeld se volkstaatmeningspeiling het hierdie gesprek weer momentum gekry. Die volkstaat is en moet ons belangrikste oogmerk bly en daarom is hierdie nuwe lewe wat die debat ontvang het van kardinale belang.
Hoewel Beeld se meningspeiling nie wetenskaplik is nie, dui dit tog dat daar geweldige steun onder Afrikaners (en miskien veral noordelike Afrikaners) vir ‘n eie staat is. Vir seker moet Afrikanerleiers ag hierop slaan en selfs organisasies wat tradisioneel nie van ‘n volkstaat gepraat het nie, bv die FAK en Afriforum, sal ten minste moet kennis neem hiervan.
Dit is verblydend dat hierdie gesprek juis nou nuwe lewe gekry het, reg voor die PRAAG-OB-FAK-Afriforum-beraad vanaand by die Diamantvalleilandgoed. Ek hoop van harte dat die volkstaatideaal hoog op hul agenda mog wees.
Wat na vore kom in vele insette van die baie deelnemers op verskeie internetforums en opiniewerwe is die gevoel dat die tyd vir die Afrikaner vinnig aan die opraak is. Die feit dat meer as ‘n derde van Afrikaners (meestal die room van ons gemeenskap) reeds sedert 1994 ge-emigreer het, bevestig hierdie krisis. Ook die regime se doelbewuste vernietiging van ons volk se ekonomiese toegang sowel as die aftakeling van ons taal en kultuur, bevestig dat ons op ‘n vinnige afdraande pad is en dit raak nou geheel realisties om die einde van die Afrikanervolk voorsien.
Die vyande wat ons in ons huidige magtelose situasie ondergrawe is velerlei. Vanaf die swart regime tot hul lakeie tussen ons eie mense, soos Naspers, sien met groot afwagting uit na die dag wanneer ons nie meer daar is nie. Die tyd vir aksie het voorwaar gekom. As ons nie nou optree nie, sal die geskiedenis ons beskryf as ‘n volk wat ondergegaan het omdat hulle nie om oorlewing wou veg nie.
Dit is nou in hierdie gevorderde uur van kardinale belang dat Afrikanerleiers van die onderskeie splinterbeweings mekaar moet vind. Ons kan nie meer teen mekaar werk nie. Die ongeregtigheid van ons verdeeldheid is net so ‘n groot misdaad teen ons volk as wat die vyand teen ons pleeg. As ons sg leiers nie mekaar vinnig gaan begin vind nie, sal die vernietiging van ons volk ook voor hulle deur gelê moet word.
Ek wil ‘n beroep doen op alle Afrikanerleiers, wat besef dat ons in ‘n krisis verkeer, om van hier af aan emosionele intelligensie aan die dag te lê. Laasgenoemede blyk vir my altyd ‘n eienskap te wees waarmee ons ou volkie baie swak bedeeld is. Eeue se stryd om oorlewing op hierdie ongenaakbare kontinent sowel as die onbuigsaamheid wat dikwels deur enge Calvinistiese waardes van geslag tot geslag oorgedra word, het gemaak dat ons dikwels nie vir mekaar wil toegee nie.
Indien ons onsself wil red uit die krisis waarin ons verkeer, sal ons móét saamstaan. Om mekaar te vind, sal ons moet bereid wees om aan mekaar toe te gee. Geen eenheid sal bereik word sonder kompromievorming nie. Om iets te kry, moet jy iets afstaan. Sonder opoffering is daar geen wins nie. Mag ons leiers hierdie wysheid verwerf voordat dit heeltmal te laat is.
Thursday, January 14, 2010
Orania ontwikkel en bars uit sy nate
Ek en my gesin was die vakansie in Orania. Wat ’n ongelooflike ervaring. Die dorp bars uit sy nate en hulle kan nie byhou met die bou van nuwe huise en ander blyplek nie. Ons het in ’n splinternuwe vierster-hotel op die oewer van die Oranjerivier gebly, in ’n pragtige, nuwe restaurant geëet en wêreldklas-behandelings in die Orania Rivierspa gekry. Alle verblyf in Orania was vol bespreek vir die vakansie en hulle moes tientalle vakansiegangers wegwys. Ek weet dus nie hoe Du Toit by sy persepsies oor Orania uitkom nie.
Orania se skole bars vanjaar uit hul nate en die een skool moes groot nuwe klaskamers aanbou omdat die leerlingtal binne ’n jaar met 100% toegeneem het.
Geen gedwonge segregasie in dié volkstaat
Pieter du Toit maak ’n Afrikaner-volk-staat op stereotipe wyse af as ’n plek waar “gedwonge segregasie” sal geld en wat bewoon sal word deur bejaarde en bebaarde mense.
Die soort volkstaat waarvoor ek, die VF+ en baie ander ons beywer, sal ’n plek wees sónder gedwonge segregasie waar Afrikaners ’n meerderheid sal vorm.
Ons eis ’n derde van die land in ’n strook wat loop van Pretoria-Oos tot anderkant Witbank met die Jan Smuts-lughawe en die meeste kragsentrales, asook suidwaarts ’n groot deel van die Oos-Vrystaat tot in die Suid-Kaap met die kusgebied tussen Port Elizabeth en Mosselbaai ingesluit.
Soos dr. Willem van Heerden in sy boek Hartland van die Afrikaner aangetoon het, word die gebied reeds in ’n hoë mate deur Afrikaners beset en sou ons daar ’n demografiese meerderheid kon verkry, veral as die diaspora-Afrikaners kan terugkeer.
Wednesday, September 23, 2009
Volksvergadering te Vegkop dié naweek .
.png)