Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, July 21, 2009

Taakspan oor Etniese Suiwering


TLU SA het kennis geneem van die daarstelling van ’n taakspan om beweerde “vergrype” op plase in die Noordwes Provinsie op aandrang van Cosatu se Solly Phetoe, te ondersoek.

Die president van TLU SA, mnr. Ben Marais, sê in reaksie hierop dat Phetoe tot dusver met geen konkrete beskuldigings na vore kon kom nie, en dat hierdie taakspan aangestel is op grond van gerugte wat eintlik as hoorsê beoordeel sou kon word.

“Daarteenoor word boere gedurigdeur vermoor, en daar word weinig, indien enigiets, vanaf die regering of Cosatu, daaroor verneem. In die jongste geval het ’n boewebende van vier die weerlose 83-jarige mev. Margaret Mynhardt van Hartswater aangeval en gruwelik aangerand, tot so ’n mate dat hulle intimidasie haar van haar plaas verwilder het en sy nie daarheen wil terugkeer nie. Verlede week is mnr. Piet van den Berg by Cullinan koelbloedig vermoor, en as sy vrou nie betyds ontsnap het nie, sou sy omgekom het in die huis wat die moordenaars aan die brand gesteek het. Vroeër die week het aspirant-moordenaars se patrone vasgeslaan in ’n kinderstoeltjie in ’n motor. As dit die manier is waarop daar jag gemaak word op ons mense, waarom word daar nie ’n taakspan aangestel om hierdie sake te ondersoek nie?” vra mnr. Marais.

“TLU SA het dit voorheen gesê en hy sê dit weer: hier is ’n proses van etniese suiwering aan die gang en dit word hoog tyd dat die regering hierdie saak moet ondersoek, en ’n taakspan daaroor aanwys, in plaas daarvan om hulle elke keer byna dood te skrik as Phetoe met sy wilde stellings vorendag kom.

No comments:

Post a Comment