Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, July 22, 2009

Dan Roodt - die mens agter die aktivis

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Jansie Kotze
(Hierdie artikel is ongeveer vyfjaar oud, maar bied interessante insigte rakende 'n gesofistikeerde Afrikaner leiersfiguur.)

Dan Roodt is heeltemal anders as wat ek myself voorgestel het. Hy is skaam en rankerig. Grys. Weg is die lang, anargisties-geïnspireerde ‘kapsel’. Dit het plek gemaak vir ’n bedaarde middeljarige haarstyl. Gelukkig het ’n foto in die koerant my gewaarsku dat die flambojante beeld waarmee Dan Roodt ’n kultusfiguur geword het, aan die verlede behoort. Die platwees-op-die-aarde kom egter as ’n verrassing. En soos dit ’n taalaktivis betaam, praat hy suiwer Afrikaans.

(Foto hierbo: Afrikanerregte aktivis Dan Roodt)
Vir die afgelope 20 jaar het Dan Roodt in en uit die Afrikaanse publieke oog bly glip en ons verbeelding aangegryp met sy kompromielose en, ja, soms selfs uitspattige uitsprake en gedrag. Hy lag oor die oshart-insident in die vroeë tagtigerjare. ’n Paar mense by RAU het hom genooi om poësie te kom lees. Hy het in ’n dadaïstiese gebaar ’n oshart oor sy linkerbors vasgestrep, en ’n komposisie van ‘kru’ woorde voorgelees. Soos die hart ontdooi het, het bloed by sy borskas afgedrup. Die gebaar moes sy pyn simboliseer. Lees verder...

No comments:

Post a Comment