Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, July 21, 2009

Is huidige onluste die voorspel tot revolusie?

Afrikaner perspektief: PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt

Iets merkwaardigs is op die oomblik besig om in Suid-Afrika te gebeur. Vir die eerste keer in dekades vind skynbaar spontane onluste onder die swart bevolking in hul woonbuurtes plaas. Ons moet onthou dat vorige onrusepisodes, in die sewentiger- en tagtigerjare onder die vorige bewind, met honderde miljoene dollar vanuit die buiteland aangestook is.

Trouens, in Suid-Afrika is iets soos "spontane onluste" eintlik 'n non sequitur. Maar tensy die Sweedse regering, die Anglikaanse kerk, Wêreldraad van Kerke of die Britse of Amerikaanse geheime diens soos in die verlede weer besig is om opstand teen die regering aan te blaas, vind daar vandag iets baie ongewoons plaas. Swartmense betoog en pleeg openbare geweld uit protes, nie omdat hulle ideologies vanuit Londen of Stockholm gemotiveer en - belangriker - befonds word nie, maar vanself! Lees meer...

No comments:

Post a Comment