Geskryf deur Dirk Uys,
In By van 12 September slaan rubriekskrywer Johann Rossouw die spyker op die kop. Hy verwys na Brandon Huntley se omstrede asielaansoek in Kanada en sê dan die volgende: “Miskien was sy fout dat hy (Huntley) gesê het wat almal kan sien: die keiser is kaal.”
Binne die absurd polities korrekte konteks van die Nuwe Suid-Afrika beklee die waarheid inderdaad ’n prekêre posisie. Blankes probeer ’n lae profiel handhaaf in die desperate geloof dat hulle onsigbaar gaan word en dus nie teikens van swart wraak en geweld sal wees nie. Dit manifesteer in artikels en briewe wat mense soos Nico Smith en Ken Owen skryf, waarin blankes eksplisiet aangeraai word om hulle aan die openbare debat te onttrek. Dit manifesteer egter ook in die apatie wat op voetsoolvlak in die blanke gemeenskap ervaar word. Moeg vir die daaglikse litanie van korrupsie en moord & doodslag in die koerante, sat vir munisipaliteite wat nie eers basiese rioolfasiliteite kan bestuur nie, spartelend om ’n werk te behou of te vind in ’n arbeidsmark wat blankes amptelik misken, het die gewone blanke nie meer veel baklei in hom/haar oor nie. Oorlewing verg al ons vermoëns en die meedoënlose realiteit van ons demografiese onbenulligheid bring ’n sekere bitter fatalisme mee.
Die realiteit van blankes se onttrekking aan die openbare debat is egter dat ons net verder geminag word. En tog is dit ons (krimpende) ekonomiese bydrae wat hierdie land aan die gang hou. Sowat 75% van persoonlike inkomstebelasting in hierdie land word deur 4% van belastingbetalers betaal. Wanneer dit handel om maatskappybelasting, lyk die prentjie presies dieselfde: 4% van Suid-Afrika se firmas stort 75% van dit wat deur SARS ingesamel word, in die staatskoffer. Vroeër die week het Tito Mboweni ons daaraan herinner dat ’n ongelooflike 13% van Suid-Afrikaners op een of ander staatstoelaag geregtig is. Binnekort is daar ook ’n nasionale gesondheidstelsel op pad, wat natuurlik deur die gedweë blanke melkkoei gefinansier moet word.
Dink enige van ons WaBenzi-heersers ooit daaraan dat hierdie stelsel nie volhoubaar is nie? Slegs 4.8 miljoen individue in Suid-Afrika betaal belasting. Ons het een van die kleinste belastingbetalerbasisse in die wêreld, maar die ANC wil ’n soort Skandinawiese welsynsparadys tot stand bring.
Die probleem met die swart heersersklas, soos Moeletsi Mbeki dit ook in sy boek Architects of Poverty uitwys, is dat dit vir hulle so gerieflik is om die blanke melkkoei uit te mergel, dat hulle nie eers daaraan dink om ’n alternatief te genereer nie.
“The black elite don’t see themselves as producers and therefore do not envisage themselves as entrepreneurs who can initiate and manage new enterprises.”
En wanneer die laaste “rassistiese” blanke na Australië verkas het of die demografiese tendens & toenemende verarming ons regtig onbenullig en platsak agtergelaat het, gaan ons geen nut meer hê vir die soustreinryers nie...
Mbeki verwys ook na die slagoffermentaliteit van die ANC. Die gedurige uitsprake oor “die erflating van apartheid” bring mee dat hulle steeds die morele hoë grond beklee en die blanke onderdanig hou. Dit gee aan hulle die reg om die blanke gasheerliggaam soos ware parasiete stukkie vir stukkie te verorber.
Dit gee aan Leonard Chuene, Julius Malema en Winnie Madikizela-Mandela die reg om van Caster Semenya ’n politieke speelbal te maak. Dit is die rassistiese IAAF en ewe rassistiese pers wat ’n bose komplot teen Limpopo se Wunderkind gesmee het. Dan praat mens nie eers van ons minister van sport se melodramatiese uitsprake oor ’’’n
derde wêreldoorlog” wat sal uitbreek as Semenya gediskwalifeer word nie. Stofile verstaan kwansuis nie wat tweeslagtigheid met die hele kwessie te make het nie. Vir hom is dit rassisme en basta.
Hierdie gedurige en skaamtelose speel van die slagofferkaart vorm natuurlik die basis vir die res van Afrika se optrede. Die bedelbak word permanent onder Westerse lande se neuse gedruk, met die gevolg dat miljoene dollar se “ontwikkelingshulp” die vasteland invloei - met geen konkrete resultate nie.
Soos Mbeki dit dan ook treffend in sy boek aanwys, reduseer hierdie mentaliteit Afrikane tot die vlak van kinders, wat nie verantwoordelik gehou kan word vir hulle dade nie. Dalk moet ons van hierdie fenomeen ’n teëvoeter maak: elke keer as ons rassiste genoem word, moet ons hierdie parasitiese heersers sistematies daaraan herinner dat hulle hulle soos kinders gedra en nie intellektueel of emosioneel volwasse en bevoeg is om die land te regeer nie.
Richard Baird, die huiseienaar deur wie se tuinmuur die dronk regter Nkola Motata in 2007 gejaag het, het in ’n onlangse verklaring gesê dat hy dit maar aanvaar dat Motata hom nie vir die skade aan sy eiendom gaan vergoed nie. Hy kan dit egter nie aanvaar dat hy ’n rassis deur Motata genoem is nie. In die huidige Suid-Afrika is dit ’n soort doodsvonnis en Baird getuig dan ook dat sy besigheid skade gely het weens die bewerings (onthou hier dat hy die onskuldige slagoffer is, wat moes opdok vir die skade wat Motata veroorsaak het!) Die taxibestuurder wat onlangs van ’n jong Pretoriase meisie se dood aangekla en skuldig bevind is, het eweneens die rassekaart gespeel.
Dit is ’n enorme fout om te dink dat blankes hulle moet onttrek aan wat in hierdie land gebeur. Ons beskik steeds oor die ekonomiese mag en deskundige vaardighede wat die WaBenzi-brigade in dekades nie gaan aanleer nie. Ons moet elke slag wanneer ons as rassiste uitgekryt word, kan opstaan en hierdie mense op hulle onbekwaamhede en gebrek aan verantwoordelikheid wys. Niemand bly vir ewig ’n kind nie en nog minder ’n
permanente slagoffer. Die swart elite se gebrek om aan te beweeg en verantwoordelikheid vir hulle eie lot te aanvaar, moet beklemtoon word. Om bloot in ’n hoekie te sit en kerm en na buite ’n polities korrekte fasade voor te hou, het ons tot dusver niks gebaat nie. Ons het dus nie veel oor om te verloor nie.

Dit is wat ek het 2 jaar gelede gese...ons het nog steeds die ekonomiese mag maar ons is nie bewus van dit nie.
ReplyDeleteProbleem daar is soveel "Keisers wat Kaal is" ons woon in 'n nudistiese bestel. Moenie toelaat dat jy gestroop/ontklee word van jou beginsels nie! Ons het die kennis, en daar is gekleede politikuste, wat probeer is om mnr Zuma se oe oop te maak.Of dit dit betyds sal slaag, sal tyd leer!
ReplyDelete