Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, September 23, 2009

Volksvergadering te Vegkop dié naweek .

Die Boere-Afrikanervryheidsinisiatief het 'n volksvergadering vir die komende naweek by die Vegkopfeesterrein naby Heilbron belê. Volgens die organiseerders het hulle gedurende die afgelope twee maande honderde duisende Afrikaners deur middel van pamflette, radio-uitsendings en die internet uitgenooi na die volksvergadering wat oor die naweek van 25 tot 27 September by Vegkop naby Heilbron in die Vrystaat sal plaasvind. Die vergadering word gehou om konsensus te bereik oor 'n strategie vir die herstel van die vryheid van ons volk en dit vind plaas onder die tema "Soewereiniteit binne Gelofteverband". Volledige besonderhede oor die program is te siene by volksvergadering.co.za.
Eendrag Maak Mag

No comments:

Post a Comment