Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, August 26, 2009

ANC-haatspraak teenoor blankes is kommerwekkend

Geskryf deur Vlad du Plessis,

Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.

Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), maak ongegronde aantygings dat blanke Suid Afrikaners verantwoordelik vir die debakel rondom Caster Semenya se seksualiteit is. Ten tyde die ontvangs van Semenya op die Jan Smuts Lughawe (sg. “O.R. Tambo Lughawe”) val Julius Malema, voorsitter van die ANC Jeugliga, blankes aan omdat hulle nie ook in groot getalle opgedaag het nie. Blankes word dus allerweë verdag gemaak as die vyande van Semenya en dus alle swart (sport-)helde.

Intussen dreig die sogenaamde 'Minister van Arbeid', Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing. Die sogenaamde 'arbeidsminister' dreig werkgewers om van blanke werknemers ontslae te raak, so nie sal "alle swartes" oorgaan tot rewolusie. Dit moet gelees word as ‘dank wittes af of ons moor julle uit’.

Dat blankes en Afrikaners spesifiek reeds soos vlieë uitgemoor word, in wat duidelik swart op wit haatmisdaad is, is reeds ‘n kruipende genoside. Dit is die biologiese komponent van volksmoord. Terselfdertyd kom die wyse waarop ons taal uit die openbare lewe verban word, sowel as die vele ander rassistiese wetgewing, in die werksplek en elders, op niks minder as etnoside neer nie. Dit is die kultuur komponent van volksmoord en gaan dikwels massale genoside vooraf.

Dus hang ons bestaan reeds aan ‘n dun draadjie. Chuene, Malema en Mdladlana se anti-blanke haatspraak en verdagmakery kan dus net vet op die vuur wees.

Die gemak en sukses waarmee die ANC duisende swartes binne die ingewing van die oomblik kan mobiliseer, soos nou weer gesien is ten tyde die verwelkoming van Semenya, na haar prestasie in Berlyn, bly kommerwekkend. Sou Membathisi Mdladlana se “rewolusie” met net soveel sukses gereël kon word? Stellig reken ek “Ja”.

Mdladlana se uitspraak dat dit die “rewolusie van alle swartes” sal wees laat my dink dat ‘n volskaalse volksmoord op Afrikaners tot die hoogste vlak van die regime begeer word.

Die Suid Afrikaanse media en veral die Afrikaanse media (Naspers/Media24) ontken die gevaar waarin ons leef. Enkele internet webwerwe, insluitende hierdie een, PRAAG, Censorbugbear en enkele ander stel die alternatiewe mening aan die Afrikaner en blanke Suid Afrikaner.

Dit wil voorkom asof die ANC se haatspraak jeëns blankes toeneem en selfs meer blatant raak. Mdladlana, Malema en Chuene se uitsprake herinner aan die haatspraak wat in Ruanda bedryf is tot en met die volskaalse volksmoord waartydens 1 miljoen Tutsis binne drie maande uitgemoor is.

Dit is egter die plig van daardie sulkes onder ons, wat besef hoe benard die situasie is, om ons volksgenote voor te lig. As volk moet ons ingelig en weerbaar wees.

2 comments:

  1. "Intussen dreig die sogenaamde "Minister van Arbeid" Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing."

    Is daar 'n link wat hierdie stelling kan bewys?

    Groetnis,

    Snouck

    ReplyDelete
  2. Die minister het basies 'n waarskuwing gerig dat indien daar nie vinnig blanke werknemers in groter getalle met swartes vervang word nie, dan sal daar 'n rewolusie van "alle swartes" wees. Die feit dat hy dit vir alle swartes opge-eis het impliseer dat hy as deel van die swart elite dit ook sou ondersteun. 'n Swart rewolusie in SA sal beslis 'n bloedbad afgee. Ek sal die artikel vir jou moet gaan soek. Jammer dat ek jou skrywe so laat gemodereer het.

    Groete,

    Vlad

    ReplyDelete