Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,
Krimpende Hulpbronne:
Die Britse denker Thomas Robert Malthus (1766 - 1834) het voorspel dat soos wat bevolkings groei, druk op hulpbronne tot ’n breekpunt sal kom. Die gevolg sal wees dat 'n gemeenskap met ander woorde te groot vir hul hulpbronne raak met katastrofale gevolge vir sosiale orde. Hierna word verwys as die Malthusiaanse katastrofe. Moderne denkers het daarop gewys dat Malthus se teorie nie geld vir moderne samelewings waar bevolkingsgroei tesame met ’n verhoging in lewenstandaard afneem nie, en ook nie waar produksie weens tegnologiese vordering verhoog nie.
Malthus geld egter nog steeds vir Afrikalande waar bevolkingsaanwas op primitiewe vlakke bly. Die Britse denker se teorie geld egter veral vir Suid-Afrika waar daar 'n konstante invloei van onwettige immigrante is wat die bevolkingsaanwas gevaarlik hoog laat stu.
Terselfdertyd is SA se voedselproduksie onder druk weens sogenaamde grondhervorming wat produktiewe blanke plase tot onproduktiewe bestaansboerderye van die Afrikatipe transformeer. Hulpbronne in die moderne konteks moet heelwat breër as in die 19de- eeuse konteks geïnterpreteer word en ekonomies gesproke moet dienslewering deur die staat (water, elektrisiteit, riolering, behuising, medies ens) ook as gemeenskapshulpbronne beskou word.
Soos die staat deur RA getransformeer is, het ook daardie aspek van hulpbronne in Suid-Afrika drasties begin verminder. Soos die oranje lyn in die grafiek aandui, bly hulpbronvoorsiening tot reg aan die begin van die ANC-tydperk nog konstant. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat die staatsdiens op daardie stadium nog nie deur onbekwame swart amptenary beman is nie. Kort ná die ANC-oorname begin dienslewering egter in duie stort met gepaardgaande vermindering in hulpbronne.
Die transformasie van die landbousektor is reeds besig om Suid-Afrika se voedselproduksiekapasiteit te verlaag en teen die huige tempo stuur die situasie uiteindelik op voedseltekorte af. Intussen is die staat, as hulpbron van nodige dienste, besig om geheel in duie te stort.
In die geheel gesien is die vinnige groeiende bevolking van Suid-Afrika dus reeds in die middel van 'n hulpbronnetekort. Hierdie situasie skep beslis enorme woede en frustrasie wat oorkook in spontane geweld binne verskeie gemeenskappe.
Vervolg met Deel 4 (Disintegrasie van Wetstoepassing)...

No comments:
Post a Comment