Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, October 10, 2009

My pappa is ’n legend

Virginia Keppler - Beeld

‘My pappa is ’n legend. Hy sal nooit besef hoe ’n groot impak hy op soveel mense gehad het nie,” het Jean-Jacques Scheepers (18), die oudste seun van kapt. Charl Scheepers, gister voor sowat 2 000 roubeklaers in ’n huldeblyk gesê.

Scheepers is verlede Saterdagaand by ’n bouterrein in Lynnwood, Pretoria, twee keer in die maag geskiet nadat hy ’n gewapende rower drie keer gewaarsku het om sy wapen te laat val.

Hy is kort daarna dood.

Terwyl Bok van Blerk se lied, “Afrikanerhart” , voluit gespeel het, is sy kis gister deur familie in die Hatfield Christian Church ingedra. Sy vrou, Anna-Marie, en hul kinders, Jean-Jacques (18), Armand (14) en Liza-Mari (11), het huilend agter die kis die kerk ingeloop. Lees verder...

No comments:

Post a Comment