Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, February 15, 2010

Sy skrywes is bemoedigend

Deur Vlad du Plessis,

Dis met groot belanstelling dat ek die vars en begeesterde idees van die PRAAG rubriekskrywer Anton Barnard volg. Uit die lees van sy mees onlangse rubrieke is dit vir my duidelik dat hy besig is om die ‘groter prentjie’, van waar die Afrikaner nou is, en waarheen ons behoort te gaan te konseptualiseer.

Vir ‘n oomblik meer oor waar ons nou is: In Vrydag se Beeld is ‘n rubriek oor die menings van prof. André Duvenhage, navorsingsdirekteur van sosiale transformasie aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Duvenhage se begrip van waarheen die ANC met ons op pad is, is kommerwekkend, maar realisties. Hoewel Duvenhage nie eksplisiet na die Twee Stadium Revolusie (eers die Nasionale Demokratiese Rewolusie, gevolg deur die Sosialsitiese Rewolusie) verwys nie, pas dit binne daardie raamwerk. Die ANC se ideologiese raamwerk en spesifiek die beweeg na die tweede stadium, wat nou aanbreek, is die tipe materiaal wat denkende mense slapelose nagte besorg.

Terug by Anton: In sy mees onlangse rubrieke beskryf hy die situasie van die Afro-rassistiese staat en die disfunksionalteit daarvan met ontstellende akuraatheid. Anton bied egter oplossings aan die hand, wat verbandhou met die totstandkoming van ‘n Afrikaner Owerheid (AO). Laasgenoemde is die mees nugtere en realistiese benadering tot ons situasie waarvan ek nog gehoor het en ek ondersteun hom heelhartig hiermee.

Wat my egter kwel is die implementering van ‘n AO. Met die onderskeie oneffektiewe leiers van die miljuisende Afrikaner splintergroepe, wat nie eens ‘n suippartytjie in ‘n brouery sou kon organiseer nie sien ek nie veel hoop nie.

Daar is moontlik twee organisasies met die kapasiteit om te organiseer, maar ongelukkig ontbreek die wil. Aan die een kant bestaan Solidariteit/Afriforum wat oor dinamiese leierskap en ongelooflike hulpbronne beskik, maar ongelukkig onbreek daar ‘n ideologiese begrip van volksbevryding. Nog ‘n organisasie met hulpbronne is die VF+, maar ek is bevrees rewolusies of volksbevrydings word nie deur beroepspolitici gelei nie. Laasgenoemde is brood-en-botter politici wat niks sal doen wat enige risiko vir hul salaris tjeks inhou nie.

Vir ‘n oomblik meer oor die VF+: Ek sien oor die naweek in Beeld die leier van daardie party, Dr. Pieter Mulder, skryf aan die rubriekskrywer , Lood:” Wil Lood Pretoria se naam verander of is hy saam met die VF+ dankbaar dat my toegang tot ANC-leiers dit kon help stuit?” Dit het my laat skaterlag. Net ‘n beroepspolitikus kan soveel selfverheerlikking beoefen. In werklikheid het die stuiting van ‘Tshwane’ niks met Mulder se ryery van die NSA soustrein te make nie, en wel alles met Afriforum se hardekwas houding oor die saak.


Ja-nee, Afrikaner politici (VF+ en die Prog-DA se enkele Afrikaner ampsbekleërs) is ‘n misrabele en nuttelose klomp suurstofdiewe wat liewer die figuurlike doodskoot gegee moet word. Ons benodig nie beroepspolitici nie. Ons benodig aktiviste!

Terug by die AO: Alvorens daar ‘n AO kan wees moet daar ‘n proses wees wat daartoe aanleiding gee. Miskien is die VVK se volksverkiesing, aanstaande jaar daardie proses. Die Afrikaner se uurglas loop nou egter so vinnig leeg dat ek nie weet of ons nog ‘n jaar kan wag nie. Met ons situasie wat eksponensieel verswak sal daar oor ‘n jaar aansienlik meer skade aangerig wees. Dan moet die nuutgestigde Afrikaner Raad nog sy voete vind. Laasgenoemde is ‘n verdere venster vir die ANC om ons te verdruk en te ontmagtig.

Intussen vererger die onderdrukking en volksmoord op Afrikaners in der mate dat organisering en praktiese handeling skree om werklikheid te word. Kort voor lank sal ons situasie so desperaat wees, dat die Afrikaner geen ander keuse as gewapende stryd sal he nie. Of is ons alreeds daar?

Intussen hou ek Anton se skrywes dop. Sy passie, intellek en charisma gee my hoop.

No comments:

Post a Comment