Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, May 9, 2010

Klagtes teen Ministers gelê


TLU SA en die Nasionale Waterforum het strafregtelike klagtes gelê teen drie kabinetsministers.
Die Ministers van Waterwese, Minerale Sake en Landbou is by die Brooklyn polisiekantoor in Pretoria daarvan aangekla dat hulle Artikels 151(i) en (j) van die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998, oortree het. Die Waterwet bepaal dat die Staat verantwoordelik is vir die beheer en bestuur van Suid-Afrika se Waterbronne. TLU SA en NWF beskuldig die ministers daarvan dat hulle bewus is van die situasies rondom waterbesoedeling in die land maar dat hulle onregmatlg en nalatig handelinge verrig, of 'n versuim begaan, wat 'n waterbron besoedel of waarskynlik besoedel, of wat 'n waterbron nadelig raak.

Mnr. Louis Meintjes, wat die klagtes namens TLU SA en NWF gelê het, het 'n volledige lys van besoedelingsgevalle voorgelê, en die polisie ook voorsien van digitale videoskywe met inligting vanuit die media en ter plaatse besoeke op plekke waar besoedeling voorkom.

Die beëdigde verklaring, tesame met die bylaes, kan verkry word op NWF se webwerf, by http://www.nwf.za.net/images/stories/NWF/Hoof_Klagstaat.pdf

No comments:

Post a Comment