Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, September 24, 2009

Wie is te blameer vir regstellende aksie?

Thabo Mbeki se broer, Moeletsi Mbeki, maak ‘n interessante opmerking in sy boek Architects of Poverty. Mbeki meen dat dit in die belang van blanke sakelui aan die stuur van groot organisasies is om swart rassebewussyn aan te vuur. Vir so lank as wat Jimmy Manyi en sy soortgelykes “rassisme!” skree, so lank sal besighede vermeende blanke rassisme as voorwendsel kan gebruik om regstellende aksie toe te pas.

Die voordeel vir die sakelui is dat die bevordering en aanstelling van onproduktiewe parasiete op grond van velkleur, en nie bekwaamheid nie, baie gewild is onder die swart middelklas. Wie sou nou nie rykdom wat op ‘n skinkbord aangebied word, met albei hande wou aangryp nie? Ek maak terloops hier die voorspelling dat daar geen kans is dat regstellende aksie onder die ANC regime geskrap sal word nie. Dit is hier om te bly. Indien daar nie hierdie aansporing vir die swart middelklas was nie, meen Mbeki, sou groot besighede nasionalisering in die gesig gestaar het. Hoe kwater die swartes egter is vir die verbeelde rassisme van die blankes, hoe meer hulle aandring op “regstelling”, hoe beter vir die vetkatte aan die stuur van Anglo, Sanlam en Old Mutual.

Let op dat ek geskryf het groot besighede. Klein besighede, wat onder druk is in die huidige resessie, kan dit nie bekostig om passasiers aan boord te hê nie. ‘n Organisasie so groot soos Sanlam kan dit bekostig om parasiete te dra, omdat die impak van hulle onproduktiwiteit nie so erg is nie. Die eienaars van klein sakebelange wat nie daardie luukse het nie, is gevolglik baie meer gekant teen regstellende aksie as wat groot sake-eienaars is.

Dit sou uiteraard onmoontlik wees vir die ANC-regime om regstellende aksie toe te pas, was dit nie vir die vrywillige samewerking van die eienaars van groot besighede nie. Soos hierbo aangetoon, behels dit egter veel meer as blote samewerking. Daar is aktiewe aanmoediging. Die meeste van die eienaars van groot besighede is blankes. Jode is ook buite verhouding met hul getalle die eienaars van sulke ondernemings.

Mens kan tot ‘n mate verstaan waarom swartes rassistiese praktyke ten bate van hul mede-swartes wil toepas, alhoewel dit onregverdigbaar is, veral wanneer daar hoog opgegee word oor die monochrome reënboognasie se sogenaamde nie-rassigheid. Dis egter onvergeeflik dat blanke sakelui bereid is om hulle mede-blankes as gevolg van die mees siniese eiebelang uit te verkoop. Dis asof Joodse sakemanne in Nazi-Duitsland aan die stuur sou wees van IG Farben, die firma wat Zyklon B vervaardig het.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is die eienaars van IG Farben vir hul misdade vervolg. Ek sou nie verbaas wees as die siniese blanke sakelui wat meegedoen het aan die huidige swart-op-blanke rassisme ook in die toekoms die woede van die blankes wat onder hul verraad gely het, moet verduur nie. Wanneer Afrikaners die dwingelandy van die rassistiese ANC regime afskud, sou ek nie verbaas wees as ‘n hele aantal van hierdie blanke verraaiers landuit vlug nie.

Volgende keer as jy jou wil opwerk oor Julius Malema of Jimmy Manyi se uitlatings, dink weer. Miskien moet jy eerder kwaad wees vir die blanke direkteure van groot sakeondernemings. Die ekwivalent van die mitiese Illuminati in Suid-Afrika, die poppemeesters wat werklik agter die ANC se rassistiese praktyke sit, is moontlik daardie wit mans op die boonste vloer in jóú kantoorgebou.

No comments:

Post a Comment