Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, July 25, 2009

Wat gaan van die Voortrekkermonument word?

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Johann Wingaardt,

Die wêreldresessie het sy spore ook op die Voortrekkermonument (VTM) gelaat.

Die Hoofuitvoerende amptenaar van die VTM, genl. Gert Opperman, berig dat ongeveer 280 00 minder buitelandse besoekers die VTM vanjaar besoek het as verlede jaar. Dit het meegebring dat R600 000 minder aan hekinkomste verdien was.

Staatsubsidies maak slegs 16% van die VTM Groep se bedryfsinkomste uit en dit plaas geweldige druk op die organisasie se kontantvloei. Hierdie druk word direk weerspieël in die inkomstepakette van die amptenare en personeel wat byna 50% minder as hul eweknieë in sogenaamde verklaarde instellings elders verdien. Jaarliks kos Bloedrivier byvoorbeeld R160 000. Ander erfenisstigtingsterreine kos R400 000 vir salarisse alleen. Hierdie terreine ontvang geen staatsubsidie nie. Lees verder...

No comments:

Post a Comment