Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Oorlog. Show all posts
Showing posts with label Oorlog. Show all posts

Tuesday, June 8, 2010

Staat se onbevoegdheid skep veiligheidsrisiko

TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van die groter wordende lys van onbevoegde optrede van staatsinstellings, wat nou ‘n wesenlike veiligheidsrisiko skep:

Die feit dat Korrektiewe Dienste nie toegesien het dat vrylatingsvoorwaardes stiptelik nagekom word nie, in die geval van die beweerde jeugdige moordenaar van mnr. Eugene Terre’Blanche, wat bydraend was tot die dood van mnr. Terre’Blanche; Lees verder...

Sunday, May 30, 2010

Watter grusaamheid moet ons nog alles in hierdie land beleef?

deur Kallie van Vanderbijlpark,
Die hoofopskrif in Beeld van 28 Mei, “Boer leef toe bakkie hom sleep”, het betrekking.

Dit was ’n lieflike wintersdag vandag. Die son was besig om die aarde te groet, maar in my hart is daar ’n groot weemoedigheid. Lees verder...

Friday, May 21, 2010

'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger

deur Vlad du Plessis,

Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?

Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders? Lees verder...

Monday, May 17, 2010

ANC berei voor vir oorlog

deur Vlad du Plessis,

Geruime tyd reeds word ‘n verskuilde volksmoord deur die ANC regime teen Afrikaners en meer spesifiek die landbou gemeenskap gevoer. Wat nog steeds deur die regime as ‘misdaad’ getipeer word, is ‘n kruipende volksmoord wat deur die onthouding van daadwerklike polisiëring en die konstante verguising van boere aangemoedig word.

Haatspraak word alreeds jare lank op subtiele sowel as blatante wyse deur die regime se funksionarisse veral op die SABC en ander radiostasies gepleeg. Die gedrukte media doen ook hieraan mee. Selfs die Afrikaanse Naspers is ‘n sterk aanvoerder van Afrikanerhaat, soveel so dat Rapport nie eens die naweek se anti-volksmoord optogte in Londen vermeld nie. Via verskeie propaganda kanale is die regime se boodskap aan die swart massas duidelik: “Daar is die vyand, val hulle aan en maak dood.”
Die beëindiging van die Kommandostelsel was ‘n doelbewuste poging om boere weerloos te laat. Die sogenaamde sektorpolisiëring is niks anders as ‘n foefie wat geen veiligheid vir die boere gebring het nie.

Uiteindelik het die regime so ver gegaan as om Afrikaners te probeer ontwapen. Te midde die hoe getalle moorde, martelings, verkragtings en aanrandings was dit van die begin af duidelik dat hierdie ontwapening ‘n sinistere agenda dien. Gelukkig het vele Afrikaners, met sukses, alles in hul vermoë gedoen om nie ontwapen te word nie.

Sedert Julius Malema sy moordliedjies begin sing het, het moorde op Afrikaners radikaal ge-eskaleer. Dat die ANC geensins van plan is om Malema te dissiplineer het geblyk uit die pap hantering van hierdie saak, laas week, deur ‘n ANC-‘dissiplinêre’-kommittee. Die ANC is nie bereid om die jong belhamel, wat reeds meer invloed as Jacob Zuma het, op die vingers te tik nie. Waarskynlik verwoord Malema wat meeste ANC ampsdraers voel, maar nie die moed het om te se nie.

Ten minste een hoë ANC ampsbekleër, die minister van polisie, het twee weke terug soortgelyke skokkende geluide as Malema gemaak. Die minister het swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees en hulle selfs aangepor om moorddadig op te tree. In ‘n angswekkende ontwikkeling het die minister van verdediging slegs ‘n week later die ANC jeugliga en die Jong Kommuniste uitgenooi vir militêre opleiding. Geen soortgelyke uitnodiging is aan die jeugligas van ander politieke partye gerig nie. Die klaarblyklike doel is om swart jeugdiges militêr op te lei en van gevegswaardigheid te voorsien. Die implikasies laat mens ril en vir enige regdenkende Afrikaner behoort al die waarskuwingsligte aan te gaan.

Intussen word daar toegeslaan op regse Afrikaners. ‘n Groepie jong Afrikaners wat die graf van ‘n ANC diplomaat geskend het is vir ‘beoogde terrorisme’ gearresteer en dit blyk asof onwettige wapens selfs op hulle geplant is. Die arme jong Afrikaners is reeds deur die SAPD se skurke aangerand en ten minste twee is gesodomiseer. Hierdie is ‘n duidelike skrikbewind om Afrikaner dissidente te intimideer. Die betrokke Afrikaner jeugdiges sal na verwagting gemartel word om op alle aanklagte skuld te erken. Dit alles speel af terwyl die swartpubliek buite die hof plakkate wat om oorlog ('War') roep omhoog gehou het.

Afrikaners sal egter nie op hierdie manier geboelie word nie. Wat die ervaring wel vir ons weereens getoon het is dat Afrikaners nie ondeurdag moet optree nie. Afrikaners moet hulself binne die bestaande goed georganiseerde organisasies mobiliseer. Eerder as om onverantwoordelikhede in isolasie aan te vang moet Afrikaners aansluit by gedissiplineerde en effektiewe organisasies soos TLU SA Veiligheid, die Kommandokorps en die Suidlanders. Die regime sal nie maklik aan hierdie organisasies raak nie, want sulke optrede sal verseker tot oorlog lei. Afrikaners moenie onwettig optree nie. Ons moet binne hierdie sterk organisasies, wat deeglike bevelstrukture het, onsself voorberei vir die eskalerende volksmoord.
Genocide Watch is reeds in die proses om ons volksmoord status te opgradeer na ‘n hoër vlak. Die internasionale gemeenskap erken dus toenemend dat daar ‘n groeiende volksmoord in SA aan die gang is.

Ons moet binne die wet optree en onsself as deel van die bovermelde organisasies gedissiplineerd organiseer. Ons moet onsself oplei en tot die tande bewapen. Die ANC berei voor om een bloedige geweldspasme na ons te bring. Dit is duidelik dat die ANC dit tot op hul hoogste vlakke begeer.

Wednesday, May 12, 2010

Regse komplot onthul, of nie?

Verlede week pryk dit op die plakkate van koerante in die strate: “Regse komplot opgerol, bomplanters gearresteer.” Die His Masters’ Voice van die ANC, die SABC, maak dit hoofnuus op sy nuusbulletins.

Uiteindelik. Almal het dit verwag na die gruwelike moord op meneer Eugene Terre’Blanche: die sogenaamde vêrregses gaan uiteindelik moeilikheid maak, want almal weet dat die Boerevolk briesend kwaad is. Hulle was te lank stil, niemand het gekoördineerde dom dinge gaan doen nie. Die yster dissipline wat heers onder die Boerevolk, is vir die regering ‘n steen des aanstoots, selfs waarskynlik ‘n bron vir ongekende vrees. Daarom moet daar eenvoudig iets gebeur. En as dit dan nie gebeur nie, moet dit maar so ‘n bietjie aangehelp word. Lees meer...

Friday, May 7, 2010

Regime verskerp aanslag op Afrikaners

Deur Vlad du Plessis,
Omtrent twee weke gelede het Dan Roodt gewaarsku dat die polisie op sogenaamde regses met klopjagte sal toeslaan. Gister het dit begin. In wat blyk om ‘n georkestreerde smeer en onderdrukkingskomplot te wees word Afrikaners landwyd wild en wakker deur die regime se polisieskurke geteister. Dit blyk dat mense valslik daarvan beskuldig word dat hulle terreurplanne beraam. Verder blyk dit dat die skurke van die SAPD ook valse getuienis en wapens op die sogenaamde ‘verdagtes’ plant.

Perspektief wil Afrikaners aanmoedig om nie die wet te oortree nie, maar om terselfdertyd nie op te hou om hulself tot die tande te bewapen en voor te berei vir die oorlog wat die regime na ons bring nie. Ons moet nie die wet oortree nie en ook nie ‘n oorlog begin nie, maar die regime het reeds ‘n laegraadse volksmoord op ons begin pleeg. Terwyl ‘skiet die boere’ liedjies onverpoosd op ANC en COSATU saamtrekke gesing word neem moorde en aanvalle op ons mense net toe. Ons kan nie nou geïntimideer word deur die skurkpolisiediens se pogings om ons te onderdruk nie.

Vroeër hierdie week het die einste minister van polisie, wat ons wil ontwapen en die skrik op die lyf probeer jaag, swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees. Hy het gesinspeel dat dit in orde is om mense vir rewolusionêre doeleindes te moor, aangesien ook Nelson Mandela eens sulke planne gesmee het. In sy woorde: "Die belangrikste ding is dat wanneer daar 'n oorlog te voer is in 'n revolusionêre situasie, moet die jeug aan die voorpunt van die situasie wees. Hy het dit verder goedgepraat deur te sê: "Resha was militant tot op die punt dat hy oproepe gedoen het om mense te vermoor." Hierdie woorde spreek boekdele.

Terwyl die regime weier om TLU oor die krisis wat in die land aan die opbou is toe te spreek en moorde deur swartes op Afrikaners eskaleer, is Genocide Watch intussen besig om SA se volksmoord gradering te hersien. Tans oorweeg Genocide Watch International om ons op te gradeer van vlak vyf na vlak ses. Dit is hoër as lande soos Irak en Iran. Op vlak sewe volg volskaalse uitwissing van die minderheid/onderdrukte volk. Vlak agt gaan oor ontkenning, deur die regime, oor wat gebeur het.

Afrikaners is dus op die vooraand van vlak sewe. Dit is elke Afrikaner se plig om hom- of haarself voor te berei nie net vir die huidige geweld nie, maar ook ingeval vlak sewe (totale uitwissing) volg. Sommige regse rubriekskrywers beweer die kanse vir so ‘n eskalasie is gering. Ek verskil hiermee. Een van die eienskappe van vlak sewe is dat dit skielik en sonder duidelike waarskuwing aanbreek. Oral in die wêreld waar dit plaasgevind het, het selfs die slagoffervolk ontken dat dit sou gebeur.

Genocide Watch verwys na die oortreders as ‘Black Racists’ en die slagoffers as ‘Boers’ (etniese Afrikaners). Selfs die internasionale gemeenskap erken dus nou dat hier ‘n rassemoord aan die gang is. Ons het ‘n regering wat ‘n Rwanda tipe volksmoord op ons probeer aanhits. Ons moet dus paraat, opgelei en bewapen wees. Perspektief moedig weer Afrikaners aan om by TLU SA Veiligheid, die Kommandokorps of die Suidlanders aan te sluit. Die oorlog is op pad en u mag nie onverhoeds betrap word nie.

Friday, April 30, 2010

Gedagtes oor ‘n volksraad en veiligheidsstrategie

deur Anton Barnard - Samizdat
Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Lees verder...

Oproep tot verootmoediging

Geskryf deur Administrator - TLU SA
Vrydag, 30 April 2010 09:29
TLU SA het op 15 Maart 2010 namens 'n deel van die ad hoc-komitee (groepering van organisasies wat effektief die beoogde grondonteieningswetgewing teëgestaan het in 2008) wat hul met sodanige versoek vereenselwig het, ‘n skrywe na die onderskeie kerkgroeperinge gestuur waarin ‘n versoek gerig is om op 9 Mei 2010 regdeur die land die onderskeie eredienste in die verskillende kerke in te rig met ‘n spesifieke fokus op die misdaad situasie in die land. Die brutaliteit wat grens aan die barbaarse tydens aanvalle ruk enige rasioneel denkende mens tot stilstand en is dit TLU SA se oortuiging dat die kragtigste wapen wat daar in hierdie deurmekaar land oorgebly het die krag van gebed is. Ons versoek die onderskeie gemeentes van die verskillende denominasies om voort te gaan met sodanige verootmoedigingsdienste.


TLU SA sal soos die gebruik deur al die jare gevestig is op Hemelvaart, 13 Mei, sy kantore sluit.

Rowers vermoor man by kind



deur Hilda Fourie ,

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is. Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê. Lees verder...

Friday, April 23, 2010

Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval



deur Buks Viljoen
’n Swaar gewonde boer van Onderberg in die Laeveld in Mpumalanga het eergisternag met sy bakkie deur ’n baksteenmuur gejaag om van ’n groep aanvallers af weg te kom nadat hulle hom gewond het. Lees verder...

Rowers slaan baba erg

deur André Damons en Magdel Fourie
’n Jaar oue baba veg om haar lewe nadat rowers haar en haar oppasser so erg in haar ouerhuis in Robindale, Randburg, aangerand het dat sy opgehou asemhaal het. Lees verder...

Bende skiet ouers se laaste oorblywende kind dood

deur Arisja Jacobs
Evander. – ’n Bejaarde ouerpaar het hul derde en laaste kind aan ’n onnatuurlike dood afgestaan toe hy langs hul dubbelbed vermoor is. Lees verder...

Monday, April 12, 2010

Oorsaak van algemene tamheid onder die Afrikaner

Deur Gert Buys

Indien 'n afleiding gemaak moet word oor die afgelope dae se gebeure kry ek die indruk dat die regering en veral die Malema-faktor geinisieer word deur elemente naby en in ons eie geledere.

Opmerklilk is dat die Afrikaanse liberale pers vanaf omtrent Augustus 2009 met n intensiewe aanslag op die Regering, swart elite-instanies en organisasies begin het. Ons weet wie in beheer van die algemene lands-adminisrasie is en ook hoe hulle sodanige posisies bekom het. Waarom die permanente druk op die swartes deur die liberale-pers as dit oor en oor bewys is dat hulle nie die posisie as regeerders/bestuurdes volgens ons waardesisteem waardig is en ooit sal kan wees nie. Volgens Afrika-standaarde en persepsies voer hulle die Afrika-bestuurstyl van die land effektief uit en is dit die imperialistiese persepsie wat hulle permanent in n staat van onderprestering plaas. Hierdie “druk” stimuleer telkemale die ingebore haat teenoor die “wit indringer” en die gevolge beleef ons tans daagliks.

Telkens wanneer hierdie veltog van beskuldigings geloods word neem die bloedige aanvalle in velheid toe en iemand se wellus word bevredig in hierdie orgie van bloedvloeiing waarin ons, ons tans bevind. Die swartman is irrelevant in bg. want meestal tree hulle op die ingewing van die oomblik op en dan doen hul soos wat ons tans belewe. Die opdrag is nie “direk” om te gaan moor nie, want die aanstigters weet uit verskeie antropologiese-navorsingswerke dat optredes deur die swartman soos tans die geval in die NSA nie vreemd in hulle aard is nie. Maak hulle kwaad en moord word dan instinktief deel van hul vergeldingsaksies.

Wie trek voordeel uit hierdie gruwelike tydperk waarin die Afrikaner hom tans bevind. Die swartes weet hulle sal soos die res van Afrika ten gronde gaan sonder die witman se bystand maar die “dag vir dag” uitwys van hul foute maak hulle stiksienig en nou moet iemand betaal vir hierdie daaglikse gekerm in hul ore. Tans tree hulle nie teen die Malema-euforie op nie. Die ANC het Malema ook nie geskep nie maar die blanke liberale pers het hom die held onder die swartes gemaak. Bowenal sal die ANC ook nie teen hom optree nie, want hulle glo dat hy tradisioneel voorvadergeestelik ge-inspireer is. (Soos aan my verduidelik deur 'n bejaarde swartman.) Ons etniese uitwissing pas die swartes baie goed maar dit is beslis nie hulle breinkind nie.

Wie word oor die eeue deur soortgelyke perverse bloedvergietende-orgies bevredig?.

Niemand anders as die WIT LIBERALE ELEMENT nie.

Die aanstigters tot hierdie feitlik onomkeerbare situasie het nog nie naastenby bevrediging ontvang in hulle voortslepende dors na Boerebloed nie. Hou gerus dop. Hulle kom met 'n volgende aanslag. Saterdag 10 April se Saterday Star bewys dit weer. Die vonk wat die vorige dag tydens Mnr Terreblanche se begrafnis ,die groot fees van “bloedvloeiing”moes aktiveer, het nie gerealiseer nie. Netso ook nie die Malema-dilemma wat baie noukerig deur hulle uitgedink en bestuur is in vernaam die Afrikaanse dagblaaie nie.

Ons Afrikaners moet leer om hierdie liberale-politieke mantelswaaiers se modus-operandi te identifiseer. Ons moet na dese 'n gevoel van bewuswording aanleer want hierdie elemente tree soos verkleurmannetjies op. Hulle vermoee om te infiltreer, te demoraliseer en te verdeel is uiters effektief en sodoende kan hulle bly teer op ons vergote bloed. Intellektueel en met vernuf moet ons hierdie element se handelinge noukeurig bestudeer om die speelveld gelyk te maak. Hulle identifiseer soms moeilik maar aan die vrot vrugte wat hul dra kan ons hul herken.

Friday, February 5, 2010

Na die pot die ketel verwyt het... .

Deur Herman Toerien - PRAAG

Terwyl Suid-Afrikaners mekaar nog oor gebalde vuiste aangluur en die woorde-oorlog voortduur oor die 2 Februarie-herdenking, kristalliseer die vraag opnuut:

“Ja, maar wat nou?”

Ongelukkig is idees oor wat nou, baie uiteenlopend, nie net onder die land as geheel se inwoners nie, maar ook binne groepsgeledere. LEES VERDER....

Wednesday, January 27, 2010

Verf Pretoria oranje, blanje, blou!


Die ANC se besluit om in openlike konfrontasie met die Afrikanerinwoners en belastingbetalers van Pretoria te tree met sy provokatiewe naamsverandering moet beantwoord word." So sê dr. Dan Roodt van PRAAG, in antwoord op die nuus dat die ANC se ontplooide kaders wat oor die munisipaliteit van Pretoria regeer, beplan om die stad se naam finaal te verander.

Roodt het inwoners van die stad versoek om hulself volgens kieafdelings te organiseer. In elke kiesafdeling moet 'n invividu, groepering, gesin, organisasie of ondergrondse sel verantwoordelikheid aanvaar om te sorg dat die kleure oranje, wit en blou op strategiese plekke aangebring word. Dit kan geverf word, vlae kan gehys word, of dit kan selfs snags met behulp van projektors op geboue en mure geprojekteer word.

"Stel die verbeelding aan bewind, is 'n ou revolusionêre slagspreuk," het Roodt gesê.

PRAAG sal binnekort 'n lys van Pretoriase kiesafdelings op die internet publiseer. "Hierdie is ook 'n gulde geleentheid vir opposisiepartye om hul ondersteuners en partylede op te vorder om insgelyks Pretoria oranje, blanje, blou te verf," meen Roodt. "Dieselfde aktiviste wat aan die verfaksie deelneem, kan aanstaande jaar sorg dat inwoners in groot getalle teen die ANC se onwettige - weens die onreëlmatige afbakening van die stad se grense - oorheersing oor Pretoria stem."

Volgens Roodt veg Afrikaners nie bloot vir die behoud van Pretoria se naam nie. "Dit gaan om veel meer as dit," het hy gesê. "Dit gaan oor ons vryheid, ons menswaardigheid, ons reg op 'n kultuur en 'n voortbestaan in hierdie stukkende, korrupte, misdadige en siek land. Ons sal die ANC beveg met woorde, met begrippe, met verf, selfs met wapens as dit moet. Maar ons kan nie langer toelaat dat ons in ons eie stad en in ons eie gebied deur die besetters vanuit Natal en die Transkei oorheers word nie."

Monday, December 28, 2009

Oorlog is ons voorland (Ongeredigeer)

Die onderstaande ongeredigeerde kommentaar is gelewer deur ene 'Ben' op Jan-Jan Joubert se jongste rubriek in Rapport.

Geskryf deur 'Ben',

Of jy wit of swart is,as jy aan n bad handvatsel vasgemaak word,en dan voor jou familie met n panga doodgekap word is ek seker die goeie reen maak nie veel impak op jou laaste vreesbevange lewens oomblikke. Wie van julle het die reg om te se dat daar baie is om oor positief te wees, as jy in 'n land bly waar die jaar al oor die 19 000 mense op die mees wreedste maniere vermoor, verkrag en blootgestel is aan dierlike behandeling van 'n korrupte regering van verkragters en moordenaars, alkoholiste en gebore korrupte mense? Ek het hierdie vraag al soveel keer gevra.Waar is die kompassie van die Afrikaner? Was enige mens wat hier lees al ooit in daardie laaste wrede,vreesgevulde oomblik? Wat probeer mense soos Freek Robinson doen deur voor te gee daar is rede tot positiwiteit in n land wat op n randjie van n burgeroorlog is? Waar is ndie regering wat hom ten sterkste moet uitspreek oor die moorde en die verkragting van vroue? Is Afrikaans nou ons laaste strooi halmpie en dit n possitiewe ding? In watter sin? Dit terwyl Afrikaans wereldwyd geminag word. Jacob Zuma het nie nodig om aan enige mens verantwoording te doen nie. Hierdie is Afrika,en Afrika was vir die Afrikaner 'n voorbeeld van burgeroorlog, moord en korrupsie. Ek wonder, met al die bewyse op die tafel, wat laat Freek, of enige ander wit joernalis dink hy kan ons vertel dat daar wel positiewe redes vir ons is om nie n oorlog te begin, en terug te vat wat ons gebou het nie. Ons was nog nooit deur n ander nasie oorwin, behalwe deur ons eie verraai nie. Moenie julle verder laat mislei nie.Ek verkondig op my eie 'n oorlog wat aan die kom is. Nie Rapport,of enige regse groepie nie,ek as persoon, want te minste sal die blankes wat so onnodig vermoor word, 'n doel dien, en nie vir niks vermoor word nie. Rapport moet ophou om die Afrikaner te mislei. Rapport is veronderstel om die Afrikaner se mondstuk te wees,en nie ons vyand nie. Ons stel nie werklik in Zille en Patrick Lekota se organisasies belang nie. Ons is n nasie wat haweloos is,en dit is net baie siek mense wat verdere misleiding wil toepas met die tipe stories. Kompassie vir ons eie bou nasionalisme vir ons eie. Afrikaner,hou op om liewer te wees vir ander as jou eie. Ons vyand was altyd wit,en ons moet van die onder ons ontslae raak.

Wednesday, December 2, 2009

Adjunk-President by Menseregtekommissie verkla

Geskryf deur TLU SA

Die Adjunk President, Mnr Kgalema Motlanthe, is by die Menseregtekommissie verkla na aanleiding van sy uitspraak dat talle plaasaanvalle die gevolg is van gebelgde buitelandse werkers wat nie deur boere betaal word nie en dat die wetstoepassers kort voor betaaldag ingeroep word om die werkers te arresteer.

Die president van TLU SA, Mnr Ben Marais sê dat die adjunk president se standpunt nie op bewese feite gegrond is nie en dat dit die klimaat skep vir toenemende aanvalle op boere en hul gesinne en werknemers. Die databasis tot TLU SA se beskikking dui daarop dat die gearresteerdes selde bekend is aan die slagoffers en dat vreemdelinge talle onskuldige slagoffers aanval.

Die klag van TLU SA by die Menseregtekommissie lui as volg:

SUBMISSION

TO THE

SOUTH AFRICAN HUMAN RIGHTS COMMISSION:

HATE SPEECH BY THE DEPUTY PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

INTRODUCTION

The media quoted the Deputy President of the Republic of South Africa, Mr Kgalema Motlanthe on 27 – 30 November 2009 as follows:

"Some of the most brutal farm murders are committed by foreign nationals, who were brutally exploited and made to toil without any remuneration. The day when they demand remuneration, they are reported (by farmers) to the law enforcement units and are duly arrested and are sent back to their countries of origin.

"Of course, they come back and they go back and commit the most horrendous murders. This is why we need to condemn those who take advantage of foreign nationals in this fashion," he said.

(Sibusiso Ngalwa, IOL 30 November 2009)

CHARGE

TAU SA seriously doubts whether the deputy president had any factual proof at his disposal which could form the basis of his accusation. Based on the information in TAU SA’s data base (which includes a detailed list of farm attacks and farm murders), no such information reflects the accusation contained in the deputy president’s statement

As such, the unfounded accusation affects the vast majority of farmers (if not all) not guilty of malpractice but who may become the victims of senseless violent attack and / or murder.

This complies with the specification and prescription in Sec 184 of the South African Constitution, Act 108 of 1996, dealing with the functions of the South African Human Rights Commission and in particular with Sec 184 (2) (b) and (c).

It remains the belief of TAU SA that the deputy president’s statement could incite further violence in retribution for perceived maltreatment of employees, that it advocates hatred of a specific racial and economic group and that it constitutes incitement to do harm. As such it reflects insensitivity and bigotry and consequently implies that farmers are to be despised, scorned, denied respect and made subject to intimidation, ill-treatment and violent crime on the basis of group affiliation.

REQUEST

The Commission is requested to investigate the charge and to make a finding.

Tuesday, December 1, 2009

Chris Louw se dood so tragies soos Verwoerd s'n .


Geskryf deur Dan Roodt -PRAAG,

Die nuus dat Chris Louw vandag dood op sy plasie anderkant die Hartebeestpoortdam aangetref is ná 'n skynbare selfmoord, het vir my persoonlik as 'n geweldige skok gekom. Nie net omdat ek Louw goed geken het nie, maar omdat ek 'n spesiale band met hom gevoel het.

In baie opsigte het ons 'n gedeelde geskiedenis gehad: as rebelle of opstandelinge in die ou Suid-Afrika wat sterk krities teen die destydse Broederbond, Afrikaanse koerante en Nasionale Party was, maar wat toenemend ook deur die huidige bestel ontnugter is. Vandaar die feit dat PRAAG se heel eerste boekpublikasie in 2000 'n uitgawe van die volledige "Ope brief aan Willem de Klerk" was wat Louw destyds aan die broer van FW de Klerk gerig het. Lees meer...

Friday, November 6, 2009

Dissidente moet 'uitgeroei' word

Geskryf deur Dan Roodt - PRAAG

Moontlik is dit toevallig, moontlik nie dat Uhuru Guru, die webmeester van South Africa Sucks, eergister deur 'n polisietaakmag van 28 mense in hegtenis geneem is, so kort ná anonieme en minder anonieme briefskrywers op LitNet hulself skerp teen sy webwerf uitgelaat het en sommige selfs gesuggereer het dat dissidente in Suid-Afrika "uitgeroei" behoort te word:

"Maar een ding is seker, hierdie mense wat SA so afbreek moet van 'n kant af uitgeroei word, dit kan nie so moeilik wees om hulle op te spoor nie, kry Mosad indien nodig, kry Bin Laden, maar boet moet hulle boet.

Hulle is direk verantwoordelik dat kos uit honger kinders se monde gesteel word terwyl hulself blink en vetgevoer rondwriemel soos witwurms te midde van die stront en die opkotsels van hul eie lewens ... en sulke gediertes verdien geen respek, genade, of konsiderasie nie, anything goes, want hulle is sub-mense met absoluut geen respek vir hul medemens nie en die geskiedenis het al dikwels getoon hulle moet STOP gesit word ten alle koste. En daar is net een manier ..."

Rondom middagete eergister het ek 'n telefoonoproep van Uhuru Guru se regsverteenwoordiger gekry, want blykbaar het die blanke Afrikanerpolisiemanne wat soos Veiligheidspolisie uit die "ou skool" van die tagtigerjare gelyk en opgetree het, ook allerlei vrae oor my en praag.co.za gevra. Uhuru Guru het egter geweier om verdere vrae te beantwoord en so waarskynlik veroorsaak dat hy terstond in die selle gesmyt is en agterna letterlik 24 uur in die geselskap van swart moordenaars en rowers moes verkeer. Toe ek gister met hom gepraat het, het hy dit as 'n "minder aangename ervaring" beskry.

PRAAG het gisteroggend 'n redelik volledige berig, Ystervuis teen webwerwe, oor die insident gepubliseer, gegrond op die inligting wat ons op daardie stadium tot ons beskikking het en dis nie nodig om dit hier te herhaal nie. Hoewel Uhuru Guru uit aanhouding vrygelaat is, is 'n volskaalse ondersoek egter nog steeds teen hom aan die gang. Hulle het selfs foto's van die boeke op sy rak geneem, onder andere foto's van boeke wat deur die uwe geskryf is. Waarmee is die polisie besig?

Ongeag wat nou verder gebeur, het hierdie voorval 'n paar dinge gedemonstreer:

Dieselfde Veiligheidspolisietipes wat tydens die sogenaamde "apartheidtyd" die Afrikaner se naam deur die modder gesleep het met hul ondeurdagte hardhandige en soms moorddadige optrede, is steeds aktief. Al verskil is nou werk hulle vir die ANC, pleks van die NP. O ja, die NP onder Marthinus het mos met die ANC saamgesmelt; skielik maak alles sin.
Suid-Afrika is kwalik 'n liberale demokrasie met vryheid van spraak. Nie net beskik die regerende party feitlik oor 'n mediamonopolie nie, met ANC-gesindes wat op die rade en in die bestuur van al die groot mediagroepe, asook natuurlik die SAUK, dien nie, maar op die vooraand van die Sokkerwêreldbeker wil die staat, en natuurlik Fifa, alle dissidensie en kritiek oor misdaad en minderheidsverdrukking in die kiem smoor.
Die staat en sy skaduagtige handlangers wat alles lees wat ons skryf, ons telefone afluister, ons e-posse onderskep, ens., is besig om - soos in die ou Sowjetunie en ander kommunistiese lande - te probeer om alle inligting te beheer en sal ook teen dissidente optree, hulle verdag maak, hulle webwerwe probeer kraak, ens. (Vroeër vanjaar het krakers knaend virusse op PRAAG se webwerwe geplant en het die virusse veroorsaak dat ons tydelik deur Google as 'n "aanvalswebwerf" geklassifiseer is en ons posisies op die soekenjin se ranglyste verloor het. Gelukkig beskik ons oor die tegniese kennnis om die probleem vinnig te kon oplos.)
Die groot ironie is dat van die anonieme en minder anonieme briefskrywers op ander webwerwe in die waan verkeer dat "die Nuwe Suid-Afrika" soveel anders is as die Oue. (Wel, natuurlik het ons nog water en ligte in die Ou Suid-Afrika gehad, anders as Witbank wat van naam verander het en nou reeds drie dae sonder water verkeer, dus is daar reële verskille.) Dieselfde "liberale" mense wat hierdie korrupte, misdadige stelsel wat deur 'n plunderende mafia beheer word, in die naam van "demokrasie" ophemel, pleit sommer in dieselfde asem dat mense soos Uhuru Guru of ek "stilgemaak" - doodgeswyg of erger - moet word. Verstaan sulke mense enigiets van, hetsy demokrasie, hetsy liberalisme? Die idee van "meer as een waarheid" of Voltaire se: "Ek stem nie saam met u nie, maar ek sal u reg om dit te sê tot die dood toe verdedig."

Ek glo nie eintlik al die praatjies oor die sogenaamde ANC-"struggle" wat die ander media vir ons opdis nie, want dis alles met Britse en Sweedse geld, asook opleiding en manipulasie deur vreemde moondhede van buite, gedoen. Soos die Sweedse ambassadeur op 27 April 2004 op RSG gesê het: "Sonder Swede, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie."

Daarteenoor is die stryd wat ons nou voer, geen "Made in England"- of "Made in Sweden"-struggle nie, maar 'n regte egte, inheemse, spontane beweging teen 'n kleptokrasie wat ons kultuur onderdruk en anderpad kyk terwyl ou tannies se vingers met snoeiskêre afgesny word, ons vroue verkrag en ons elke dag afgeslag word.

Thursday, November 5, 2009

Ystervuis teen webwerwe

Geskryf deur verslaggewer - PRAAG

Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse "blogger" Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae 'n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, 'n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied. Lees meer...