Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, June 19, 2009

Wat Afrikaners blykbaar nie weet nie: Die Twee Stadium Rewolusie (Deel 2)

Geskryf deur JH du Toit

Die hoofdoel, van die NDR, was dus om 'n swart demokratiese staat te skep wat wel nog volgens die vrye mark funksioneer. Terwyl dit ’n vrye mark vriendelike fase is, beoog die ideologie tydens hierdie fase om die heersersklas (blankes/Afrikaners) uit alle magsposisies te verwyder. Dit bewerkstellig dus swart oorheersing van strukture, maar op so 'n manier dat dit nog nie Groot Kapitaal vervreem nie. Klaarblyklik het Groot Kapitaal, wat die 'demokratisering' van SA ondersteun het, egter gou besef wat op pad is, want in hierdie periode vind ons dat etlike groot spelers soos De Beers, Ou Mutual en andere hul kapitaal verskuif deur op buitelandse beurse te lys.

Hoewel Nelson Mandela vir FW de Klerk dus die versekering gegee het dat hulle nie die vrye mark sou beëindig nie, is daar na die Nasionale Demokratiese Rewolusie verwys. Dit is egter te betwyfel of die Nasionale Party regering se hoogs naïewe onderhandelaar, Roelf Meyer, ten volle die modus operandi van die Twee Stadium Rewolusie sou verstaan.

Die Transformasie-projek deur die ANC oor die afgelope 15 jaar het die Afrikaner ten volle gemarginaliseer in beide die politiek en die ekonomie. Hoewel Afrikaners nog steeds 'n hoër gemiddelde inkomste as die gemiddelde swarte verdien, het Afrikaner-werkloosheid met 200% toegeneem (teenoor die nasionale ongeveer 25%).Verder verdien Afrikaners aansienlik minder as wat hul voorheen verdien het, en per capita kry hulle slegs 'n fraksie van wat die bevoordeeldes van regstellende aksie verdien. Afrikaners het geen besluitnemingsmag in die ekonomie of in die bestuur van die land nie en is eenhonderd persent onderworpe aan die wil van die vyandige ANC- regering. Nogtans is Afrikaners die melkkoei wat die Ontvanger van Inkomste en dus die ANC-staat aan die gang hou.

Al die retoriek wat tans rondom die Nasionale Demokratiese Rewolusie gebesig word, is egter van misleidende aard. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie soos hierbo verduidelik is alreeds jare lank in swang en nader waarskynlik nou sy einde. Die swart meerderheid beheer tans reeds bykans alle strukture en waar nie direk nie, wel by wyse van wetgewing. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie kan nie veel meer impak hê nie.

Die totale beheer van ons sameleweing deur die swart meerderheid - deur middel van die ANC en sy alliansievennote - is egter die ideale en ook die vereiste omstandigheid vir die Sosialistiese Revolusie. Voorheen sou die Sosialistiese Rewolusie net met veel moeite kon plaasvind, maar nou dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie bykans voltrek is, kan die oppermagtige ANC dit met gemak deurvoer.

Transformasie is as te ware new speak vir revolusie. Duidelik was die term 'Transformasie' bedoel om die besigheidselite, maar ook die breë blanke bevolking, nie die skrik op die lyf te jaag nie. Dit is interessant, nou dat die kommuniste 'n meer prominente rol in die regering speel en dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie grootliks sy doel bereik het, dat die woord 'Revolusie' met groter gemak gebruik word.

Dit is ook betekenisvol dat die SAKP juis nou so 'n groot aandeel in die kabinet by wyse van poste gekry het. Juis nou sal die SAKP as ideologiese en strategiese rigtingwyser van kardinale belang wees. Terwyl die ANC 'n oorwegend swart nasionalistiese beweging is, wat dan ook die Nasionale Demokratiese Rewolusie moes bewerkstelling, was dit deurgaans die strategie dat die SAKP die beweging na die Sosialistiese Rewolusie moet stuur wannneer die tyd ryp sou wees. Met die Afrikaner op die ashoop van die NSA samelewing was die tyd natuurlik nog nooit ryper as juis nou nie.

Soos ander skrywers ook opgemerk het, is dit beduidend dat Blade Nzimande (let wel 'Blade' vertaal na 'Lenin' in Russies) juis as minister van onderwys aangestel is. Marxisme beskou die samelewing in eng terme as 'n blote klassestryd tussen die besitters van kapitaal en diegene wat bloot hul eie arbeid het om te verkoop vir betaling. In die Marxistiese ideologie is nog altyd geglo dat groepe wat die werkersklasrevolusie teenstaan, heropgevoed kan word om Marxiste te word. Benewens die 100 miljoen mense wat ter wille van Marxisme moes sterf, is honderde duisende vanaf die Sowjet-Unie se goelags, regdeur tot die Khmer Rouge se heropvoedingskampe, aan die verskriklikste ontberinge blootgestel om hulle te 'oortuig' om die Marxistiese leerstelling te aanvaar.

Wanneer Blade Nzimande dus sê dat Suid-Afrikaanse kinders gehersosialiseer moet word, val dit waarskynlik in die 'minder ekstreme' kategorie van heropvoeding, waar hulle Marxistiese (en Afrikanistiese) leerstelllinge sal moet bestudeer as deel van die kurriculum. Die kommunistiese heropvoedingstelsel behels onder andere om kinders te oortuig dat hul ouers die vyand is en dat die party, die staat of die massa, hul enigste familie is. Alles wat hul ouers hulle geleer het oor godsdiens, waarders, kultuur, ens is verfoeilik. Kinders word geleer om hul ouers met agterdog te bejeën.

Wat Afrikanerkinders betref, het die heropvoeding in 'n groot mate reeds begin. Die ontkenning en verdraaiing van ons rol in die land se geskiedenis is bedoel om nie net Afrikanerkinders van hul identiteit te beroof nie, maar ook om hul tot permanente skaamte en onderdanigheid te breinspoel. In die sosialistiese revolusie word die heropvoedingsprogram egter tot nuwe hoogtes gevoer.

Die Marxistiese doel van heropvoeding of hersosialisering, soos kameraad Blade dit noem, is om die tradisionele bindinge in die samelewing te laat disintegreer. Die ideologiese fanatisme van die SAKP moet nie onderskat word nie. As een van die enigste oorblywende suiwer Stalinisties-kommunistiese partye glo hul werklik in die skepping van 'n kommunistiese utopie. Ten einde hierdie utopie te skep, moet die samelewing soos ons dit ken tot 'n einde kom. Alle bande en verdelings gebaseer op familie, kultuur, taal, ras, ens moet plek maak vir een gelyke en universele broederskap van werkers.

Lees more Deel 3, van hierdie drie luik, oor die Twee Stadium Rewolusie

No comments:

Post a Comment