Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, May 17, 2010

ANC berei voor vir oorlog

deur Vlad du Plessis,

Geruime tyd reeds word ‘n verskuilde volksmoord deur die ANC regime teen Afrikaners en meer spesifiek die landbou gemeenskap gevoer. Wat nog steeds deur die regime as ‘misdaad’ getipeer word, is ‘n kruipende volksmoord wat deur die onthouding van daadwerklike polisiëring en die konstante verguising van boere aangemoedig word.

Haatspraak word alreeds jare lank op subtiele sowel as blatante wyse deur die regime se funksionarisse veral op die SABC en ander radiostasies gepleeg. Die gedrukte media doen ook hieraan mee. Selfs die Afrikaanse Naspers is ‘n sterk aanvoerder van Afrikanerhaat, soveel so dat Rapport nie eens die naweek se anti-volksmoord optogte in Londen vermeld nie. Via verskeie propaganda kanale is die regime se boodskap aan die swart massas duidelik: “Daar is die vyand, val hulle aan en maak dood.”
Die beëindiging van die Kommandostelsel was ‘n doelbewuste poging om boere weerloos te laat. Die sogenaamde sektorpolisiëring is niks anders as ‘n foefie wat geen veiligheid vir die boere gebring het nie.

Uiteindelik het die regime so ver gegaan as om Afrikaners te probeer ontwapen. Te midde die hoe getalle moorde, martelings, verkragtings en aanrandings was dit van die begin af duidelik dat hierdie ontwapening ‘n sinistere agenda dien. Gelukkig het vele Afrikaners, met sukses, alles in hul vermoë gedoen om nie ontwapen te word nie.

Sedert Julius Malema sy moordliedjies begin sing het, het moorde op Afrikaners radikaal ge-eskaleer. Dat die ANC geensins van plan is om Malema te dissiplineer het geblyk uit die pap hantering van hierdie saak, laas week, deur ‘n ANC-‘dissiplinêre’-kommittee. Die ANC is nie bereid om die jong belhamel, wat reeds meer invloed as Jacob Zuma het, op die vingers te tik nie. Waarskynlik verwoord Malema wat meeste ANC ampsdraers voel, maar nie die moed het om te se nie.

Ten minste een hoë ANC ampsbekleër, die minister van polisie, het twee weke terug soortgelyke skokkende geluide as Malema gemaak. Die minister het swart jeugdiges aangemoedig om militant te wees en hulle selfs aangepor om moorddadig op te tree. In ‘n angswekkende ontwikkeling het die minister van verdediging slegs ‘n week later die ANC jeugliga en die Jong Kommuniste uitgenooi vir militêre opleiding. Geen soortgelyke uitnodiging is aan die jeugligas van ander politieke partye gerig nie. Die klaarblyklike doel is om swart jeugdiges militêr op te lei en van gevegswaardigheid te voorsien. Die implikasies laat mens ril en vir enige regdenkende Afrikaner behoort al die waarskuwingsligte aan te gaan.

Intussen word daar toegeslaan op regse Afrikaners. ‘n Groepie jong Afrikaners wat die graf van ‘n ANC diplomaat geskend het is vir ‘beoogde terrorisme’ gearresteer en dit blyk asof onwettige wapens selfs op hulle geplant is. Die arme jong Afrikaners is reeds deur die SAPD se skurke aangerand en ten minste twee is gesodomiseer. Hierdie is ‘n duidelike skrikbewind om Afrikaner dissidente te intimideer. Die betrokke Afrikaner jeugdiges sal na verwagting gemartel word om op alle aanklagte skuld te erken. Dit alles speel af terwyl die swartpubliek buite die hof plakkate wat om oorlog ('War') roep omhoog gehou het.

Afrikaners sal egter nie op hierdie manier geboelie word nie. Wat die ervaring wel vir ons weereens getoon het is dat Afrikaners nie ondeurdag moet optree nie. Afrikaners moet hulself binne die bestaande goed georganiseerde organisasies mobiliseer. Eerder as om onverantwoordelikhede in isolasie aan te vang moet Afrikaners aansluit by gedissiplineerde en effektiewe organisasies soos TLU SA Veiligheid, die Kommandokorps en die Suidlanders. Die regime sal nie maklik aan hierdie organisasies raak nie, want sulke optrede sal verseker tot oorlog lei. Afrikaners moenie onwettig optree nie. Ons moet binne hierdie sterk organisasies, wat deeglike bevelstrukture het, onsself voorberei vir die eskalerende volksmoord.
Genocide Watch is reeds in die proses om ons volksmoord status te opgradeer na ‘n hoër vlak. Die internasionale gemeenskap erken dus toenemend dat daar ‘n groeiende volksmoord in SA aan die gang is.

Ons moet binne die wet optree en onsself as deel van die bovermelde organisasies gedissiplineerd organiseer. Ons moet onsself oplei en tot die tande bewapen. Die ANC berei voor om een bloedige geweldspasme na ons te bring. Dit is duidelik dat die ANC dit tot op hul hoogste vlakke begeer.

No comments:

Post a Comment