Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, February 1, 2010

Gepeupel bewonder hul swartonderdrukkers

Deur Dirk Uys,

Gaan die Suid-Afrikaanse massas, nou, of in die nabye toekoms, wraak neem? Dit is die vraag wat by my opkom terwyl ek vanoggend na die Mail & Guardian se webtuiste kyk.

Daar is eerstens ’n berig oor Siphiwe Nyanda, voormalige hoof van die weermag en tans minister van kommunikasie-aangeleenthede. Die geagte minister besit 50% aandele in ’n maatskappy wat kontrakte met nie minder nie as vyf regeringsinstansies aangegaan het:Transnet se spoorvragafdeling, Metrorail, Autopax (die staatbusfirma), asook twee kontrakte met die Gautengse provinisiale regering.

Nyanda se maatskappy, GNS (General Nyanda Security) Risk Advisory Services (Pty) Ltd, was in 2009 in die nuus toe dit bekend geword het dat Siyabonga Gama, as hoof van Transnet se spoorvragafdeling, ’n tender van R55 miljoen aan GNS toegestaan het, sonder dat die korrekte tenderprosedures gevolg is. Toe Gama later in die moeilikheid beland het hieroor en deur Transnet geskors is, het Nyanda hom in die openbaar verdedig en verontwaardigde vergelykings getref met Jacob Zuma en die sogenaamde heksejag teen die huidige president.

In haar Mail & Guardian-rubriek skryf Nikiwe Biktisha vandeesweek oor die fenomeen van die ryk swart juppie. Sy verwys onder andere na die partytjie wat presidensiële woordvoerder, Zizi Kodwa, onlangs by ’n duur restaurant in Sandton gehou het. Die tema van die funksie was “style and fabulous glam.”

Sy gaan voort om haar mede-juppies se materialisme soos volg te kritiseer:

“The shoes and shirts are not a symbol of our discerning style or taste. They are bought and worn merely to display to those around us that we've arrived. What success is being measured, though? Is it many years of working with dogged determination at a profession? Does the success come about as a result of someone having created, built or invented something? Chances are it's not.

Research shows us that South Africa has surpassed Brazil as the most unequal society in the world. So while the shoes get pointier and shirt collars longer, the number of people with no schooling, no shirts on their backs and no shoes on their feet is growing exponentially. They will make us pay the price.”

Nou wonder ek net of sy hoegenaamd ’n punt beet het. Hier langs ons in Zimbabwe beproef Robert Mugabe al sedert 1980 sy lankmoedige burgers se geduld. Hy het in die tagtigerjare 20 000 Matabeles laat uitmoor. Verder het hy die afgelope dekade die land se landbousektor skouspelagtig in duie laat stort.

Wat uit ’n Westerse standpunt verstommend is, is dat daar nog geen opstand teen hierdie gek despoot was nie! Zimbabwiërs het letterlik nie meer kos om te eet nie, maar steeds bly Mugabe stewig in die saal en voer hy en sy vrou Grace ’n weelderige lewe waarvan hulle landsburgers maar net kan droom.

Mens dink onvermydelik aan plaaslike ANC-leiers, wat met dieselfde arrogansie as Nyanda skatte onregmatig vir hulleself toeëien. Wie sal ooit die gevleuelde woorde van Smuts Ngonyama vergeet: “Ek het nie by die struggle aangesluit om arm te bly nie...”

Kan dit wees dat die gemiddelde swartman ’n onversetlike bewondering koester vir die korrupte sakelui en politici wat so in Suid-Afrika floreer? Al wat saak maak, is om bo uit te kom. Hoe dit gebeur, is minder belangrik.

Die drie miljoen werklose jong mans in hierdie land kyk miskien met afguns na die swart rykes, maar op ’n manier is hulle trots op hierdie mense en aspireer hulle om dieselfde leefstyl te hê.

Toe Julius Malema ’n ruk terug gevra is of dit nie oneties is om sy rykdom so openlik te vertoon in ’n land waar die meeste mense arm is nie, het hy skouerophalend gesê dat dit niemand pla nie, want hy is ’n voorbeeld van hoe ’n jong persoon binne die ANC sukses kan behaal.

Net gister het daardie miljoenêr en minister van behuising in die ANC-regering, Tokyo Sexwale, ’n klap gemik teen plaaslike boere deur hulle te beskuldig dat hulle aandadig is aan die plakkersprobleem deurdat hulle “miljoene werkers” van hul plase verjaag het.

Geld wat maklik verdien word, die gevoel dat die wêreld hulle iets skuld, die totale gebrek aan eie inisiatief of prestasie en ’n afwesigheid van introspeksie - dít is die Suid-Afrika van vandag. Korrupte Afrikane beklee top-posisies oral en dit is waarna die jeug aspireer.

Verskoon my dus as ek swaar sluk aan die idee van ’n populêre rewolusie om die huidige heersers uit hulle stoele te lig. Die great unwashed is besig om te droom oor Gucci-skoene en luukse motors.

No comments:

Post a Comment