Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, November 3, 2009

Eenheid in weerbaarheid sal ons bevry

Geskryf deur JH du Toit,

Verlede week het Anton Barnard (Samizdat) ‘n baie belangrike punt rondom sekuriteit gemaak. Barnard het geargumenteer vir ‘n Afrikaner-sekuriteitsorganisasie. Sy se rubriek het ook ‘n interessante en lewendige gesprek op PRAAG ontlok, waarin daar groot entoesiasme onder lesers met Barnard se idee getoon is.

Dit was inderdaad verblydend om te sien dat heelwat deelnemers met so 'n positiewe houding na ons eie sekuriteitsorganisasie smag. Ek wil hiermee graag Afrikaners/Boere aanmoedig om hierdie gesprek voort te sit en dit in ‘n werklike organisasie uiting te laat vind.

Tans is daar die Kommandokorps, TLU Veiligheid en vele ander gemeenskapgebaseerde Afrikaner-veiligheidsorganisasies. Dalk is dit nou tyd vir ‘n veiligheidsberaad, waar al hierdie organisasies mekaar by die gesprekstafel ontmoet. Indien hierdie inisiatiewe en bewegings eenheid kan bereik, sal dit beslis die belangrikste gebeurtenis in Afrikaner-politiek sedert 1948 wees.

Eenheid in weerbaarheid is die belangrikste politieke doelwit wat ons het om na te streef. Hiervan moet ons met oorgawe werk maak. Indien ons dit kan vermag, wil ek voorspel dat eenheid op ander gebiede outomaties sal volg. ‘n Afrikaner/Boere Republiek sal onvermydelik hieruit volg.

No comments:

Post a Comment