Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, July 15, 2009

Skape ter slagting (Deel 2)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Dit is juis hierdie universalistiese medemenslikheid wat uiteindelik Afrikaners se ondergang sou beteken. Agente wat die Afrikaner se ondergang wou bewerk het goed geweet dat as Calviniste die Afrikaners oor die vermoë tot 'n ooraktiewe gewete beskik. Samehangend daarmee dat die Afrikaner teen hierdie tyd oor 'n baie breër konsep van ‘’naaste’’ beskik het, sou dit baie maklik wees om hom skuldig te laat voel oor die beweerde onmenslike hantering van ander rasse binne die apartheidsbestel. Sulke hantering is immers "onmedemenslik". 'n Groot klomp emosionele skuld is sodoende met enorme sukses gegenereer. Selfs FW de Klerk het herhaaldelik getuig hoe sy politieke "hervorminge" 'n saak van gebed en geloof was. Die uitkomste, vir die Afrikaner, was vernietigend.

Tans is Afrikaners weereens in 'n uiterste bestaanskrisis gewikkel. Ongelukkig sit ons nog met dieselfde universele godsdienstige belewing. In die huidige konteks is dit baie gevaarlik. Deurdat die onderskeie kerke en godsdiensbewegings konstant hamer op medemenslikheid, word Afrikaners gedurig ontmagtig om iets aan hul lewensgevaarlike situasie te doen.

Die problematiek met 'n universele medemenslikheidskonsep is dat dit mense dwing om diegene wat hul ondergang begeer en bewerk te vergewe. Die idee van versoening en vergifnis wat hieruit vloei, lei daartoe dat Afrikaners, in die huidige konteks, nie die regime beveg nie. Afrikaners word gedurig deur godsdiens onskadelik gestel om soedoende nie hul eie politieke agenda te ontwikkel en te bevorder nie.

In 'n tyd dat Afrikaners naarstigtelik na leiding soek, weens die krisis waarin ons verkeer, stroom hulle in hul honderde duisende na godsdienstige byeenkomste van die Brits-Zambiese evangelis Angus Buchan. Buchan, wat self nie 'n Afrikaner is nie, ontwapen Afrikaners polities deur aan hulle te sê om hulleself nie oor die politiek te bekommer nie. Buchan se oplossing is dat indien sy volgelinge slegs volhard in hul geloof, die situasie sal verbeter. Ek sou graag vir Angus Buchan wou terugneem na 1838 en hom dan sy sotlike dwalinge hoor oordra aan die sowat 470 Boere wat by Bloedrivier deur meer as 10 000 Zoeloe impi’s omsingel was. My vermoede is dat hy die slagoffer van die eerste skoot sou wees. Die Trekkers se godsdiens was juis 'n implement vir politieke aksie. Ons situasie vandag is niks minder gevaarlik as die tydperk waarin die Trekkers geleef het nie. Inteendeel, vandag se ‘’impi’s’’ beskik oor baie gevaarliker wapens.

Evangeliste soos Angus Buchan en ander goedsdienstiges en kerke wat nog steeds die idee van 'n medemenslike naaste konsep verkoop, is besig om die Afrikaner vir selfmoord te programmeer. Dit is nie meer net 'n geval van draai die ander wang nie, maar eerder openbaar jou nek, sodat jou keel afgesny kan word.

Ná die naweek se saamtrek by Rustenburg sê 'n selfvoldane Angus Buchan: "Die Afrikaners het my aangeneem ... En ek glo die Afrikaners steek ál meer hul hand na hul swart landgenote uit sodat hulle kan saamwerk en saam kan aanbid. Die Afrikaners doen dit om geen ander rede as die liefde van God nie.” Hierdie banale onsinnighede kom van ‘n man wat uit sy eie land, Zambie, moes vlug omdat hy wit is…

Die paar honderd duisend Afrikaners wat hierdie byeenkoms bygewoon het, is deur Angus Buchan verlam om hulleself te red uit die politieke moeras waarin hulle verkeer. Angus Buchan het hulle in 'n gosdienstige beswyming geplaas wat soos enige goeie narkotikum die gedruis van die Afrika-realiteit uit hulle bewussyn verdoof.

Karl Marx het gesê "godsdiens is die opium van die massas". Dit beteken dat godsdiens meebring dat mense hul politieke situasie gelate aanvaar en dan niks daaromtrent doen nie. Tog wil dit voorkom asof Afrikaners van voor die 20ste eeu juis politieke energie uit hul godsdiens geput het. Ongelukkig lyk dit egter of Marx se stelling geld vir vandag se Afrikaner. Die Afrikaner van vandag is belas met 'n medemenslike godsdiens wat niks met die konsep ‘’naaste’’ te make het nie. Hierdie godsdiens is 'n gevaarlike implement waarmee ons onsself gerustel dat alles sal regkom net solank ons hard genoeg bid. Dit is dieselfde implement wat ons vyande konstant teen ons gebruik.

Soos die Trekkers en ander Afrikaners in die periode voor die 20ste eeu sou kon getuig, kan die witmens nie in Afrika oorleef met slegs die Bybel in die hand nie. Om te oorleef het jy die Bybel in die een hand en die roer in die ander hand nodig. Die Bybel in jou hand praat ook nie van 'n universele medemens nie, maar wel van ‘’jou naaste’’. Dit is 'n geval van jou "naaste" wat letterlik die persoon(e) naaste aan jou is en nie elke mens daarbuite op straat nie.

Evangeliste soos Angus Buchan en ander godsdienstiges en kerke (en dit sluit bykans almal van hulle in) wat te koop loop met die idee van ’n universele medemens, mag baie geld daaruit maak, maar hulle is ook besig om die Afrikaners soos skape ter slagting te lei.

1 comment:

  1. Die Christelike kerke in die Weste predik een selektiewe leer. En dis die Liberalisme wat selekteer. Liberalisme is leer wat die bestaan van die bose ontken. Kennis van goed en kwaad is egter die basis van die ware Christendom.

    Groetnis,

    Snouck

    ReplyDelete