Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Afrikaner Perspektief. Show all posts
Showing posts with label Afrikaner Perspektief. Show all posts

Thursday, December 10, 2009

Wat doen ons?


Geskryf deur Radio Pretoria,

Heel dikwels word die vraag gestel: Wat doen ons as volk om onsself in hierdie woeste land te handhaaf? Dit is ’n billike vraag, en dit is nodig dat volksgenote van tyd tot tyd voorraad opname doen oor sy eie werksaamhede, sy strewes en ideale.

In die afgelope jaar het talle nuwe inisiatiewe na vore gekom. Hierin het Radio Pretoria ’n beduidende rol vervul om daardie inisiatiewe tot sukses te lei. Sonder die ywer en offervaardige handelinge van ons volksgenote, sou daar niks nuuts op die horison vir hierdie volk in slawerny verskyn het nie.

Gedurende die tweede helfte van verlede jaar het ’n paar gemotiveerde volksgenote bymekaar gekom en gesprekke gevoer oor die toenemende verarming van ons volk. Daardie gesprekke was die eerste tree om die Oranje Sake Instituut te vestig, met die noodwendige opvolg aksie van Oranje Sakekamers wat die een na die ander in 2009 tot stand gekom het. Die eerste Oranje Sakekamer is in Pretoria gestig, en heel gou het ander sakekamers elders in die land opgespring.

Voortvloeiend hieruit het die volgende logiese stap gevolg. Oranjekas, ons volk se eie koöperatiewe Bank kom tot stand. Binne maande na die stigting het dit duidelik geword dat die Bank, wat ’n lang gekoesterde ideaal is, tydig en met groot entoesiasme en oorgawe ondersteun sou word. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land het begin navraag doen, en Oranjekas word, soos Radio Pretoria, ’n simbool van verset en eendragtige optrede om ons volk ook op ekonomiese terrein te hervestig.

Radio Pretoria roep derhalwe ons volksgenote oor die wêreld om ons volk se eie strukture hier te lande te begin ondersteun. Maak ’n begin deur Oranjekas te ondersteun. Koop aandele in ons Bank, maak minstens ’n spaarrekening oop, en help daarmee om hierdie klein volk weer ’n vaste staanplek te gee in die finansiële wêreld.

In die maande wat voor is, sal aandag gegee word aan verdere ontwikkeling van ons volk se ekonomiese strukture. Die Afrikanervolk beskik oor die vermoëns om selfversorgend te wees, en daardie selfversorging beteken dat ons ons swaar verdiende inkomste sodanig moet aanwend dat dit nie in die hand van die vreemdeling val nie.

Uiteindelik sal ons op ekonomiese gebied ons volk moet versorg, wat meebring dat werksgeleenthede geskep moet word, dat volksgenote die nodige opleiding en kundigheid moet kry sodat ons die toekoms kan ingaan met die vaste vertroue dat finansiële druk afgeweer is.

Dit is wat ons doen – en daarmee gaan ons voort om ons volk se selfrespek, hul trots en waardigheid terug te bring na die vlak wat dit altyd was. Die sukses hiervan is deels in jou, wat nou hier lees, se hande. Niemand gaan iets vir die Afrikanervolk doen nie – ’n volk red homself !

Sunday, December 6, 2009

Vra Breyten nou vir partisie?

Dit kan nie meer betwyfel word nie, die Afrikaner liberale beweging is aan't verbrokkel. Die Dakargangers is besig om so vinnig hul linkse deuntjie te verander dat dit terugskouend voorkom asof 'n besoek aan Disneyland vir hulle van groter poltiek-geestelike waarde sou wees. In die tagtigs het hulle ons aangemoedig om politieke selfmoord te pleeg. Vir Chris Louw het hierdie selfmoord uiteindelik 'n baie konkrete werklikheid geraak. In eergister se Rapport erken Hermann Giliomee dat hulle uit pas met die werklikheid was. Die hoogte punt is egter Breyten Breytenbach se angsroep (hieronder) om 'n federalistiese-debat. Hoewel hy dit nooit sou erken nie klink dit asof Breytenbach so "ontgogel" ( sy eie woord) deur die Mzanzi ramp is, dat hy nou 'n geesgenoot van Dr. Andries Treurnicht geword het.
Sekerlik kan die federalisme waarvoor Breytenbach so naarstigtelik vra nie die gewone geografiese tipe wees nie, aangesien dit bittermin aan meerderheidsoorheersing sou verander. Logies moet aangeneem word dat hy om een of ander etniese-streeks federalisme vra. Wat 'n ommekeer deur 'n linkse?


2009-12-05 14:54

Breyten Breytenbach

As ontgogelde utopis glo ek ons het nie net die droom van een nasie verloor nie, maar dat die Suid-Afrikaanse samelewing in al sy geledinge terminale simptome toon van magsmisbruik, arrogansie, rassisme, vervolgingswaansin, oorlewingsvrees en ’n endemiese oneerlikheid met politieke gatkruip wat klaarblyklik belangriker as bekwaamheid geag word. En dat politieke en kulturele en fisieke moorddadigheid hoogty vier. (Natuurlik is dit ’n veralgemening: “Ons is nie almal so nie.” Miskien moet mens liewer sê: “Ons hoef nie almal so te wees nie.” En ek voeg by: Ek glo dat dit deur stryd anders gemaak kan word.)

Kan die verdere inkalwering van die land en haar instellings nog enigsins verhoed word? Hoe keer mens dat die gehawende wete van “Suid-Afrikaner” te wees verder uitrafel?

Was ons ooit “Suid-Afrikaners”? Wat is die gemene deler tussen verskillende bevolkingsgroepe en klasse wat dieselfde geografiese gebied bewoon – of dit nou histories afgebaken, geannekseer of verbeel is? Is ons enigste verbintenis dalk die negatiewe een van wedywerende nasionalismes en strydende geskiedenisse, van verspilde bloed en die intieme verhouding tussen verdrukker en onderdrukte, tussen roofdier en prooi? Indien ons dan nie kan opgaan in ’n bewustelik gedeelde “geheel” nie, is daar plek vir saambestaan wat nie deur geweld gereguleer word nie?

Suid-Afrika het nie uit die gedeelde herinnering aan ’n nasionale “geheel” ontstaan nie. Die land se kontoere en magslyne was nog altyd getrek aan die hand van opeenvolgende konstrukte van ekonomiese en sosiale bewimpeling: stamme en koninkryke wat veg om oorheersing; setlaaroorwinnings; kolo­- nialisme, en toe die Boererepublieke wat baklei om weg te kom van Britse imperialisme; ná die nederlaag, die Unie van uiteenlopende historiese en streekidentiteite almal onder die Britse kroon; apartheid soos ingevoer deur die Britte en daarna gevestig toe die Afrikaners se Nasionale Party in 1948 die mag verkry, begelei deur sogenaamde afsonderlike ontwikkeling; die nasionale bevrydingstryd, en nou die heerserskap van ’n “revolusionêre” regime wat oortuig is hulle sal regeer “tot Jesus weer kom”. In die proses is gemeenskappe verpletter en verstrooi en inheemse tale verneder tot die “volkstaal” van kombuis en myn en sjebien.

Toe afhanklike state en plaasvervangerbewegings met die einde van die Koue Oorlog skielik moes begin skarrel vir beskermhere, geloofwaardigheid, ’n gewaande legitimiteit en dikwels ook vir geld en vir wapens, was dit dalk onvermydelik dat ’n proto-sosialistiese nasionale bevrydingsbeweging soos die ANC, nou sonder Sowjet-dekking of internasionale sosialistiese voeding, sou ontpop as wagmeester van die vryemarkstelsel. ’n Nuwe bedeling sou immers nie sonder toestemming van Kapitaal tot stand kon kom nie.

Mettertyd word die een-party- heerserskap en kultuur van toe-eiening en patronisering omgesit in ’n beleid van staatskapitalisme verdoesel as sosialisme – op voorwaarde dat die staat aan die ANC behoort – en opgedoek as die Nasionale Demokratiese Revolusie. (Goeie ou Westerse begrippe: “nasionaal”, “demokraties”, “revolusie”: vandat ons almal ons samesyn in Engels begin verwoord het, is daar mos nie meer ruimte vir inheemse denkkonstruksies nie.)

Die vervanging van die minderheidsregering wat slegs die belange van die wit gemeenskap verteenwoordig het, was egter geen revolusie nie. Die staat se kankergang was en is aaneenlopend; mag bly gesentreer in die geslote komiteevuiste van die regerende party, al is dié nou ook afgevaardig deur ’n meerderheid landgenote vasgeverf in die geskiedenis; die huidige Grondwet bevraagteken in die praktyk nie die strukture van politieke magsmonopolisering óf die ekonomiese stelsel waarop die staat berus nie.

Ná 1994 was daar vir ’n wyle ’n inklusiewe wil om saam te staan rondom die droom van ’n nuwe nasieskap wat die etiek van vergewensgesindheid en dalk selfs onderlinge vertroue sou kon beliggaam, maar dit het gou afgedryf in die riool van verraaide verwagtinge en roofpolitiek, vrees en ongebreidelde vraatsug, bandeloosheid en rassisme. Daar is veral geen werk gemaak van inklusiwiteit nie. Hoe kan daar dan “genesing” plaasvind?

Ná die aanvanklike oorgangsfase van saambinding was dit gou duidelik dat die Een Nasie as beloofde land gerig gaan word deur hegemoniese Swart Nasionalisme en ’n diepe behoefte om die verlede ongedaan te maak en die geskiedenis te herskryf. Die party aan bewind se eis van, “dis nou ons tyd, dis ons beurt om te eet” – wat na­sionalisme gebaseer op huidskleur as die laaste wegkruipplek van die skurk en ’n manier om met die verlede af te reken manipuleer – beteken in die praktyk die meedoënlose verryking van ontplooide kaders ten onkoste van die res van die bevolking.

Daardie “onkoste” – verarming, gebrek aan dienslewering – het die land nou uitgelewer aan misdaad en etniese populisme. En die alledaagse werklikheid maak dit al hoe duideliker dat daar van die Afrikaners verwag word dat hulle hul vaardighede, plase, skole, bankkaarte, aandele, selfone, wapens, drank en tuinvurke stil-skuldig oorhandig voordat hulle verdwyn uit Afrika en die geskiedenis, en dat hulle geen morele reg het om beswaar te maak nie.

Wat nou?

Ons is al lank nie meer in die paradigma van versoening nie. En al sê dié wat met die lekkerkry van skuld op die knieë kruip in die versugting om “swart”, onsigbaar en monddood te word ook wat, iedere landsburger het dieselfde reg op gelyke en waardige behandeling. Die Afrikaners, net soos al hulle landgenote, het die reg op ’n eie taal wat tot haar volle potensiaal uitgeleef kan word, het die reg op veiligheid en ordentlike skole en hospitale.

Ons het die reg en die verpligting, as individue en as kultureel herkenbare bevolkingsgroep, om met elke greintjie invloed waaroor ons beskik ons saak aan die internasionale gemeenskap bekend te maak, om die onderskeid duidelik te maak tussen historiese aandadigheid (aan apartheid) en oorlewing, om te veg vir regstelling en transformasie.

Dit beteken dat gesprekke, aangevuur deur ’n morele en praktiese verbeeldingsvermoë, rondom die noodsaak van ’n opnuut geformuleerde Suid-Afrika – gegrond in ’n bestel van funksionerende federale deelstate, met dieselfde regte en moontlikhede vir almal – op alle vlakke aan die orde van die dag moet kom. (So nié, is dit nag.)

Maar hierdie keer moet die burgerlike samelewing keer dat besluite gemaak deur skelms en politieke perdediewe en plunderaars en vergelders en komiteekakkerlakke en dié wat in alle skynheiligheid op eie borste trommel, nie weer aan ons opgedwing word nie.

Breyten Breytenbach is ’n digter, skrywer en kunstenaar.


- Rapport

Kosmopolitaanse fundamentalisme

Geskryf deur Anton Barnard -Samizdat

Ek het wyle Chris Louw se laaste rubriek in die Beeld gelees. Louw se afsterwe is tragies en ek wonder hoeveel sy persoonlike wanhoop oor nie net sy persoonlike situasie nie, maar ook sy wanhoop oor die toekoms van die land, met sy selfmoord te make gehad het. (Wás dit selfmoord – waar kry hy ‘n AK-47, vra ek myself af?)

In sy laaste rubriek maak hy ‘n hele aantal geldige punte, maar hy skryf tog enkele dinge waarmee ek nie heeltemal saamstem nie, byvoorbeeld as hy die volgende sê: “Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.” Voorts skryf hy “En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.”

Toe ek nog op skool was en afsonderlike ontwikkeling steeds amptelike beleid was, was daar tog enkele plekke wat “internasionaal” was. “Internasionaal” was ‘n eufemisme vir “veelrassig.” Van die restourante op die Jan Smutslughawe was veelrassig. So ook die restourant op die boonste verdieping van die Carltonsentrum in die middestad van Johannesburg, asook sekere plekke in Hillbrow. Mens kon ook by plekke soos Sun City in die voormalige tuislande vryelik met diegene van ander rasse meng.

Dit was vir ons wat in ‘n gesegregeerde samelewing grootgeword het, aanvanklik baie vreemd om te sien hoe sit swartes aan die tafel langs jou. Ek onthou hoe ek my verstom het aan die tafelmaniere by ‘n eetplek in die vroeë dae van Sun City, maar dit was tog op ‘n manier ‘n nuutjie gewees.

Daar is uiteraard diegene wat dit baie meer as net ‘n blote nuutjie gevind het, en selfs sover gegaan het om later van tyd met swart eggenotes te trou, en in swart of gemengde gebiede te gaan woon toe klein apartheid eers afgeskaf is.

Die probleem met alle nuutjies is egter dat dit gou oorwaai. Toe raswetgewing eers volledig geskrap is, het ons vinnig agtergekom dat daar ‘n hele aantal geweldige groot nadele is aan rassevermenging. Een enorme nadeel is die bykans ongelooflike toename in misdaad wat daarmee gepaard gegaan het. So ook het standaarde in baie gevalle in duie gestort agv die vermenging, byvoorbeeld in hospitale.

Ek kan vandag eerlikwaar sê dat ek nie saam met wyle Chris Louw stem nie. ‘n Kosmopolitiese samelewing hou slegs ‘n bekoring in vir ‘n besondere soort persoon, en dan slegs in samelewings waar die meerderheid blankes is. Londen en New York is kosmopolitiese stede wat leefbaar is omdat die meeste van die res van die land blank is, en omdat dinge gevolglik meestal werk en wette daar afgedwing word. Lagos is stellig ook kosmopolities maar daar is geen manier dat selfs die mees liberale blanke hom daar sal gaan vestig nie. Die groot meerderheid blankes, in Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika, verkies egter om in blanke gebiede te gaan woon. Dit was vir my wonderlik lekker om in voorstedelike Pennsylvania te woon vir ‘n ruk en dikwels nie een swart gesig die hele dag lank te sien nie.

In die VSA is daar ‘n bekende verskynsel bekend as “white flight.” Sodra die eerste paar swart of “Hispanic” gesinne ‘n gebied of skool binnekom, slaan die blanke inwoners op die vlug. Die buurt verloor blitsvinnig sy blanke inwoners, behalwe diegene wat te arm is om te trek. Ek twyfel of ál daardie Amerikaners potensiële Ku Klux Klan lede is. Dit is veel eerder ‘n heel natuurlike begeerte om jou te assosieer met mense wat soos jy lyk en wat jou waardes deel.

Ek kan eweneens sê dat ek geen haat vir swartes koester nie, maar dat dit vir my die mees natuurlike ding is om my met mense wat soos ek lyk, te wil assosieer. Kennelik vind sommige swartes blankes ook onaantreklik, maar die negroïede voorkoms staan my hoegenaamd nie aan nie. Ek voel geen aangetrokkenheid tot hetsy Afrikane, hetsy hulle kultuur nie. Dit geld nie slegs vir inwoners van Afrika nie. Ek sal dikwels die kanaal verander as ‘n Amerikaanse program of rolprent met swartes as die hoofkarakters op die kassie verskyn, meestal omdat ek glad geen aanklank by hulle en hul kultuur kan vind nie.

Bostaande geld selfs vir diegene wat die hoogste opgee oor hoe kwansuis nie-rassig hulle sou wees. Die optrede van die liberaliste weerspreek hul eie woorde dikwels. Hulle sal hoog en laag sweer oor hoe lekker dit sou wees om in ‘n township te kuier, hoe bykans al hul vriende swart is en hoe kleurblind hulle sou wees. Nietemin is hulle meestal met ‘n blanke getroud, en woon hulle in ‘n relatief-lelieblanke gebied. Daar is ‘n dissonansie tussen wat hoe die liberalis sê en hoe hy optree, met ander woorde.

Wat my aanbetref is Chris Louw verkeerd in dié opsig dat dit kwansuis rassisties sou wees om met jou eie soort te wil assosieer, al is dit binne ‘n volkstaat. Dit is ook so dat die liberales en linkses hul eie eenogigheid aankleef en inderdaad anti-blanke rassisme pleeg. Hiermee bedoel ek dat dit ‘n aartssonde is in die oog van ‘n liberalis om gehoor te gee aan jou natuurlike instink om met mense soos jy te wil assosieer. Vir die liberalis is die enigste toelaatbare lewensmodel ‘n multikulturele een, waar doelbewuste rassevermenging die enigste eerbare optrede is.

Op sy eie manier is hierdie ook ‘n soort fundamentalisme, en eintlik ook niks anders nie as anti-blanke rassisme nie, omdat dit eenvormige witheid verwerp en ‘n mengelmoes teen alle koste nastreef. Enige iemand wat kettery pleeg teen hierdie fundamentalisme word onmiddelik met die rassiswoordjie gebrandmerk.

Saturday, December 5, 2009

Moenie hom ’n held maak

deur Gerhard Lourens - Beeld

Terwyl die lof en prestasies van gevierde selfmoordenaars allerweë besing word, word ’n kernwaarheid rakende selfmoord buite rekening gelaat: Selfmoordenaars is in wese ontoereikende persoonlikhede wat op lang termyn nie in staat is om hul eksterne bestaanseise en interne psigiese spanninge suksesvol te hanteer nie.

Die botsing van kulture en die disintegrasie van beskawing is enkele van die veeleisende toestande waaraan almal blootgestel is. Dit moet konstruktief gehanteer word, eerder as om desperaat en gewelddadig daaroor te raak.

Ons moet nie “celebrities” maak van mense wat nie in staat is om omgewingseise doeltreffend te hanteer nie. Dit kollektiviseer en epidemiseer desperaatheid en magteloosheid.

‘Bly hoop en baklei’ is nie trooswoorde nie

deur Charles Malan -Beeld

In “’n Lewe anderkant gatvol” bespeur Tim du Plessis “’n ondertoon van slagofferskap” in ons verklaring oor die dood van Chris Louw. Hy kies om nie ’n slagoffer te wees nie.

Dit is goed en wel, maar dit verander niks aan die lot van derduisende mense, ook naasbestaandes, wat letterlik slagoffers is nie.

Diegene wat trauma, pyn en verlies beleef, kan nie met woorde soos “bly hoop en baklei” getroos word of vergeet nie.

Tim vind ons dwaal ietwat met die stelling dat “sy dood ’n ongenadige lig (werp) op hoe verslegtende toestande in die land selfs ervare joernaliste tot desperaatheid dryf”. Hoe dwaal ons?

Dit sou natuurlik te ver gaan om slegs die toestand van die land vir Chris se dood verantwoordelik te hou, wat ons ook nie doen nie. Maar was sy skryfwerk die laaste ruk van sy lewe nie uit desperaatheid gebore nie?

Hy het bepaald desperaat ’n boodskap probeer oordra oor die onreg, versuim en gevoelloosheid om hom – en ja, spesifiek ook oor die lot van slagoffers wat weerloos aan barbare uitgelewer is.

Hy het De Wildt as ’n mikrokosmos van die bedreigde land aan ons voorgehou.

Ja, Tim, laat ons wat nog nie die ergste beleef het nie, nie die futiele posisie van slagofferskap inneem nie. Laat ons, soos Chris gedoen het en jy nog doen, aanhou met verset en baklei. Maar laat ons ook bid dat ’n geliefde nie vermoor of vermink word nie. Of selfmoord pleeg nie.

Friday, December 4, 2009

Waak vir Chris Louw Saterdag by Markspark in Johannesburg

Geskryf deur Praag,

Joernaliste, skrywers, aktiviste vir Afrikaans en gewone Afrikaners gaan môre Saterdag 5 Desember vanaf 16.00 in die "Colonial Room" (ironiese benaming!) by Markspark in Johannesburg byeenkom om hulde aan die ontslape joernalis Chris Louw te bring. RSG, Beeld, praag.co.za en ander publikasies en media sal daar verteenwoordig wees.

Lede van die publiek en lesers van Chris Louw se rubrieke en artikels is insgelyks welkom om die geleentheid by te woon. Verversings sal bedien word en daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees.

Elkeen wat Louw geken het, sal die geleentheid hê om oor 'n luidsprekerstelsel te praat en aan hom hulde te betoon of hul sê te sê. Louw se selfmoord te midde van die bestaanskrisis wat Afrikaners ervaar, het 'n ongekende reaksie veroorsaak en 'n behoefte onder Afrikaanse mediamense en skrywers ontketen om rondom Louw se dood met mekaar te assosieer en te besin.

Van die bekendes wat die geleentheid gaan bywoon, benewens dr. Dan Roodt van PRAAG, is Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor op RSG, Tim du Plessis, redakteur van Beeld, Andriette Stofberg, redaktrise van die nasionale bylaag "By" wat in Beeld, Burger en Volksblad versprei word. Dr. Frederik van Zyl Slabbert, voorsitter van die Caxton-groep en voormalige politikus, ry spesiaal van Swaziland af om die geleentheid by te woon.

'n Groep Afrikaanse skrywers onder die afgetrede akademikus, dr. Charles Malan, gaan insgeslyks by Markspark te siene wees.

Die verwagting is dat die gesprek, besinning en kuier tot middernag sal duur en diegene wat eers later as 16.00 wil of kan opdaag, sal steeds welkom wees.

Uitgewery Praag gaan honderd-en-twintig eksemplare van die volledige "Ope brief aan Willem de Klerk", die sogenaamde "Boetmanbrief" by die byeenkoms uitdeel. 'n Kameraspan van www.praag.co.za sal ook die gebeure op video vaslê vir latere verspreiding op die internet.

Markspark is die sportsgronde tussen Emmarentiadam en Melvillekoppies in Johannesburg. Dit kan vanaf die ou DF Malanrylaan (tans Beyers Naudé Drive) bereik word. Indien enigiemand navraag wil doen of aanwysings wil hê, stuur 'n e-pos aan inlig@praag.org Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Thursday, December 3, 2009

Chris Louw se voorlaaste rubriek in Beeld:


Geskryf deur Chris Louw - Beeld


Dit hinder my dat omtrent al wat ’n Afrikaner is deesdae net kritiek op die ANC lewer. Kwalik ’n jaar gelede sou daar leedvermakerige beskuldigings oor ’n magsverliessindroom en ’n terughunkering na apartheid gewees het.

Interessant dat dít deesdae nie so dikwels gebeur nie. Nagenoeg al ons gewese lefties kla nou saam in die koor.

Ek wens ek kon iets konstruktiefs oor die ANC sê. As ek hard probeer, kan ek seker. Maar telkens vind ek my komplimente het bloot betrekking op gevalle waar die ANC regmaak waar hy verbrou het.

Daar’s Eskom en die Godsell-geval, Atletiek Suid-Afrika en die Chuene-fiasko, die nuwe bedeling by die SAUK, die regruk van die Landbank, erkennings dat uitkomsgerigte onderwys misluk het, die herstel van die polisie van ’n “diens” na ’n “mag”, Tokyo Sexwale se planne om korrupsie by die bou van laekostebehuising hok te slaan ...

En as u dink ek verwar die politieke organisasie met openbare instellings, dink weer. Solank kaders ontplooi word, staan al dié instellings in diens van die ANC.

Intussen staan Afrikaners as magtelose toeskouers die gebrou en gade slaan.

Dinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980’s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.

Die gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan – demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, ’n regstaat ...

Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.

Ek onthou ’n nag in 1989 in Indris Naidoo se woonstel in Oos-Berlyn, met Russiese vodka en eisbein, en gesels tot in die klein ure van die oggend.

Vandag klink dit sentimenteel, maar in die benouende dae van apartheid was dit ’n opwindende ervaring om in die buiteland ’n gemeenskaplike Suid-Afrikanerskap te ontdek met mense wat tuis as die “vyand” gebrandmerk is.

En gesprekke met ’n nog joviale Thabo Mbeki in ’n hotelkamer in Lusaka, pyprook en die klank van KWV in die lug, en drome oor ’n regverdige, menslike Suid-Afrika.

Sonder mag en met baie idealisme was die ANC ’n aantreklike alternatief vir apartheid, vlamme in die townships, bomme in winkelsentrums en wit polisiemanne wat reg en orde met sambokke en R4’s handhaaf.

Ek onthou ook ’n anti-apartheidsbyeenkoms in Parys, Frankryk. In die gehoor Ricky Naidoo – later een van Mbeki se segsmanne – wat dié onsterflike woorde in sy onmiskenbare Indiër-tongval uitroep: “Our people are tired of dying!”

Nou, twee dekades later, kan ek ook met my Afrikaner-tong sê: “Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word!”

En dan verwys ek nie net na haataanvalle in ons huise en op ons plase nie. Dit ook, ja. Maar ek praat van die listige moord op taal, kultuur, geskiedenis, waardes, selfs menswees. In die 15 jaar van demokrasie het Afrikaners bykans uit die openbare oog verdwyn.

Ons deelname aan die openbare lewe word stelselmatig afgetakel om ons aandeel in die bevolkingsamestelling te reflekteer: 6%. Dit is wat ons standpunt vandag werd is.

’n Druippunt.

Die gevolg van hierdie stroping is dat dié Afrikaners wat kan, al hoe meer sekerheid in materialisme soek. Sonder idealisme is dit al wat oorbly – geld, spoghuise en deftige motors wat, ironies genoeg, juis die sekerhede ondermyn. Want dit sonder ons uit en maak van ons teikens vir afguns en van misdaad.

Ek glo die meeste Afrikaners sal vertroue in die staat bo wêreldse besittings verkies. Maar dan moet dit ’n doeltreffende en regverdige staat wees, wat vertroue verdién.

Afrikaners word voortdurend van rassisme beskuldig. Maar rassisme gaan nie deur beskuldigings of wetgewing uitgewis word nie. Dit gaan net kwyn wanneer individue in gesagsposisies optree op ’n manier wat respek ontlok.

Dis nie wat die ANC doen nie. Die ANC wat vandag aan die bewind is, verraai almal wat aan ’n regverdige toekoms geglo het – insluitend dié Afrikaners wat op hul manier die huidige bedeling help moontlik maak het.

Wednesday, December 2, 2009

Seën of vloek

Geskryf deur Radio Pretoria,

Dat Switserland se mense standpunt ingeneem het en besluit het om nie nuwe minarette op moskees toe te laat nie, is vir Suid-Afrika ‘n baie goeie les. In die eerste plek is die stelsel van wetgewing wat die volk toelaat om standpunt in te neem, ‘n baie goeie idee. Daarby is dit ook ‘n vingerwysing aan die Christene in die land dat dit wel moontlik is om teen nie-Christelike godsdienste standpunt in te neem.

Ja, daar is baie te leer by die toewyding van die Moslem, maar om hulle ongestoord toe te laat om mense as’t ware te intimideer met hulle luide oproepe tot gebed vanuit torings, behoort nie vir die Christene in ons land aanvaarbaar te wees nie. Dié oproep tot gebed kan baie kilometers ver gehoor word ook deur Christene wat dit waarskynlik nie wil hoor nie en traak-my-nie-agtiges. Word daar dan uitsaailisensies aan die mense uitgereik om oor so groot gebied uit te saai?

Die lesse wat ons leer is nie net by dié dinge beperk nie, ons sien ook dat Switserland se sakelui dadelik na die oorweldigende steun vir die wetgewing, bekommerd is oor handelsbetrekkinge. Die geld praat harder as die oortuiging van die bevolking, is ons onmiddellike reaksie. Die vraag is, is dit ook nie die rede waarom ons in ons land te bang is om op te tree teen die oorname van hierdie absoluut onchristelike leer nie?

Ons gee nie net toe aan die Moslem nie, maar ook aan voorvaderlike aanbidding. Ons aanvaar klaarblyklik maar gedwee dat die voorvadergeeste versoek moet word om die sokkerstadions te seën deur beeste te slag.

Die verskoning van die plaaslike reëlingskomitee is dat daar iets van die Afrikakultuur moet wees. Dié tipe van onchristelike en wrede kultuur wil ons tog nie in die besoekers wat dalk gaan kom se kele afdruk nie. Dié idees is tog al bekend en net die Dierebeskermingsvereniging maak beswaar en geen kerklike of Afrikaanse kultuurorganisasie se stem word gehoor nie. Is ons dan al so gekondisioneer dat dit nie help om te praat nie? Die Makhonya “Koninklike” Trust wat dié voorstel gemaak het dat die sokker op dié manier geseën moet word, is tog maar ‘n klein groepie mense en nou moet die hele land, en selfs die hele wêreld aan dié sinnelose slagting blootgestel word.

Die offerandestelsel is tog heeltemal volvoer en afgeskaf, nie deur mense nie, maar deur God self. Hoekom moet ons as Christene deur dié barbaarse ritueel gaan? Wie gaan die stadions seën? Is hulle afgode dan so magtig?

Dit blyk baie duidelik uit Israel se geskiedenis dat afgodsaanbidding en die ooglopende toelating daarvan vir die volk tot straf en verwerping gelei het. Het dit nie tyd geword dat ons wat sê dat ons Christene is, hierdie tipe van afgodery eens en vir altyd uit ons land verban nie? Dit gaan oor meer as geraasverstoring en sogenaamde diereregte.

Chris Louw se laaste rubriek in Beeld:

Vir oulaas die bliksem in
Geskryf deur Chris Louw - Beeld

Ek het behoorlik slae van lesers op Beeld se webwerf gekry oor my rubriek twee weke gelede in dié ruimte onder die opskrif “Gereduseer tot 6%”.

Sommige lesers reageer met woede op my nostalgiese versugting dat wat die ANC in die 1980’s belowe het vandag ’n amper makabere grap is. Van hulle hou my persoonlik verantwoordelik vir die gemors omdat ek destyds lede van die toe nog verbode ANC (tot in Oos-Berlyn!) ontmoet het.

Dis natuurlik ’n onsinnige argument. Die aard van my werk as joernalis bepaal dat ek met mense oor ’n wye spektrum praat.

En oor my ontmoetings met ANC-lede en kommuniste het ek destyds in openbare media verslag gedoen; dit was geen geheim nie.

So het ek in die 1980’s ook onderhoude gevoer met mense wat geswore vyande was, soos Swapo se mnr. Sam Nujoma en genl. Jannie Geldenhuys, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. En later het ek vir Eugene de Kock in die tronk gaan kuier om te skryf hoe dit met hom gaan. Dit beteken nie ek aanvaar verantwoordelikheid vir wat hy alles aangevang het nie.

Maar daar is ’n ander aspek van die reaksie waarna ek wil kyk.

Wat jou op die krop van die maag slaan, is die frustrasie en woede onder gewone Afrikaners oor die politieke situasie in die land. Wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder voel klaarblyklik verraai deur die korrupsie, wan­bestuur, selfverryking en onbevoegdheid wat onder die ANC-regering aan die orde van die dag is.

Ek deel dié opstandigheid.

Die vlaag van misdade waaraan ons in my omgewing – die kleinhoewes van De Wildt en Silkaatsnek in Noordwes – onderwerp is en die polisie se bykans misdadige onvermoë om op te tree, is maar net een voorbeeld van die breër verval in die samelewing. Omdat ’n ou dit aan jou eie lyf voel, lei dit nog gouer tot gevoelens van moedeloosheid en magteloosheid – en woede.

Dan lees ek gewapende huisrooftogte kom nou tot in die hart van die Boland voor. Is dit toeval of hou dit verband met die feit dat Zimbabwiese “vlugtelinge” al so ver suid getrek het, soos die xenofobiese aanvalle in De Doorns toon?

Is daar nog ’n veilige skuiling in die land oor? Goed, ons is kwaad. Maar wat is die oplossing?

Laat ek eerlik wees: Ek ervaar voortdurend teenstry­dige gevoelens daaroor.

Soms wil-wil ’n ou ’n vorm van selfbeskikking idealiseer. Maar dis klaarblyklik onhaalbaar. Op persoonlike vlak kom ek boonop goed met individuele swart mense oor die weg. Dis lekker om in ’n kosmopolitiese restaurant te ontspan met mense van alle rasse teenwoordig.

Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.

En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.

Dan maar aanbly in die nuwe Suid-Afrika met al sy lelike groeipyne. En dan weer: Verteenwoordig die korrupsie en misdaad groeipyne of sterftepyne? As ’n ou na die res van Afrika kyk, lyk dit eerder asof die land onherroeplik op pad is graf toe.

Soms wonder ek, al weet ek dit is bloot praatjies vir die vaak, of Roelf Meyer-hulle harder sou onderhandel het as hulle geweet het wat van die land onder die ANC sou word.

Kón hulle vanuit die posisie van morele bankrotskap waarin die Nasionale Party hom bevind het iets anders onderhandel het?

Ek verstaan Roelf is nou ’n ingeskrewe lid van die ANC. Beteken dit hy kondoneer die manier waarop sy gewese vyand die land regeer? Miskien moet iemand dit hom ’n slag reguit vra.

Ek sal graag sy eerlike antwoord wil hoor, selfs al kan dit nou geen verskil maak nie.

* Chris Louw het die bostaande rubriek verlede Donderdag voltooi en gestuur vir publikasie vandag. Hy is gisteroggend dood aangetref op sy kleinhoewe in De Wildt buite Pretoria.

- Beeld

Friday, November 20, 2009

Vreemdelingehaat vlam weer op

Geskryf deur Radio Pretoria

Die jongste gebeure by De Doorns in die Wes-Kaap, waar geweld teen vreemdelinge uitgebreek het, is simptomaties van ‘n sweer vlak onder die oppervlak.

Met Suid-Afrika se werkloosheidskoers, gevoed deur hemelhoë verwagtinge danksy verkiesingsbeloftes, verwag die breë gemeenskap vooruitgang en beter salarisse. Nie om te sien hoe buitelanders bereid is om vir die minimum lone baie hard te werk nie.

Dit is dan ook van die buitelanders se belangrikste verwere: hulle sê Suid-Afrikaners verstaan nie werksetiek nie, en die spaza-bedryf teen wie baie meeding, verstaan nie die konsep van groter wins uit hoër omset nie. Suid-Afrikaners wil glo vinnig ryk word deur maksimale wins per item deur onderlinge prysvaspennings. Dit kom neer op die uitbuiting van die publiek.

Baie buitelanders, veral die Somali’s op die Kaapse Vlakte, leer baie gou Afrikaans aan, anders as die aankomelinge uit die ou Trans- en Ciskei, en doen daarom makliker sake met die honderde duisende Afrikaanssprekendes daar.

Die reaksie van Suid-Afrikaners is dikwels nie om selfondersoek te doen nie, maar om die bakhand- en uitbuitingsindroom te wil verskans – met geweld indien nodig.

Die verdere ironie is dat baie van die vlugtelinge in die land is weens die een of ander vorm van versuim van die regering. By De Doorns is baie van die vlugtelinge Zimbabwiërs, ‘n tragiese gevolg van Suid-Afrika se versuim om in dié rampspoedige potensieel skatryk buurland in te gryp.

Die 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns het na bewering almal werkspermitte – hoe hulle dit reggekry het, is duister.

Talle het in die land gekom deur uiters gebrekkige grensbeveiliging wat hoegenaamd nie tred hou met die omvang van die bedreiging daarvan nie.

Dit is ook nie net vlugtelinge wat die land inkom nie. Uiters gewelddadige Pakistanse misdaadsindikate, Nigeriese dwelm- en prostitusiebase, en vele meer haal gereeld die nuus.

Dit is moeilik om te bepaal hoeveel mense die land onwettig binnegekom het. Selfoonverkoopsyfers dui aan dat heelwat meer selfone besit en gebruik word as die aantal mense wat amptelik in die land woon en normaalweg toegang daartoe behoort te hê. Syfers van etlike miljoen instromelinge word gereeld genoem, heelwat meer as die amptelike werkloosheidskoers.

Ervaring in die verlede leer dat geweld in een gemeenskap dikwels ‘n domino-effek deur die land het. Die land hou nou asem op.

Om bloot vir die bevolking te preek om nie vreemdelinge te haat nie, beteken dadels. Selfs protesoptredes teen ander sake soos swak dienslewering wat in geweld ontaard, is potensieel gevaarlik vir buitelanders in die omgewing. Hulle word in redelose woede geteiken.

Die vraag is, wanneer gaan witmense ook die teiken van daardie geweld word. Ten minste is dit broers wat uit Zimbabwe kom – baie nader familie as wit Afrikaanssprekendes wat nou nog die skuld kry vir alles wat verkeerd gaan. Politici se uitlatings, beleid soos affirmative action, verandering van name, miskenning van Afrikaans... al die dinge maak van ons vreemdelinge in ons eie land. Hoe lank gaan dit wees voor die visier van vreemdelingehaat na witmense draai?

Dit is net die regering wat die kultuur kan verander.

Wednesday, November 18, 2009

Breek die regte mure af!

Geskryf deur Jelleke Wierenga - PRAAG

Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het vele liberale met jubeling laat terugdink aan die val van die apartheidsmure, ook so 20 jaar gelede.

Die twee gebeurtenisse word aan mekaar gekoppel as sou die "bevryding" van die swart "verdruktes" en die instelling van ’n demokraties verkose regering in Suid-Afrika ’n wonderwerk wees op die skaal van die bevryding van die Oosbloklande en die beëindiging van die Koue Oorlog.

Ja, die Kommunisme is dood, lank lewe die Kommunisme in Suid-Afrika!

“Die gebeure in Berlyn, die einde van die Koue Oorlog en die koms van die Nuwe Suid-Afrika is onlosmaaklik verbind,” skryf Willem Pretorius in ’n middelbladartikel in Die Burger van 14 November 2009. Hy verwys na ’n peiling in Duitsland waarvolgens 12 persent van die respondente wens dinge het nooit verander nie. Mnr. Pretorius reken ’n mens kan met taamlike sekerheid aanneem dat die persentasie mense met ’n soortgelyke versugting baie hoër in Suid-Afrika sal wees.

“Dit bring die vraag na vore wat in ’n groep moet gebeur om ’n kritieke massa te vorm sodat die skaal na die ander kant oorhel. Wat is nodig sodat die Afrikaanse kwessies waarna Krog verwys [Antjie Krog se onlangse toespraak by die Goethe-Instituut in Johannesburg] bygelê kan word sodat ons vrede met die verlede kan maak, ophou met mekaar baklei en na ’n gesamentlike toekoms met die res van Suid-Afrika kan streef?”

Dus, wat is nodig om die “muur” in die Afrikaanse kop wat volwaardige toelating tot die Nuwe Suid-Afrika bemoeilik, te laat val?

Is dit nie erg retoriese vrae nie? Is die antwoorde nie vanselfsprekend nie? Is ’n mens nie al dodelik moeg vir dié vingerwysing na die Afrikaner (of Afrikaanse, in die politiek korrekte terminologie van mnr. Pretorius) as sou hy die vark in die verhaal wees nie?

In net in één koerant, Rapport van 15 November 2009, vind ek met 'n vinnige deurlees meer as 20 redes waarom die meeste blankes, en seker ’n groot gros swartes, hulle vervreemd voel van die utopie van ’n vry en demokraties bemagtigde Suid-Afrika:

•Die Franse bars uit van die lag toe die rasta-sanger Ras Dumisani die Suid-Afrikaanse volkslied by die Springbok-rugbytoets in Toulouse, Frankryk, opmors. Die Franse sê die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys het Dumisani aangewys om die volkslied te sing; die ambassade ontken dit.
•’n Jong vrou is op die N2 by Chatsworth deur motorkapers van die brug oor die Umkomaasrivier gestamp (bl. 2). Sy het 60 m ver geval, in vlak water geland, is erg beseer en het ure gedryf voor sy gered is.
•Jacob Maroga vaar uit teen “wit toesighouding” nadat ’n blanke konsultant hom in ’n verslag gewaarsku het oor die komende energiekrisis.
•Prof. Jonathan Jansen vertel aan die Kaapse Persklub dat Julius Malema eintlik baie slim is (bl. 2).
•’n Ondersoek deur Rapport dui op ’n kultuur van skietlustigheid, misdadigheid en menseregtevergrype onder die polisie.
•Eise teen die polisie beloop R7,5 miljard – met dié bedrag kan die salarisse van 75 000 bykomende polisielede betaal word.
•Minstens 568 mense is in die jaar tot April 2009 deur die polisie doodgeskiet en nog 44 mense is in 2008/2009 dood in ongelukke met polisievoertuie. Sedert 1997 het die polisie al minstens 4 681 mense doodgeskiet. ’n Beduidende getal van die “verdagtes” wat doodgeskiet is, was nie wie die polisie gedink het hulle is nie.
•Die polisie op Alberton sien die middeljarige blanke egpaar Jan en Millie Kotzé aan vir rowers en skiet 30 skote op hul motor (bl. 4). Albei word ernstig gewond. Blykbaar het die verwarring ontstaan omdat betroubare statistiek daarop dui dat die oorgrote meerderheid rowers moorddadige middeljarige blanke egpare is.
•In Rustenburg verkrag vier polisielede na bewering ’n vrou in polisieselle nadat haar gewese verloofde haar weens diefstal aangekla het (bl. 4). “Ek is nie meer mens nie,” sê sy.
•By die Wierdabrug-polisiekantoor word ’n driejarige kind 14 uur lank in ’n sel aangehou saam met sy pa, wat van verkragting verdink word. Die kind kry na bewering vir tien uur geen kos nie (bl. 4).
•In Midrand word ’n vrou en haar 23 maande oue baba ses uur aangehou nadat sy weens ’n spoedoortreding vasgetrek is (bl. 5).
•In Kemptonpark verkrag twee polisielede in uniform na bewering die 29-jarige mev. Martie Olivier, ma van drie jong kinders (bl. 5).
•Twee polisiemanne, glo dronk, skiet ’n straatverkoper in Pretoria dood tydens ’n rusie omdat hulle nie vir hul kos wou betaal nie (bl. 5).
•Die polisie soek na ’n moordenaar, begin sonder waarskuwing vanuit ’n ongemerkte voertuig op ’n geparkeerde voertuig skiet en tref ’n driejarige swart kind in die bors (bl. 5). Die kind se oom wat by hom in die motor was, is in hegtenis geneem, maar ’n paar uur later vrygelaat. Die kind se pa sit drie dae in die tronk en word dan vrygelaat sonder om aangekla te word. Die polisie bied geen verskoning aan die verpletterde ouers nie.
•’n Regskenner beveel aan dat jy moet glimlag, glimlag, glimlag as die polisie jou gryp (bl. 5).
•’n Chaos heers in die nuwe ministerie van vroue, kinders, jeug en mense met gestremdhede (bl. 15). Min. Noluthando Mayende-Sibaya word beskuldig van onbevoegdheid en besluiteloosheid. Die grootste deel van die departement se begroting van R23 miljoen word glo aan salarisse bestee.
•Onbetaalde skoolgeld word toenemend ’n kopseer vir skole.
•Die regering wil die naam van Nelspruit, hoofstad van Mpumalanga, verander na Mbombela (bl. 17).
•Rook is nou een van die grootste misdade in Suid-Afrika. Jy kan ’n boete van R100 000 opgelê word as jy lekkergoed verkoop wat lyk soos sigarette of pype.
•Jacob Rooi vra in sy rubriek Die ander kant of die doodstraf nie-amptelik terug is. Hy wys daarop dat Fikile Mbalula verlede Maart as leier van die ANC-jeugliga hom sterk uitgespreek het teen die herinstelling van die doodstraf. Op 12 November 2009 het hy as nuwe adjunkminister van polisie in ’n toespraak voor die parlementêre persgalery gesê: “Ons hou by ons uitspraak: Skiet die wetters!” Hy meen ook dis aanvaarbaar en “onvermydelik” as onskuldige mense in kruisvuur doodgeskiet word.
•Pollux (bl. 21) vertel van ’n landboukenner wat politici ingelig het oor geneties aangepaste landbouprodukte. ’n ANC-LP hou aan om hom daarvan te beskuldig dat dit geneties gemanipuleerde kos is wat swart vroue deesdae so swaar in die onderlyf maak. Kitskos het volgens haar niks daarmee te doen nie.
•’n Leser, Rémi van Rooyen van Port Elizabeth, skryf op die Brieweblad (bl. 23) dat as jy die SA Inkomstediens se tolvrye nommer bel, ’n blikstem jou taalvoorkeur vra. Ná ’n rukkie kom die antwoord: Daar is nie ’n Afrikaanse diens beskikbaar nie.
•’n Leser, Pienkes du Plessis, wys in ’n brief (bl. 23) daarop dat die stelling in die vorige week se hoofartikel dat “net sowat 50% van ons leerlinge ’n matriekkwalifikasie verwerf” verkeerd is. In werklikheid is dit net 23%. Van die 1 558 600 leerlinge wat in 1996 skool toe is, skryf 550 000 in 2007 matriek en net 359 300 slaag.
Sou bogenoemde dalk ’n effense aanduiding vir mnr. Pretorius & Kie. wees waarom die Afrikaner hom nie hart en siel by die Nuwe Suid-Afrika tuis voel nie?

Waarom blaf mnr. Pretorius & Kie. gedurig by die heining van die Afrikaner? Waarom betoog hulle nie by die regte adres, breek híér die mure van vooroordeel, rassehaat, diskriminasie, laertrek, skuldverplasing, ensovoorts af nie?

As ’n mens die stories moet glo oor die reuse-aanhang van Julius Caesar Malema, die grootste aanstoker van rassehaat in die land – volgens gerugte sal hy Zuma ontsetel as ’n verkiesing vandag gehou word – wil ’n mens by die Afrikanerhatende artikelskrywers van Nasionale Pers smeek: Asseblief, span elke greintjie energie en oortuigingsvermoë van jul skrywerspenne in om ’n kritieke massa onder die swartmense te vorm sodat die skaal betyds kan swaai om ’n bloedbad te voorkom.

Waarom gedurig die klein – getallewys eintlik niksbeduidende – groep Afrikaners voor stok kry? Mnr. Pretorius hamer weer daarop: “Die heel eerste stap is sekerlik om die verlede vierkant in die oë te kyk, ophou om ander te blameer en gesamentlik werk daarvan te maak om die foute van die verlede te herstel.”

Presies watter verskil gaan dit aan die huidige landstoestande doen? Hoe gaan dit geweldsmisdade verminder? Hoe gaan dit die Afrikaner – alle blankes – volle toegang tot die land se ekonomie en politiek gee? Watter verskil gaan dit aan die muishondstatus van Afrikaans maak?

Hierdie gehamer op die “skuld” van die Afrikaner en sy “foute” van die verlede, die verwyte dat hy hom onttrek, dat hy niks met die belofteryke Reënboogland te doen wil hê nie, dat hy aandring op ’n eie staat waar ordelikheid en rede weer seëvier ... myns insiens is dit maar ’n bedekte manier om te erken: Kyk, sonder julle is hierdie land verlore. Dóén iets!

Maar geen enkele praktiese voorstel uit die monde van die liberale koerantfilosowe en Afrikaner-afkrakers oor presies wát die Afrikaner moet doen nie ... behalwe nou om aanhoudend voete te was, sy bek te hou en sy taal te laat vertrap en verguis.

’n Mens wonder of hierdie mense besef dat die Afrikaners en ander blankes wel nog die land aan die gang hou, op derduisende sigbare en onsigbare maniere: deur swartes en bruines uit barmhartigheid in diens te neem of in diens te hou, selfs al kan hul dienste nie meer bekostig word nie; deur aan te bly in staatsdiensposte en te sorg dat dinge nog min of meer vlot, al is die werkomstandighede hóé onaangenaam en/of gevaarlik; deur sake-ondernemings te begin en aan die gang te hou en mense in diens te neem ondanks alle struikelblokke wat deur die regering in hul pad gewerp word; deur sopkombuise, uitreikingsaksies, opheffingsprojekte en geletterdsheidskursusse vir veral bruines en swartes; deur eerlik en hoopvol voort te gaan om die staat te betaal wat hom nie toekom nie: inkomstebelasting, BTW, munisipale gelde vir dienste wat glad nie of power gelewer word; deur in te gryp in haglike omstandighede waar munisipaliteite geen dienste meer lewer nie en self gate in paaie vul, waterpompe regmaak sodat daar drinkwater is, drinkwater aanry, damme skoonmaak, vullis verwyder ... ook tot voordeel van die swart inwoners, wat merkwaardige inisiatief aan die dag lê deur te toi-toi, klippe te gooi en af te brand.

Wat van al die brugbou-inisiatiewe van Solidariteit, wat alle kleure werkers verteenwoordig en voortdurend bereid is tot gesprekvoering met die regering? Wat van die stille diplomasie van Pieter Mulder van die VF+? Wat van al die Afrikaner-organisasies en hoogaangeskrewe Afrikaner-individue, van boere tot sakemanne tot taalorganisasies, wat maar te gretig is om met die regering te praat en uit te reik na swartes?

Wie onder die Afrikaners, of blankes in die algemeen, stook soveel rassehaat soos Malema en sy kaders in die ANC-Jeugliga; soos Jonathan Jansen en sy bruin Afrikaanshatende kollegas; soos die kaders in die Black Management Forum en die Young Communist League; soos feitlik elke swart burokraat in ’n bestuurspos? Met elke haatlike uitlating vervreem hulle die Afrikaners nog meer, bou hulle die mure van erger as ooit apart-hate tussen wit en swart nog hoër op.

Op die hoofartikelblad reg langs mnr. Pretorius se artikel skilder Dawie ’n donker prentjie oor hoe Suid-Afrika ná die jubelinge van 1994 agteruitgegaan het. Wie se skuld is dit? Die Afrikaner wat halsstarrig weier om die “apartheidsmure” in sy kop af te breek en volwaardig deel van die Nuwe Suid-Afrika te word?

Nee, Dawie maak hom, tipies Afrikaner, skuldig aan blaamverplasing. Hy glo dis die regering se skuld: “Dit is die skuld van ’n president wat nie kragtige leiding kan gee nie. Van ’n regering wat nie die onderwys behoorlik kan regruk, korrupsie in eie geledere kan hokslaan of vir doeltreffende plaaslike regering kan sorg nie.”

Hy eindig sy rubriek met die woorde: “Dit is nog nie te laat nie. Maar nes ’n vis van sy kop af vrot, is dit die kop wat vir ’n gesonde liggaam moet sorg. Daardie kop is pres. Jacob Zuma en sy regering. Vandaar Dawie se oproep vandag: Asseblief, mense, begin eindelik volgens beproefde beginsels regéér!”

Is die “mense” aan wie Dawie hierdie pleidooi rig, die koerantlesers? Sou dit die rassistiese en onbetrokke Afrikaners met die mure in die koppe wees?

’n Mens wonder waarom hierdie stuk van Dawie in Die Burger verskyn. Watter nut het dit nou eintlik, behalwe dat dit ’n Afrikaner soos ek nog net méér woedend en wantrouig teenoor die ANC-regime maak, nóg minder lus vir die paradys van die Nuwe Suid-Afrika?

Wie in die ANC wat enige sê oor beleid het, lees Die Burger? Wie steur hom hoegenaamd daaraan? Het ’n vertaalde weergawe van die stuk in ’n paar swart koerante verskyn? Op Jacob Zuma se lessenaar beland? Wroeg hy en die NUK daaroor?

Om terug te keer na die holruggeryde vergelyking tussen die val van die Berlynse Muur en die val van apartheid:

•Waarom moes die Weermag Suid-Afrika se grense tydens die apartheidsjare patrolleer om swartmense van Afrika UIT die land te hou? Waarom het hulle hul eie vry lande, bestuur deur hul eie mense, bevry van die juk van die blanke baas, verlaat? Waarom wou hulle hul met mag en mening onderwerp aan die verskriklike lot van hul swart broers en susters in Suid-Afrika?
•Is enige mens – wit, swart, bruin, Chinees, Indiër – belet om die land te verlaat, om te emigreer, om ’n beter toekoms elders in die bevryde Afrika of die wêreld te gaan soek soos dit die geval in die Oosbloklande was?
•Hoe is dit dat Suid-Afrika se ekonomie, tegnologie, landbou, infrastruktuur, onderwys, hospitale – noem maar op – gegroei en gedy het onder apartheid in teenstelling met dié van die Oosbloklande? Ons polisiemag (ja, dit wás geïntegreerd, maar mét meriete) en Weermag kon met die beste ter wêreld vergelyk word.
•Hoekom het Suid-Afrika sedert die val van apartheid teruggesak in 16 van 20 internasionale indekse?
•Waarom is soveel minder mense tydens die verdrukkende apartheidsjare in polisiegeweldpleging dood as vandag onder die vry en demokraties verkose swart regering?
Vryheid is ’n onding, ’n monsteragtige, aftakelende mag as mense nie die innerlike dissipline het om dit te hanteer nie. Is die swartmense vandag beter daaraan toe as tydens die diskriminasie en onvryheid van afsonderlike ontwikkeling? Wat beteken ’n stem as jy geen werk het nie, geen kos of huisvesting, as jou lewe voortdurend in gevaar is, as die “leiers” wat jy verkies het en wat jou moet dien, jou besteel, bedrieg en ontmagtig, en jou land in die ellende dompel?

Hoe erg was blanke “verdrukking” teen die verwoesting van 15 jaar van swart vryheid? En dis nog maar 15 jaar ...

Dít wat vandag in Suid-Afrika gebeur, wat ons aan eie lyf voel, wat ons elke dag sien en hoor en lees, wat ons getraumatiseerd, bevrees, verdeeld, hatig en dislojaal maak – dít wat ’n beskaafde mens mure laat bou teen barbaarsheid en gekheid – dít is die kwessies waarmee mnr. Pretorius & Kie. hulle moet bemoei.

Die stelselmatige uitmoor van die blankes in Suid-Afrika, met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regime en sy vennote, ja, dít is ’n misdaad teen die mensdom, dít moet wêreldwye protes en agitasie uitlok, sanksies tot gevolg hê.

Dít is wat mnr. Pretorius & Kie. onophoudelik op elke forum moet laat skuimbek.

Monday, November 9, 2009

Tog net nie ’n ‘McSafety’ nie

Geskryf deur Vlad du Plessis,

Dit is verblydend om te sien dat ook op PRAAG die vernuwende gesprek oor ’n Afrikanersekerheidsorganisasie (ASO) voortgesit word. Vanaf die stigting van Perspektief(-blog) was dit ons vertrekpunt om Afrikanerweerbaarheid voorop te stel. Ons ondersteun dus vanuit ons eie onlangse ‘’geskiedenis’’ die gesprek rondom ’n ASO heelhartig.

Hier by Perspektief het ons nog deurgaans die Kommandokorps, sowel as TLU Veiligheid, ondersteun, vandaar dat ons ook uit eie inisiatief die Kommandokorps adverteer. Ongelukkig bied TLU Veiligheid geen webwerf, bemarkingsmateriaal of kontakte nie en dus kan ons nie dieselfde vir hulle doen nie.

Graag wil ek egter ’n paar idees bydra rondom ’n ASO:

1) Ons stel voor dat daar weggestuur word van ’n suiwer privaat onderneming. Hierdie model het te veel Afrikaners in die verlede moreel ten gunste van die vyand gekorrupteer. Binne die kapitalistiese model is profyt die enigste moraliteit. Hierdie ekonomiese model is wêreldwyd
onder druk. Ek beveel graag aan dat daar eerder gekyk word na ’n koöperatiewe model. Hierdie model bevat die beste van die kapitalisme, naamlik die vryemarkbeginsel, waar die koöperasie op ’n oop mark meeding, sowel as die beste van die sosialisme, naamlik gemeenskapsaanspreeklike eienaarskap en bestuur. Hierdie model word met sukses op Orania
geïmplementeer en is ook verantwoordelik vir die sukses van Mondragon. Minderheidsvolke het meer te baat by hierdie model as die suiwer kapitalistiese model. Die kapitalistiese model gaan vir seker ’n nuwe Afrikaner sekuriteitselite meebring wat enigiets vir profyt sal doen. Op die
ou einde sal hulle uitverkoopbaar aan die hoogste biëer wees en as die regering of enige volksvreemde party hulle beter kontrakte aanbied, gaan hulle die volk versaak. Nee wat, laat ons liewer streef na ’n organisasie vir-die-gemeenskap-deur-die-gemeenskap. Hier moet ons dalk Solidariteit se organisatoriese modelle ondersoek, sodat ons ’n suksesvolle koöperatiewe
model kan ontwikkel.

2) Beide Johann Wingaardt en Anton Barnard probeer die Afrikanerwerknemers basis (Afrikaner regstellende aksie gedryf deur die ASO) regverdig met die begrip “lede van 'n kultuurgemeenskap teen wie die owerhede amptelik diskrimineer”. Hiermee stem ek volmondig saam. Slegs Afrikaners kan immers mede-Afrikaners suksesvol beskerm. Kom ons neem egter ’n nota uit ons vyand se boek en verkort “lede van ’n kultuurgemeenskap teen wie die owerhede amptelik diskrimineer” doodeenvoudig tot “huidige benadeeldes”.Ons sal onself effektief beskerm as ons leer om die vyand se konsepte te kaap vir ons eie gewin. Die Afrikaner het nog nie geleer in welke mate dit die vyand se impetus breek nie. Die onlangse vreedsame rewolusies in Oos-Europa bied heelwat voorbeelde hiervan.

3) Die ASO moet beslis op ledegeld en kapitaalgenerering gebaseer wees; daarsonder sal dit uiteraard nie werk nie. Ons wil immers infrastruktuur en werksgeleenthede hiermee skep. Indien dit 'n koöperasie en dus 'n gemeenskapsbeweging is, kan dit sekerlik aanspraak maak op artikel 235 beskerming. Deur dit amptelik as 'n gemeenskaps- en kultuurorganisasie te bedryf, sal dit baie moeliker gemaak word vir die regime om via RA 'n houvas daarop te kry. Die beweging moet nie net handel oor 'n derdeparty diens nie. Dit moet ook weerbaarheidsklasse en vrywilliger (reserviste) lidmaatskap vir Afrikaners aanbied wat daarin belangstel; m.a.w. gemeenskapsbetrokkenheid. Dit kan gemeenskapsvergaderings organiseer en selfs 'n sosiale dimensie aanneem. 'n ASO kan nuwe lewe in Afrikanergemeenskapslewe blaas. Dit kan die struktuur, gesag en trots wat voorheen deur ander strukture gekweek is, maar wat deur die linkses gekorrupteer is, byvoorbeeld die kerke, terugbring na ons volk. Ons gaan dit egter nie bereik deur bloot 'n soort 'McSafety' (of dan 'McVeiligheid') te stig nie.

Hier is 'n geleentheid, waarvoor daar sosiaal politieke ruimte bestaan. Daar is beslis ook enorme besigheidspotensiaal. Nogtans, laat ons vir eens wegstuur van die Amerikaanse model ten gunste van 'n volkseie model wat ons eie gemeenskaps- sowel as wins- en werkskeppingsbehoeftes bevredigend sal nastreef.

Friday, November 6, 2009

Dissidente moet 'uitgeroei' word

Geskryf deur Dan Roodt - PRAAG

Moontlik is dit toevallig, moontlik nie dat Uhuru Guru, die webmeester van South Africa Sucks, eergister deur 'n polisietaakmag van 28 mense in hegtenis geneem is, so kort ná anonieme en minder anonieme briefskrywers op LitNet hulself skerp teen sy webwerf uitgelaat het en sommige selfs gesuggereer het dat dissidente in Suid-Afrika "uitgeroei" behoort te word:

"Maar een ding is seker, hierdie mense wat SA so afbreek moet van 'n kant af uitgeroei word, dit kan nie so moeilik wees om hulle op te spoor nie, kry Mosad indien nodig, kry Bin Laden, maar boet moet hulle boet.

Hulle is direk verantwoordelik dat kos uit honger kinders se monde gesteel word terwyl hulself blink en vetgevoer rondwriemel soos witwurms te midde van die stront en die opkotsels van hul eie lewens ... en sulke gediertes verdien geen respek, genade, of konsiderasie nie, anything goes, want hulle is sub-mense met absoluut geen respek vir hul medemens nie en die geskiedenis het al dikwels getoon hulle moet STOP gesit word ten alle koste. En daar is net een manier ..."

Rondom middagete eergister het ek 'n telefoonoproep van Uhuru Guru se regsverteenwoordiger gekry, want blykbaar het die blanke Afrikanerpolisiemanne wat soos Veiligheidspolisie uit die "ou skool" van die tagtigerjare gelyk en opgetree het, ook allerlei vrae oor my en praag.co.za gevra. Uhuru Guru het egter geweier om verdere vrae te beantwoord en so waarskynlik veroorsaak dat hy terstond in die selle gesmyt is en agterna letterlik 24 uur in die geselskap van swart moordenaars en rowers moes verkeer. Toe ek gister met hom gepraat het, het hy dit as 'n "minder aangename ervaring" beskry.

PRAAG het gisteroggend 'n redelik volledige berig, Ystervuis teen webwerwe, oor die insident gepubliseer, gegrond op die inligting wat ons op daardie stadium tot ons beskikking het en dis nie nodig om dit hier te herhaal nie. Hoewel Uhuru Guru uit aanhouding vrygelaat is, is 'n volskaalse ondersoek egter nog steeds teen hom aan die gang. Hulle het selfs foto's van die boeke op sy rak geneem, onder andere foto's van boeke wat deur die uwe geskryf is. Waarmee is die polisie besig?

Ongeag wat nou verder gebeur, het hierdie voorval 'n paar dinge gedemonstreer:

Dieselfde Veiligheidspolisietipes wat tydens die sogenaamde "apartheidtyd" die Afrikaner se naam deur die modder gesleep het met hul ondeurdagte hardhandige en soms moorddadige optrede, is steeds aktief. Al verskil is nou werk hulle vir die ANC, pleks van die NP. O ja, die NP onder Marthinus het mos met die ANC saamgesmelt; skielik maak alles sin.
Suid-Afrika is kwalik 'n liberale demokrasie met vryheid van spraak. Nie net beskik die regerende party feitlik oor 'n mediamonopolie nie, met ANC-gesindes wat op die rade en in die bestuur van al die groot mediagroepe, asook natuurlik die SAUK, dien nie, maar op die vooraand van die Sokkerwêreldbeker wil die staat, en natuurlik Fifa, alle dissidensie en kritiek oor misdaad en minderheidsverdrukking in die kiem smoor.
Die staat en sy skaduagtige handlangers wat alles lees wat ons skryf, ons telefone afluister, ons e-posse onderskep, ens., is besig om - soos in die ou Sowjetunie en ander kommunistiese lande - te probeer om alle inligting te beheer en sal ook teen dissidente optree, hulle verdag maak, hulle webwerwe probeer kraak, ens. (Vroeër vanjaar het krakers knaend virusse op PRAAG se webwerwe geplant en het die virusse veroorsaak dat ons tydelik deur Google as 'n "aanvalswebwerf" geklassifiseer is en ons posisies op die soekenjin se ranglyste verloor het. Gelukkig beskik ons oor die tegniese kennnis om die probleem vinnig te kon oplos.)
Die groot ironie is dat van die anonieme en minder anonieme briefskrywers op ander webwerwe in die waan verkeer dat "die Nuwe Suid-Afrika" soveel anders is as die Oue. (Wel, natuurlik het ons nog water en ligte in die Ou Suid-Afrika gehad, anders as Witbank wat van naam verander het en nou reeds drie dae sonder water verkeer, dus is daar reële verskille.) Dieselfde "liberale" mense wat hierdie korrupte, misdadige stelsel wat deur 'n plunderende mafia beheer word, in die naam van "demokrasie" ophemel, pleit sommer in dieselfde asem dat mense soos Uhuru Guru of ek "stilgemaak" - doodgeswyg of erger - moet word. Verstaan sulke mense enigiets van, hetsy demokrasie, hetsy liberalisme? Die idee van "meer as een waarheid" of Voltaire se: "Ek stem nie saam met u nie, maar ek sal u reg om dit te sê tot die dood toe verdedig."

Ek glo nie eintlik al die praatjies oor die sogenaamde ANC-"struggle" wat die ander media vir ons opdis nie, want dis alles met Britse en Sweedse geld, asook opleiding en manipulasie deur vreemde moondhede van buite, gedoen. Soos die Sweedse ambassadeur op 27 April 2004 op RSG gesê het: "Sonder Swede, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie."

Daarteenoor is die stryd wat ons nou voer, geen "Made in England"- of "Made in Sweden"-struggle nie, maar 'n regte egte, inheemse, spontane beweging teen 'n kleptokrasie wat ons kultuur onderdruk en anderpad kyk terwyl ou tannies se vingers met snoeiskêre afgesny word, ons vroue verkrag en ons elke dag afgeslag word.

Thursday, November 5, 2009

Verdere gedagtes oor 'n Afrikanersekerheidsmag

Ek het in ‘n vorige bloginskrywing die noodsaaklikheid van ‘n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van ‘n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging nie.

1. Missie

Dit was ‘n aantal jaar gelede hoogmode vir maatskappye om pragtige, geraamde missiestellings in hul voorportale aan te bring, wat in hogere terme praat van edele ideale wat die maatskappy nastreef. Die missie van die Afrikanersekerheidsmag is egter meer beskeie: dis eenvoudig om Afrikaners teen geweld en misdaad te beskerm, en om woongebiede wat deur Afrikaners bewoon word, te beveilig.

2. Openlikheid en wetsgehoorsaamheid

Die grondbeginsel behoort te wees dat die Afrikanersekerheidsmag nie die landswette self mag verbreek nie. In teenstelling met baie van diegene waarmee Afrikaners ‘n grondgebied deel, is die oorweldigende meerderheid Afrikaners wetsgehoorsame burgers.

Ek het persoonlik geen behoefte om in konflik te kom met die fundamenteel-korrupte Azaniese regstelsel nie, want geen Afrikaner kan ‘n regverdige verhoor voor ‘n “regter” soos Nkola Motata te wagte wees nie, laat staan nog om in ‘n Azaniese tronk te wil beland.

Enige lid wat wel die wet verbreek, behoort onmiddelik geskors te word en van sy konsessie ontneem word. Geen persoon mag voorts ‘n konsessiehouer of werknemer wees van ‘n konsessie as hy ‘n kriminele rekord het nie. (Meer oor konsessies hieronder.)

Tweedens moet die Afrikanersekerheidsmag openlik en sonder enige geheimhouding bedryf word. Ek stel beslis nie ‘n privaatweermag met enige verskuilde agenda in die vooruitsig nie – dit is ‘n wetsgehoorsame sekerheidsmag om Afrikaners en ander blankes te beveilig teen die groot gevare inherent aan Suid-Afrika.

3. Raad van trustees

Ek sou voorstel dat die Afrikanersekerheidswag ‘n raad van trustees behoort te hê, wat beleid formuleer en sorg dat daar goeie korporatiewe bestuur plaasvind. Voormalige polisie- of weermagoffisiere of diegene met kundigheid in die sekerheidsbedryf sou die aangewese persone wees om op die raad te dien.

4. Samewerking met ander organisasies

Daar is reeds bestaande organisasies wat buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums en burgerlike organisasies soos Afriforum insluit, waarmee daar natuurlike sinergie is. Die Afrikanersekerheidsmag behoort as ‘n saak van beginsel alles in sy vermoë te doen om met hierdie organisasies saam te werk.

5. Konsessies (“franchises”)

Die Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening op ‘n konsessiegrondslag te werk. Die grootte van die gebied wat aan ‘n konsessiehouer toegeken word, moet deur die aantal Afrikaners in die gebied bepaal word. Daar is 287 munisipaliteite in Suid-Afrika. Kleiner munisipaliteite sal waarskynlik slegs een konsessie lewensvatbaar maak, maar groter munisipaliteite en die metro-areas sal beslis meer as een konsessie elk moet bevat.

Konsessiehouers sal hulle eie motors en vuurwapens moet verskaf.

Die betaling aan konsessiehouers behoort te geskied op grond van die aantal intekenare in die konsessiehouer se geografiese gebied. Dit is die konsessiehouer se plig om intekenare te werf. Hoe meer intekenare die konsessiehouer kan werf, hoe groter sy inkomste. Die sentrale administrasie hieronder genoem, sal die administratiewe deel hanteer en uitbetalings aan die konsessiehouers maak. Die tipiese maandelikse fooi in ‘n stedelike gebied vir gewapende reaksiemagte is sowat R300-R400 per maand. As ‘n persentasie van hierdie bedrag verhaal word vir administratiewe kostes, bied 50 intekenare in ‘n gebied steeds ‘n goeie maandelikse inkomste.

Om dit so maklik as moontlik te maak vir arm en werklose Afrikaners om ‘n konsessie op die been te bring, behoort daar na my mening die minimumonkoste te wees om ‘n konsessie te verkry. Die konsessiehouers behoort slegs vir hulle uniforms, moontlik plakkers vir hulle motors en opleiding te betaal.

6. Opleiding

Konsessiehouers moet verpligte opleiding ondergaan alvorens hulle begin met hulle werksaamhede, en ook ‘n eksamen en praktiese toets aflê. Daar is reeds selfverdedigings- en skietkursusse wat deur lede van die TLU aangebied word, maar hierdie opleiding sal aangepas moet word om te voldoen aan die vereistes van stedelike beveiliging. Elke lid van elke konsessie sal ook die statutêre Sekerheidsoffisiereraad (Security Officer’s Board) se eksamen moet aflê.

7. Personeelbeleid

Lidmaatskap moet beperk word tot diegene wat tans benadeel word deur die ANC regime se rassistiese wetgewing, en veral Afrikaners. (Ek sou persoonlik Engelssprekende blankes wat wou deelneem, ook toelaat.) Dié beleid kom as’t ware neer op regstellende aksie in trurat – ten bate van Afrikaners wat aan die ontvangkant is van die ANC se skreiende diskriminasie teen ons.

8. Sentrale administrasie

‘n Sentrale administratiewe funksie moet geskep word, om byvoorbeeld intekenare te registreer, uitbetalings aan konsessiehouers te maak en om die inbelsentrum te beman. Sy bedrywighede moet befonds word deur ‘n persentasie van die intekenare se maandelikse intekengelde.

Daar moet ‘n 24×7 inbelsentrum wees, verkieslik met ‘n tolvrye, nasionale nommer. Die beheerkamer ontvang noodoproepe en verwittig die toepaslike konsessiehouer van die noodgeval per selfoon of na sy landlyn toe.

Ten slotte: Soos ek hierbo aangedui het, is ek geen kenner op die gebied van polisiëring of beveiliging nie. Ek is oortuig daarvan daar is mense wat die Afrikanersekerheidsmag veel beter sal kan struktureer as my lekepoging, maar weer eens sou ek persoonlik veel eerder my R400 per maand per debietorder betaal vir beveiliging as ek weet dat dit Afrikaners is wat my buurt patrolleer.

Ystervuis teen webwerwe

Geskryf deur verslaggewer - PRAAG

Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse "blogger" Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae 'n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, 'n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied. Lees meer...

Middel teen pessimisme

Jaap Steyn

Armoede ken geen kleur-of taalgrense nie. Waarom moet Solidariteit dan op Afrikaners fokus met sy aksieplan teen armoede?

Dié vraag is gevra ná Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaad-kongres. Talle deelnemers aan die kongres het dit beklemtoon dat alle gemeenskappe moet saamwerk om armoede te beveg.

Maar daar is ’n goeie rede waarom Solidariteit veral en vir eers na Afrikaners moet omsien. Hulle is die groep wat die afgelope 15 jaar die swaarste gely het onder die gesamentlike uitwerking van drie nuwe soorte diskriminasie: rassediskriminasie met regstellende aksie (die Nederlanders, net so polities korrek as ons, noem dit posi­tieve discriminatie!), taal­­diskri- ­minasie en maatskaplike diskriminasie met byvoorbeeld staatstoelaes. So het die Tshwane-metroraad sedert 2000 van die 90?100 beskikbare Hop-huise net twee aan wit behoeftige gesinne gegee. Lees verder...

Tuesday, November 3, 2009

Eenheid in weerbaarheid sal ons bevry

Geskryf deur JH du Toit,

Verlede week het Anton Barnard (Samizdat) ‘n baie belangrike punt rondom sekuriteit gemaak. Barnard het geargumenteer vir ‘n Afrikaner-sekuriteitsorganisasie. Sy se rubriek het ook ‘n interessante en lewendige gesprek op PRAAG ontlok, waarin daar groot entoesiasme onder lesers met Barnard se idee getoon is.

Dit was inderdaad verblydend om te sien dat heelwat deelnemers met so 'n positiewe houding na ons eie sekuriteitsorganisasie smag. Ek wil hiermee graag Afrikaners/Boere aanmoedig om hierdie gesprek voort te sit en dit in ‘n werklike organisasie uiting te laat vind.

Tans is daar die Kommandokorps, TLU Veiligheid en vele ander gemeenskapgebaseerde Afrikaner-veiligheidsorganisasies. Dalk is dit nou tyd vir ‘n veiligheidsberaad, waar al hierdie organisasies mekaar by die gesprekstafel ontmoet. Indien hierdie inisiatiewe en bewegings eenheid kan bereik, sal dit beslis die belangrikste gebeurtenis in Afrikaner-politiek sedert 1948 wees.

Eenheid in weerbaarheid is die belangrikste politieke doelwit wat ons het om na te streef. Hiervan moet ons met oorgawe werk maak. Indien ons dit kan vermag, wil ek voorspel dat eenheid op ander gebiede outomaties sal volg. ‘n Afrikaner/Boere Republiek sal onvermydelik hieruit volg.

Thursday, October 29, 2009

Die kroonprins

Geskryf deur Dirk Uys,

Suid-Afrikaners kan bevoorreg voel. Nie net het ons die beste rugbyspan ter wêreld nie, maar gister het ons boonop verneem dat ons ook oor die beste jeugbeweging op die planeet beskik. Floyd Shivambu, segsman van die ANC-jeugliga, meen dié organisasie is “die mees formidabele politieke jeugbeweging, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die hele vasteland en in die wêreld.” Die jeugliga se “vreesloosheid, dinamika en onverbiddelike fokus op ontwikkeling” onderskei hulle van al die ander. Aldus Shivambu.

Aan die hoof van die ANC se jeugbeweging staan Julius Malema, wat eweneens deur sy lofsanger besing is, omdat hy “die armes en verdruktes” help.


Shivambu is in goeie geselskap. Oor die afgelope naweek het president Jacob Zuma besoek afgelê in Seshego in die Limpopo-provinsie, die houtwerk Wunderkind se tuisdorp. Hy het tydens hierdie geleentheid Malema geloof vir sy begrip van mense. Hy sien hom as “’n goeie leier wat mense verstaan.” Ouer ANC-leiers is volgens Zuma dankbaar om te weet dat hulle die party in mense soos Malema se bekwame hande kan laat.


Mandy Rossouw en Max du Prees het pas ’n boek oor hierdie kontroversiële jeugleier laat verskyn, getiteld The World according to Julius Malema. Du Preez meen dat Malema verteenwoordigend is van ’n nuwe generasie in die ANC en sien hom as ’n moontlike presidentsfiguur in die toekoms.


Julius Malema word dikwels deur blanke Suid-Afrikaners as ’n soort hanswors gesien. Hier is die man wat immers na Helen Zille as “’n lelike dogtertjie” verwys het, wat onderneem het dat hy en sy vriende “sal doodmaak vir Zuma” en wat verkragting skynbaar nie ernstig opneem nie. Hy meen verder dat die myne genasionaliseer moet word en dat daar geen onaansienlike vroue in die ANC is nie. En wie het nie geglimlag toe ons sy reaksie ’n tydjie gelede gelees het oor die 14 verkeersboetes wat hy nog nie betaal het nie? “Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie,” het hy verontwaardig aan die joernalis gesê wat hom hieroor uitgevra het.


Dit is maklik om jou oor sulke lomp geformuleerde, banale sêgoed te verkneukel. Wat dit egter kommerwekkend maak, is om te besef hoe groot die man se aanhang is. Hy is beslis nie maar net ’n gemarginaliseerde figuur wat binne die ANC verdra word nie. Die gang voor sy kantoor is volgens koerantberigte bedags gevul met dosyne mense wat die ANC-jeugleier kom sien as hulle nêrens anders reggekom het nie, in die hoop dat die ANC-boelie met ’n paar skuiwe hulle probleme sal oplos. Hy ken skynbaar vele van die ANC-hoëkoppe se geheime en hy huiwer nie om sy “kennis” te gebruik om sy sin te kry nie.


’n Paar dae gelede het Malema aan ’n openbare debat oor die onderwerp van die moontlike nasionalisering van myne deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het hy sy medesprekers, Kuseni Dlamini (voormalige uitvoerende hoof van Anglo American) en Tim Cohen (joernalis) onder die tafel ingepraat. Vir 52 minute het hy voortgeteem. Hy het soos gewoonlik vele belaglike stellings gemaak, soos om te sê dat nasionalisering meer beleggers na Suid-Afrika sal lok en dat die mynboubedryf sal aanhou belé in die land omdat dit so veilig en vreedsaam hier is.


In 2008 het die mynbedryf ’n inkomste van R405 miljard gegenereer, maar moes R409 miljard uitgee. Sal die staat bereid wees om hierdie verlies te dra? Daarop het Malema natuurlik geen antwoord nie.


Dit was egter interessant dat sy woorde opgeslurp is deur die oorwegend jong, swart studentegehoor. Waarom sal sogenaamde intelligente jongmense met openlike bewondering na sulke onsinnighede luister?


Die antwoord hierop is dat Malema die kaart van die onderdruktes meesterlik speel. Hy kan hierdie snaar vir ewig tokkel en wakker so die emosies van swartmense aan.


Tydens sy diskoers oor nasionalisering het hy byvoorbeeld na die armoede in Sekukuni verwys. Al die rykdom wat plaaslik uit platinum gemaak word, word volgens hom na elders versprei en die plaaslike bevolking trek geen voordeel uit die minerale opbrengs nie. Al wat hulle het, is paaie met slaggate, deur die mynvoertuie veroorsaak…


Hy kan die saak van die “underdog” meesterlik verdedig. Jong, gefrustreerde swartmense wat nog nie kon “skep” uit die rykdom om hulle soos die ouer generasie nie, herken hulleself in hom. Hy verdedig vir Caster Semenya en omskep dit in ’n rassesaak waarin die apartheidspook weer loop. Hy insinueer dat blankes nie in die land welkom is nie. Hierdie gewaagde taal maak hom gewild by ’n jong generasie wat toenemend gefrustreerd is omdat hulle uitgesluit word uit die formele werksektor weens gebrekkige kwalifikasies en ervaring.


Die feit dat hy in ’n oorwegend blanke woonbuurt bly, Armani-jeans dra en in ’n swart Mercedes C350 ry, pla sy aanhangers nie. Hy verteenwoordig naamlik dit waarna hulle aspireer.


Julius Malema mag dalk nie die slimste skoolleerling gewees het nie, maar dis duidelik dat hy op die politieke toneel vir homself ’n perfekte nis gevind het.


En vir diegene wat steeds dink dat ons jeugleier nie oor die nodige intellektuele kapasiteit beskik om president te word nie, wil ek net daaraan herinner dat die huidige president van Suid-Afrika ’n voormalige beeswagtertjie sonder enige formele skoolopleiding is…

Wednesday, October 28, 2009

'n Afrikanersekerheidsmaatskappy

Geskryf deur Anton Barnard - SAmizdat

Dit is al lankal ‘n voldonge feit dat die Azaniese stelsel van reg en geregtigheid, nes alle ander regeringstrukture, stelselmatig besig is om in duie te stort. Die verrotting het in 1994 begin, toe rassistiese transformasie die howe en die polisiemag van binne begin rysmier het. Ek hoef nie eens die skokkende moordstatistieke van tot 30 000 slagoffers per jaar aan te haal nie, want dit is alombekend.

Dit is voorts duidelik dat dit ‘n enorme fout sou wees om op die SAPD te vertrou om ons teen misdaad te beskerm. Ek loop nou die risiko van ‘n klag teen my, maar laat ek dit reguit stel: vir blankes om op ‘n swart polisielid te vertrou, het uit bittere ervaring uiters, uiters riskant geblyk te wees. Die barbaarse stukke drek (en hiermee is ek besig om drek ernstig te beledig), geklee in SAPD-uniforms, wat eers op omkoopgeld aangedring het, en toe ‘n blanke vrou hierdie pas afgelope naweek verkrag het, is net nóg ‘n bewys hiervan. Korrupsie strek skynbaar tot op die hoogste vlakke van regstellende aanstellings in die polisie, soos die korrupte voormalige kommisaris, Jackie Selebi.

Die verrotting, korrupsie en misdadigheid van die Azaniese regstelsel strek veel verder as slegs die SAPD. Die regbank word toenemend bevolk deur ontplooide ANC-kaders, wat op grond van politieke aanneemlikheid en nie bekwaamheid nie aangestel word. Watter blanke kan ‘n regverdige verhoor te wagte wees voor die leuenaar en rassis Nkola Motata, of sy mede-rassis, “regter” John Hlope?

Die meeste blankes wat dit kan bekostig, het lankal reeds die skrif aan die muur gesien en instinktief besef dat die SAPD se transformasie die sade van sy vernietiging gedra het. Sekerheidsmaatskappye soos Chubb, Securicor en andere is het as gevolg van hierdie besef die leemte begin vul. Al wat ‘n blanke huishouding is, het bykans ‘n privaatsekerheidsmaatskappy. Die probleem is egter dat hierdie sekerheidsmaatskappye heelwat lede van dikwels twyfelagtige opleidingsvlakke en met ‘n onbekende agtergrond in diens het. Estee van Rensburg, ‘n danseres van Pretoria, is juis deur ‘n sekerheidswag in die kop geskiet. Daardie einste privaatwagte wat jy betaal om jou eiendom te bewaak, kan heel moontlik juis die misdadigers wees wat by jou gaan inbreek en jou vrou gaan verkrag. Laat ek liefs swyg oor waarom ek meen dit die geval is.

Dit raak vir my toenemend duidelik dat Afrikaners sal moet ingryp, en die funksies van die falende Azaniese staat sal moet oorneem. Ek wil daarom aan die hand doen dat daar ‘n landswye Afrikanersekerheidsmag geskep moet word. Daar is derduisende Afrikaners met uitstekende ervaring en kundigheid, onder andere voormalige polisie- en weermagoffisiere, wat só ‘n mag kan bedryf. Daar is reeds organisasies met bestaande veiligheidsstrukture in plek, byvoorbeeld die Transvaalse Landbou-unie se sekerheidsafdeling.

In plaas daarvan dat derduisende blanke huishoudings ander sekerheidsmaatskappye per debietorder befonds, hoort ons veel eerder ons maandelikse bydraes aan die Afrikanersekerheidsmag te gee.

Só ‘n mag sal heelwat probleme aanspreek:

• Ek vertrou veel eerder op ‘n Afrikanersekerheidsmag as op die stukke SAPD-drek wat die vrou verkrag het, of op die sekerheidsmaatskappy wie se lid die danseres in Pretoria vermoor het.

• Weens die kundigheid van baie Afrikaners oor sekerheid, sal so ‘n mag uiters effektief wees. Die buurtwag van Louis Trichardt, beman deur voormalige polisielede, weermaglede en selfs die NGK se dominee, het binne enkele maande ‘n afname van 95% in Louis Trichardt se misdaadkoers teweeggebring. Mense verloor egter spoedig belangstelling in ‘n buurtwag, en daarom wil ek juis nié ‘n buurtwag voorstel nie, maar eerder ‘n voltydse, professionele sekerheidsmag.

• Daar is derduisende blanke weermag- en polisielede wat agv rassistiese transformasie hul werk verloor het, en wat selfs so ver soos Irak moes gaan werk soek. ‘n Afrikanersekerheidsmag sal hierdie mense ‘n heenkome gee.

• Daar gaan natuurlik aantygings wees dat hierdie ‘n rassistiese mag is. Ek kan my reeds indink hoe Jan-Jan Joubert se skril stemmetjie nog ‘n oktaaf sal styg uit pure vrees, en hoe hy gal sal braak in al wat ‘n Nasperskoerant is hieroor. Ek verwelkom dit egter. As daar een ding is waarvoor Kees die voornemende motorkaper banger is as die duiwel vir ‘n slypsteen, is dit ‘n bebaarde en bebliksemde Boer in khaki geklee. Ek sou die uniform van die Afrikanersekerheidsmag doelbewus laat herinner aan Boerekrygers of selfs die voormalige SAW se uniforms, en bonusse uitdeel aan lede wat baarde het.

• ‘n Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening die eerste amptelike struktuur binne in ‘n Afrikanerowerheid, ‘n regering in die kuberruim vir Afrikaners, te wees – ek het iets soortgelyks as die Palestynse Owerheid en dié se polisiemag in gedagte.

Ek kan aan geen rede dink waarom so ‘n mag nie winsgewend en effektief bedryf kan word nie. Ek sal beslis lekkerder slaap as ek weet dat daar Afrikaners is wat my buurt patroller. Waarvoor wag ons?

Saturday, October 24, 2009

Ons benodig ons eie 'SASCO'

Daar is veral twee dinge wat ek wil opmerk oor die onderstaande artikel:

1) Kyk hoe die regime se funksionarisse (SASCO) die Reitzvoorval, wat onskuldige studente pret was, gebruik om rassespanning in die naam van 'versoening' aan te blaas.

2) Terwyl Afrikaners deur volksmoord gaan, waaarmee die Reitzfoefie geensins kan kersvas hou nie, doen ons nog bitter min wat protesoptrede betref. Waarom hou Afrikanerstudente nie ook massabyeenkomste nie? Wereldwyd is studente altyd aan die voorpunt van die vryheidstrewe. Ons het dringend 'n radikale studentebeweging van ons eie nodig. Die VF+ se jeugliga is heeltemal te mak vir hierdie doel. Ons is in 'n radikale situasie en benodig dus ons eie radikale benadering. Die VF+ is deel van die regime en establishment en dus nie die voertuig vir studente om radikale strategie te volg nie.

Studente ruk op oor Reitz-4

Earl Coetzee Bloemfontein.
– Studente het gister ’n massavergadering op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gehou teen hul nuwe rektor se besluit om interne klagte teen die Reitz-vier te laat vaar.

“Prof. Jonathan Jansen is ’n diktator en hoort in Zimbabwe,” was die boodskap op een plakkaat wat rondgeswaai is.

Halfpad deur die vergadering het die groep van sowat 400 studente na die hoofgebou opgeruk waar hulle gedans en struggle-liedjies gesing het.

Hulle het geëis om met Jansen self te praat.

Mnr. Moses Masitha, voorsitter van die UV-studenteraad, het daarop gewys die byeenkoms voor die hoofgebou is onwettig. Hy het hulle ingelig Jansen het ingestem om met hulle te praat op voorwaarde dat niemand hom in die rede val of skree nie.

Jansen het daarna op die hoofgebou se trappe aan die studente verduidelik hy het geen beheer oor die strafregtelike aanklag of die Menseregtekommissie se vervolging van die Reitz-vier nie.

“Ek het net seggenskap in wie aan dié universiteit mag studeer en wie nie. Die UV is 105 jaar oud en die probleme wat dit met isolasie en rassisme het, het nie by Reitz begin nie. Dit is ook nie uniek aan die UV nie,” het Jansen gesê.

Voorts sal dié probleme nie opgelos word deur slegs die vier studente uit te skop nie.

“Baie mense is ontevrede met my besluite, maar ek gee nie om nie. Ons studente sál leer om saam te leef. As ons ons probleme wil oplos, moet ons na meer as net die vier Reitz-manne kyk,” het hy gesê.

Jansen het studente die kans gegee om vrae te vra voordat hy die byeenkoms verdaag het.

Mnr. Thapelo Lekwene, sekretaris van Sasco op die UV-kampus, was ontevrede met baie van Jansen se antwoorde. Hy sê hulle sal volgende week aansoek doen om ’n wettige protesoptog op die kampus.

Intussen het die kabinet Jansen se besluit veroordeel.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het gister in Kaapstad in die parlement gesê die proses wat tot die terugtrekking van die klagte gelei het, was gebrekkig, berig Liesl Peyper.

“Die norm is dat die oortreders skuld beken en die slagoffers om verskoning moet vra voordat ’n versoeningsproses kan plaasvind – boonop moet albei partye teenwoordig wees,” het hy gesê.

Die hantering van dié kwessie wek voorts die indruk dat die oortreders se regte bo die menswaardigheid van die slagoffers gestel is, het hy gesê.