PRAAG, Geskryf deur Prof. Hercules Booysen
'n Herrie het in Suid-Afrika losgebars oor die Kanadese Immigrasieraad se besluit om aan die Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, vlugtelingstatus te gee. Vanaf die kant van die ANC-regering in Suid-Afrika word die beslissing as belaglik afgemaak.
Die aangeleentheid word oor die boeg gegooi dat misdaad in Suid-Afrika almal raak, wit en swart. Dit is 'n oorvereenvoudiging van die Suid-Afrikaanse situasie en een wat nie werklikheidsgetrou is nie.
Die Suid-Afrikaanse regering na 1994 het ras bepalend gemaak van die inhoud van Suid-Afrikaanse burgerskap. Dit is teen die agtergrond hiervan wat die Huntley-geval beoordeel moet word.
Die regstruktuur in Suid-Afrika as geheel bepaal of blankes op grond van ras onderdruk word en nie net een komponent daarvan, naamlik, die regering se onvermoë en/of onwilligheid om blankes teen geweld te beskerm nie.
Hierdie struktuur vind alreeds beslag kort na 1994 toe die ANC-lid, Peter Mokaba, begin met sy politieke slagspreuk, "kill a famer, kill a boer" en nadat hy deel geword het van die Mandela-regering. Hy is geduld in die regering en sy slagspreuk is ook nie deur die regering van die dag veroordeel nie.
Selfs op sy begrafnis is dit weer uitgeskreeu, in die teenwoordigheid van hoë regeringslui. Hierdie gedrag en dulding kan op sy minste as aanstigting tot moord op blankes, of meer besonder op Afrikaners, beskou word. Dit sou in enige beskaafde land of kontinent as sodanig gesien gewees het.
Aanstigting is alreeds 'n misdaad. Geen amptenaar of regter of minister is van sy amp onthef omdat hulle teenwoordig was waar die slagspreuk geskreeu is nie en niemand het ooit vrywillig bedank omdat dit deur die staat en sy amptenare geduld is nie.
Die wetgewende struktuur van die land het tot gevolg dat daar openlik teen blankes in die staatsdiens gediskrimineer word, dat talle blankes hulle werk op grond van hulle ras in die staatsdiens verloor het, dat op grond van ras blanke besighede se aandele aan swartes verpligtend oorgedra moet word, dat bepaalde poste selfs in privaat maatskappye aan swartes gegee moet word, dat blankes se plase op grond van ras ten gunste van swartes onteien word en dat studieplekke aan universiteite, veral in die professies, vir blanke studente beperk word op grond van hulle ras.
Dit is slegs 'n paar voorbeelde oor wat die direkte doel met, en gevolge van, die regering se wetgewing na 1994 is. Die regering beskryf sy politiek as die Afrikanisering van Suid-Afrika. Hierdie beleid se ooreenkomste met die beleid wat in Nasionaal-Sosialistiese Duitsland na 1933 gevolg is, is verstommend.
Die beleid is toe net Arisierung genoem en was teen die Jode gerig. Op 'n internasionale vlak is die probleem dat Afrikanisering slegs wettig kan wees indien Arisierung ook wettig was. Aangesien niemand Arisierung as wettig beskou nie, bestaan daar weinig kans dat Afrikanisering objektief gesproke wettig kan wees. Die beleid van Arisierung het na 1939 'n gedaanteverwisseling ten slegte ondergaan wat selfs as vingerwysing vir die Afrikaniseringsprogram kan dien.
Die standpunt dat die grondwet Afrikanisering en 'n rasgebaseerde regstruktuur wettig, het te doen met die subjektiewe navolging van die heersende party se siening; die politieke korrekte houding soos bepaal deur die nuwe heersers en nagevolg deur die nuwe onderhoriges.
Regstellende aksie in sy wese kan slegs regverdig word op 'n individuele basis, dws, ten opsigte van 'n bepaalde individu waarvan 'n bepaalde reg voorheen geskend is. Dit kan nie dien as die wettiging van 'n totale rasgebaseerde staatstruktuur waarvan die bevoordeeldes selfs vreemdelinge kan wees nie, solank hulle natuurlik net swart is.
Die grondwet wou so 'n stelsel afskaf en nie verskans nie. Indien die regering van 'n land 'n struktuur skep wat toelaat dat daar openlik aangestig kan word dat jy op grond van jou ras vermoor kan word, dat jou werk op grond van ras ontneem kan word, dat jou grond op basis van ras onteien kan word, dat maatskappye en aandele op grond van ras oorgeneem mag word, is dit sekerlik 'n struktuur wat ook aan die gewone misdadiger 'n duidelike boodskap stuur oor wat hy aan daardie ras mag doen.
Die struktuur is in sy geheel gesien onderdrukkend teenoor blankes, die misdadige komponent slegs 'n bepaalde uitvloeisel daarvan.
Prof. Hercules Booysen: Voorheen professor aan die Universiteit van Suid-Afrika in internasionale reg, regskonsultant in internasionale en internasionale ekonomiese reg

No comments:
Post a Comment