Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, November 5, 2009

Middel teen pessimisme

Jaap Steyn

Armoede ken geen kleur-of taalgrense nie. Waarom moet Solidariteit dan op Afrikaners fokus met sy aksieplan teen armoede?

Dié vraag is gevra ná Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaad-kongres. Talle deelnemers aan die kongres het dit beklemtoon dat alle gemeenskappe moet saamwerk om armoede te beveg.

Maar daar is ’n goeie rede waarom Solidariteit veral en vir eers na Afrikaners moet omsien. Hulle is die groep wat die afgelope 15 jaar die swaarste gely het onder die gesamentlike uitwerking van drie nuwe soorte diskriminasie: rassediskriminasie met regstellende aksie (die Nederlanders, net so polities korrek as ons, noem dit posi­tieve discriminatie!), taal­­diskri- ­minasie en maatskaplike diskriminasie met byvoorbeeld staatstoelaes. So het die Tshwane-metroraad sedert 2000 van die 90?100 beskikbare Hop-huise net twee aan wit behoeftige gesinne gegee. Lees verder...

No comments:

Post a Comment