Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, November 5, 2009

Verdere gedagtes oor 'n Afrikanersekerheidsmag

Ek het in ‘n vorige bloginskrywing die noodsaaklikheid van ‘n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van ‘n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging nie.

1. Missie

Dit was ‘n aantal jaar gelede hoogmode vir maatskappye om pragtige, geraamde missiestellings in hul voorportale aan te bring, wat in hogere terme praat van edele ideale wat die maatskappy nastreef. Die missie van die Afrikanersekerheidsmag is egter meer beskeie: dis eenvoudig om Afrikaners teen geweld en misdaad te beskerm, en om woongebiede wat deur Afrikaners bewoon word, te beveilig.

2. Openlikheid en wetsgehoorsaamheid

Die grondbeginsel behoort te wees dat die Afrikanersekerheidsmag nie die landswette self mag verbreek nie. In teenstelling met baie van diegene waarmee Afrikaners ‘n grondgebied deel, is die oorweldigende meerderheid Afrikaners wetsgehoorsame burgers.

Ek het persoonlik geen behoefte om in konflik te kom met die fundamenteel-korrupte Azaniese regstelsel nie, want geen Afrikaner kan ‘n regverdige verhoor voor ‘n “regter” soos Nkola Motata te wagte wees nie, laat staan nog om in ‘n Azaniese tronk te wil beland.

Enige lid wat wel die wet verbreek, behoort onmiddelik geskors te word en van sy konsessie ontneem word. Geen persoon mag voorts ‘n konsessiehouer of werknemer wees van ‘n konsessie as hy ‘n kriminele rekord het nie. (Meer oor konsessies hieronder.)

Tweedens moet die Afrikanersekerheidsmag openlik en sonder enige geheimhouding bedryf word. Ek stel beslis nie ‘n privaatweermag met enige verskuilde agenda in die vooruitsig nie – dit is ‘n wetsgehoorsame sekerheidsmag om Afrikaners en ander blankes te beveilig teen die groot gevare inherent aan Suid-Afrika.

3. Raad van trustees

Ek sou voorstel dat die Afrikanersekerheidswag ‘n raad van trustees behoort te hê, wat beleid formuleer en sorg dat daar goeie korporatiewe bestuur plaasvind. Voormalige polisie- of weermagoffisiere of diegene met kundigheid in die sekerheidsbedryf sou die aangewese persone wees om op die raad te dien.

4. Samewerking met ander organisasies

Daar is reeds bestaande organisasies wat buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums en burgerlike organisasies soos Afriforum insluit, waarmee daar natuurlike sinergie is. Die Afrikanersekerheidsmag behoort as ‘n saak van beginsel alles in sy vermoë te doen om met hierdie organisasies saam te werk.

5. Konsessies (“franchises”)

Die Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening op ‘n konsessiegrondslag te werk. Die grootte van die gebied wat aan ‘n konsessiehouer toegeken word, moet deur die aantal Afrikaners in die gebied bepaal word. Daar is 287 munisipaliteite in Suid-Afrika. Kleiner munisipaliteite sal waarskynlik slegs een konsessie lewensvatbaar maak, maar groter munisipaliteite en die metro-areas sal beslis meer as een konsessie elk moet bevat.

Konsessiehouers sal hulle eie motors en vuurwapens moet verskaf.

Die betaling aan konsessiehouers behoort te geskied op grond van die aantal intekenare in die konsessiehouer se geografiese gebied. Dit is die konsessiehouer se plig om intekenare te werf. Hoe meer intekenare die konsessiehouer kan werf, hoe groter sy inkomste. Die sentrale administrasie hieronder genoem, sal die administratiewe deel hanteer en uitbetalings aan die konsessiehouers maak. Die tipiese maandelikse fooi in ‘n stedelike gebied vir gewapende reaksiemagte is sowat R300-R400 per maand. As ‘n persentasie van hierdie bedrag verhaal word vir administratiewe kostes, bied 50 intekenare in ‘n gebied steeds ‘n goeie maandelikse inkomste.

Om dit so maklik as moontlik te maak vir arm en werklose Afrikaners om ‘n konsessie op die been te bring, behoort daar na my mening die minimumonkoste te wees om ‘n konsessie te verkry. Die konsessiehouers behoort slegs vir hulle uniforms, moontlik plakkers vir hulle motors en opleiding te betaal.

6. Opleiding

Konsessiehouers moet verpligte opleiding ondergaan alvorens hulle begin met hulle werksaamhede, en ook ‘n eksamen en praktiese toets aflê. Daar is reeds selfverdedigings- en skietkursusse wat deur lede van die TLU aangebied word, maar hierdie opleiding sal aangepas moet word om te voldoen aan die vereistes van stedelike beveiliging. Elke lid van elke konsessie sal ook die statutêre Sekerheidsoffisiereraad (Security Officer’s Board) se eksamen moet aflê.

7. Personeelbeleid

Lidmaatskap moet beperk word tot diegene wat tans benadeel word deur die ANC regime se rassistiese wetgewing, en veral Afrikaners. (Ek sou persoonlik Engelssprekende blankes wat wou deelneem, ook toelaat.) Dié beleid kom as’t ware neer op regstellende aksie in trurat – ten bate van Afrikaners wat aan die ontvangkant is van die ANC se skreiende diskriminasie teen ons.

8. Sentrale administrasie

‘n Sentrale administratiewe funksie moet geskep word, om byvoorbeeld intekenare te registreer, uitbetalings aan konsessiehouers te maak en om die inbelsentrum te beman. Sy bedrywighede moet befonds word deur ‘n persentasie van die intekenare se maandelikse intekengelde.

Daar moet ‘n 24×7 inbelsentrum wees, verkieslik met ‘n tolvrye, nasionale nommer. Die beheerkamer ontvang noodoproepe en verwittig die toepaslike konsessiehouer van die noodgeval per selfoon of na sy landlyn toe.

Ten slotte: Soos ek hierbo aangedui het, is ek geen kenner op die gebied van polisiëring of beveiliging nie. Ek is oortuig daarvan daar is mense wat die Afrikanersekerheidsmag veel beter sal kan struktureer as my lekepoging, maar weer eens sou ek persoonlik veel eerder my R400 per maand per debietorder betaal vir beveiliging as ek weet dat dit Afrikaners is wat my buurt patrolleer.

No comments:

Post a Comment