Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, September 2, 2009

ANC kommunistiese terroriste-regime: “Vlugtelingstatus rassisties”

Johannesburg - Die ANC-regime bestempel Kanada se besluit om die Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, vlugtelingstatus toe te ken, as rassisties.

“Suid-Afrika is ‘n demokrasie met staatsdepartemente om misdaad te beveg. Dit is een van die ANC se hoofprioriteite, sonder voorkeur tot enige ras, slagoffer of oortreder”, het Brian Sokutu, die kommunistiese terroriste-regime se woordvoerder, gesê.

Volgens Sokutu beskou die ANC ook Huntley se beweringe dat hy sewe keer deur Afrikane aangeval is as gevolg van die kleur van sy vel en sonder enige optrede deur die polisie, as sensasioneel en kommerwekkend.

Hierdie skokkende houding deur die regime word ingeneem in weerwil van die 45 000 blanke Suid Afrikaners wat sedert 1994 deur swartes vermoor is sowel as die 90 000 blanke vroue wat deur swartmans verkrag is. Honderde duisende blankes is ook in verskeie ander voorvalle direk of indirek deur swart op wit misdaad geraak. Duisende blanke Suid Afrikaners is al meermale deur swartes aangeval.

Die ANC terroriste beweging sê voorts dat Kanada se besluit om Huntley vlugtelingstatus toe te ken omdat hy vervolg sou word sou hy na Suid-Afrika terugkeer, is rassisties.

“President Jacob Zuma het tydens sy 2009 Staatsrede gesê ál die land se burgerlike beskermingseenhede beoog om die misdaadkrisis aan te vat”, het die kommunistiese terroriste-regime se woordvoerder, Sokutu, gesê.


- Sapa

No comments:

Post a Comment