Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Volksmoord. Show all posts
Showing posts with label Volksmoord. Show all posts

Monday, September 27, 2010

Clive Derby-Lewis word in die tronk mishandel

deur PRAAG,

Clive Derby-Lewis kan nog steeds nie uit die hospitaal ontslaan word nie, ongeag die verbete stryd deur ses dokters om sy gesondheid te verbeter.

Volgens sy prokureur, mnr. Marius Coertze, is Derby-Lewis op Maandag 20 September in die hospitaal opgeneem as gevolg van ‘n akute toestand van gangreen in sy regteronderbeen. Lees verder...

Wednesday, August 11, 2010

Hondjies gaan lê op vrou ná houe

deur Marietie Louw-Carstens - Beeld,
Drie van mev. Chrissie Harmzen (70) se Jack Russell-hondjies het bo-op haar geklim en by haar gewaak nadat sy Vrydagoggend so erg op ’n plaas buite Burgersfort in Limpopo aangerand is dat sy later die dag aan haar beserings dood is. Lees verder...

Monday, August 9, 2010

‘Ek het R30,’ sê 7-jarige vir aanvaller

deur Hilda Fourie - Beeld,
’n Pretoriase ma het kort voordat sy verkrag en met ’n tuinvurk aangerand is, vir haar sewejarige seuntjie gesê om sy baba-worshond styf vas te hou en ’n kombers oor sy kop te trek.
Die seuntjie het die aanvallers R30 uit sy beursie aangebied toe hulle geld geëis het. Lees verder...

Saturday, August 7, 2010

Onreg teenoor kinders

deur Radio Pretoria,
“God vergewe ons baie dinge, maar hy vergeef ons nie die onreg wat ons ‘n kind aandoen nie”. Hierdie is die woorde van Fiela Komoeti, fiktiewe karakter in Daleen Matthee se roman, Fiela se Kind.

Ons volk het sy deel kinderhelde opgelewer. Die bekendstes is Dirkie Uys, Rachel de Beer en Japie Greyling. Dan is daar nog die duisende ongenoemdes wat in die Britse moordkampe gesterf het tydens die Engelse oorlog, aan die einde van die negentiende eeu. Lees verder...

Huisrowers verkrag meisie en vrou

'n Twaalfjarige meisie en 23-jarige vrou is verkrag en die hele gesin aangerand in 'n huisrooftog in Welkom Donderdagaand. Lees verder...

‘Pappa, hulle het Mamma geskiet’

deur Hilda Fourie,
’n Ma is voor haar twee jong kinders doodgeskiet toe sy verbete baklei het om haar voordeur vir rowers toe te hou.
Die koeël het deur ’n glasvenster in die deur getrek en mev. Riana Schoeman van Cullinan in die bors getref.  Lees verder...

Saturday, July 24, 2010

‘Dit raak nou net te rof’ ná 2de aanval


Jana van der Merwe Bethlehem. – Hy het in sy eie bloed gelê en voorgegee hy is dood.
Nadat sy aanvallers weg is, het hy die 150 m na sy plaaswerkers se wonings gestrompel om hulp te soek, het mnr. Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank, naby Bethlehem, vertel nadat hy eergisteraand die tweede keer vanjaar in sy plaashuis aangeval is.Lees verder...

Friday, July 23, 2010

Bagasie

‘n Ouer, wit persoon wat werk soek het moontlik ál die ondervinding en kundigheid waarvan ‘n werkgewer maar net kan droom, maar hy het nog iets...bagasie. Elke persoon doen in sy lewe bagasie op, wat soos ‘n blok aan sy been hang. Die hartseer is dat van hierdie bagasie op grond van kwaadwillige bewerings bekom is, en dat die draer daarvan geen aandeel daaraan het nie. Soms is dit, soos die ou mense dit stel, sy politiek wat teen hom tel. Lees meer...

Friday, July 16, 2010

Polisie gerapporteer oor plaasaanvallers los kom

Geskryf deur TLU SA, 

Na aanleiding van die voorval op Hartswater, waar ses vermeende plaasaanvallers vrygelaat is omdat die polisie skynbaar nie hulle ondersoek behoorlik uitgevoer het nie, het TLU SA die volgende skrywe aan die Onafhanklike Klagte Direktoraat gerig waarin ondersoek in die saak geëis word:  Lees verder...

Wednesday, July 14, 2010

Dís hoe ’n mens voel as jy sterf’

Hilda Fourie

Nadat ’n Pretoriase man tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is, het hy plat op sy gesig geval en kon hy nie eens ’n pinkie verroer nie.

Al wat mnr. Rudolph Terblanche (47) om hom kon hoor, was gille, smeke en skote.

Terblanche is verlam gelaat ná die aanval sowat ’n maand gelede in sy huis op ’n kleinhoewe in Willowbray, in die ooste van Pretoria. Lees verder...

Monday, July 12, 2010

Misdaad het kleur

Hoewel die onderstaande skokkende artikel in Beeld, soos gewoonlik ras uit die storie probeer hou weet ons almal hoe die barbare lyk wat sulke dinge aanvang:

Twee vroue van Sun City Village naby KwaMhlanga in Mpumalanga het op dieselfde tyd die naweek onder onverwante voorvalle van geweldmisdaad deurgeloop.
’n Vrou (22) en haar kêrel (23) is eergister omstreeks 19:00 op pad huis toe deur drie gewapende mans oorval en na ’n verlate huis geneem. Lees verder...

Friday, July 9, 2010

Hoekom Onttrek

Skrywer: Gustav Müller

Wat belangrik is, is dat mense die hele idee van onttrek sal verstaan! Want daar is baie mense wat skepties na hierdie idee (vir verskeie redes) kyk, bloot omdat hulle die geheel prent nie verstaan nie! Baie mense se visuele hiervan, is dat hulle hierdie duisende mense “sien” wat onttrek, om net nadat niks gebeur het nie, terug te keer met `n rooi gesig, hul werke verloor ens. So `n aksie dan die vernedering en vernietiging van die Suidlanders tot gevolg he! Lees verder...

Sunday, June 27, 2010

Swartsmeer veldtog word beplan…

deur Gustav Muller,
As gevolg van ons landswye gevestigde inligtingsstelsel, is daar gerapporteer dat daar joernaliste is wat rondbeweeg en n swartsmeer veldtog teen ons Suidlanders bymekaar begin sit om dit binnekort van stapel te stuur!
Dis egter niks nuuts nie, behalwe al die skinderstories (Mat 5:11) wat u weet maar van tyd tot tyd versprei word, sal daar nou op n hoer vlak meer profesioneel n aanslag kom! Lees verder...

Wednesday, June 23, 2010

Thursday, June 3, 2010

Vier vas nadat pa vermoor, dogters verkrag is

deur André Damons en Sonja van Buul,
Vier Mosambiekers is in hegtenis geneem ná die moord op ’n man van Meyerton wie se twee dogters van 16 en 18 daarna herhaaldelik deur hul pa se moordenaars verkrag is. Lees meer...

Sunday, May 30, 2010

Watter grusaamheid moet ons nog alles in hierdie land beleef?

deur Kallie van Vanderbijlpark,
Die hoofopskrif in Beeld van 28 Mei, “Boer leef toe bakkie hom sleep”, het betrekking.

Dit was ’n lieflike wintersdag vandag. Die son was besig om die aarde te groet, maar in my hart is daar ’n groot weemoedigheid. Lees verder...

Friday, May 21, 2010

'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger

deur Vlad du Plessis,

Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?

Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders? Lees verder...

Monday, May 17, 2010

ANC berei voor vir oorlog

deur Vlad du Plessis,

Geruime tyd reeds word ‘n verskuilde volksmoord deur die ANC regime teen Afrikaners en meer spesifiek die landbou gemeenskap gevoer. Wat nog steeds deur die regime as ‘misdaad’ getipeer word, is ‘n kruipende volksmoord wat deur die onthouding van daadwerklike polisiëring en die konstante verguising van boere aangemoedig word.

Haatspraak word alreeds jare lank op subtiele sowel as blatante wyse deur die regime se funksionarisse veral op die SABC en ander radiostasies gepleeg. Die gedrukte media doen ook hieraan mee. Selfs die Afrikaanse Naspers is ‘n sterk aanvoerder van Afrikanerhaat, soveel so dat Rapport nie eens die naweek se anti-volksmoord optogte in Londen vermeld nie. Via verskeie propaganda kanale is die regime se boodskap aan die swart massas duidelik: “Daar is die vyand, val hulle aan en maak dood.”
Die beëindiging van die Kommandostelsel was ‘n doelbewuste poging om boere weerloos te laat. Die sogenaamde sektorpolisiëring is niks anders as ‘n foefie wat geen veiligheid vir die boere gebring het nie.

Uiteindelik het die regime so ver gegaan as om Afrikaners te probeer ontwapen. Te midde die hoe getalle moorde, martelings, verkragtings en aanrandings was dit van die begin af duidelik dat hierdie ontwapening ‘n sinistere agenda dien. Gelukkig het vele Afrikaners, met sukses, alles in hul vermoë gedoen om nie ontwapen te word nie.

Sedert Julius Malema sy moordliedjies begin sing het, het moorde op Afrikaners radikaal ge-eskaleer. Dat die ANC geensins van plan is om Malema te dissiplineer het geblyk uit die pap hantering van hierdie saak, laas week, deur ‘n ANC-‘dissiplinêre’-kommittee. Die ANC is nie bereid om die jong belhamel, wat reeds meer invloed as Jacob Zuma het, op die vingers te tik nie. Waarskynlik verwoord Malema wat meeste ANC ampsdraers voel, maar nie die moed het om te se nie.

Ten minste een hoë ANC ampsbekleër, die minister van polisie, het twee weke terug soortgelyke skokkende geluide as Malema gemaak. Die minister het swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees en hulle selfs aangepor om moorddadig op te tree. In ‘n angswekkende ontwikkeling het die minister van verdediging slegs ‘n week later die ANC jeugliga en die Jong Kommuniste uitgenooi vir militêre opleiding. Geen soortgelyke uitnodiging is aan die jeugligas van ander politieke partye gerig nie. Die klaarblyklike doel is om swart jeugdiges militêr op te lei en van gevegswaardigheid te voorsien. Die implikasies laat mens ril en vir enige regdenkende Afrikaner behoort al die waarskuwingsligte aan te gaan.

Intussen word daar toegeslaan op regse Afrikaners. ‘n Groepie jong Afrikaners wat die graf van ‘n ANC diplomaat geskend het is vir ‘beoogde terrorisme’ gearresteer en dit blyk asof onwettige wapens selfs op hulle geplant is. Die arme jong Afrikaners is reeds deur die SAPD se skurke aangerand en ten minste twee is gesodomiseer. Hierdie is ‘n duidelike skrikbewind om Afrikaner dissidente te intimideer. Die betrokke Afrikaner jeugdiges sal na verwagting gemartel word om op alle aanklagte skuld te erken. Dit alles speel af terwyl die swartpubliek buite die hof plakkate wat om oorlog ('War') roep omhoog gehou het.

Afrikaners sal egter nie op hierdie manier geboelie word nie. Wat die ervaring wel vir ons weereens getoon het is dat Afrikaners nie ondeurdag moet optree nie. Afrikaners moet hulself binne die bestaande goed georganiseerde organisasies mobiliseer. Eerder as om onverantwoordelikhede in isolasie aan te vang moet Afrikaners aansluit by gedissiplineerde en effektiewe organisasies soos TLU SA Veiligheid, die Kommandokorps en die Suidlanders. Die regime sal nie maklik aan hierdie organisasies raak nie, want sulke optrede sal verseker tot oorlog lei. Afrikaners moenie onwettig optree nie. Ons moet binne hierdie sterk organisasies, wat deeglike bevelstrukture het, onsself voorberei vir die eskalerende volksmoord.
Genocide Watch is reeds in die proses om ons volksmoord status te opgradeer na ‘n hoër vlak. Die internasionale gemeenskap erken dus toenemend dat daar ‘n groeiende volksmoord in SA aan die gang is.

Ons moet binne die wet optree en onsself as deel van die bovermelde organisasies gedissiplineerd organiseer. Ons moet onsself oplei en tot die tande bewapen. Die ANC berei voor om een bloedige geweldspasme na ons te bring. Dit is duidelik dat die ANC dit tot op hul hoogste vlakke begeer.

Friday, May 7, 2010

Regime verskerp aanslag op Afrikaners

Deur Vlad du Plessis,
Omtrent twee weke gelede het Dan Roodt gewaarsku dat die polisie op sogenaamde regses met klopjagte sal toeslaan. Gister het dit begin. In wat blyk om ‘n georkestreerde smeer en onderdrukkingskomplot te wees word Afrikaners landwyd wild en wakker deur die regime se polisieskurke geteister. Dit blyk dat mense valslik daarvan beskuldig word dat hulle terreurplanne beraam. Verder blyk dit dat die skurke van die SAPD ook valse getuienis en wapens op die sogenaamde ‘verdagtes’ plant.

Perspektief wil Afrikaners aanmoedig om nie die wet te oortree nie, maar om terselfdertyd nie op te hou om hulself tot die tande te bewapen en voor te berei vir die oorlog wat die regime na ons bring nie. Ons moet nie die wet oortree nie en ook nie ‘n oorlog begin nie, maar die regime het reeds ‘n laegraadse volksmoord op ons begin pleeg. Terwyl ‘skiet die boere’ liedjies onverpoosd op ANC en COSATU saamtrekke gesing word neem moorde en aanvalle op ons mense net toe. Ons kan nie nou geïntimideer word deur die skurkpolisiediens se pogings om ons te onderdruk nie.

Vroeër hierdie week het die einste minister van polisie, wat ons wil ontwapen en die skrik op die lyf probeer jaag, swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees. Hy het gesinspeel dat dit in orde is om mense vir rewolusionêre doeleindes te moor, aangesien ook Nelson Mandela eens sulke planne gesmee het. In sy woorde: "Die belangrikste ding is dat wanneer daar 'n oorlog te voer is in 'n revolusionêre situasie, moet die jeug aan die voorpunt van die situasie wees. Hy het dit verder goedgepraat deur te sê: "Resha was militant tot op die punt dat hy oproepe gedoen het om mense te vermoor." Hierdie woorde spreek boekdele.

Terwyl die regime weier om TLU oor die krisis wat in die land aan die opbou is toe te spreek en moorde deur swartes op Afrikaners eskaleer, is Genocide Watch intussen besig om SA se volksmoord gradering te hersien. Tans oorweeg Genocide Watch International om ons op te gradeer van vlak vyf na vlak ses. Dit is hoër as lande soos Irak en Iran. Op vlak sewe volg volskaalse uitwissing van die minderheid/onderdrukte volk. Vlak agt gaan oor ontkenning, deur die regime, oor wat gebeur het.

Afrikaners is dus op die vooraand van vlak sewe. Dit is elke Afrikaner se plig om hom- of haarself voor te berei nie net vir die huidige geweld nie, maar ook ingeval vlak sewe (totale uitwissing) volg. Sommige regse rubriekskrywers beweer die kanse vir so ‘n eskalasie is gering. Ek verskil hiermee. Een van die eienskappe van vlak sewe is dat dit skielik en sonder duidelike waarskuwing aanbreek. Oral in die wêreld waar dit plaasgevind het, het selfs die slagoffervolk ontken dat dit sou gebeur.

Genocide Watch verwys na die oortreders as ‘Black Racists’ en die slagoffers as ‘Boers’ (etniese Afrikaners). Selfs die internasionale gemeenskap erken dus nou dat hier ‘n rassemoord aan die gang is. Ons het ‘n regering wat ‘n Rwanda tipe volksmoord op ons probeer aanhits. Ons moet dus paraat, opgelei en bewapen wees. Perspektief moedig weer Afrikaners aan om by TLU SA Veiligheid, die Kommandokorps of die Suidlanders aan te sluit. Die oorlog is op pad en u mag nie onverhoeds betrap word nie.

Friday, April 30, 2010

Gedagtes oor ‘n volksraad en veiligheidsstrategie

deur Anton Barnard - Samizdat
Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Lees verder...