Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, January 27, 2010

Ek het Spanjaarde laat weet 'wat aangaan'

Deur Hannes Engelbrecht - My Beeld
2010-01-27 22:33

Onthou julle die 1980’s se slagspreuk van “No normal sport in an abnormal society?” en die teenstand teen Suid-Afrikaanse sport?

Wel, ek dink dit is tyd dat die slagspreuk en die optrede weer ingestel word.

Potchefstroom is die setel van die Spaanse sokkerspan vir die Wêreldbeker, so ek het dit goedgedink om e-posse te stuur aan die Spaanse toerismeraad, sportraad en sokkerbeheerraad met afskrifte van die besluite van Potchefstroom se stadsraad oor regstellende aksie, naamsverandering en swart ekonomiese bemagtiging, plus ’n paar koerantknipsels oor moorde en aanrandings op boere en hoewebewoners van die distrik.

Ek dink dit is net reg so dat wit Spaanse besoekers sal weet dat hulle as tweedeklas beskou gaan word wanneer hulle wel in die stad aanland.

Die lekkerste is dat ’n mens net die knipsels en memo’s hoef aan te stuur sonder enige kommentaar, want dit spreek vanself.

Miskien moet Pretoria se inwoners ook begin om ’n paar e-posse rond te stuur.

Ek wil nie graag die Wêreldbeker skade aandoen nie – maar ek wil beslis ook nie langer soos ’n muishond behandel word in my eie land nie!

No comments:

Post a Comment