Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, June 3, 2009

Tim du Plessis: die naiewe liberalis

Geskryf deur Vlad du Plessis

Tim Du Plessis se jongste rubriek in Beeld, dui weereens op die denkfoute van 'n liberalis. Die liberale blanke Suid Afrikaner slaag maar net nie daarin om Afrika te verstaan nie. Hiervan is Tim du Plessis en die res van die Naspers/Media24 garde die konstante voorbeeld.

Du Plessis se: "Mandela se ou Suid-Afrika was ’n land van hoop en verwagting waarin alles min of meer gewerk het. Die koek sou mettertyd groter word en daar sou vir almal ’n sny gewees het." Dit ontgaan die man heeltemal dat "die land van hoop en verwagting" waarna hy verwys 'n blote droom was. Dit verteenwoordig die liberale westerse droom vir Afrika. Dit is die droom van mense wat glo Afrikane is die Westerling se gelyke.

Oor die Zuma regime se Du Plessis: "Dis ’n groot fout om te dink wat nou aangaan, is ’n nuwe bewind wat inkom om te kom huisskoonmaak. Dis bloot nuwe gesigte en nuwe tjommies wat beloon word." Maar, is dit nie die tipiese aard van alle Afrikaregerings nie? Was selfs die halfgod Mandela se administrasie minder nepotisties?

Die engiste rede waarom die Mandela administrasie beter mog gewees het is omdat dit op daardie stadium nog deur blanke amptenary bestuur was.Sederdien het sg. Transformasie die staatsdiens verswart. Tim du Plessis reken seker dat die verswakking van dienslewering wat die verswarting van die staatsdiens vergesel het, 'n blote toevalligheid is.

Oor hoe verandering moet plaasvind reken Du Plessis: "Van boontoe af ondertoe, nie van onder af boontoe nie, soos wat die kultuur was van die United Democratic Front, die binnelandse versetbeweging wat die ANC nĂ¡ sy terugkeer uit ballingskap so koelbloedig nekomgedraai het." Wat hy nie besef nie is dat die UDF deur 'n magdom sg. 'civics', swartvakbonde,kerke ens. gevorm is. Die ideologiese leierskap, nl. die ANC, was in ballingskap en in die tronk. Die UDF het dus nie oor die gesentraliseerde vermoe beskik om van 'bo af' bestuur te kan word nie. Die UDF was 'n swak georganiseerde anarchistiese front van verenigings wat op allerlei maniere probeer chaos skep het. Tim en die ander sg. "Afrikaanses", van Naspers, het intussen die UDF tot 'n amper heilige organisasie verhef.

Du Plessis se verder: "Die ANC in ballingskap was ’n organisasie van sit-op-die-agterent. Hulle het eindeloos gepraat en beplan en gesit en wag vir “bevryding” omte gebeur......Sedet 1994 moet Suid-Afrika een of ander rekord hou vir die land waar die meeste spitsberade, bosberade en lekgotlas ooit gehou is. Waar aktiwiteit met aksie verwar word." Hoe is dit dat Tim du Plessis dit vreemd vind dat hierdie kultuur ditself voortsit? Is dit nie tipes van Afrika nie? Ek is ewig dankbaar dat ek nie meer in die SA sake-omgewing is nie. Al die gepraat en niks doen van swart rolspelers het vir my gans te veel geword.

Dit is tyd dat die Liberale ideologie volledig en intelligent weerle word. Die mistastings oor rassegelykheid moet ten einde gebring word. In afsluiting wil ek die lesers na die volgende skrywes verwys:
"Afrikaners dink anders as die Afrikane"
"Stamkultuur vernietig SA"


No comments:

Post a Comment