Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, September 18, 2009

Aanvaller en polisievrou toon swart rassesolidariteit teen wit slagoffer

Aangepas vanuit Beeld,

’n Polisielid het glo toegekyk terwyl ’n Afrikaner man by ’n vulstasie in Witbank, Mpumalanga, geklap en met ’n wielsleutel aangerand is.

Mnr. Johan Cronjé (24), die man wat glo aangerand is, is later weens opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem.

Hy het gister ’n klag van aanranding teen sy swart aanvaller by die polisie aanhangig gemaak.

Cronjé was enkele minute voor die aanval op 29 Augustus glo in ’n padwoedevoorval met ’n swart motoris betrokke waar hulle handgebare vir mekaar gewys het.

Volgens Cronjé het hy ná dié voorval by die Total-vulstasie in Kiepersolstraat stilgehou.

Die swart man het skynbaar kort daarna ook daar stilgehou. Daar was weer ’n woordewisseling. Die swart man het hom glo geklap en met ’n wielsleutel aangerand.

Cronjé sê hy het homself net probeer beskerm teen die aanval en nie teruggeslaan nie.

Hy het egter gister aan Beeld erken hy het uit frustrasie ’n duik in die ander man se voertuig, ’n VW Golf, geskop.
Volgens hom is hy toe by die vulstasie se winkel in om hulp by ’n swart polisievrou te vra. “Die volgende oomblik het die swart man by die winkel ingestap en my wéér aangerand.

Die swart polisievrou het niks gedoen nie.”

Hy het glo toe self ’n paar houe na die aanvaller geslaan.

Die polisievrou het later glo in die winkel aan Cronjé se aanrander, ene Sifiso, gesê om die aanranding te staak.

Sy het agter die swart man aangeloop en buite die winkel met hom gepraat, waarna sy na die winkel teruggekeer en in 'n blykbare vertoon van rassesolidariteit, met die swart aanvaller, Cronjé in hegtenis geneem het. “Ek is agter in ’n vangwa gelaai en is eers laat die middag op borgtog van R500 vrygelaat.”
Cronjé beweer ook die swart polisie wou hom nie toelaat om ’n klag teen sy aanrander in te dien nie. Die swart aanvaller het intussen ’n klag van aanranding teen Cronjé ingedien.

AfriForum het Cronjé gehelp om ’n klag by die polisie en by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) aanhangig te maak.

“Videomateriaal wat ons van die motorhawe se veiligheidskameras verkry het, wys duidelik hoe Cronjé voor die winkel aangerand word en dat hy nie self teruggeslaan het nie,” sê mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum.

Hy sê hierdie soort magsmisbruik deur polisielede is aan die toeneem en kan tot groot siviele eise teen die minister van polisie lei. Kelder het gister die videomateriaal aan ’n ondersoeker van die OKD gewys.

Kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, het bevestig die aanklagte word deur hulle ondersoek. Volgens Hall weet die polisie nie in dié stadium hoekom die polisievrou nie tussenbeide getree het nie. ’n Verklaring moet nog as deel van die ondersoek by haar afgeneem word. Cronjé verskyn op 18 November weer in die hof.

2 comments:

  1. maar op moed-verloor-se-vlakte sit en dit gelate aanvaar.

    hoop vir die beste en verengels of deel van Naspers se sg. “Afrikaanses” word.

    ontvlug in georganiseerde sport en charismatiese godsdiensbeoefening.

    hoop dat een van die swetterjoel tandelose Afrikaner politieke/kultuur splintergroepe die moed sal kry om die swart regime aan te vat.

    gedissiplineerd en trots ‘n (para-)millitere beweging bou wat vir die swart regime die lyn in die sand trek…

    Voeg asb nog n keuse by

    Kry jou gesin iut die gemors voor hulle ook net n nogn onbenullige statestiek word.


    Die witman in afrika experiment het gevaal. Dit is weer tyd vir boere om te trek. Of jy kan soos in Zimbabwe die 3de laaste witman wees wat nog wragtig glo dat alls more weer wonderlik gaan wees.

    Patriotism is your conviction that this country is superior to all other countries because you were born in it. – George Bernard Shaw

    Daar is n woderlike groot wereld daar buite.

    ReplyDelete
  2. Hierdie tipes insidente is aan die orde van die dag.
    Maak die Polisie Mag skoon van alle ongeruimdhede / verwysend na karakters Punt.
    Witmense word daagliks/uurliks/per minuut aangeval in Noord Wes.
    Bring terug ons weermag kommando's met ons manne wat opsporing ken-genoeg gese.

    ReplyDelete