Geskryf deur Radio Pretoria
Die jongste gebeure by De Doorns in die Wes-Kaap, waar geweld teen vreemdelinge uitgebreek het, is simptomaties van ‘n sweer vlak onder die oppervlak.
Met Suid-Afrika se werkloosheidskoers, gevoed deur hemelhoë verwagtinge danksy verkiesingsbeloftes, verwag die breë gemeenskap vooruitgang en beter salarisse. Nie om te sien hoe buitelanders bereid is om vir die minimum lone baie hard te werk nie.
Dit is dan ook van die buitelanders se belangrikste verwere: hulle sê Suid-Afrikaners verstaan nie werksetiek nie, en die spaza-bedryf teen wie baie meeding, verstaan nie die konsep van groter wins uit hoër omset nie. Suid-Afrikaners wil glo vinnig ryk word deur maksimale wins per item deur onderlinge prysvaspennings. Dit kom neer op die uitbuiting van die publiek.
Baie buitelanders, veral die Somali’s op die Kaapse Vlakte, leer baie gou Afrikaans aan, anders as die aankomelinge uit die ou Trans- en Ciskei, en doen daarom makliker sake met die honderde duisende Afrikaanssprekendes daar.
Die reaksie van Suid-Afrikaners is dikwels nie om selfondersoek te doen nie, maar om die bakhand- en uitbuitingsindroom te wil verskans – met geweld indien nodig.
Die verdere ironie is dat baie van die vlugtelinge in die land is weens die een of ander vorm van versuim van die regering. By De Doorns is baie van die vlugtelinge Zimbabwiërs, ‘n tragiese gevolg van Suid-Afrika se versuim om in dié rampspoedige potensieel skatryk buurland in te gryp.
Die 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns het na bewering almal werkspermitte – hoe hulle dit reggekry het, is duister.
Talle het in die land gekom deur uiters gebrekkige grensbeveiliging wat hoegenaamd nie tred hou met die omvang van die bedreiging daarvan nie.
Dit is ook nie net vlugtelinge wat die land inkom nie. Uiters gewelddadige Pakistanse misdaadsindikate, Nigeriese dwelm- en prostitusiebase, en vele meer haal gereeld die nuus.
Dit is moeilik om te bepaal hoeveel mense die land onwettig binnegekom het. Selfoonverkoopsyfers dui aan dat heelwat meer selfone besit en gebruik word as die aantal mense wat amptelik in die land woon en normaalweg toegang daartoe behoort te hê. Syfers van etlike miljoen instromelinge word gereeld genoem, heelwat meer as die amptelike werkloosheidskoers.
Ervaring in die verlede leer dat geweld in een gemeenskap dikwels ‘n domino-effek deur die land het. Die land hou nou asem op.
Om bloot vir die bevolking te preek om nie vreemdelinge te haat nie, beteken dadels. Selfs protesoptredes teen ander sake soos swak dienslewering wat in geweld ontaard, is potensieel gevaarlik vir buitelanders in die omgewing. Hulle word in redelose woede geteiken.
Die vraag is, wanneer gaan witmense ook die teiken van daardie geweld word. Ten minste is dit broers wat uit Zimbabwe kom – baie nader familie as wit Afrikaanssprekendes wat nou nog die skuld kry vir alles wat verkeerd gaan. Politici se uitlatings, beleid soos affirmative action, verandering van name, miskenning van Afrikaans... al die dinge maak van ons vreemdelinge in ons eie land. Hoe lank gaan dit wees voor die visier van vreemdelingehaat na witmense draai?
Dit is net die regering wat die kultuur kan verander.

No comments:
Post a Comment