Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, October 28, 2009

'n Afrikanersekerheidsmaatskappy

Geskryf deur Anton Barnard - SAmizdat

Dit is al lankal ‘n voldonge feit dat die Azaniese stelsel van reg en geregtigheid, nes alle ander regeringstrukture, stelselmatig besig is om in duie te stort. Die verrotting het in 1994 begin, toe rassistiese transformasie die howe en die polisiemag van binne begin rysmier het. Ek hoef nie eens die skokkende moordstatistieke van tot 30 000 slagoffers per jaar aan te haal nie, want dit is alombekend.

Dit is voorts duidelik dat dit ‘n enorme fout sou wees om op die SAPD te vertrou om ons teen misdaad te beskerm. Ek loop nou die risiko van ‘n klag teen my, maar laat ek dit reguit stel: vir blankes om op ‘n swart polisielid te vertrou, het uit bittere ervaring uiters, uiters riskant geblyk te wees. Die barbaarse stukke drek (en hiermee is ek besig om drek ernstig te beledig), geklee in SAPD-uniforms, wat eers op omkoopgeld aangedring het, en toe ‘n blanke vrou hierdie pas afgelope naweek verkrag het, is net nóg ‘n bewys hiervan. Korrupsie strek skynbaar tot op die hoogste vlakke van regstellende aanstellings in die polisie, soos die korrupte voormalige kommisaris, Jackie Selebi.

Die verrotting, korrupsie en misdadigheid van die Azaniese regstelsel strek veel verder as slegs die SAPD. Die regbank word toenemend bevolk deur ontplooide ANC-kaders, wat op grond van politieke aanneemlikheid en nie bekwaamheid nie aangestel word. Watter blanke kan ‘n regverdige verhoor te wagte wees voor die leuenaar en rassis Nkola Motata, of sy mede-rassis, “regter” John Hlope?

Die meeste blankes wat dit kan bekostig, het lankal reeds die skrif aan die muur gesien en instinktief besef dat die SAPD se transformasie die sade van sy vernietiging gedra het. Sekerheidsmaatskappye soos Chubb, Securicor en andere is het as gevolg van hierdie besef die leemte begin vul. Al wat ‘n blanke huishouding is, het bykans ‘n privaatsekerheidsmaatskappy. Die probleem is egter dat hierdie sekerheidsmaatskappye heelwat lede van dikwels twyfelagtige opleidingsvlakke en met ‘n onbekende agtergrond in diens het. Estee van Rensburg, ‘n danseres van Pretoria, is juis deur ‘n sekerheidswag in die kop geskiet. Daardie einste privaatwagte wat jy betaal om jou eiendom te bewaak, kan heel moontlik juis die misdadigers wees wat by jou gaan inbreek en jou vrou gaan verkrag. Laat ek liefs swyg oor waarom ek meen dit die geval is.

Dit raak vir my toenemend duidelik dat Afrikaners sal moet ingryp, en die funksies van die falende Azaniese staat sal moet oorneem. Ek wil daarom aan die hand doen dat daar ‘n landswye Afrikanersekerheidsmag geskep moet word. Daar is derduisende Afrikaners met uitstekende ervaring en kundigheid, onder andere voormalige polisie- en weermagoffisiere, wat só ‘n mag kan bedryf. Daar is reeds organisasies met bestaande veiligheidsstrukture in plek, byvoorbeeld die Transvaalse Landbou-unie se sekerheidsafdeling.

In plaas daarvan dat derduisende blanke huishoudings ander sekerheidsmaatskappye per debietorder befonds, hoort ons veel eerder ons maandelikse bydraes aan die Afrikanersekerheidsmag te gee.

Só ‘n mag sal heelwat probleme aanspreek:

• Ek vertrou veel eerder op ‘n Afrikanersekerheidsmag as op die stukke SAPD-drek wat die vrou verkrag het, of op die sekerheidsmaatskappy wie se lid die danseres in Pretoria vermoor het.

• Weens die kundigheid van baie Afrikaners oor sekerheid, sal so ‘n mag uiters effektief wees. Die buurtwag van Louis Trichardt, beman deur voormalige polisielede, weermaglede en selfs die NGK se dominee, het binne enkele maande ‘n afname van 95% in Louis Trichardt se misdaadkoers teweeggebring. Mense verloor egter spoedig belangstelling in ‘n buurtwag, en daarom wil ek juis nié ‘n buurtwag voorstel nie, maar eerder ‘n voltydse, professionele sekerheidsmag.

• Daar is derduisende blanke weermag- en polisielede wat agv rassistiese transformasie hul werk verloor het, en wat selfs so ver soos Irak moes gaan werk soek. ‘n Afrikanersekerheidsmag sal hierdie mense ‘n heenkome gee.

• Daar gaan natuurlik aantygings wees dat hierdie ‘n rassistiese mag is. Ek kan my reeds indink hoe Jan-Jan Joubert se skril stemmetjie nog ‘n oktaaf sal styg uit pure vrees, en hoe hy gal sal braak in al wat ‘n Nasperskoerant is hieroor. Ek verwelkom dit egter. As daar een ding is waarvoor Kees die voornemende motorkaper banger is as die duiwel vir ‘n slypsteen, is dit ‘n bebaarde en bebliksemde Boer in khaki geklee. Ek sou die uniform van die Afrikanersekerheidsmag doelbewus laat herinner aan Boerekrygers of selfs die voormalige SAW se uniforms, en bonusse uitdeel aan lede wat baarde het.

• ‘n Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening die eerste amptelike struktuur binne in ‘n Afrikanerowerheid, ‘n regering in die kuberruim vir Afrikaners, te wees – ek het iets soortgelyks as die Palestynse Owerheid en dié se polisiemag in gedagte.

Ek kan aan geen rede dink waarom so ‘n mag nie winsgewend en effektief bedryf kan word nie. Ek sal beslis lekkerder slaap as ek weet dat daar Afrikaners is wat my buurt patroller. Waarvoor wag ons?

No comments:

Post a Comment