Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, June 20, 2009

Wat Afrikaners blykbaar nie weet nie: Die Twee Stadium Rewolusie (Deel 3)

Geskryf deur JH du Toit

Die huidige geslag leiers van die SAKP het hul opleiding in Moskou ontvang toe die kommunisme daar te lande as 'n soort sekulêre godsdiens verhef was. Hulle beskik dus oor 'n oormaat van oortuiging en wilskrag. Wanneer die ewig naïewe liberalis, Tim du Plessis, egter sê dat hy nooit 'n kommunis ontmoet het wat hom bang gemaak het nie, is dit weereens 'n teken van sy goedgelowige onkundigheid. Die enigste kommuniste waarmee hy in kontak was, was óf gedurende diplomatieke sendings aan Afrika óf tydens die plaaslike Nasionale Demokratiese Rewolusie. In beide gevalle het jy te make met die spesie wat hul beste voetjie voorsit.

Behalwe dat die jeug dus aan groeiende breinspoeling onderworpe gaan wees, sal dit dus ook die einde van alle Afrikaanse universiteite en skole beteken. Engels sal die universele taal van gelykheid wees. Dit is in elk geval waarvoor Blade en sy kamerade hulself sal beywer wannneer hy sê dat hulle "geen teenstand sal duld nie".

In die geheel gebruik die Sosialistiese Rewolusie die demokrasie wat deur die Nasionale Demokratiese Rewolusie geskep is as vertrekpunt om ditself te volvoer. Dit is nie 'n uitbouiing van demokrasie nie. Inteendeel dit kondig die einde van demokrasie aan. Die demokrasie was egter 'n voorvereiste om die nodige mag te bekom om hierdie, die tweede fase van die Twee Stadium Rewolusie, te laat plaasvind. Dit is die begin van die diktatuur van die proletariaat wat moet manifesteer in 'n volwaardige staatsosialisme; ook genaamd kommunisme. Hierdie is dus ook die fase waarin daar gestreef word om 'n einde te bring aan 'n vrye pers, onafhanklike regbank, vryheid van spraak ens.

Maar Afrikaners gaan ook aan die sak geraak word. Mens kan amper seker wees dat daar 'n meer radikale beleid met betrekking tot die onteiening van ons plase sal volg.

Soos wat die groeiende bevolking weens die instroming van duisende onwettige immigrante die behuisingstekort verskerp, is dit denkbaar dat die kommunisme soontoe sal uitbrei. Huiseienaars met meer as een huis kan stellig daarvan onteien word. Ná die kommunistiese oorname in etlike lande is huise nie net genasionaliseer nie, maar gebaseer op die hoeveelheid slaapkamers moes die voormalige huiseienaars dan addisionele gesinne akkommodeer. Die benadering was dat elke kamer 'n gesin kon huisves.

Die aptyt van 'n kommunistiese staat ken geen perke nie en alles van plase, huise, boedels en elke materiële bate denkbaar is legitieme teikens vir nasionalisering.

Die ergste koste is egter die verlies van menswaardigheid. Verseker sal die SAKP dieselfde met die Afrikaner wil doen as wat die Russies beheerde Sowjet-Unie met die Volga Duitsers gemaak het. Ons sal toenemend 'n verarmde en ongewenste etniese minderheid word wat nêrens in SA welkom is nie. Ons taal en kultuur, maar veral ons wit velle sal vir altyd 'n bedreiging vir die swart meerderheid wees.

Of ons aan hierdie lot uitgelewer gaan word, sal tot 'n mate afhang van die oortuiging en ideologiese wil van ons onderdrukkers, maar dit sal ook afhang daarvan of ons onsself gaan staal vir die stryd wat vir seker op pad is. Ons sal dringend 'n hartland moet bekom, maar ons sal ook moet verstaan dat sonder om nou reeds met millitêre opleiding te begin, die vyand ons nie sal vrees nie.

No comments:

Post a Comment