Geskryf deur Dirk Uys,
Wat mens die meeste opval gedurende die huidige hofsaak van oudpolisiekommissaris Jackie Selebi, is die houtgeruste houding waarmee Selebi sy saak benader. Hy straal ’n soort nonchalante arrogansie uit wat mens nie noodwendig met ’n hoëprofiel beskuldigde assosieer nie.
Hy het komkommerkoel geglimlag enkele dae gelede toe sy finish & klaar vriend en dwelmbaas, Glen Agliotti, tydens ’n ondervragingsessie emosioneel geword het. “Hy gaan nog ’n hele boks snesies nodig kry tydens kruisondervraging,” het hy droogweg teenoor ’n groepie joernaliste opgemerk. Hier is ’n man wat, as nasionale polisiehoof en hoof van Interpol, skaamteloos koeverte met banknote ter waarde van R1 miljoen asook vele duur geskenke van sy dwelmhandelaarvriend ontvang het. Wat destyds saam met sy vrou gaan juwele uitsoek het in ’n juwelierswinkel in Pretoria en toe “per ongeluk” by die winkel uitgeloop het, met ’n duur halssnoer toevallig nog om sy vrou se nek...
Selebi is nie die enigste swart hoogggeplaaste wat hom aan arrogansie skuldig maak nie. Regter Nkola Motata het ons onlangs verstom met sy ontkenning dat hy dronk was, deur ’n tuinmuur gejaag het en daarna rassistiese en seksistiese opmerkings gemaak het. Die onomstootlike videogetuienis in hierdie verband het nie swaar geweeg by ons beskonke landgenoot nie.
Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, is nog ’n arrogante stommerik wat nie net keer op keer belaglike uitsprake maak nie, maar dieselfde stommiteite telkens verdedig sonder om ’n oog te knip.
Dan is daar Siyabonga Gama, hoof van Spoornet, wat ten spyte van oorweldigende getuienis teen hom steeds die martelaar probeer speel het en onverbiddelik voortgeveg het teen sy skorsing deur Transnet (weens onreëlmatighede met die toekenning van tenders). Daardie vet salaris wat Maria Ramos se opvolger by Transnet gaan trek, was duidelik net te aanloklik. Die hof het hom weliswaar pas in sy pogings gestuit, maar ek voorspel dat dit net ’n kwessie van tyd gaan wees voordat hy weer sy kop oplig en sy onskuld verder probeer verkondig. Sy tweede naam is nie verniet Innocent nie...
En dan is daar die meester - Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), wie se oggend- en aandpraatjies so verstommend van mekaar verskil. Hy het die land in die skande gesteek met sy vele liegstories, dog sien geen rede waarom hy moet bedank nie.
So kan ons voortgaan en ’n hele klompie ANC-hoës opnoem, wat ons in die afgelope paar jaar met hulle ongelooflike arrogansie verstom het. Duidelik is die Kaukasiese gebruik van openbare biegsessies, met ’n traan of twee en ’n bedanking as jy uitgevang word, ’n praktyk wat vreemd is aan die swart kultuur. Binne die swart gemeenskap word dit skynbaar as ’n teken van swakheid gesien om foute te erken.
Miskien is daar ’n les te leer uit die geskiedenis van die fenomeen négritude. Leopold Senghor, wat later president van Senegal sou word, was een van die leiers van hierdie beweging wat in die 1930s in Parys ontstaan het. Swart studente wat in Parys studeer het, het gevoel dat daar teen hulle as swartmense gediskrimineer word en het ’n politieke en letterkundige beweging gevorm om aan hulle solidariteit met mekaar en hulle trots op hulle swart identiteit uiting te gee.
In die 1960s het Steve Biko die swart bewussynsbeweging in Suid-Afrika aan die gang gesit om by swartmense in te prent dat hulle vir hul eie bevryding verantwoordelik was en dat Suid-Afrika aan swart Afrikane behoort het. Hierdie swart bewussynsideologie het natuurlik sy oorsprong in Afrika-nasionalisme en kan teruggedateer word na die 1880s. Skrywers soos Frantz Fanon (1925-1961) het ook ’n groot rol gespeel in die definisie van swart bewussyn.
Fanon het onder andere die volgende kwytgeraak:
“Die swartman is sielkundig ontmagtig, nie meer in staat tot handeling nie. Die swartman verag die wit gemeenskap, maar is ook afgunstig daarop. Die swarte besef dat sy eie vel hom verhoed om ooit dieselfde voordele in te palm en verag daarom sy swartmanskap”.
Wat Fanon, Biko en ander gedoen het, was om weer aan swartmense ’n trots op hulle identiteit terug te gee. Swartmense was volgens hulle slagoffers wat beter verdien het en grond & eiendom kon toe-eien op grond van vorige diskriminasie.
Binne hierdie konteks word kritiek op swartmense gerieflik gesien as aanvalle op hulle as ’n groep, en onbekwame individue gebruik dit dus tydig en ontydig as wapen. Om as
’n rassis getipeer te word, is immers ’n bron van groot stres vir die gemiddelde blanke en
’n seker manier om sy/haar loopbaan of reputasie te kelder.
Die probleem met ’n gerieflike, kollektiewe verskoning, is natuurlik dat daar geen insentief meer is om jou as individu te onderskei, of aanspreeklikheid vir jou dade te aanvaar nie. Daar word maar net gemaklik agter die persepsie van die verontregde groep geskuil en basta met enige kritiek.
Die geskiedenis leer ons dat arrogansie en trots op ’n kollektiewe identiteit normaalweg sterk saamhang met prestasies en uitnemendheid. ’n Gemeenskap is trots op wat hulle vermag het en dit wat hulle bereik het, wakker gesonde selfvertroue aan.
In die geval van die swartman is die selfvertroue egter gebaseer op ’n desperate poging om aan sy negatiewe beeld te ontsnap. Daar is geen luisterryke verlede nie, net ’n geskiedenis van sukkel en grootliks mislukte nabootsing van die meer suksesvolle blanke gemeenskap.
Dit is dan ook hoekom Afrikane, tot die groot frustrasie van die IMF en die Wêreldbank, nie daarin slaag om politieke en ekonomiese wasdom te bereik nie. Hulle is die ewige slagoffers en hulle foute word bloot voor die deur van kolonialisme gelê. Trots op swart wees is egter nie genoeg om ekonomieë aan die gang te kry as dit op niks tasbaar en konkreet gebaseer is nie.
Dié kloof tussen wit en swart is een van die hoofredes waarom daar nooit werklik harmonie in Suid-Afrika kan wees nie. Die blanke minderheid lê klem op doen - prestasie en sinvolle bydraes tot hulle omgewing om hulle bestaan te regverdig. Die swart gemeenskap, daarenteen, het vele appeltjies met hulle gewaande onderdrukkers te skil en baseer hulle trots op blote wees. Die gebrek aan verwesenliking van hierdie swart trots skep by albei groepe spanning. Vir die blankes perpetueer dit die negatiewe beeld wat hulle oor die algemeen van swartmense en hulle potensiaal het. Hulle hoor Julius Malema vra dat blanke boere nie die land moet verlaat nie, maar eerder hulle vaardighede met opkomende swart boere moet deel. Hulle skud hulle koppe, omdat hulle misbruik voel binne ’n parasitiese samelewing.
By swartes skep die gebrek aan prestasie in eie geledere ook frustrasie, aangesien hulle gevolglik in Fanon se woorde nie oor dieselfde verworwe voordele as blankes kan beskik nie. Waar hulle wel poog om simboliese handelinge uit te voer, soos met grondoordrag, word hulle keer op keer gekonfronteer met die onbekwaamheid van hul eie mense, wat hierdie handelinge ongedaan maak.
Tensy daar enorme denkskuiwe plaasvind, is hierdie twee gemeenskappe onvermydelik gedoem om in konflik te lewe. Van simbiose tussen ’n gewillige gasheer en parasiet is daar hier nie sprake nie. En dit wil vir my al meer voorkom of die geduld aan albei kante besig is om op te raak.

Uit Adam en Eva was Kain, Abel en Set gebore.
ReplyDeleteKain was gedoem om vir altyd n nuttelose swerwer op aarde bly, en wie se landboupogings kontinu sou misluk.
Uit sy broer Set se nageslag, het die gelowige gedeelte van die wêreld ontstaan, waaronder Noag en verder.
Dink julle hierdie begin was bepalend vir die situasie waar ons nou in die wêreld verkeer?
Ek boer en as jy nog ooit in jou lewe op 'n daaglikse basis met swartes gewerk het dan sal jy weet dat hulle die grootste leunaars ter wêreld is. Hulle sal met 'n oop gemoed hulle foute en oortredings ontken, hulle neem geen, maar geen verantwoordelikeheid vir enige van hulle aksies nie en dis altyd iemand anders se skuld.
ReplyDeleteDis in hulle ingebore en niks sal dit verander nie. Dis daarom dat apartheid die beste ding wat ooit met hulle kon gebeur het of sal gebeur. Die swartes in Afrika het die absolute hoogtepunt van hulle genetiese ontwikkelling bereik gedurende die kolonialistiese periode. Hiervandaan gaan dit net al hoe slegter met hulle gaan totdat hulle die natuurlike drakrag van hulle omgewing oorskrei. Dan tree die natuurwette in en sal hulle uitsterf soos meeste plae wat hulle teen dié wette vasloop.
Blankes moet hulle net uit die pad van hierdie natuurlike verskynsel hou. Onttrek jou finansieël van alle steun aan hulle (belastings, heffings, boetes, donasies ens ens), laat hulle medies oor die weg kom met hulle toordokters en dollosgooiers, los hulle om hulself en hul hordes deur middel van "bestaansboerdery" te voed.
Kort voor lank sal die wêreld hul sien vir wat hul eintlik is: 'n genetiese afwyking wat sy voortbestaan slegs aan die insette van blankes op ALLE terreine te danke het.
Onttrek jou net as kundige blanke en die natuur sal die res doen.