Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Solidariteit. Show all posts
Showing posts with label Solidariteit. Show all posts

Sunday, August 1, 2010

Anglo Platinum maak geld soos bossies

Anglo Platinum se wesensverdienste het met 532% in die halfjaar tot einde Junie gestyg. Dié stewige groei, wat verwagtinge oortref het, is te danke aan die noemenswaardige verbetering in die wêreldmark vir platinummetale vanjaar. Die motorbedryf is ook besig om van die resessie te herstel en aangesien die meeste platinum vir motorvervaardiging gebruik word, behoort Anglo Platinum daarby te baat. Anglo Platinum se beter winsposisie is nie net te danke aan die goeie platinumprys nie maar ook aan beter produktiwiteit per werknemer. Dié groep het verlede jaar sy arbeidsmag van 60 000 na 19 000 werknemers verminder. Lees verder...

Thursday, November 5, 2009

Middel teen pessimisme

Jaap Steyn

Armoede ken geen kleur-of taalgrense nie. Waarom moet Solidariteit dan op Afrikaners fokus met sy aksieplan teen armoede?

Dié vraag is gevra ná Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaad-kongres. Talle deelnemers aan die kongres het dit beklemtoon dat alle gemeenskappe moet saamwerk om armoede te beveg.

Maar daar is ’n goeie rede waarom Solidariteit veral en vir eers na Afrikaners moet omsien. Hulle is die groep wat die afgelope 15 jaar die swaarste gely het onder die gesamentlike uitwerking van drie nuwe soorte diskriminasie: rassediskriminasie met regstellende aksie (die Nederlanders, net so polities korrek as ons, noem dit posi­tieve discriminatie!), taal­­diskri- ­minasie en maatskaplike diskriminasie met byvoorbeeld staatstoelaes. So het die Tshwane-metroraad sedert 2000 van die 90?100 beskikbare Hop-huise net twee aan wit behoeftige gesinne gegee. Lees verder...