Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal

Showing posts with label Zimbabwe. Show all posts

Sunday, August 1, 2010

Nuwe poging deur Zimbabwe om veiling van eiendomme te stop

Die regering van Zimbabwe het hernude pogings aangewend om die veiling van eiendomme wat aan Zimbabwe, geskeduleer vir 27 Julie en 10 Augustus 2010, te keer. Hierdie slag het Zimbabwe egter die Suid-Gautengse Hooggeregshof genader. Lees verder...

Tuesday, April 20, 2010

Plaasmoorde begin Zimbabwe-karakter kry .

“Plaasmoorde die afgelope naweek waar plaasaanvallers in groepe van tien tot sestien lede opereer, is uiters kommerwekkend en lyk op ‘n Zimbabwe-situasie. Die wrede plaasmoord van ‘n 54-jarige man en die verkragting van sy vrou en aanranding van ‘n 3-jarige kind naby Polokwane en een naby Carolina, waar ‘n vrou en kinders in ‘n houthuis aan die brand gesteek is, is uiters skokkend. Lees verder...

Friday, October 2, 2009

Mugabe is nie mal nie

Geskryf deur Dan Roodt - PRAAG

Robert Mugabe het so pas sy "grondhervormingsprogram" op CNN verdedig. Dikwels kom 'n mens egter diegene teë - sowel joernaliste as gewone mense - wat beweer dat "Mugabe sy varkies kwyt is", "kranksinnig is" en dergelike meer. Ek kan onthou dat 'n aanbieder van die BBC, saam met wie ek so vier of vyf jaar gelede middagete genuttig het, dieselfde gesê het. "Dis nie omdat hy swart is dat hy so optree nie, dis omdat hy waansinnig is," het die BBC-man in sy wysheid aan my oorgedra.

Mugabe maak egter nie die indruk van 'n malman op my nie, inteendeel. Daar bestaan seker 'n groot verskeidenheid definisies van waansin, maar om konstant teenstrydige uitsprake te maak, soos "Ek is op die maan" terwyl jy tuis in jou kombuis is, is seker een daarvan. Mugabe, aan die ander kant, handhaaf 'n keiharde logika in alles wat hy sê.

En daardie logika, verstout ek my om te sê, is niks anders as die Suider-Afrikaanse liberalisme (en kommunisme) wat reeds 'n eeu of twee in dié wêrelddeel met ywer verkondig word nie.

Waar was u toe Mugabe op 4 Maart 1980 tot president van die nuwe Zimbabwe verkies is? Ek herinner my die oomblik nog soos gister. Ek was destyds 'n Honneurstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand. Toe die uitslag oor die radio aangekondig is, was ek besig om koffie te drink by die kafee in die binnehof van die Senaatshuisgebou. By die tafel langs my het 'n aantal linkse studente gesit wat taamlike diep spore in die Engelse joernalistiek en regswese in dié land sou trap. Een of twee van die stigterslede van die Mail & Gaurdian was daar, so ook die kinders van die fotograaf David Goldblatt, hy van "Some Afrikaners photographed"-faam. Ek verbeel my Gilbert Marcus, die latere advokaat en broer van Gill Marcus, was ook teenwoordig.

Toe die aankondiging kom dat ZANU-PF gewen het, het 'n gejuig langs my losgebars. Daar was groot blydskap, glimlagte, kwinkslae en vreugde. Die held van die wit liberales en linkses, Mugabe, het gewen. En dit was nie net onder Engelse en Jode wat 'n mens dié bewondering vir Mugabe destyds teëgekom het nie. In dieselfde tyd het ek by die Afrikaanse skrywer, John Miles - van wie daar onlangs 'n nuwe roman genaamd "Voetstoots" verskyn het - gekuier. Hy en sy destydse kunstenaresvrou, Elza Miles, het 'n ewe gunstige mening oor Mugabe, "die slim man", gehad.

Die liberale Britse pers was natuurlik destyds ewe gaande oor Robert Mugabe en het 'n blink toekoms vir Zimbabwe onder sy bekwame leiding voorspel. Dieselfde BBC-aanbieder met wie ek gaan eet het en wat hom tans as 'n malman beskou, het waarskynlik Mugabe se verkiesing en die neerlaag van Ian Smith op 4 Maart 1980 as 'n heuglike gebeurtenis gesien.

Einstein het 'n ander definisie van waansin gehad: "Om oor en oor dieselfde ding te doen en 'n ander resultaat te verwag." En dit is presies waarmee die liberales en linkses in Suider-Afrika nog al die tyd mee besig is. Grondhervorming het in Zimbabwe misluk, maar as dit in Suid-Afrika toegepas word, kan ons van die teenoorgestelde uitkoms verseker wees!

Al wat Mugabe eintlik in Zimbabwe doen, is om die polities korrekte ideologie van grondhervorming, teregstellende aksie, transformasie, asook swart bevoordeling en blanke benadeling, tot sy logiese gevolgtrekking te voer.

Mugabe, spyt dit my om te sê, is 'n man van sy tyd, 'n produk van die tydsgees. Hy het aan bewind gekom omdat die Britse regering hom daar wou gehad het, net soos wat hulle Mandela in Suid-Afrika wou sien regeer. Wat is die probleem, Mugabe die persoon of die polities korrekte ideologie wat hom aanvuur? Die hedendaagse liberalisme met sy halsstarrige sienings oor ras, geslag en gelykheid is aan Mugabe en alle swart leiers in Afrika dekades lank deur blanke sendelinge, akademici en joernaliste met 'n lepel gevoer. Sonder Trevor Huddleston was daar geen Tambo of Mandela of Tutu nie, sonder Donald Woods was daar geen Steve Biko nie, ensovoorts. Is Mugabe nie ook by Fort Hare in die Transkei opgelei nie?

Die hedendaagse liberalisme het, anders as in die negentiende eeu, niks meer met individuele vryheid te make nie. Trouens, die hele kontinuum wat daar aan die linkerkant van die politieke spektrum bestaan het, vanaf liberalisme tot sosialisme en kommunisme, het ná 1989 ingeplof. Klas het plek gemaak vir ras; pleks van die klassevyand, die burgery of boergeoisie waarvan Marx en Engels gepraat het, het daar net 'n rassevyand oorgebly: die oorblywende blanke bevolking, maar natuurlik en veral, die oorblywende blanke bevolking in Afrika. Daar het bloot 'n enkele vorm van 'n liberalis/kommunis oorgebly en hy of sy huldig dieselfde wêreldbeskouing, 'n beskouing wat volgens Einstein se definisie kranksinnig is.

Daarom: Mugabe, wat heel flink en wakker vir sy jare lyk, is allermins kranksinnig. Maar hy handel volgens 'n kranksinnige ideologie: die liberalisme.

Die fanatiese liberaliste, waarvan ons ook 'n hele horde in ons eie land aantref, huldig presies dieselfde idees as Mugabe. Gaan nou op enige webwerf van Naspers (Beeld, Rapport, Burger, Volksblad, nuus.24), die Independent-groep (IOL, Star, Cape Times, Argus) of Avusa (Sunday Times, Timeslive) in en vergelyk wat u daar lees met Mugabe se toesprake en uitlatings. Dis feitlik presies dieselfde! Dan praat ek nie eens van die SAUK nie, wat 'n blote spreekbuis vir die regerende ANC geword het. Riaan Cruywagen lees deesdae gereeld die nuus met die hamer en sekel in die agtergrond, oor sy regterskouer. Dat die omroepers op RSG mekaar nog nie as "comrade" aanspreek nie, is waarskynlik 'n anomalie wat binnekort reggestel sal word.

Laat my nou die hooftrekke van die Suider-Afrikaanse liberalisme opsom:

Swartes (hoewel baie ryker as in die res van Afrika) is gemiddeld arm weens blanke diskriminasie uit die verlede onder "apartheid en kolonialisme".
Grondeienaarskap moet "rasverteenwoordigend" wees; daarom is "grondhervorming" en die oordra van plase aan "opkomende boere" noodsaaklik.
Regstellende aksie, swartekonomiesebemagtiging (SEB) en die skep van 'n swart-oorheerse ekonomie is "noodsaaklik vir stabiliteit".
Die swartman se gekrenkte waardigheid moet herstel word; daarom moet sy tradisionele kultuur - waaronder "tradisionele geneeskunde" - opgehemel en bowenal op dieselfde vlak as die Westerse kultuur en wetenskap geplaas word.
Die Afrikamens is uitgebuit deur die witmens en daarom is hy 'n slagoffer wat "vergoeding" en spesiale behandeling verdien.
Ek vra u met trane in my oë: hoe op aarde verskil Mugabe se politieke en ekonomiese program van die kernbeginsels van die Suider-Afrikaanse liberalisme wat ek so pas geskets het en wat daagliks in ons koerante, oor die radio en TV, van die kansel, in die skool en aan die universiteite, verkondig word?

Enigiemand wat daaroor verbaas is dat Zimbabwe se Bruto Nasionale Produk so te sê gehalveer het en dat die land se bevolking sedertdien deur Britse liefdadigheidsorganisasies aan die lewe gehou word - dis nou behalwe die vier miljoen ekonomiese vlugtelinge in SA - hoef maar net die geskiedenis van Afrika oor die afgelope vyftig jaar te bestudeer. Oral is dieselfde resep toegepas - met dieselfde funeste gevolge. Suid-Afrikaanse "transformasie" gaan presies dieselfde effek as "grondhervorming" in Zimbabwe hê; nietemin word dit deur al wat liberale denker of politikus, ook mev. Zille van die DA, aangepraat.

Soggens in die verkeer verstom dit my om te sien hoe die swart taxi's geen verkeersreëls gehoorsaam nie, hoe hulle langs die kant van die pad ander motoriste verbysteek, voor jou insny en hul voertuie oorlaai. Die kontras met die ander, meesal blanke, bestuurders op die pad kan nie groter nie. Die taxibestuurders leef hul kultuur uit, en so ook die blanke motoriste. In die een kultuur word dit as 'n deug beskou om geduldig jou beurt af te wag, grasie en goeie maniere aan ander padgebruikers te betoon en sodoende te sorg dat die algemene orde en verkeersveiligheid in almal se belang gehandhaaf word. In die ander kultuur geld die mag van die sterke en hy wat meer aggressief as die volgende persoon is, is baas van die pad. Of die land.

Vir die liberalis bestaan ras, asook kultuurverskille, glad nie en is dit byna taboe om daaroor te praat. Juis vandag lees ek die belaglike, dom bydraes in die Mail & Guardian se spesiale uitgawe wat sogenaamd aan "ras" gewy is. Nêrens word daar egter deur die skrywers na ras verwys nie. Ras is 'n illusie, 'n houding, 'n "sosiale konstruk". Daar is geen verskil tussen die swart taxibestuurders en blanke motoriste nie; elke oggend in die verkeer ervaar ek 'n optiese illusie as ek die taxi's glyend en bonsend langs die pad sien ry waar hulle toenemend erosieslote veroorsaak. Daar is iets met my oë of my persepsie verkeerd.

Toe my dogtertjie drie jaar oud was, het sy uit haar eie opgemerk dat staanplekke vir swart taxi's gewoonlik met papier en vullis bemors is en haar misnoeë daaroor uitgespreek. Met die kognitiewe vermoëns van 'n driejarige het sy een en een bymekaar getel en bevind dit maak twee: 1) Dis verkeerd om te mors, soos haar ouers haar vertel het. 2) Daar waar swartes bymekaarkom, hetsy by taxistaanplekke, hetsy in hul woongebiede, kan mens gewoonlik heelwat vullis opmerk. En haar driejarige ogies het haar nie bedrieg nie. In wetenskaplike terme noem 'n mens dit: waarneming.

Adriaan Basson is een van die gebreinspoelde produkte van Stellenbosch se joernalistiekskool, wat toe vinnig opgang by Die Burger en Beeld gemaak het en daarna na die Mail & Guardian verskuif het. In die Mail & Guardian se rasuitgawe wend hy 'n powere poging aan om te beweer dat daar geen verskil tussen die gedrag van blankes en swartes is as dit kom by die strooi van rommel nie. Ons oë bedrieg ons! Omtrent drie of vier keer per week ry ek verby die Diepslootplakkerskamp tussen Johannesburg en Pretoria en elke keer sien ek 'n enorme hoeveelheid rommel en vullis daar rondlê. Volgens Adriaan Basson en ander liberale ideoloë, ly ek aan sinnebedrog. Ek hallusineer. Miskien het wesens uit die buitenste ruim die rommel in Diepsloot kom strooi en sodoende die valse indruk geskep dat die inwoners daarvoor verantwoordelik is.

Is dit daarom enigsins vreemd dat Mugabe, wat bloot liberale maatstawwe en ontkenning aan die dag lê, op CNN beweer dat sy land se "grondhervorming" 'n grootse sukses is? Want terwyl hy soms vanuit Suid-Afrika kritiek ontvang, prys sy kritici die transformasie van ons staat, die weermag en polisiemag as 'n groot verbetering aan. Hulle skree ook elke dag vir meer grondhervorming en dat teregstellende aksie meer meedoënloos toegepas moet word. Daar is nog te veel blanke mans in die privaatsektor en, in weerwil van 'n miljoen blankes wat reeds onder die broodlyn leef, is die blankes "nog te ryk".

Net gister ontmoet ek mnr. Riaan Roux, 'n amateurvideomaker, wat saam met sy swanger vrou deur gewapende swartes gekaap is. Hy het hom egter verset en voordat die swarte sy vuurwapen op hom kon rig, hom met 'n kannetjie pepersproei wat hy aan sy gordel dra in die oë gespuit.

Raai wat gebeur toe? Pleks dat hy vir sy doodsveragtende dapperheid gelukgewens word, is hy deur die swart polisie vir aanranding in hegtenis geneem! Dis mos nou geregtigheid, soos dit deur die getransformeerde SA polisiediens uitgedeel word. Ná aansienlike regskoste, het Roux daarin geslaag om sy saak te wen. Daar is ook bevind dat sy swart aanvaller 'n bekende lid is van 'n misdaadsindikaat wat in motorkaping spesialiseer.

In Mugabe se Zimbabwe, maar ook in die huidige Suid-Afrika, beleef ons 'n werklikheid waarbinne die aanvaarde waardes omgekeer is. Die moordenaar en die motorkaper is helde en die gewone, wetsgehoorsame burger is 'n skurk. Dis verkeerd om verkeersreëls te gehoorsaam; veel eerder moet jy ry waar jy wil en maak soos jy wil.

Kortom, in Suider-Afrika leef ons in 'n gestig wat die liberalisme aan ons gebring het. Hulle noem dit "demokrasie" en versier hierdie aaklige, gewelddadige en vernietigende stelsel met mooiklinkende begrippe soos "menseregte", "gelykheid" en "grondwetlikheid" - om van "nie-rassigheid" en "nie-seksisme" nie te vergeet nie. Hierdie gestig het sy bewakers en propagandiste wat ons elke dag aan ons goeie geluk herinner met sinne soos: "Wees dankbaar jy lewe nog en is nie al vermoor nie."

Ek is jammer as ek nie oorstelp van dankbaarheid is tussen al die aangehoudenes in ons liberale gestig nie, maar vir my is blote oorlewing nie genoeg nie. As versnelde grondhervorming en teregstellende aksie met ons klaar is, sal ons moontlik ook soos die Zimbabwiërs pap by die Britse Oxfam moet bedel om te kan oorleef.

Nie net is die fisieke grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe afgeskaf nie, maar die geestelike en ideologiese grens bestaan lankal nie meer nie. Die ANC en ZANU-PF is geesgenote, tesame met die liberaliste wat ons hele bevolking probeer breinspoel dat ondergang eintlik vooruitgang is.

Op die keper beskou, is Mugabe baie rasioneel; hy doen maar net wat almal sê 'n baie goeie ding is: om van die "vervloekste blankes" (bloody whites) ontslae te raak.

Monday, September 28, 2009

Mugabe is nie mal nie

Geskryf deur Dan Roodt - PRAAG,

Robert Mugabe het so pas sy "grondhervormingsprogram" op CNN verdedig. Dikwels kom 'n mens egter diegene teë - sowel joernaliste as gewone mense - wat beweer dat "Mugabe sy varkies kwyt is", "kranksinnig is" en dergelike meer. Ek kan onthou dat 'n aanbieder van die BBC, saam met wie ek so vier of vyf jaar gelede middagete genuttig het, dieselfde gesê het. "Dis nie omdat hy swart is dat hy so optree nie, dis omdat hy waansinnig is," het die BBC-man in sy wysheid aan my oorgedra.

Mugabe maak egter nie die indruk van 'n malman op my nie, inteendeel. Daar bestaan seker 'n groot verskeidenheid definisies van waansin, maar om konstant teenstrydige uitsprake te maak, soos "Ek is op die maan" terwyl jy tuis in jou kombuis is, is seker een daarvan. Mugabe, aan die ander kant, handhaaf 'n keiharde logika in alles wat hy sê.

En daardie logika, verstout ek my om te sê, is niks anders as die Suider-Afrikaanse liberalisme (en kommunisme) wat reeds 'n eeu of twee in dié wêrelddeel met ywer verkondig word nie.

Waar was u toe Mugabe op 4 Maart 1980 tot president van die nuwe Zimbabwe verkies is? Ek herinner my die oomblik nog soos gister. Ek was destyds 'n Honneurstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand. Toe die uitslag oor die radio aangekondig is, was ek besig om koffie te drink by die kafee in die binnehof van die Senaatshuisgebou. By die tafel langs my het 'n aantal linkse studente gesit wat taamlike diep spore in die Engelse joernalistiek en regswese in dié land sou trap. Een of twee van die stigterslede van die Mail & Gaurdian was daar, so ook die kinders van die fotograaf David Goldblatt, hy van "Some Afrikaners photographed"-faam. Ek verbeel my Gilbert Marcus, die latere advokaat en broer van Gill Marcus, was ook teenwoordig.

Toe die aankondiging kom dat ZANU-PF gewen het, het 'n gejuig langs my losgebars. Daar was groot blydskap, glimlagte, kwinkslae en vreugde. Die held van die wit liberales en linkses, Mugabe, het gewen. En dit was nie net onder Engelse en Jode wat 'n mens dié bewondering vir Mugabe destyds teëgekom het nie. In dieselfde tyd het ek by die Afrikaanse skrywer, John Miles - van wie daar onlangs 'n nuwe roman genaamd "Voetstoots" verskyn het - gekuier. Hy en sy destydse kunstenaresvrou, Elza Miles, het 'n ewe gunstige mening oor Mugabe, "die slim man", gehad.

Die liberale Britse pers was natuurlik destyds ewe gaande oor Robert Mugabe en het 'n blink toekoms vir Zimbabwe onder sy bekwame leiding voorspel. Dieselfde BBC-aanbieder met wie ek gaan eet het en wat hom tans as 'n malman beskou, het waarskynlik Mugabe se verkiesing en die neerlaag van Ian Smith op 4 Maart 1980 as 'n heuglike gebeurtenis gesien.

Einstein het 'n ander definisie van waansin gehad: "Om oor en oor dieselfde ding te doen en 'n ander resultaat te verwag." En dit is presies waarmee die liberales en linkses in Suider-Afrika nog al die tyd mee besig is. Grondhervorming het in Zimbabwe misluk, maar as dit in Suid-Afrika toegepas word, kan ons van die teenoorgestelde uitkoms verseker wees!

Al wat Mugabe eintlik in Zimbabwe doen, is om die polities korrekte ideologie van grondhervorming, teregstellende aksie, transformasie, asook swart bevoordeling en blanke benadeling, tot sy logiese gevolgtrekking te voer.

Mugabe, spyt dit my om te sê, is 'n man van sy tyd, 'n produk van die tydsgees. Hy het aan bewind gekom omdat die Britse regering hom daar wou gehad het, net soos wat hulle Mandela in Suid-Afrika wou sien regeer. Wat is die probleem, Mugabe die persoon of die polities korrekte ideologie wat hom aanvuur? Die hedendaagse liberalisme met sy halsstarrige sienings oor ras, geslag en gelykheid is aan Mugabe en alle swart leiers in Afrika dekades lank deur blanke sendelinge, akademici en joernaliste met 'n lepel gevoer. Sonder Trevor Huddleston was daar geen Tambo of Mandela of Tutu nie, sonder Donald Woods was daar geen Steve Biko nie, ensovoorts. Is Mugabe nie ook by Fort Hare in die Transkei opgelei nie?

Die hedendaagse liberalisme het, anders as in die negentiende eeu, niks meer met individuele vryheid te make nie. Trouens, die hele kontinuum wat daar aan die linkerkant van die politieke spektrum bestaan het, vanaf liberalisme tot sosialisme en kommunisme, het ná 1989 ingeplof. Klas het plek gemaak vir ras; pleks van die klassevyand, die burgery of boergeoisie waarvan Marx en Engels gepraat het, het daar net 'n rassevyand oorgebly: die oorblywende blanke bevolking, maar natuurlik en veral, die oorblywende blanke bevolking in Afrika. Daar het bloot 'n enkele vorm van 'n liberalis/kommunis oorgebly en hy of sy huldig dieselfde wêreldbeskouing, 'n beskouing wat volgens Einstein se definisie kranksinnig is.

Daarom: Mugabe, wat heel flink en wakker vir sy jare lyk, is allermins kranksinnig. Maar hy handel volgens 'n kranksinnige ideologie: die liberalisme.

Die fanatiese liberaliste, waarvan ons ook 'n hele horde in ons eie land aantref, huldig presies dieselfde idees as Mugabe. Gaan nou op enige webwerf van Naspers (Beeld, Rapport, Burger, Volksblad, nuus.24), die Independent-groep (IOL, Star, Cape Times, Argus) of Avusa (Sunday Times, Timeslive) in en vergelyk wat u daar lees met Mugabe se toesprake en uitlatings. Dis feitlik presies dieselfde! Dan praat ek nie eens van die SAUK nie, wat 'n blote spreekbuis vir die regerende ANC geword het. Riaan Cruywagen lees deesdae gereeld die nuus met die hamer en sekel in die agtergrond, oor sy regterskouer. Dat die omroepers op RSG mekaar nog nie as "comrade" aanspreek nie, is waarskynlik 'n anomalie wat binnekort reggestel sal word.

Laat my nou die hooftrekke van die Suider-Afrikaanse liberalisme opsom:

Swartes (hoewel baie ryker as in die res van Afrika) is gemiddeld arm weens blanke diskriminasie uit die verlede onder "apartheid en kolonialisme". Grondeienaarskap moet "rasverteenwoordigend" wees; daarom is "grondhervorming" en die oordra van plase aan "opkomende boere" noodsaaklik. Regstellende aksie, swartekonomiesebemagtiging (SEB) en die skep van 'n swart-oorheerse ekonomie is "noodsaaklik vir stabiliteit". Die swartman se gekrenkte waardigheid moet herstel word; daarom moet sy tradisionele kultuur - waaronder "tradisionele geneeskunde" - opgehemel en bowenal op dieselfde vlak as die Westerse kultuur en wetenskap geplaas word. Die Afrikamens is uitgebuit deur die witmens en daarom is hy 'n slagoffer wat "vergoeding" en spesiale behandeling verdien. Ek vra u met trane in my oë: hoe op aarde verskil Mugabe se politieke en ekonomiese program van die kernbeginsels van die Suider-Afrikaanse liberalisme wat ek so pas geskets het en wat daagliks in ons koerante, oor die radio en TV, van die kansel, in die skool en aan die universiteite, verkondig word?

Enigiemand wat daaroor verbaas is dat Zimbabwe se Bruto Nasionale Produk so te sê gehalveer het en dat die land se bevolking sedertdien deur Britse liefdadigheidsorganisasies aan die lewe gehou word - dis nou behalwe die vier miljoen ekonomiese vlugtelinge in SA - hoef maar net die geskiedenis van Afrika oor die afgelope vyftig jaar te bestudeer. Oral is dieselfde resep toegepas - met dieselfde funeste gevolge. Suid-Afrikaanse "transformasie" gaan presies dieselfde effek as "grondhervorming" in Zimbabwe hê; nietemin word dit deur al wat liberale denker of politikus, ook mev. Zille van die DA, aangepraat.

Soggens in die verkeer verstom dit my om te sien hoe die swart taxi's geen verkeersreëls gehoorsaam nie, hoe hulle langs die kant van die pad ander motoriste verbysteek, voor jou insny en hul voertuie oorlaai. Die kontras met die ander, meesal blanke, bestuurders op die pad kan nie groter nie. Die taxibestuurders leef hul kultuur uit, en so ook die blanke motoriste. In die een kultuur word dit as 'n deug beskou om geduldig jou beurt af te wag, grasie en goeie maniere aan ander padgebruikers te betoon en sodoende te sorg dat die algemene orde en verkeersveiligheid in almal se belang gehandhaaf word. In die ander kultuur geld die mag van die sterke en hy wat meer aggressief as die volgende persoon is, is baas van die pad. Of die land.

Vir die liberalis bestaan ras, asook kultuurverskille, glad nie en is dit byna taboe om daaroor te praat. Juis vandag lees ek die belaglike, dom bydraes in die Mail & Guardian se spesiale uitgawe wat sogenaamd aan "ras" gewy is. Nêrens word daar egter deur die skrywers na ras verwys nie. Ras is 'n illusie, 'n houding, 'n "sosiale konstruk". Daar is geen verskil tussen die swart taxibestuurders en blanke motoriste nie; elke oggend in die verkeer ervaar ek 'n optiese illusie as ek die taxi's glyend en bonsend langs die pad sien ry waar hulle toenemend erosieslote veroorsaak. Daar is iets met my oë of my persepsie verkeerd.

Toe my dogtertjie drie jaar oud was, het sy uit haar eie opgemerk dat staanplekke vir swart taxi's gewoonlik met papier en vullis bemors is en haar misnoeë daaroor uitgespreek. Met die kognitiewe vermoëns van 'n driejarige het sy een en een bymekaar getel en bevind dit maak twee: 1) Dis verkeerd om te mors, soos haar ouers haar vertel het. 2) Daar waar swartes bymekaarkom, hetsy by taxistaanplekke, hetsy in hul woongebiede, kan mens gewoonlik heelwat vullis opmerk. En haar driejarige ogies het haar nie bedrieg nie. In wetenskaplike terme noem 'n mens dit: waarneming.

Adriaan Basson is een van die gebreinspoelde produkte van Stellenbosch se joernalistiekskool, wat toe vinnig opgang by Die Burger en Beeld gemaak het en daarna na die Mail & Guardian verskuif het. In die Mail & Guardian se rasuitgawe wend hy 'n powere poging aan om te beweer dat daar geen verskil tussen die gedrag van blankes en swartes is as dit kom by die strooi van rommel nie. Ons oë bedrieg ons! Omtrent drie of vier keer per week ry ek verby die Diepslootplakkerskamp tussen Johannesburg en Pretoria en elke keer sien ek 'n enorme hoeveelheid rommel en vullis daar rondlê. Volgens Adriaan Basson en ander liberale ideoloë, ly ek aan sinnebedrog. Ek hallusineer. Miskien het wesens uit die buitenste ruim die rommel in Diepsloot kom strooi en sodoende die valse indruk geskep dat die inwoners daarvoor verantwoordelik is.

Is dit daarom enigsins vreemd dat Mugabe, wat bloot liberale maatstawwe en ontkenning aan die dag lê, op CNN beweer dat sy land se "grondhervorming" 'n grootse sukses is? Want terwyl hy soms vanuit Suid-Afrika kritiek ontvang, prys sy kritici die transformasie van ons staat, die weermag en polisiemag as 'n groot verbetering aan. Hulle skree ook elke dag vir meer grondhervorming en dat teregstellende aksie meer meedoënloos toegepas moet word. Daar is nog te veel blanke mans in die privaatsektor en, in weerwil van 'n miljoen blankes wat reeds onder die broodlyn leef, is die blankes "nog te ryk".

Net gister ontmoet ek mnr. Riaan Roux, 'n amateurvideomaker, wat saam met sy swanger vrou deur gewapende swartes gekaap is. Hy het hom egter verset en voordat die swarte sy vuurwapen op hom kon rig, hom met 'n kannetjie pepersproei wat hy aan sy gordel dra in die oë gespuit.

Raai wat gebeur toe? Pleks dat hy vir sy doodsveragtende dapperheid gelukgewens word, is hy deur die swart polisie vir aanranding in hegtenis geneem! Dis mos nou geregtigheid, soos dit deur die getransformeerde SA polisiediens uitgedeel word. Ná aansienlike regskoste, het Roux daarin geslaag om sy saak te wen. Daar is ook bevind dat sy swart aanvaller 'n bekende lid is van 'n misdaadsindikaat wat in motorkaping spesialiseer.

In Mugabe se Zimbabwe, maar ook in die huidige Suid-Afrika, beleef ons 'n werklikheid waarbinne die aanvaarde waardes omgekeer is. Die moordenaar en die motorkaper is helde en die gewone, wetsgehoorsame burger is 'n skurk. Dis verkeerd om verkeersreëls te gehoorsaam; veel eerder moet jy ry waar jy wil en maak soos jy wil.

Kortom, in Suider-Afrika leef ons in 'n gestig wat die liberalisme aan ons gebring het. Hulle noem dit "demokrasie" en versier hierdie aaklige, gewelddadige en vernietigende stelsel met mooiklinkende begrippe soos "menseregte", "gelykheid" en "grondwetlikheid" - om van "nie-rassigheid" en "nie-seksisme" nie te vergeet nie. Hierdie gestig het sy bewakers en propagandiste wat ons elke dag aan ons goeie geluk herinner met sinne soos: "Wees dankbaar jy lewe nog en is nie al vermoor nie."

Ek is jammer as ek nie oorstelp van dankbaarheid is tussen al die aangehoudenes in ons liberale gestig nie, maar vir my is blote oorlewing nie genoeg nie. As versnelde grondhervorming en teregstellende aksie met ons klaar is, sal ons moontlik ook soos die Zimbabwiërs pap by die Britse Oxfam moet bedel om te kan oorleef.

Nie net is die fisieke grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe afgeskaf nie, maar die geestelike en ideologiese grens bestaan lankal nie meer nie. Die ANC en ZANU-PF is geesgenote, tesame met die liberaliste wat ons hele bevolking probeer breinspoel dat ondergang eintlik vooruitgang is.

Op die keper beskou, is Mugabe baie rasioneel; hy doen maar net wat almal sê 'n baie goeie ding is: om van die "vervloekste blankes" (bloody whites) ontslae te raak.

Monday, June 29, 2009

Zimbabwe, ons vergete buurland

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Dirk Uys

‘n Kollega bring nou die dag vir my ‘n 50 000 000.00 banknoot terug ná ‘n werksbesoek aan Zimbabwe. Hy moes sy enigste oorblywende kliënt daar gaan besoek.

Die besoek was ‘n bietjie van ‘n nagmerrie. Nadat hy maande laas in Zimbabwe was, moes genoemde kollega hierdie slag agterkom dat die land nou oor ‘n kontant-ekonomie beskik. Hy kon sy kredietkaarte nêrens gebruik nie en Zimbabwiese dollar word ook nie meer aanvaar nie. Daar word nou slegs handel gedryf in Amerikaanse dollar of Suid-Afrikaanse rand.

Daar word natuurlik gereeld geweeklag oor die omstandighede in Zimbabwe, wat net enkele jare gelede nog die sogenaamde “graanskuur” van suider-Afrika genoem is. Die ironie is natuurlik dat Zimbabwe nooit ‘n ware voorbeeld van ‘n Afrika-land was wat dinge op sy eie kon regkry nie. Die gesonde ekonomie en landbousektor was uitsluitlik te danke aan die arbeid van die oorblywende blanke boere in die land. Die oomblik toe hulle verjaag is van hulle grond, het alles in duie gestort.

Die mite van Zimbabwe “as suksesvolle onafhanklike Afrika-staat” het my nog altyd gepla. Die geheim van hulle sukses het naamlik bloot gelê in die feit dat hulle die blanke sakemanne en boere in die land “verdra het” en dat die ekonomie en landbousektor sodoende aan die gang gebly het. Is hier dan sprake van eie vernuf of prestasie? Nee....

Moeletsi Mbeki, broer van Thabo Mbeki en bekende politieke kommentator, het pas ‘n boek gepubliseer genaamd Architects of Poverty. Die publikasie is tydens die pas afgelope Kaapse Boekfees bekend gestel. Die boek lewer pynlike kommentaar op Afrika-kapitalisme en beskryf hoe die magtige Afrika-elite oral op die vasteland hul bates verkoop “ten einde die res van die wêreld te verryk.” Volgens hom het hierdie fenomeen tydens die era van slawehandel begin en gaan dit, ten spyte van die vasteland se politieke onafhanklikheid, voort.

Mbeki wys in ‘n onderhoud met die koerant Mail & Guardian op 26 Junie 2009 op die volgende waarheid:

“Look at the massive salary differences between the ANC officials in government and the masses. In South Africa we now have deep inequality among Africans. This is because of the attempt by black nationalists to live like the enemy. By emulating their enemy, they inherit the contradictions of the social system they take over.”

In die onderhoud wys Mbeki verder daarop dat Afrika se nasionalistiese elite geen ware bourgeoisie is nie aangesien hulle nie oor hulle eie kapitaal beskik soos ‘n ware middelklas nie. En dan die bloedstollende woorde: “They don’t create wealth; they are a parasitic elite that lives off the existing assets which they didn’t create.” Hy verwys dan spesifiek na Suid-Afrika: “It is the same with BEE tycoons in South Africa. They are living off the assets handed to them by existing companies. They are not a bourgeoisie; yes, they are wealthy, but they are not capitalists.”

Met hierdie brawe woorde spreek Mbeki die olifant in die spreekwoordelike Suid-Afrikaanse sitkamer aan. Die reuse dier vul die vertrek, maar almal verkies om elders te kyk. Sou ‘n blanke kommentator hierdie woorde geuiter het, sou hy na alle waarskynlikheid as ‘n nare rassis uitgekryt word. Mbeki het egter die moed om die bul by die horings te pak en Suid-Afrika - en die res van Afrika - se probleem sonder skroom uit te wys: op hierdie vasteland word die bestaande koek steeds kleiner en kleiner verdeel. Die rykdom wat wel so gegenereer word, beland in ‘n paar korrupte staatshoofde en amptenare se sakke. Geen nuwe welvaart word geskep nie. Hoe volhoubaar is só ‘n stelsel? is die logiese vraag wat by ‘n mens opkom. En wat niemand wil antwoord nie. Want die repliek is onafwendbaar, onomstootlik logies: Dit is nie volhoubaar of lewensvatbaar nie.

Wat Zimbabwe betref, meen Mbeki dat die land ‘n “tuisland” van Suid-Afrika geword het. Hoe waar is dit nie! Daar is tans ‘n geraamde 4-5 miljoen Zimbabwiërs woonagtig in Suid-Afrika. Die aantal immigrante word deur sommige kenners as selfs veel hoër geskat. Dit is deur hierdie mense se karige inkomste dat hulle gesinne in Zimbabwe aan die lewe bly. In plaas van om die megalomaniese Robert Mugabe kort te vat, duld die Suid-Afrikaanse regering die absurde situasie in sy buurland en verleen so legitimiteit aan ‘n waansinnige despoot. Alles in die naam van swart solidariteit en nasionalisme.

En, om mee af te sluit: die toppunt van surrealisme was seker die verklaring wat vise-president Joice Mujuru, ‘n ywerige Mugabe-ondersteuner, op 27 Junie vanjaar uitgereik het. Sy het haar teleurstelling uitgespreek met die finansiële resultate van eerste minister Morgan Tsvangirai se pas afgelope besoek aan die VSA en Europa. Sy kon eenvoudig nie verstaan hoekom die Weste nie meer geld aan Zimbabwe wou skenk nie! Dit slaan mens se asem weg: ‘n land wat die Weste veroordeel, verkleineer, persoonlike beledigings teenoor sekere wêreldleiers uiter en mense wil laat glo aan ‘n samesweringsteorie teen Zimbabwe, is ontnugterd omdat dieselfde verguisde Weste nie meer geld wil pomp in ‘n ekonomie wat deur die Zimbabwiese regering se eie korrupte, selfsugtige toedoen in ‘n gemors verkeer nie.

Kan ‘n mens kwalik geneem word as jy dan wil glo dat die Afrika-vasteland ‘n donker toekoms in die gesig staar?