Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, October 18, 2009

Naspersjoernaliste se swaksinnigheid peil nuwe dieptes

Geskryf deur Anton Barnard - SAmizdat

Net as ek gedink het dit kan nie erger word nie, oortref Naspers homself weer met sy kruiperige gedienstigheid aan die altaar van transformasie en politieke korrektheid.

En, laat ons nie doekies omdraai nie, Naspers is veral smoorverlief op die selfaangestelde Afrikanermessias, Jonathan Jansen. Jansen, die land se voorste kwota-akademikus, se prekerige sotlikhede, meestal op ons “rassistiese” Afrikaners gemik, verskyn week ná week in die Beeld, Die Burger en Rapport. Jansen moet nog net berigte oor sport begin skryf vir hierdie liefdesverhouding om sy logiese uiteinde te bereik. (Foto: Jonathan Jansen)

Hierdie week se hoofberig in Rapport is ‘n kruiperige lofsang, soortgelyk aan Salomo se Hooglied, aan die brulpadda-agtige Jansen. Dit loop oor van stroperige twak soos die volgende: “Jansen se skitterende akademiese loopbaan hier en oorsee boesem vertroue in, en benewens daardie voortreflike stamboom bring hy soveel meer.” Asseblief, bring vir my tog net een van daardie papiersakkies vir passasiers wat op ‘n vliegtuig naar word!

Wat Rapport genoop het om Jansen se gulp opnuut te wil oopruk, is Jansen se besluit om die klagtes teen die Reitzhuisstudente te laat vaar. Die swape by Rapport is lelik om die bos gelei deur wat die Engelse Jansen se “spin doctoring” sou noem. Dit is slegs die swaksinnige redaksie van Rapport wat nog nie vir hulself kon bedink dat daar van meet af aan geen saak teen die Reitzhuisstudente was nie.

As ek die leser mag herinner, toe die klagtes teen dié studente ingedien is, was daar reeds onsekerheid oor presies waarvoor hulle aangekla sou word. Die skoonmakers wat aan die video deelgeneem het, het immers vrywillig so gemaak en inderdaad laggend saamgespeel. Dit is natuurlik in teenstelling met swart opdrifsels wat hulself gereeld skuldig maak aan kwaadwillige vernietiging en brandstigtery by universiteite, en wat selfs doodsdreigemente teen blanke studente opper soos wat onlangs by Tukkies gebeur het. Hieroor swyg Naspers natuurlik soos die graf. As ‘n blanke landdros die Reitzhuissaak aangehoor het, sou dit uit die hof gelag gewees het, tot Jansen en die klaers se groot verleentheid.

Jansen se ruimhartigheid was dus niks van die aard nie. Hy het bloot besef wat Rapport se redaksie te gestrem is om te besef: daar was van meet af aan geen saak nie. Rapport kon egter nie wag om weer eens hul lofliedere aan hul gunsteling mak bruine, Jansen, te besing nie. Hoe kinderlik naïef kan Rapport se redaktrise wees, selfs gemeet aan die lae standaarde van haar medejoernaliste by Naspers?

No comments:

Post a Comment