Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, January 19, 2010

'n Wolkstaat eerder as Volkstaatgrense

Beeld se meningspeiling oor die volkstaat het dié debat opnuut laat opvlam. Volg gerus die witwarm debat op die Praagwerf. Soos ek in vorige rubrieke aangedui het, is ek egter van mening dat ‘n volkstaat bloot die uiteinde van ‘n proses van selfbeskikking is. Selfbeskikking is die ware doelwit, en ‘n volkstaat verteenwoordig slegs die uiteinde van ‘n proses. ‘n Meer sinvolle peiling sou dus eerder gevra het of Afrikaners ten gunste van een of ander vorm van selfbeskikking is, wat ook ‘n volkstaat kan insluit.

Selfbeskikking, die reg om op alle gebiede, ook by die stembus, oor ons eie lot te beskik, is iets wat die Nuwe Suid-Afrika eenvoudig nie aan Afrikaners kan bied nie. Die demografiese realiteit van verswelging deur ander volke sorg daarvoor. Afrikaners en die swart meerderheid se belange bots op bykans alle gebiede. Afrikaners betaal byvoorbeeld die meerderheid persoonlike belasting, maar daardie belasting word op kinder- en ongeskiktheidstoelaes, asook duur motors en hotelle vir die ANC se Wabenzi verkwis, tot nadeel van die klein aantal blankes wat gebuk gaan onder ‘n onhoudbare las. Armblankes wat vir sulke toelaes aansoek wil doen, word egter soms verhinder om so te maak, bloot omdat hulle wit is. Afrikaners ontvang met ander woorde geen waarde vir ons Skandinawiese vlakke van belasting nie, maar ons kan niks daaraan doen nie. In ‘n werkende demokrasie sou Afrikaners hul ongelukkigheid by die stembus kon uitdruk, maar omdat ons slegs 10% of van die bevolking uitmaak, en dit in die belang van die volksvreemde massa is om ons as belastingbetalers uit te buit, is deelname aan die demockracy grootliks nutteloos vir ons.
Lees verder...

No comments:

Post a Comment