Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, November 5, 2009

Ystervuis teen webwerwe

Geskryf deur verslaggewer - PRAAG

Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse "blogger" Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae 'n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, 'n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied. Lees meer...

No comments:

Post a Comment