Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Rewolusie. Show all posts
Showing posts with label Rewolusie. Show all posts

Saturday, July 16, 2011

Mandela keer terug na Qunu

deur Gustav Müller,
“Mandela arrived on a military medical aircraft at the Mthatha Airport just after 2.30pm, to a reception that included a motorcade consisting of traffic authority vehicles, police and VIP protection unit members and ambulances. Security was tight at the airport with security barring anyone from taking pictures “for security reasons” Lees verder...
Nog uit hierdie bron:

Thursday, July 14, 2011

Whites train to ‘defend’

by De Wet Potgieter
Young white South Africans are taking part in secret military training exercises on farms across the country, as part of an effort to defend themselves against “crime and bloodshed”.

Over weekends and during school holidays, about 1000 young whites go into the bush for boot camps, where border war veterans train them in parade ground drill, handling of firearms and self-defence. Read further...

Saturday, July 9, 2011

Afrikaner plot-dwellers hunted by gangs

Farm-land invaded, cattle-mutilations in Hartbeespoort, Kosmos and Lanseria
People are warned to stock up with food, water and petrol countrywide because of the very aggressive strike by some 250,000 workers horrific chaos countrywide. Read further...

Ons sal oorleef!

deur Gustav Muller,
Die liberales maak soveel foute! Eers het hulle vir ons `n pragtige Nuwe Suid-Afrika geskets en nou dat dit in alle opsigte `n mislukking is en hul die reuk van revolusie begin kry dink hulle dit is die einde van ons Boervolk?  Lees verder...
Nog uit hierdie bron:

Friday, July 8, 2011

Staar Suid-Afrika revolusie in die gesig?

deur Dan Roodt,
Beste mede-Afrikaner,
Sedert 1994 en selfs daarvoor, het die hoofstroommedia in Suid-Afrika nog altyd die blanke en Afrikanerbevolking probeer sus deur radikale uitsprake van ANC-lede oor revolusie en grondhervorming as "blote praatjies" af te maak. In sommige kringe is daar selfs oor die hamer-en-sekel as 'n soort modebykomstigheid gegiggel. Lees verder...

Monday, February 1, 2010

Gepeupel bewonder hul swartonderdrukkers

Deur Dirk Uys,

Gaan die Suid-Afrikaanse massas, nou, of in die nabye toekoms, wraak neem? Dit is die vraag wat by my opkom terwyl ek vanoggend na die Mail & Guardian se webtuiste kyk.

Daar is eerstens ’n berig oor Siphiwe Nyanda, voormalige hoof van die weermag en tans minister van kommunikasie-aangeleenthede. Die geagte minister besit 50% aandele in ’n maatskappy wat kontrakte met nie minder nie as vyf regeringsinstansies aangegaan het:Transnet se spoorvragafdeling, Metrorail, Autopax (die staatbusfirma), asook twee kontrakte met die Gautengse provinisiale regering.

Nyanda se maatskappy, GNS (General Nyanda Security) Risk Advisory Services (Pty) Ltd, was in 2009 in die nuus toe dit bekend geword het dat Siyabonga Gama, as hoof van Transnet se spoorvragafdeling, ’n tender van R55 miljoen aan GNS toegestaan het, sonder dat die korrekte tenderprosedures gevolg is. Toe Gama later in die moeilikheid beland het hieroor en deur Transnet geskors is, het Nyanda hom in die openbaar verdedig en verontwaardigde vergelykings getref met Jacob Zuma en die sogenaamde heksejag teen die huidige president.

In haar Mail & Guardian-rubriek skryf Nikiwe Biktisha vandeesweek oor die fenomeen van die ryk swart juppie. Sy verwys onder andere na die partytjie wat presidensiële woordvoerder, Zizi Kodwa, onlangs by ’n duur restaurant in Sandton gehou het. Die tema van die funksie was “style and fabulous glam.”

Sy gaan voort om haar mede-juppies se materialisme soos volg te kritiseer:

“The shoes and shirts are not a symbol of our discerning style or taste. They are bought and worn merely to display to those around us that we've arrived. What success is being measured, though? Is it many years of working with dogged determination at a profession? Does the success come about as a result of someone having created, built or invented something? Chances are it's not.

Research shows us that South Africa has surpassed Brazil as the most unequal society in the world. So while the shoes get pointier and shirt collars longer, the number of people with no schooling, no shirts on their backs and no shoes on their feet is growing exponentially. They will make us pay the price.”

Nou wonder ek net of sy hoegenaamd ’n punt beet het. Hier langs ons in Zimbabwe beproef Robert Mugabe al sedert 1980 sy lankmoedige burgers se geduld. Hy het in die tagtigerjare 20 000 Matabeles laat uitmoor. Verder het hy die afgelope dekade die land se landbousektor skouspelagtig in duie laat stort.

Wat uit ’n Westerse standpunt verstommend is, is dat daar nog geen opstand teen hierdie gek despoot was nie! Zimbabwiërs het letterlik nie meer kos om te eet nie, maar steeds bly Mugabe stewig in die saal en voer hy en sy vrou Grace ’n weelderige lewe waarvan hulle landsburgers maar net kan droom.

Mens dink onvermydelik aan plaaslike ANC-leiers, wat met dieselfde arrogansie as Nyanda skatte onregmatig vir hulleself toeëien. Wie sal ooit die gevleuelde woorde van Smuts Ngonyama vergeet: “Ek het nie by die struggle aangesluit om arm te bly nie...”

Kan dit wees dat die gemiddelde swartman ’n onversetlike bewondering koester vir die korrupte sakelui en politici wat so in Suid-Afrika floreer? Al wat saak maak, is om bo uit te kom. Hoe dit gebeur, is minder belangrik.

Die drie miljoen werklose jong mans in hierdie land kyk miskien met afguns na die swart rykes, maar op ’n manier is hulle trots op hierdie mense en aspireer hulle om dieselfde leefstyl te hê.

Toe Julius Malema ’n ruk terug gevra is of dit nie oneties is om sy rykdom so openlik te vertoon in ’n land waar die meeste mense arm is nie, het hy skouerophalend gesê dat dit niemand pla nie, want hy is ’n voorbeeld van hoe ’n jong persoon binne die ANC sukses kan behaal.

Net gister het daardie miljoenêr en minister van behuising in die ANC-regering, Tokyo Sexwale, ’n klap gemik teen plaaslike boere deur hulle te beskuldig dat hulle aandadig is aan die plakkersprobleem deurdat hulle “miljoene werkers” van hul plase verjaag het.

Geld wat maklik verdien word, die gevoel dat die wêreld hulle iets skuld, die totale gebrek aan eie inisiatief of prestasie en ’n afwesigheid van introspeksie - dít is die Suid-Afrika van vandag. Korrupte Afrikane beklee top-posisies oral en dit is waarna die jeug aspireer.

Verskoon my dus as ek swaar sluk aan die idee van ’n populêre rewolusie om die huidige heersers uit hulle stoele te lig. Die great unwashed is besig om te droom oor Gucci-skoene en luukse motors.

Wednesday, August 19, 2009

SA op die rand van 'n revolusie

Suid-Afrika is onder die twee of drie toplande met die hoogste moordsyfer ter wêreld, sê mnr. Antony Altbeker, kenner op die gebied van geweldmisdaad en skrywer van die boek A country at war with itself.

“Probleme met misdaadsyfers maak dit moeilik om dit presies te bepaal, maar sover dit gewapende rooftogte aangaan, is ons syfer ook van die hoogste ter wêreld.”

Gewapende rooftogte of huisrooftogte is kommerwekkend aan die styg, sê dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie. Lees verder...

Wednesday, July 29, 2009

Die groeiende moontlikheid van rewolusie (Deel 4)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Disintegrasie van Wetstoepassing:

Hoewel daar heelwat gevalle van geweld en opstande in townships tydens die Botha-era voorgekom het, is dit deur 'n magtige SAW en SAP onderdruk. Verskeie sekuriteitskenners het al vermeld dat apartheid-Suid-Afrika se sekuriteitsmagte onder die bestes ter wêreld was. Dit is 'n skrille kontras tot die huidige MIV-besmette, korrupte swart geregsdienaars van
die Nuwe Suid-Afrika (NSA).

In die Botha-era was Suid-Afrikaanse wetstoepassing so effektief, dat met die uitsondering van enkele sporadiese onluste kookpunte (wat dan weer net so vinnig onderdruk is), die land omtrent veiliger was as die hedendaagse Switserland of Swede.

Onder die ANC het alle aspekte van effektiewe wetstoepassing omtrent tot ’n einde gekom. Behalwe dat swart geregsdienaars uiters korrup is, is hulle ongemotiveerd, ontbreek dissipline, kennis, vaardighede, intellek, werksetiek, ens. Kortom: hulle is net so misdadig soos die res...

Dieselfde geld vir die weermag, howe en korrektiewe dienste. Eintlik het wetstoepassing meesal tot 'n einde gekom in die NSA. Omtrent vyf jaar gelede het die Instituut vir Sekuriteitstudies bevind dat die weermag so onbevoeg is dat hierdie ‘’mag’’ nie eens ’n binnelandse opstand sal kan onderdruk nie. Binne die huidige konteks van sporadiese spontane opstande wat orals soos veldbrande uitslaan, is dit kommerwekkend.

Soos wat die model ook wys, dui die onrealistiese hoë verwagtinge van swartes, die krimpende hulpbronne in die vorm van duurder voedsel- en brandstofpryse, tesame met die ineenstorting van staatsdienste, op 'n sosiaal-politieke omgewing wat homself uitleen tot swart burgerlike geweld en onrus. Met effektiewe wetstoepassing wat tot ’n einde gekom het, sal dit gans moontlik wees dat gelokaliseerde opstande oornag soos ’n golf oor die hele land kan spoel.

Voeg by hierdie omstandighede die konstante agitasie en haatspraak deur die ANC, ANC-Jeugliga, Cosatu, die SAKP, die SABC en verskeie linkse swart koerante en radiostasies, dan is dit duidelik dat die vonke reeds in die rigting van die Suid-Afrikaanse kruitvat spat.

Daar kan geen sekerheid wees of Suid Afrika oor 'n week, 'n maand, 'n jaar of tien jaar in 'n volskaalse bloedbad gaan ontaard nie. Wat wel seker is, is dat ons reeds in 'n lae graadse volksmoord verkeer waar swart mense elke dag onskuldige blankes verkrag, martel en vermoor. Hierdie volksmoord is die gevolg van 'n anti-wit rewolusionere klimaat. Afrikaners sal beheer oor die situasie moet neem deur hulself milliter op te lei en te organiseer.

Monday, July 27, 2009

Die groeiende moontlikheid van rewolusie (Deel 3)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Krimpende Hulpbronne:

Die Britse denker Thomas Robert Malthus (1766 - 1834) het voorspel dat soos wat bevolkings groei, druk op hulpbronne tot ’n breekpunt sal kom. Die gevolg sal wees dat 'n gemeenskap met ander woorde te groot vir hul hulpbronne raak met katastrofale gevolge vir sosiale orde. Hierna word verwys as die Malthusiaanse katastrofe. Moderne denkers het daarop gewys dat Malthus se teorie nie geld vir moderne samelewings waar bevolkingsgroei tesame met ’n verhoging in lewenstandaard afneem nie, en ook nie waar produksie weens tegnologiese vordering verhoog nie.

Malthus geld egter nog steeds vir Afrikalande waar bevolkingsaanwas op primitiewe vlakke bly. Die Britse denker se teorie geld egter veral vir Suid-Afrika waar daar 'n konstante invloei van onwettige immigrante is wat die bevolkingsaanwas gevaarlik hoog laat stu.

Terselfdertyd is SA se voedselproduksie onder druk weens sogenaamde grondhervorming wat produktiewe blanke plase tot onproduktiewe bestaansboerderye van die Afrikatipe transformeer. Hulpbronne in die moderne konteks moet heelwat breër as in die 19de- eeuse konteks geïnterpreteer word en ekonomies gesproke moet dienslewering deur die staat (water, elektrisiteit, riolering, behuising, medies ens) ook as gemeenskapshulpbronne beskou word.

Soos die staat deur RA getransformeer is, het ook daardie aspek van hulpbronne in Suid-Afrika drasties begin verminder. Soos die oranje lyn in die grafiek aandui, bly hulpbronvoorsiening tot reg aan die begin van die ANC-tydperk nog konstant. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat die staatsdiens op daardie stadium nog nie deur onbekwame swart amptenary beman is nie. Kort ná die ANC-oorname begin dienslewering egter in duie stort met gepaardgaande vermindering in hulpbronne.

Die transformasie van die landbousektor is reeds besig om Suid-Afrika se voedselproduksiekapasiteit te verlaag en teen die huige tempo stuur die situasie uiteindelik op voedseltekorte af. Intussen is die staat, as hulpbron van nodige dienste, besig om geheel in duie te stort.

In die geheel gesien is die vinnige groeiende bevolking van Suid-Afrika dus reeds in die middel van 'n hulpbronnetekort. Hierdie situasie skep beslis enorme woede en frustrasie wat oorkook in spontane geweld binne verskeie gemeenskappe.

Vervolg met Deel 4 (Disintegrasie van Wetstoepassing)...

Friday, July 24, 2009

Die groeiende moontlikheid van revolusie (Deel 1)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Hoewel ek ’n rukkie terug my ten doel gestel het om ’n rubriek onder die opskrif “Die Malthusiaanse krisis en misdaad as instrumente vir rewolusie” te skryf, het ek intussen besluit om dit met hierdie een te vervang. In sy rubriek "Is huidige onluste die voorspel tot revolusie?" op PRAAG se webblad, het Dan Roodt die geldige punt gemaak dat die huidige vlaag van stedelike onrus en geweld onder die swart bevolking toenemend begin lyk asof dit die kiem vir revolusie mag inhou.

Roodt wys op die teorie van die 19de- eeuse Franse denker, Alexis de Tocqueville, dat stygende verwagtinge tot revolusie aanleiding gee. Gebaseer op die model wat ek later hierby aanheg, wil ek die stygende risiko van ‘n bloedige revolusie onder die volgende drie subhofies bespreek:

Stygende verwagtinge (Deel2)
Krimpende hulpbronne (Deel 3)
Disintegrasie van wetstoepassing (Deel 4)

Dan Roodt het die aspek, Stygende Verwagtinge, so manjifiek in sy rubriek op PRAAG verduidelik , dat ek lesers graag daarna sal verwys. Tog sal ek ook die konsep “Stygende verwagtinge” kortliks in die volgende aflewering bespreek. Ek glo dat beide hierdie drie hooffaktore, wat ek wil bespreek, sowel as die huidige verskynsel van sporadiese geweld, daarop dui dat Suid Afrika nie ‘n vreedsame revolusie, soos die onderhandelde rewolusie van Kemtonpark, in die gesig staar nie.

Dit is ook nie noodwendig die goed georkestreerde Sosialistiese revolusie wat die SAKP in gedagte het nie, maar wel ’n gedeeltelik spontane en totaal chaotiese geweldsrevolusie waarop ons mag afstuur. Vir die doel van hierdie gesprek, en om die dinamika wat hier ter sprake is grafies voor te stel, het ek 'n model saamgestel wat in die laaste aflewering vertoon sal word.

Vervolg met Deel 2 (Stygende verwagtinge)...

Thursday, July 23, 2009

De Klerk en Britte se orde stort in duie


Afrikaner perspektief: PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt

Dít wat Dan Fourie en Pieter Redelinghuys op LitNet my “fantasieë” noem, is dalk besig om gouer as wat selfs ek gedink het, te realiseer. Die byna landwye opstand teen die ANC wat in die swart woonbuurtes aan die gang is, toon dat hierdie orde wat FW de Klerk en sy Britse marionetmeesters op ons afgedwing het, besig is om in duie te stort.

Dié foto wat in Thokoza aan die Oosrand geneem is, druk dit alles baie mooi uit. Op die plakkate van die swart betogers staan: “AWB was better than ANC” en “We vote for better life not for worse. We live like pigs.” Lees meer...

Ontluikende rewolusie?

Die voorval wat in die berig (uit Beeld) hiernaas vermeld word vorm deel van 'n groeiende golf van burgerlike onrus onder die swart bevolking. Hierdie kommerwekkende verskynsel dui op 'n ontluikende rewolusionere klimaat wat die potensiaal het om verreikende dimensies aan te neem. Hierdie is voorwaar 'n gevaarlike situasie. (Admin)

Honger mense plunder winkels

Sharlene Packree

Durban. – ’n Woedende groep mense het gistermiddag by twee winkels hier ingestorm en die rakke geplunder, blykbaar uit protes teen hoë kospryse.

“Hulle was kwaad en van hulle het selfs die braaihoender en pasteie geëet,” het ’n vrou gesê wat dit gesien gebeur het.

Die polisie was binne enkele minute op die toneel en het 100 mense by ’n Shoprite Checkers-winkel en ’n Pick n Pay in hegtenis geneem. Lees meer...

Tuesday, July 21, 2009

Is huidige onluste die voorspel tot revolusie?

Afrikaner perspektief: PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt

Iets merkwaardigs is op die oomblik besig om in Suid-Afrika te gebeur. Vir die eerste keer in dekades vind skynbaar spontane onluste onder die swart bevolking in hul woonbuurtes plaas. Ons moet onthou dat vorige onrusepisodes, in die sewentiger- en tagtigerjare onder die vorige bewind, met honderde miljoene dollar vanuit die buiteland aangestook is.

Trouens, in Suid-Afrika is iets soos "spontane onluste" eintlik 'n non sequitur. Maar tensy die Sweedse regering, die Anglikaanse kerk, Wêreldraad van Kerke of die Britse of Amerikaanse geheime diens soos in die verlede weer besig is om opstand teen die regering aan te blaas, vind daar vandag iets baie ongewoons plaas. Swartmense betoog en pleeg openbare geweld uit protes, nie omdat hulle ideologies vanuit Londen of Stockholm gemotiveer en - belangriker - befonds word nie, maar vanself! Lees meer...