Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis
Dit is nou al geruime tyd dat ek voel iets moet gesê word oor die rol wat godsdiens in die Afrikaner se huidige situasie speel. Toevallig kom 'n kollega vanoggend na my en sê: "Ek mis godsdiens op julle blog." Ek wou toe weet of hy daarmee bedoel godsdiens as 'n onderwerp op sigself. "Nee,” was sy antwoord aan my, “ek bedoel die rol wat godsdiens in ons bevryding moet speel".
Dit het my laat besef dat ek nou die onderwerp, wat ek baie lank al vermy, behoort aan te spreek. Die rede waarom ek dit tot dusver vermy het, is juis omdat godsdiens in die Afrikaner politieke belewenis so 'n gevaarlike mynveld is. Dan Roodt het onlangs die moed gehad om oor hierdie omstrede onderwerp te skryf. Hoewel ek merendeels met sy siening saamstem, voel ek tog dat ek dit in my eie woorde behoort te bespreek.
Ek dink dat mens moet onderskei tussen die manier waarop godsdiens deur Afrikaners voor die 20ste eeu en daarna in die periode vanaf die 20ste eeu tot tans geïnterpreteer en beoefen is. In die periode wat aanloop tot die 20ste eeu, is Afrikaners dikwels deur die een bestaanskrisis na die ander gekonfronteer. Tydens hierdie periode(s) kom dit voor asof godsdiens dikwels dan ook die rol speel as instrument om oorlewing in die aangesig van enorme uitdagings te verseker. Hoewel die element van universele medemenslikheid (meer hieroor later) reeds blyk te bestaan, speel dit nie 'n oorweldigende rol nie. Godsdiens blyk meer die volk se eie belewenis te wees.
In die 20ste eeu, maar veral in die periode waartydens mag onder die Afrikaner-gesinde Nasionale Party gekonsolideer word, blyk Christelike filosofie rondom die term ‘’naaste’’ toenemend te verander. Terwyl apartheid wel in kerke bestaan, kom daar geen daadwerklike bedreiging vir die Afrikanervolk in hierdie episode voor nie. Godsdiens as 'n medemenslike geestesbelewing kom egter sterker na vore. In die selfversekerde en veilige posisie van magshebber, sowel as voog vir al die swart volke in Suid-Afrika, raak Afrikaners toenemend gerig teenoor die ‘’ander’’. Medemenslikheid - of dan "jou naaste" - raak mettertyd verdraai as ‘’alle ander mense’’. Ten spyte daarvan dat die oorspronklike antieke geskrifte daarop dui dat ‘’jou naaste’’ slegs die mense in jou familie en in jou onmiddellike emosionele belewenis verteenwoordig, word daar vandag die universalistiese idee van ‘’alle mense as jou naaste’’ verkondig.
Die idee van alle mense as jou naaste maak dus eintlik die Bybelse term "naaste" ongedaan. Mens moet gevolglik die vraag stel: ‘’Waarom sou die woord ‘’naaste’’ in die Bybel gebruik word as almal jou naaste is?' Immers sou die woord ‘’mense’’ dan in die Bybel vermeld gewees het. Tog, die Bybel praat van "jou naaste" en mens hoef dus nie 'n kenner van Hebreeus of Grieks te wees om baie maklik daaruit af te lei dat "naaste" inderdaad jou ‘’naaste'’, in die ware sin van die woord, en nie ‘’alle mense’’, is nie.
Die Afrikaner se universalistiese bewustheid is ook tot ‘n mate meegebring deur ons lidmaatskap van die Britse Gemenebes in 1910. Die interaksie met 'n groter Britse empaaier het veroorsaak dat ons toenemend na buite begin kyk het en daardeur ‘n groter bewustheid van 'n globale mensdom ontwikkel het. Aktiwiteit via die Gemenebes, soos die twee Wêreldoorloë, diplomatieke betrekkinge, Britse sportsoorte soos rugby en krieket en ander aktiwiteite en simbole het meegebring dat ons al meer andere as ons naaste oorweeg het.
Hierdie uitwaartse kyk het ook verleng na die onderskeie inheemse volke in Suid-Afrika. Soos voorheen genoem, het dit ook te make met die voogdyskap wat ons via apartheid oor die swart volke aanvaar het. Soos ouers het ons verantwoordelikheid vir hul geestelike welsyn aanvaar en daardeur onvermydelik hulle as ons naaste omhels.
Dit is seker veral met die ontstaan van die globale media en filmwese dat die idee van 'n universele medemens ook onder Afrikaners met rasse skrede toegeneem het. Hollywood produseer eindelose sentimentele tranetrekkers waarin allerlei vreemdsoortige karakters se persoonlike dilemmas op ieder en elke kyker se hartsnare speel. Vir my is die film ‘Babel’ een van die beste voorbeelde hiervan. In een storielyn speel die persoonlike krisisse van twee Morrokaanse skaapwagters, 'n Amerikaanse toeriste egpaar, 'n Kaliforniese boetie en sussie, 'n Meksikaanse huishulp en 'n dowe Japanese skooldogter, almal hartroerend, via DVD in jou voorhuis af. Meteens kan jy op die diepste emosionele vlak identifiseer met mense en kulture wat andersins totaal vreemd aan jou sou wees. In die film ‘Tsotsi’ word die argetipe van die Afrikaner se huidige vyand, 'n swart misdadiger, se krisisse ewe hartroerend uitgebeeld. Ewe skielik word die weerlose kyker emosioneel skadeloos gestel teen dieselfde tipe wat dalk op daardie selfde oomblik besig is om by die agterdeur met 'n dodelike wapen in sy hand in te breek.
Die probleem met al hierdie verfilmde dramas is dat bo en behalwe dat die makers daarvan by uitstek aanspraak maak op ons vermoë tot simpatie en sentiment, dit boonop die karakters se situasies in isolasie van die breër politieke omgewing, en uiters selektief, aanbied. Die kyker word dus weggehou van al die ander agendas wat ter sprake is en wat effektief deur die tipes, wat aan hom opgedis word, teen hom, die kyker, in die werklike lewe gevoer sou word.
Hierdie medium is so kragtig dat dit die kyker verblind en dus verlam teen die werklikhede wat saam met die andersheid en werklike agendas van die karakters saamhang. Vir seker het die moderne filmwese dit baie makliker gemaak vir mense om die idee van 'n universele medemens te omhels. Die enigste verweer hierteen sal die ontwikkeling van 'n nasionalistiese Afrikaner-filmwese wees, iets wat na alle waarskynlikheid eers in die Afrikaner Republiek bereik sal word, maar meer daaroor in 'n volgende skrywe.
Vervolg Donderdag…

No comments:
Post a Comment