Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Twee Stadium Rewolusie. Show all posts
Showing posts with label Twee Stadium Rewolusie. Show all posts

Saturday, June 20, 2009

Wat Afrikaners blykbaar nie weet nie: Die Twee Stadium Rewolusie (Deel 3)

Geskryf deur JH du Toit

Die huidige geslag leiers van die SAKP het hul opleiding in Moskou ontvang toe die kommunisme daar te lande as 'n soort sekulêre godsdiens verhef was. Hulle beskik dus oor 'n oormaat van oortuiging en wilskrag. Wanneer die ewig naïewe liberalis, Tim du Plessis, egter sê dat hy nooit 'n kommunis ontmoet het wat hom bang gemaak het nie, is dit weereens 'n teken van sy goedgelowige onkundigheid. Die enigste kommuniste waarmee hy in kontak was, was óf gedurende diplomatieke sendings aan Afrika óf tydens die plaaslike Nasionale Demokratiese Rewolusie. In beide gevalle het jy te make met die spesie wat hul beste voetjie voorsit.

Behalwe dat die jeug dus aan groeiende breinspoeling onderworpe gaan wees, sal dit dus ook die einde van alle Afrikaanse universiteite en skole beteken. Engels sal die universele taal van gelykheid wees. Dit is in elk geval waarvoor Blade en sy kamerade hulself sal beywer wannneer hy sê dat hulle "geen teenstand sal duld nie".

In die geheel gebruik die Sosialistiese Rewolusie die demokrasie wat deur die Nasionale Demokratiese Rewolusie geskep is as vertrekpunt om ditself te volvoer. Dit is nie 'n uitbouiing van demokrasie nie. Inteendeel dit kondig die einde van demokrasie aan. Die demokrasie was egter 'n voorvereiste om die nodige mag te bekom om hierdie, die tweede fase van die Twee Stadium Rewolusie, te laat plaasvind. Dit is die begin van die diktatuur van die proletariaat wat moet manifesteer in 'n volwaardige staatsosialisme; ook genaamd kommunisme. Hierdie is dus ook die fase waarin daar gestreef word om 'n einde te bring aan 'n vrye pers, onafhanklike regbank, vryheid van spraak ens.

Maar Afrikaners gaan ook aan die sak geraak word. Mens kan amper seker wees dat daar 'n meer radikale beleid met betrekking tot die onteiening van ons plase sal volg.

Soos wat die groeiende bevolking weens die instroming van duisende onwettige immigrante die behuisingstekort verskerp, is dit denkbaar dat die kommunisme soontoe sal uitbrei. Huiseienaars met meer as een huis kan stellig daarvan onteien word. Ná die kommunistiese oorname in etlike lande is huise nie net genasionaliseer nie, maar gebaseer op die hoeveelheid slaapkamers moes die voormalige huiseienaars dan addisionele gesinne akkommodeer. Die benadering was dat elke kamer 'n gesin kon huisves.

Die aptyt van 'n kommunistiese staat ken geen perke nie en alles van plase, huise, boedels en elke materiële bate denkbaar is legitieme teikens vir nasionalisering.

Die ergste koste is egter die verlies van menswaardigheid. Verseker sal die SAKP dieselfde met die Afrikaner wil doen as wat die Russies beheerde Sowjet-Unie met die Volga Duitsers gemaak het. Ons sal toenemend 'n verarmde en ongewenste etniese minderheid word wat nêrens in SA welkom is nie. Ons taal en kultuur, maar veral ons wit velle sal vir altyd 'n bedreiging vir die swart meerderheid wees.

Of ons aan hierdie lot uitgelewer gaan word, sal tot 'n mate afhang van die oortuiging en ideologiese wil van ons onderdrukkers, maar dit sal ook afhang daarvan of ons onsself gaan staal vir die stryd wat vir seker op pad is. Ons sal dringend 'n hartland moet bekom, maar ons sal ook moet verstaan dat sonder om nou reeds met millitêre opleiding te begin, die vyand ons nie sal vrees nie.

Friday, June 19, 2009

Wat Afrikaners blykbaar nie weet nie: Die Twee Stadium Rewolusie (Deel 2)

Geskryf deur JH du Toit

Die hoofdoel, van die NDR, was dus om 'n swart demokratiese staat te skep wat wel nog volgens die vrye mark funksioneer. Terwyl dit ’n vrye mark vriendelike fase is, beoog die ideologie tydens hierdie fase om die heersersklas (blankes/Afrikaners) uit alle magsposisies te verwyder. Dit bewerkstellig dus swart oorheersing van strukture, maar op so 'n manier dat dit nog nie Groot Kapitaal vervreem nie. Klaarblyklik het Groot Kapitaal, wat die 'demokratisering' van SA ondersteun het, egter gou besef wat op pad is, want in hierdie periode vind ons dat etlike groot spelers soos De Beers, Ou Mutual en andere hul kapitaal verskuif deur op buitelandse beurse te lys.

Hoewel Nelson Mandela vir FW de Klerk dus die versekering gegee het dat hulle nie die vrye mark sou beëindig nie, is daar na die Nasionale Demokratiese Rewolusie verwys. Dit is egter te betwyfel of die Nasionale Party regering se hoogs naïewe onderhandelaar, Roelf Meyer, ten volle die modus operandi van die Twee Stadium Rewolusie sou verstaan.

Die Transformasie-projek deur die ANC oor die afgelope 15 jaar het die Afrikaner ten volle gemarginaliseer in beide die politiek en die ekonomie. Hoewel Afrikaners nog steeds 'n hoër gemiddelde inkomste as die gemiddelde swarte verdien, het Afrikaner-werkloosheid met 200% toegeneem (teenoor die nasionale ongeveer 25%).Verder verdien Afrikaners aansienlik minder as wat hul voorheen verdien het, en per capita kry hulle slegs 'n fraksie van wat die bevoordeeldes van regstellende aksie verdien. Afrikaners het geen besluitnemingsmag in die ekonomie of in die bestuur van die land nie en is eenhonderd persent onderworpe aan die wil van die vyandige ANC- regering. Nogtans is Afrikaners die melkkoei wat die Ontvanger van Inkomste en dus die ANC-staat aan die gang hou.

Al die retoriek wat tans rondom die Nasionale Demokratiese Rewolusie gebesig word, is egter van misleidende aard. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie soos hierbo verduidelik is alreeds jare lank in swang en nader waarskynlik nou sy einde. Die swart meerderheid beheer tans reeds bykans alle strukture en waar nie direk nie, wel by wyse van wetgewing. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie kan nie veel meer impak hê nie.

Die totale beheer van ons sameleweing deur die swart meerderheid - deur middel van die ANC en sy alliansievennote - is egter die ideale en ook die vereiste omstandigheid vir die Sosialistiese Revolusie. Voorheen sou die Sosialistiese Rewolusie net met veel moeite kon plaasvind, maar nou dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie bykans voltrek is, kan die oppermagtige ANC dit met gemak deurvoer.

Transformasie is as te ware new speak vir revolusie. Duidelik was die term 'Transformasie' bedoel om die besigheidselite, maar ook die breë blanke bevolking, nie die skrik op die lyf te jaag nie. Dit is interessant, nou dat die kommuniste 'n meer prominente rol in die regering speel en dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie grootliks sy doel bereik het, dat die woord 'Revolusie' met groter gemak gebruik word.

Dit is ook betekenisvol dat die SAKP juis nou so 'n groot aandeel in die kabinet by wyse van poste gekry het. Juis nou sal die SAKP as ideologiese en strategiese rigtingwyser van kardinale belang wees. Terwyl die ANC 'n oorwegend swart nasionalistiese beweging is, wat dan ook die Nasionale Demokratiese Rewolusie moes bewerkstelling, was dit deurgaans die strategie dat die SAKP die beweging na die Sosialistiese Rewolusie moet stuur wannneer die tyd ryp sou wees. Met die Afrikaner op die ashoop van die NSA samelewing was die tyd natuurlik nog nooit ryper as juis nou nie.

Soos ander skrywers ook opgemerk het, is dit beduidend dat Blade Nzimande (let wel 'Blade' vertaal na 'Lenin' in Russies) juis as minister van onderwys aangestel is. Marxisme beskou die samelewing in eng terme as 'n blote klassestryd tussen die besitters van kapitaal en diegene wat bloot hul eie arbeid het om te verkoop vir betaling. In die Marxistiese ideologie is nog altyd geglo dat groepe wat die werkersklasrevolusie teenstaan, heropgevoed kan word om Marxiste te word. Benewens die 100 miljoen mense wat ter wille van Marxisme moes sterf, is honderde duisende vanaf die Sowjet-Unie se goelags, regdeur tot die Khmer Rouge se heropvoedingskampe, aan die verskriklikste ontberinge blootgestel om hulle te 'oortuig' om die Marxistiese leerstelling te aanvaar.

Wanneer Blade Nzimande dus sê dat Suid-Afrikaanse kinders gehersosialiseer moet word, val dit waarskynlik in die 'minder ekstreme' kategorie van heropvoeding, waar hulle Marxistiese (en Afrikanistiese) leerstelllinge sal moet bestudeer as deel van die kurriculum. Die kommunistiese heropvoedingstelsel behels onder andere om kinders te oortuig dat hul ouers die vyand is en dat die party, die staat of die massa, hul enigste familie is. Alles wat hul ouers hulle geleer het oor godsdiens, waarders, kultuur, ens is verfoeilik. Kinders word geleer om hul ouers met agterdog te bejeën.

Wat Afrikanerkinders betref, het die heropvoeding in 'n groot mate reeds begin. Die ontkenning en verdraaiing van ons rol in die land se geskiedenis is bedoel om nie net Afrikanerkinders van hul identiteit te beroof nie, maar ook om hul tot permanente skaamte en onderdanigheid te breinspoel. In die sosialistiese revolusie word die heropvoedingsprogram egter tot nuwe hoogtes gevoer.

Die Marxistiese doel van heropvoeding of hersosialisering, soos kameraad Blade dit noem, is om die tradisionele bindinge in die samelewing te laat disintegreer. Die ideologiese fanatisme van die SAKP moet nie onderskat word nie. As een van die enigste oorblywende suiwer Stalinisties-kommunistiese partye glo hul werklik in die skepping van 'n kommunistiese utopie. Ten einde hierdie utopie te skep, moet die samelewing soos ons dit ken tot 'n einde kom. Alle bande en verdelings gebaseer op familie, kultuur, taal, ras, ens moet plek maak vir een gelyke en universele broederskap van werkers.

Lees more Deel 3, van hierdie drie luik, oor die Twee Stadium Rewolusie

Thursday, June 18, 2009

Wat Afrikaners blykbaar nie weet nie: Die Twee Stadium Rewolusie (Deel 1)

Geskryf deur JH du Toit

Onlangs het ’n kommentator, op PRAAG, verduidelik dat weens die verbod op Marxisme tydens die NP regering, Afrikaners nie ’n deeglike begrip omtrent die Marxistiese aanslag in Suid Afrika het nie. Om hierdie rede en om meer lig op die huidige gesprek in die SAKP te lig moet ons ’n beter begrip van die terme Nasionale Demokratiese Rewolusie, Sosialistiese Rewolusie en gevolglik Twee Stadium Rewolusie ontwikkel.

Tans word daar heelwat retoriek rondom die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie gehoor. Met die vergrote toetrede van die SAKP tot die ANC-regering is dit te verstane dat Marxistiese retoriek meer prominent in Suid-Afrikaanse politiek sal word. Die SAKP is in ‘n groot mate vir die ANC wat die Broederbond vir die ou Nasionale Party was. Die SAKP is die ideologiese sentrum van die ANC. Dit is as te ware 'n soort 'think tank' waar konstant strategie rondom die implementering van sosialisme in Suid-Afrika ontwikkel word.

Die huidige retoriek rondom die Nasionale Demokratiese Rewolusie is egter misleidend en moontlik is dit ook so beplan. Die waarheid is dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie in 'n groter revolusionêre raamwerk pas, naamlik die Twee Stadium Revolusie (Twee Stadium Rewolusie). Die Twee Stadium Rewolusie, wat bestaan uit die Nasionale Demokratiese Rewolusie as die eerste fase en die Sosialistiese Revolusie as 'n tweede fase, het sy oorsprong in Leninisme. Die Twee Stadium Rewolusie is egter die amptelike dogma van die SAKP reeds lank voor 1994. Tydens die sogenaamde struggle jare was dit die SAKP se vooruitsig dat Suid-Afrika uiteindelik deur 'n Twee Stadium Rewolusie sal gaan. Sedert 1994 word die Nasionale Demokratiese Rewolusie baie bespreek, maar die Sosialistiese Rewolusie het minder ter sprake gekom. Die redes daarvoor kan deels wees omdat die Nasionale Demokratiese Rewolusie die hoofdoelwit van die afgelope 15 jaar was, maar deels ook omdat die kommunistiese ideoloë nie die kapitaliste binne en buite die ANC wou ontstel en daardeur moontlike weerstand teen die toekomstige Sosialistiese Rewolusie vroegtydig ontlok nie.

Laat ek egter die logika van die Nasionale Demokratiese Rewolusie ten eerste verduidelik. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie behels meeste veranderinge wat reeds sedert die vrylating van Nelson Mandela, maar veral na 1994, plaasgevind het. Dit is ook inderdaad grotendeels 'n nasionale demokratiese revolusie. Dit is met ander woorde ’n revolusie waardeur demokrasie verkry word. Verder is dit 'n inklusiewe demokrasie, wat almal wat voorheen uitgesluit is, nou insluit. Dit is ook 'n oorgangsperiode na die Sosialistiese Revolusie, maar dit is nie sosialisme op sig self nie.

Die grootste doelwit van die Nasionale Demokratiese Rewolusie is dat die bevrydingsbeweging politieke beheer oor die land verkry. In hierdie periode brei die bevrydingsbeweging sy invloed oor die ganse samelewing uit. Behalwe dat heelwat nuwe strukture gevestig word, word bestaande strukture ook onder die beheer van die party gebring. Nogtans is die hoofdoel nie om totale beheer oor die samelewing te verkry nie. Dit gaan eerder daaroor om die vorige (blanke) elite se houvas op die land en die ekonomie af te breek. Ons het gesien hoe dit oor die afgelope 15 jaar heel suksesvol uitgevoer is - veral deur middel van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dit is wat die 'Transformasie' ideologie behels.

Lees more Deel 2, van hierdie drie luik, oor die Twee Stadium Rewolusie