Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, April 15, 2010

Soms nuus, soms nie

Deur Radio Pretoria,

Die professionele en morele plig van enige joernalis wat dié benaming werd is, is om die waarheid bloot te lê en sodoende die werklike stand van sake aan ander te verkondig.

Alle inligting wat die nuusskrywer ontvang moet haarfyn nagegaan en foutloos voorgelê word. Selfs al is die waarheid dan `n bittere pil om te sluk, bly dit ten minste die waarheid, en word die integriteit van die media as die publiek se stem nie ondermyn nie.

Die najaag van feitlikheid bly die eerste gebod van ware joernalistiek en onderskei die werklike nuusgroep van die poniepers of propagandablad.

Die afgelope naweek het verskeie koerante van die Independent¬ groep, insluitende Saturday Star en Pretoria News, asook ander Afrikaanse koerante wat op die stertkant ingekom en agterna geblaf het,'n storie gepubliseer wat nie net as feit weergegee is nie, maar ook gestroop was van enige waarheid of bevestiging van bronne.

Die skokkende stukkie fiksie vertel die leser van die beweerde seksuele wangedrag van wyle mnr Eugene Terre'Blance en maak stellings oor 'n gebruikte kondoom wat kwansuis vir forensiese ontleding weggestuur is. Die absurde fee-verhaal verval dan ook verder in spekulasie oor 'n moontlike seksuele verhouding tussen mnr Terre'Blanche en sy moordenaars.

Sou die verspreiders van hierdie stomme fantasie egter met die polisie in verbinding getree het, sou hulle gehoor het dat die polisie vir `n verandering wel kommentaar wil lewer op `n saak, en dat daardie kommentaar eenvoudig is dat geen van die beweerde bewysstukke op die moordtoneel gevind is nie, en dus nie vir die "forensiese ontleding" gestuur kon word nie.

Een Afrikaanse koerant het daarvan voorbladnuus gemaak, selfs MET die polisie se ontkenning daarby. Net genoeg word gesê om al wat 'n skindertong is aan die klap te hou.

Die oorspronklike misdaad, sowel as die nuushantering daarna dui op doelbewuste verontmensliking, een van die erkende waarskuwingstekens van volksmoord, soos onlangs uiteengesit in `n verslag wat deur die Verenigde Nasies uitgereik is.

Verontmensliking vind plaas wanneer `n bevolkingsgroep geteiken en afgemaak word as `n kanker, `n insek of dan "malungu" wat vertaal na "wit skuim", soos wat 'n boervrou van Byenespoort Saterdagoggend tydens haar aanranding moes hoor. Die aanvallers, wat tydens die gebeure onder meer "Viva, Malema" geskree het, het duidelik ander insigte oor die sing van sekere liedjies en die gebruik van party slagspreuke as wat die ANC voorgee dit beteken.

Volgens die VN se verslag op volksmoord is die gebruik van die soort taal `n baie sterk aanduiding van 'n verontmenslikingsproses wat in die bepaalde gemeenskap aan die gang is, en moet volgens die skrywer van die verslag ten sterkste bekamp word.

Maar hoekom dan nie mense meer bewus maak van sulke voorvalle nie? Blykbaar het die SABC besluit om nie die voorval in die nuus te dek nie, selfs na hulle verslaggewers by die toneel was. Die rede verstrek vir hulle versuim was dat die storie glo "politieke spanning mag aanwakker".

Die tyd vir volstruismentaliteit is verby. Ons kan nie meer bekostig om die feite te ignoreer en die leuens van `n staatsgedrewe, Iiberale pers te glo nie. Net die waarheid kan ons vry maak.

No comments:

Post a Comment