Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Afrikaner volkstaat. Show all posts
Showing posts with label Afrikaner volkstaat. Show all posts

Thursday, July 14, 2011

Van konflik tot vreedsame Afrikanervolkstaat

deur Dan Roodt,
Die ANC en sy bondgenote voer reeds dekades lank 'n stryd teen die Afrikaner waarvan die einddoelwit ons verdrywing uit die land is. Mbeki het immers van ons gepraat as die "setlaars wat versuim het om te vertrek".  Lees verder...
Meer uit hierdie bron:

Wednesday, April 28, 2010

Om vry te wees

Dit is 27 April 2030 in die Bosveldstreek van die Volksrepubliek. Die plaaslike verteenwoordigers van die Volksraad is druk besig om te reël aan die volgende vrye volksverkiesing wat wêreldwyd op 10 Mei gaan plaasvind. Die datum is so gekies sodat die inhuldiging van die nuwe volksleiers op daardie spesiale dag in ons volk se geskiedenis, 31 Mei kan plaasvind. Lees verder...

Tuesday, February 16, 2010

'n Virtuele vastrapplek

Deur Marinus Wiechers - Beeld

Wat van ’n Afrikaner-provinsie? vra MARINUS WIECHERS na aanleiding van die huidige debat oor ’n volkstaat vir die Afrikaner.

Artikel 235 van die Grondwet bepaal oor selfbeskikking: “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ’n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse nie, soos deur nasionale wetgewing bepaal.”

Hierdie artikel is aanvaar om erkenning te gee aan aansprake op territoriale selfbeskikking van sekere Afrikanerpartye.

Om praktiese uitvoering aan hierdie reg op selfbeskikking te gee, is ’n Volkstaatraad bestaande uit lede van dié Afrikanerpartye destyds in die lewe geroep.

Ingevolge Art. 20(5)(a) van Bylae 6 van die huidige Grondwet is die voortbestaan van die Volkstaatraad gemagtig. Van al die beraadslagings van dié raad het daar egter niks gekom nie.

Ná vyf jaar se vrugtelose debatte is die Volkstaatraad in 1999 ontbind.

Dit lyk of die berg nie eens ’n muis gebaar het nie. Is daarmee die hoop op “selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit” vir die Afrikaner eens en vir altyd vernietig?

Op die oog af lyk die uitsig op Afrikaner-selfbeskikking binne ’n bepaalde territoriale entiteit bra droewig.

Want in Afrikaner- politieke geledere is daar nog te veel mense wat glo daar moet gekyk word waar woon die grootste konsentrasie van wit Afrikaners en om dan bloot op dié statistiese gegewens ’n Afrikanertuisland of ’n boel sulke tuislandjies te proklameer.

Met ander woorde, ’n wit Afrikaner-ghetto of ghetto’tjies soos in die apartheidsdae vir die verskillende etniese groepe.

En dít terwyl die meeste van ons Afrikaners tog deel van die groter Suid-Afrika wil wees en as mens en burger nie in verset teen die nuwe oorhoofse staatkundige bedeling is nie.

Maar, aan die ander kant, is ons Afrikaners in al ons bont verskeidenheid tog diep bekommerd.

Ondanks al die gerusstellings en salwende uitsprake dat die Afrikaner onmisbaar is en ’n groot bydrae kan lewer, weet ons die Afrikaanse taal en kultuur is amptelik op die afdraandepad.

Ondanks al die wonderlike taal- en kultuurfeeste weet ons daar is te veel maghebbers wat geen gevoel het vir die Afrikaanse taal en kultuur nie, of erger nog, ’n diepgewortelde antagonisme daarteen het.

Ongelukkig is daar hier ook te veel bewindvoerders wat, soos in die res van Afrika gebeur het, dink ’n ontwikkelende moderne staat moet sy eie, bestaande taal- en kultuurbesit oorboord gooi.

Te midde van hierdie kulturele barbarisme voel Afrikaners al hoe meer dat hulle in ’n Suid-Afrikaanse diaspora woon, sonder ’n stukkie aarde waar die Afrikaanse taal en kultuur – sonder totale uitsluiting van ander tale en kulture – die dominante een is.

Kortom, is dit moontlik dat die Afrikaner met sy taal en kultuur nog ’n territoriale vastrapplek binne ons Suid-Afrikaanse demokrasie kan verkry?

Myns insiens is dit wel moontlik, indien daar aan twee basiese voorwaardes voldoen word:

Eerstens moet die droom van ’n Afrikaner-volkstaat en veral die gedagte van ’n wit volkstaat met wapperende Vierkleure en smeulende voorlaaiers finaal afgesweer word.

Ook moet die lawwe gedagte van ’n Afrikaner-volkstaat wat uit die algehele Suid-Afrikaanse staatsbestel kan losbreek, die nek ingeslaan word.

Pleks van sulke verouderde waan- en drogdrome moet daar realisties, binne die huidige Suid-Afrikaanse staatsordening, gedink word aan ’n bepaalde provinsie met ’n eie grondwetlik geldige konstitusie waarin die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur onomwonde – maar sonder diskriminasie – as daadwerklike doelstelling verklaar word.

[’n Opmerking in dié verband: Die huidige provinsiale grense soos in die Grondwet bepaal, is sekerlik nie in graniet gegiet nie. In hierdie stadium is daar juis sprake van die verandering van provinsiale grense, blykbaar sonder raadpleging van die inwoners van die betrokke provinsie.

’n Wet wat die bestaande grense van een of meer provinsies verander, moet bo en behalwe die grondwetlike wysiging ook deur die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsies goedgekeur word.

Sou die oorgrote meerderheid van inwoners van ’n bepaalde gebied in ’n referendum aandring op die oprigting van hul eie provinsie, is dit ondenkbaar dat die nasionale wetgewer of provinsiale regering so ’n versoek sou kon teenstaan.

By die oorspronklike vasstelling van provinsiale grense in die 1994-Grondwet is daar uitdruklik vir sulke referendums voorsiening gemaak.]

Tweedens moet daar nugter en realisties op ’n moontlike toekomstige provinsiale gebied besluit word wat vanweë ’n natuurlike demografie reeds oorwegend Afrikaans is.

So ’n moontlike gebied hoef nie vreeslik groot of welvarend of met ’n groot ekonomiese potensiaal bedeeld te wees nie. Ook hoef dit nie noodwendig ’n toekomstige toeristeparadys te wees nie (daar is niks so erg as ’n florerende toerismebedryf om ’n inheemse taal en kultuur te verkrag nie).

Die grense van so ’n gebied hoef in die beginstadium ook nie in absolute detail uitgestippel te wees nie. Al wat nodig is, is ’n gebied wat histories, kultureel en demografies geoormerk kan word om eendag die territoriale basis vir ’n Afrikaner-provinsie te wees.

Die brandende vraag is natuurlik: Hoe kom dinge aan die gang vir die vestiging van so ’n toekomstige Afrikaner-provinsie?

Dit is vergesog om te verwag ons sentrale regering sal oornag ’n Afrikaner-provinsie met eie grondwet en regering proklameer.

Trouens, die regering sal waarskynlik baie bitsig op so ’n gedagte reageer, ondanks die Grondwet se duidelike erkenning van die beginsel van territoriale selfbeskikking.

Vir ’n toekomstige Afrikaner-provinsie sal Afrikaners en Afrikaansgesindes self die inisiatief moet neem. Hoe?

Die eerste en belangrikste stap is om Afrikaner-leiers van alle kante by ’n konstitusionele beraad te betrek waar die min-of-meer grense van die Afrikaner-provinsie, sy toekomstige grondwet en regering bespreek en onderhandel word.

Natuurlik gaan ons klomp dwarstrekkerige Afrikaner-leiers nie al te gemaklik eenstemmigheid in so ’n beraad bereik nie.

Daarom sal dit noodsaaklik wees om eers ’n verklaring van voorneme te onderhandel en te aanvaar waarmee al die leiers hulle verbind tot die waardes van nie-rassigheid en nie-diskriminasie soos in ons Grondwet vervat.

In die verklaring van voorneme sal die doelstellings en aard van die toekomstige provinsie ook algehele konsensus moet verkry.

Daarna kan oorgegaan word om die voorlopige grense van die toekomstige provinsie te bepaal en ’n grondwet op te stel wat aan die vereistes van die nasionale Grondwet voldoen.

Waarskynlik van die belangrikste bepalings van die provinsiale grondwet gaan sy “burgerskap”-bepalings wees.

Die ideaal sal wees dat elke Suid-Afrikaanse burger, hier te lande of oorsee, vrywillig “burger”, oftewel stemgeregtigde deelnemer, kan word.

By die aanvaarding van die provinsiale konstitusie kan ’n tussentydse liggaam onmiddellik oorgaan tot die reëling van verkiesings en die instelling van ’n regering, naamlik die instelling van ’n virtuele regering vir ’n virtuele toekomstige Afrikaner-provinsie.

Die verkiesing en instelling van die virtuele regering kan groot pret wees. Politieke partye, kultuurgroepe en organisasies (die grondwet vir die virtuele regering sal waarskynlik voorsiening moet maak vir verteenwoordiging van meer as net politieke partye) sal wyd moet werf en organiseer om hul ondersteuners as “burgers” van die beoogde provinsie te regis­treer en mense vir hulle te laat stem.

Met vandag se tegnologie is dit glad nie meer nodig dat “burgers” op bepaalde plekke fisiek moet registreer en stem nie. Dit word gewoon op die internet gedoen.

Ná die verkiesing word die virtuele regering ingestel met verteenwoordigers van die breë Afrikanerdom en Afrikaansgesindes, verlig en verkramp, liberaal en konserwatief, soos dit in ’n goeie demokrasie hoort. Kiesersteun bepaal die regering se samestelling.

Daardie regering begin om die toekomstige provinsie virtueel te “regeer” deur die grense van die toekomstige provinsie te onderhandel, maar nog belangriker, om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling binne die provinsie te bevorder.

En nog belangriker, om Afrikaanse taal- en kultuurbelange binne sowel as buite die provinsie te bevorder. (Dit kan op verskeie terreine geskied en moontlik kan die virtuele provinsiale regering ’n ontwikkelingsbank stig.)

Natuurlik gaan die onmiddellike vraag wees: Waar op aarde gaan die geld vandaan kom om die regering van hierdie toekomstige provinsie te bekostig?

Die wetgewer van die provinsie gaan, net soos enige demokraties verkose wetgewer, een of twee keer per jaar byeenkom om ’n begroting en belasting vir sy “burgers”, waar ook al ter wêreld, te aanvaar.

[Met 50 000 “burgers” en ’n jaarlikse “belasting” van R200 (veel minder as ’n jaar se inskrywing op ’n gewilde Afrikaanse tydskrif), verkry die provinsiale regering al ’n inkomste van R10 miljoen per jaar.]

Uitgawes en besteding geskied volgens die begroting en word in die wetgewer gedebatteer en gemagtig.

Die belangrike is dat Afrikaanse taal- en kultuurbelange en behoeftes gedurende hierdie openbare begrotingsdebatte bespreek en bepaal word.

’n Baie belangrike taak van die provinsiale regering sal wees om die beoogde gebied maatskaplik en ekonomies te bevorder sodat wanneer daar eendag gevra word vir ’n referendum om die provinsie daadwerklik op te rig, die meerderheid van die inwoners met graagte daarvoor sal stem.

Wat word dan van al die ander “burgers” buite hierdie nuwe provinsie (of te wel die “territoriale entiteit” van Art. 235 van die Grondwet)?

Daar is grondwetlik niks daarteen nie om hierdie soort uitgebreide, assosiatiewe provinsiale “burgerskap” te behou wanneer die Afrikaner-provinsie uiteindelik deur nasionale wetgewing afgebaken en opgerig word.

Wat wel sal moet gebeur, is dat die huidige Kieswet verander sal moet word om voorsiening te maak vir stemgeregtigde “burgers” oftewel provinsiale deelnemers wat buite die provinsie woonagtig is.

Ten slotte: Die uiteindelike vestiging van ’n Afrikaner-provinsie deur nasionale wetgewing, soos in ons Grondwet voorsien, gaan nie uit die lug val nie.

As Afrikaners en Afrikaansgesindes, ondanks hul uiteenlopende en selfs botsende sienings oor baie sake, nie hulself met die ideaal van ’n Afrikaner-provinsie kan vereenselwig nie, sal die moontlikheid van ’n territoriale selfbeskikkingsentiteit, soos in die Grondwet gemagtig, vir ewig verlore wees.

Sy selfbeskikking sal die Afrikaner dan maar op ander maniere moet verwesenlik.

Slaag die Afrikaner, die erkende baanbreker in Afrika, wel daarin om ’n territoriale selfbeskikkingsentiteit te verwesenlik, kan hy die voorbeeld stel vir ander taal- en kultuurgemeenskappe om ook ’n vaste territoriale staanplek in die groter Suid-Afrikaanse bestel te verkry.

Marinus Wiechers was voorheen professor in die staats- en volkereg aan Unisa.

Monday, January 25, 2010

Volkstaat sport

Deur Radio Pretoria

Die kommunisties-beheerde ANC-bewind wil maar net nie ophou met sy transformasie op byna elke terrein nie, en sport is steeds hoog op sy agenda. Dat dié transformasie dikwels rampspoedig is vir die prestasie en uitslag van kompetisie, kan hom skynbaar min skeel. Solank daar net getransformeer word, en solank die kwotas net vol gemaak word, is die ANC tevrede. Basta met die res!

Tans is daar weer pogings om rugby vêrder te verander, en dit vind plaas nêrens anders as in die hart van Bloubulland nie. Veral Bloubulondersteuners voel sterk oor hulle rugby, en dit is hoofsaaklik Afrikaners wat die ondersteuners is.

Om een of ander onverklaarbare en verstommende rede word daar tans gepraat oor die moontlikheid om die tradisionele blou kleur van die Bulle te verander. Die kleure wat voorgestel word is, wit, geel, swart en groen. Ons glo dat wit net ingevoeg is sodat dit die ANC-kleure effens kan verdoesel. Wit gaan egter om politieke redes nie aanvaarbaar wees nie, dus is die oorblywende kleure slegs die ANC-kleure.

Dit is die tipiese werkswyse van die kommunis, om met iets onbenulligs soos ‘n kleur te begin peuter, terwyl dit in hierdie geval nogal ‘n soort handelsmerk is. Dink net aan ‘n handelsmerk soos die Geelbulle, Groenbulle of Swartbulle. Dis tog nie dieselfde as die Bloubulle nie.

Ons sal moet sien hoe sterk die besluitnemers staan in hierdie verband, en hoe sterk die ondersteuners uiteindelik gaan wees in hierdie verband. Daar is egter rede tot kommer dat ons mense al te maklik toegee aan elke nuk en gier van die ANC, veral waar dit sport aangaan. Toe daar die eerste keer gepraat is van kwotas in sport, was daar allerhande dreigpraatjies, van boikotte deur ons mense. Uiteindelik het daar niks van gekom nie.

Met die eerste rondte van transformasie, het die sportadministrateurs ook dadelik gekapituleer. Dit was toe alle provinsiale name verander moes word, omdat die ANC weier om te praat van Transvaal en Oranje-Vrystaat. Noord-Transvaal het dadelik plek gemaak vir die Bloubulle, en deesdae word die span al meer die Bulls genoem. Hoe sterk die bestuur dus uiteindelik gaan staan ten opsigte van die blou handelsmerk, sal ons nog maar eers moet sien.

Wat wel waar is, is dat met elke verandering, daar ‘n mate van vervreemding intree by ‘n aantal ondersteuners. Elke keer word dié groepie groter. Ook as die kleure van die Bloubulle verander, sal dit ‘n vêrdere vervreemding tot gevolg hê. Die vraag is net waar daardie vervreemdes en ontnugterdes dan hulle sportsentiment gaan laat geld?

Verlede week is daar groot gewag gemaak oor die meningspeiling in ‘n Afrikaanstalige dagblad, waar uit die meer as elfduisend deelnemers aan dié peiling, gesê het dat hulle ten gunste is van ‘n volkstaat. Dalk is die tyd nou ryp ook vir ‘n sport-volkstaat. Gelukkig, hoef dié volkseie sport-volkstaat nie meer geskep te word nie. Hy is reeds daar. Hy moet nou net uitgebrei word, sodat die ANC se sportnukke en –grille, vir ons totaal irrelevant sal word. In plaas van waarskynlik futiele oefeninge om die blou van die Bulle te behou, kan daardie energie ingespan word om Afrikaner Volkseie Sport, AVS, nou ook uit te bou na klubvlak, sodat ons weer ons volkseie Curriebeker-reeks kan hou, ons eie Springbokspan, sonêr blommetjies, kan kies om ons volk in die buiteland te verteenwoordig, waar oranje, blanje, blou vlae nie onwelkom sal wees nie, waar die volkslied Die Stem in Afrikaans sal wees, sonder ‘n onnatuurlike kombinasie met Nkosi Sikelel iAfrika.

AVS het oor byna twee dekades heen baanbrekerswerk verrig om ons kinders op skoolvlak te akkommodeer, en het in die proses ‘n jaarlikse skouspel, by name die Bokkieweek, daargestel, wat wys dat ons volk sport kan bedryf en sport wil bedryf, en waar sport, en nie politiek nie, die hoof-kriteria vir deelname is.

Ons sport volkstaat wink, en kom ons span ons energie, tyd en geld daarin in plaas daarvan om vêrdere aandag aan die kommuniste se transformasie te gee. Want dit gaan kom, as dit nie vandag is nie, is dit more. Maar ook ons sport-volkstaat sal kom, en kom ons maak dit eerder vandag as more. Dan kan die Bulls maar geel word, die Cheetahs swart, die Stormers met kolletjies en Sharks pienk, want ons volksport sal blou wees van Boere-adel.

Tuesday, January 19, 2010

Anton Barnard is reg: Afrikanerowerheid eerste

Geskryf deur Vlad du Plessis -PRAAG

Anton Barnard se skrywe oor die Wolkstaat stuur die gesprek oor Afrikanerselfbeskikking in die regte ringting. Ten eerste is dit belangrike dat die nuwe lewe wat hierdie gesprek ontvang het, volgehou word. Ten tweede moet ons nou realisties praat en raakvat.

Anton se argument, dat om nou reeds oor grense te kibbel voortydig is en dat dit boonop veroorsaak dat die onderskeie faksies vir mekaar die herrie in raak, is gewis die waarheid. Sy argument dat dit die Afrikaner se teenstanders van ammunisie voorsien om Afrikanerselfbeskikking af te skiet, is ook korrek.

Mag ek self enkele voorstelle aan die hand doen? Ek verstaan dat Afrikanerleiers nie ten volle daarvan sal kan wegkom om van grense te praat nie, maar indien hulle dan moet, mog hulle dit hoogstens in baie vae terme doen. Dit doen nie die selfbeskikkingsideaal enige guns deurdat faksionele leiers mekaar se idees van waar die volkstaat moet wees, afskiet nie. Vir die pro-Pretoria-volkstaters om die Oraniërs af te skiet en andersom is, op hierdie stadium, ‘n sinnelose gesprek wat meer skade as goed doen. Dit bring verlamming mee en werk so in die vyand se hand.

Eintlik kan al die onderskeie gebiede uiteindelik deel wees van ‘n volkstaat, of dalk nie een daarvan nie. Die punt wat Anton aanraak en waarmee ek volmondig saamstem, is dat Afrikanerselfbeskiking, ten minste in die kort termyn nie van ‘n volkstaat afhanklik is nie. Hoewel die volkstaat die doel is waarheen gewerk moet word, sal dit raadsaam wees om die strukture, ‘n Afrikanerowerheid (AO), nou reeds op die been te bring. Daar is tientalle redes waarom die stigting van ‘n AO die eerste prioritiet moet wees. Anton het dit reeds grootliks aangespreek, so ek sal dit vir die oomblik daar laat.

Die idee van ‘n AO wat dienstegeoriënteerd is eerder as ‘n blote politieke spreekbuis klink ook in die kol. Dienslewering sal geloofwaardigheid skep en daarmee saam groei in ondersteuning. Vanuit die staanspoor mag dit nie moontlik wees om dienste te lewer nie, maar Rome is nie in een dag gebou nie. Die feit is dat ‘n AO baie vinnig invloed en mag sal ontwikkel, wat dan weer as vertrekpunt na territoriale selfbeskikking sal dien.

Ook stem ek saam met Anton dat die stigting van die AO op nie-demokratiese grondslag plaasvind. Anton se logika is reg, dat ‘n demokratiese proses te langsaam is en dat dit selfs totstandkoming kan belemmer. Wat wel van kardinale belang is, is dat die stigters hoëprofiel- Afrikanerleiers en ‘n breë front van organisasies moet insluit. Daarsonder sal geloofwaardigheid weereens ‘n probleem wees. Daar behoort wel ‘n rooster neergelê te word vir die demokratisering van ‘n te stigte AO.

En dit is waarskynlik hier waar die wa in die drif gaan vassit. Ons leiers kan maar net nie vir mekaar vind nie en dit blyk dat elkeen koning wil kraai op sy eie mishoop. Dat elkeen hul eie organisasie wil kultiveer om die boom te word wat die vrugte van Afrikanervryheid gaan dra is uiters eng en gevaarlik. Hierdie voortgesette faksionalisme verteenwoordig ‘n roekelose gedobbel met die voortbestaan van die Afrikanervolk.

Hierdie stugge domastrantheid moet ten einde kom. Niemand wen hierdeur nie en intussen is die Afrikaner/Boerevolk die groot verloorder. Ons leiers moet besef dat nie een van hulle die heilige beker van waarheid vashou nie. Elkeen het hoogstens ten dele ‘n waarheid beet. Die grootse waarheid lê langs die weg van kompromievorming.

Ek het voorheen ‘n beroep op ons leiers gedoen om emosionele intelligensie ten opsigte van mekaar aan die dag te lê. Dis tyd dat hulle die ander ou se ego net so belangrik soos hulle eie ag en lig loop om op mekaar se tone te trap. Of ons dit nou wil weet of nie, maar Afrikaners (en Afrikanerleiers) se ego's is baie meer kleinserig as wat hulle wil voorgee. Eintlik is alle mense maar so. Dit is die normale stand van die menselike psige.

Ons leiers moet egter oorgaan tot een of ander akkoord vir die vorming van ‘n AO. Iemand sal die inisiatief moet neem. Die vraag is egter: "Wie?" Ek mag verkeerd wees, maar my gevoel is dat dit nie sonder aanmoediging gaan gebeur nie. Dis hier waar ek aan die hand wil doen dat ons ‘n nie-partypolitieke petisie op die been bring om die leierskap van alle Afrikanerfaksies tot so 'n aksie op te roep. Indien hulle in gebreke bly om ‘n populêre oproep te gehoorsaam, kan dit op rekord gestel word dat hulle die volk in sy uur van nood die rug gekeer het.

'n Wolkstaat eerder as Volkstaatgrense

Beeld se meningspeiling oor die volkstaat het dié debat opnuut laat opvlam. Volg gerus die witwarm debat op die Praagwerf. Soos ek in vorige rubrieke aangedui het, is ek egter van mening dat ‘n volkstaat bloot die uiteinde van ‘n proses van selfbeskikking is. Selfbeskikking is die ware doelwit, en ‘n volkstaat verteenwoordig slegs die uiteinde van ‘n proses. ‘n Meer sinvolle peiling sou dus eerder gevra het of Afrikaners ten gunste van een of ander vorm van selfbeskikking is, wat ook ‘n volkstaat kan insluit.

Selfbeskikking, die reg om op alle gebiede, ook by die stembus, oor ons eie lot te beskik, is iets wat die Nuwe Suid-Afrika eenvoudig nie aan Afrikaners kan bied nie. Die demografiese realiteit van verswelging deur ander volke sorg daarvoor. Afrikaners en die swart meerderheid se belange bots op bykans alle gebiede. Afrikaners betaal byvoorbeeld die meerderheid persoonlike belasting, maar daardie belasting word op kinder- en ongeskiktheidstoelaes, asook duur motors en hotelle vir die ANC se Wabenzi verkwis, tot nadeel van die klein aantal blankes wat gebuk gaan onder ‘n onhoudbare las. Armblankes wat vir sulke toelaes aansoek wil doen, word egter soms verhinder om so te maak, bloot omdat hulle wit is. Afrikaners ontvang met ander woorde geen waarde vir ons Skandinawiese vlakke van belasting nie, maar ons kan niks daaraan doen nie. In ‘n werkende demokrasie sou Afrikaners hul ongelukkigheid by die stembus kon uitdruk, maar omdat ons slegs 10% of van die bevolking uitmaak, en dit in die belang van die volksvreemde massa is om ons as belastingbetalers uit te buit, is deelname aan die demockracy grootliks nutteloos vir ons.
Lees verder...

Thursday, January 14, 2010

Orania ontwikkel en bars uit sy nate

Geskryf deur Estelle Kleynhans - My Beeld

Ek en my gesin was die vakansie in Orania. Wat ’n ongelooflike ervaring. Die dorp bars uit sy nate en hulle kan nie byhou met die bou van nuwe huise en ander blyplek nie. Ons het in ’n splinternuwe vierster-hotel op die oewer van die Oranjerivier gebly, in ’n pragtige, nuwe restaurant geëet en wêreldklas-behandelings in die Orania Rivierspa gekry. Alle verblyf in Orania was vol bespreek vir die vakansie en hulle moes tientalle vakansiegangers wegwys. Ek weet dus nie hoe Du Toit by sy persepsies oor Orania uitkom nie.

Orania se skole bars vanjaar uit hul nate en die een skool moes groot nuwe klaskamers aanbou omdat die leerlingtal binne ’n jaar met 100% toegeneem het.

Geen gedwonge segregasie in dié volkstaat

Geskryf deur Dan Roodt - My Beeld

Pieter du Toit maak ’n Afrikaner-volk-staat op stereotipe wyse af as ’n plek waar “gedwonge segregasie” sal geld en wat bewoon sal word deur bejaarde en bebaarde mense.

Die soort volkstaat waarvoor ek, die VF+ en baie ander ons beywer, sal ’n plek wees sónder gedwonge segregasie waar Afrikaners ’n meerderheid sal vorm.

Ons eis ’n derde van die land in ’n strook wat loop van Pretoria-Oos tot anderkant Witbank met die Jan Smuts-lughawe en die meeste kragsentrales, asook suidwaarts ’n groot deel van die Oos-Vrystaat tot in die Suid-Kaap met die kusgebied tussen Port Elizabeth en Mosselbaai ingesluit.

Soos dr. Willem van Heerden in sy boek Hartland van die Afrikaner aangetoon het, word die gebied reeds in ’n hoë mate deur Afrikaners beset en sou ons daar ’n demografiese meerderheid kon verkry, veral as die diaspora-Afrikaners kan terugkeer.

Wednesday, January 13, 2010

Beeld se volkstaatpeiling: ‘n geleentheid vir die VF+?

Geskryf deur Anton Barnard - PRAAG

Die Afrikaanse dagblad Beeld het ‘n peiling op sy webwerf gehou wat gevra het of sy lesers, wat byna almal Afrikaners is, ‘n volkstaat sou steun. ‘n Volslae meerderheid, 54%, het gesê ja. ‘n Verdere 19% het gesê dit hang af. Sowat sewentig persent van Beeld se lesers sou die gedagte dus moontlik steun.

Beeld het die peiling opgevolg met ‘n stuk linkse propaganda verbloem as ‘n redaksionele stuk wat kommentaar gelewer het oor die peiling, wat weer eens toon hoe uit pas Beeld met sy lesers is. Alhoewel tot soveel as 70% van sy lesers voel dat hulle nie meer lus is vir die reënboognasie nie, blaas Beeld steeds in dié rubriek die uitgediende vuvuzela van die gefaalde Azaniese staat, en verkwansel hy steeds sy multi-kulti perdevye as soetkoek. Die vuvuzela wat Beeld blaas se deuntjie is die ou-ou een: Afrikaners sal sink of swem saam met die res van Mzansi. Dis ‘n belaglike argument, soortgelyk daaraan vir ‘n passasier op die Titanic om vol te hou hy wil nie op ‘n reddingsboot klim nie, want hy wil graag saam met die skip sink. Lees verder...

Sunday, August 16, 2009

Afrikaans mag binne twee of drie geslagte uitsterf

PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt,

Vrydagaand 14 Augustus (GRA-dag) het ek die onderstaande toespraak gelewer tydens 'n debat oor die toekoms van Afrikaans wat deur die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans gereël is. Mnre. Louis Smuts van Tabok en Cornelius Janse van Rensburg van die Vryheidsfront Plus se jeugbeweging het die saak vir die voortbestaan van Afrikaans verdedig, terwyl mnr. Henk van de Graaf van Radio Pretoria ook my pessimistiese prognose vir Afrikaans ondersteun het. Op pad na die Hervormde Kerksaal in Du Toitstraat in die middestad van Pretoria, het ons die indruk gekry dat ons vreemdelinge in die stad was. Terwyl die strate van Pretoria op 'n Vrydagaand wemel van mense, is daar geen blankes of Afrikaners te sien nie. 'n Mens wonder wat Paul Kruger en die oorspronklike stadsvaders daarvan sou gedink het, maar die demografiese transformasie - om 'n gepaste term te gebruik - van Pretoria ondersteun insgelyks my argument, dat Afrikaans sonder een of ander groot poging deur Afrikaners of 'n radikale staatkundige verandering in Suid-Afrika, bestem is om algaande te kwyn en dan uit te sterf. Lees meer...

Thursday, August 6, 2009

’n Volk onder beleg

Geskryf deur Vlad du Plessis,

(Foto: Afrikaners wat weerbaarheidsopleiding ontvang)

Die skrywe van Buks van Rensburg het my net weereens laat besef hoe ons as volk nie net van alle mag gestroop is nie, maar my ook onder die indruk gebring van die ernstige mate van sielkundige demoralisering waaraan ons ly. Hierdie sielkundige demoralisering is instrumenteel in die regime se heerskappy oor ons. Hoewel PW Botha in die jare 80 van 'n Totale Aanslag gepraat het, was daardie woorde nooit so waar soos juis nou nie. Dié aanslag vind op elke denkbare gebied plaas en is ontwerp om ons as volk geestelik, kultureel, ekonomies en biologies uit te wis. Adriana Stuijt praat selfs van ’n pogrom wat teen Afrikaners gevoer word. Vele kommentators verwys reeds daarna as ’n volksmoord omdat die situasie aan al die vereistes van ’n volksmoord voldoen.

Oor die sielkundige demoralisering - en in welke mate dit die sukses van die volksmoord bewerkstellig - kan 'n hele verhandeling geskryf word. Buks van Rensburg is vir seker in die kol as hy dit herlei na 'n dekadensie. Ook die Afrikaner se oppervlakkige ontvlugting daarvan deur onbenullighede soos sport en die groeiende McJesus-verskynsel is tipies van ’n volk in verval. Met die McJesus-verskynsel verwys ek na die verskeie kits-charismatiese geestelike bewegings wat soos paddastoele verrys en ontvlugting in die vorm van ’n meer oppervlakkige en verteerbare teologiese boodskap bied.

Geen van hierdie ontvlugtings bied egter ’n oplossing vir ons krisis nie. Dit is tydelike en illusionêre oplossings wat met die werklikheid van ons bestaanskrisis niks te make het nie. Ons sal ook nie ons menswaardigheid hieruit herwin nie, omdat dit nóg die regime se pogings om ons konstant met die apartheidsverlede te verneder, nóg die ander aspekte van die Totale Aanslag, aanspreek nie. Sportbyeenkomste bied hoogstens ’n hedonistiese ontvlugting, deurdat dit ons toelaat om dopamienafskeidings te beleef wat ’n soort tydelike 'lekker gevoel' beswyming skep. Die ironie dat rugby en krieket juis Engelse sportsoorte is, hoef ek sekerlik nie uit te wys nie. Aan die ander kant preek die kerke konstant vir ons oor medemenslikheid en ’n universele 'naaste', wat niks met die antieke boodskap te make het nie. Hierdeur wakker hulle gedurig 'n verlammende piëtisme aan waardeur ons onsself net verder op die altaar plaas sodat die swart onderdrukker ons vir hul eie belang kan slag en offer.

In die geheel kan ons nie op hierdie trant voortgaan nie. Op hierdie manier stuur ons naamlik vir seker op uitwissing af. Dit is tyd dat Afrikaners die uitdelging wat aan die plaasvind is, erken vir wat dit is en ophou om die gevolglike woede te onderdruk. Hierdie woede skreeu om uitdrukking en dit is ook die sleutel na ons bevryding.

Die Boeremagsaak is ’n sentrale aparaat in die ANC se gereedskapskassie van instrumente waarmee die Afrikaner gefolter word. Behalwe dat dit veronderstel is om ons konstant te herinner daaraan dat enige millitêre poging hierdie selfde futiele gevolge sal inhou, is dit ’n instrument van vernedering. 'Weereens het hulle ons uitoorlê' - en dit moet konstant in ons gesigte gedruk word. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie, omdat die Boeremag hoogstens ’n desperate en infantiele poging van ’n klompie enkelinge was. Tog is die regime se obsessie om die saak so lank as moontlik lewend te hou juis ’n bevestiging van hoeveel hulle die Afrikaner vrees en ook tot watter mate hulle besef dat indien ons millitêr goed georganiseerd is, ons ’n werklike bedreiging vir hulle kan inhou. Die ironie is dat die Boeremag nooit enigsins professioneel van stapel gestuur is nie, en dus word die swakste voorbeeld van Afrikaner militêre organisasie as voorbeeld gebruik.

Die feit dat die swakste voorbeeld veronderstel is om my bang te maak, stem my juis opgewonde en hoopvol. Ek is van mening dat die Boeremagsaak enorme potensiaal vir ons bevryding inhou. Ten eerste moet ons simpatie met die aangeklaagdes, asook ons woede oor die ongeregtigheid van hoe hierdie absurditeit vir ewig uitgerek word en as waarskuwing vir alle Afrikaners gebruik word, juis ons woede uitlok. Die saak self bied verder ’n hele argief van strategiese materiaal van die Boeremag se foute en verskaf sodoende ’n padkaart weg van hierdie futiele mislukking en is per definisie die rigtingwyser na ’n meer suksesvolle strategie.

Die Boeremag-lede was dalk nie die slimstes onder ons nie. Hulle benadering en gebrek aan begrip dien egter as ’n leerskool. Ons moet onsself weerhou van onwettige optrede en ander ondeurdagthede.

Ek twyfel ernstig of ons ’n volkstaat langs die politieke weg gaan kry. Die meerderheid van ons volk is bloot te gedemoraliseerd daarvoor en boonop is die magdom van Afrikaner politieke en kultuur organisasies net te gefragmenteerd. Nogtans moet ons aanhou om te werk vir politieke eenheid en om daardie pad ook na te streef. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie.

Tog is ek daarvan oortuig dat ons alleen struktuur, eenheid en hernieude trots in ons stryd gaan skep deur die bou van 'n sterk militêre beweging. Ná die vernedering van Duitsland by Versailles het die Nasionaal-Sosialiste juis die Duitsers se trots herstel deur die opbou van millitêre vermoë. Dan Roodt het meermale al na 1994 verwys as die Afrikaner se Versailles. Ek is oortuig dat die NSA die Afrikaner se Weimar Republiek is en dat ons net so erg gedemoraliseerd soos die Duitsers in daardie era is.

Ons het 'n millitante minderheid nodig wat hoogs georganiseerd en die toonbeeld van moderne Afrikanertrots is. ’n Soort fanatieke Boere-Nazi of AWB beeld moet egter van weggestuur word.

Dit is ook my oortuiging dat ons nie die ondersteuning van die meerderheid Afrikaners benodig nie. Die 1917 Oktober-rewolusie in Rusland is suksesvol uitgevoer deur die Bolsjewiste wat in daardie stadium slegs 16% verteenwoordiging in die Doema (die Russiese parlement) gehad het. As ons 16% van Afrikaners in 'n (para) militêre struktuur kan organiseer met 'n sterk Afrikaner-identiteit wat ons woonbuurtes suksesvol beskerm, ons kultuur trots vertoon en 'n Afrikaner poltieke agenda handhaaf, sal ons gedy en seevier in hierdie land.

Dit is nie nodig vir ons om, soos die Boeremag, staatsgrepe en ander onwettighede te beplan of te bedryf nie. Ons moet ons by die wet hou. Suid Afrika is op 'n pad van groeiende onstabiliteit. Die geleentheid vir handeling sal weldra kom...

Sunday, July 12, 2009

Die huidige bedeling: Waarom swartes blankes sal uitwis (Deel 2)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Daar is 'n verskeidenheid redes waarom blankes en Afrikaners, ongeag wat al die liberale dromers sê, mekaar nooit sal vind in die NSA politiek nie:

1. Suid Afrika het 'n geskiedenis van drie eeue se politieke en ekonomiese oorheersing van blankes oor swartes. Eeue van suspisie en haat is 'n geweldige aandrywer van intergroepspanning. Veral in 'n bestel waar swartes konstant van die verlede bewus gemaak word, kan die vernedering daarvan nie oorkom word nie. Die enigste uitlaatklep vir hierdie vernedering is gewelddadige aanvalle op blankes.

2. Die rassestruktuur van ons samelewing wat ook ekonomiese ongelykheid reflekteer, skep konstante spanning. Weens hul vaardigheids- en ander gebreke sal swartes nooit blankes se ekonomiese gelykes kan wees nie. Slegs 'n klein swart elite kan ooit by RA en SEB baat, aangesien hulle hoogstens demografiese simbole is wat deur blanke welvaart geskep is en in ruil geen produktiwiteit bydra nie. Hulle paratiseer bloot op blanke rykdom. Die grootste gros van swartes sal egter altyd rondom die broodlyn leef, terwyl die meeste blankes vanweë hul vermoëns, selfs in die huidige konteks, finansieel beter as meeste swartes doen. Swartes sal altyd daardie ongelykheid waarneem. Hierdie ongelykheid is nie net vernederend vir hulle nie, maar skep ook die begeerte om blankes se welvaart te bekom deur enige metodes, insluitend geweld.

3. Die blanke kultuur van voortreflikheid is 'n steen des aanstoots vir swartes. Hierdie punt is verwant maar tog apart van die vorige een. Dit het te make met elke kulturele aspek van die Westerse kultuur wat Afrika en swartes gedurig in die skadu stel. Kuns, Westerse skoonheid, die Westerse oorheersing van wêreldpolitiek en verskeie ander verbandhoudende aspekte oorskadu swart kultuur. Hoewel hulle eintlik begeer om, soos Westerlinge, voortreflik te wees, kan hulle nie daarin slaag nie. Gevolglik koester hulle op alle vlakke 'n intense haat vir blankes. Thabo Mbeki se 'Afrika Renaissance' wat nooit verwesenlik het nie, was 'n antwoord op swart minderwaardigheidsgevoelens teenoor die Weste.

4. Ras- en kultuurverskillle in daaglikse kontak aksentueer ons andersheid. Elke dag kom swartes en blankes in kontak met mekaar. Hoewel mens sou kon argumenteer dat hierdie kontak tot wedersydse verdraagsaamheid moet lei, is dit my mening dat dit intergroepspanning verhoog. Die waarneem van biologiese ras- , taal- en aksent verskille, verskillende gewoontes, waarde en normatiewe verskille ens. maak mense van verskillende groepe ongemaklik met mekaar. Dit herinner mense aan die feit dat hulle aanpassings in hul persoonlike ruimtes moet maak om andersheid te akkommodeer. Hoe minder gesofistikeerd en geskoold die persone is, hoe laer is hul begrip en dus verdraagsaamheid hierteenoor. My vermoede is dat mense skaam is om openlik in sosiale kontak uiting daaraan te gee, maar dat dit 'n frustrasie is wat stilweg opbou todat dit sporadies by die individu of kollektiwiteit tydens 'n sielkundige katarsis uitgelaat word.

5. Die sosio-politieke konteks in Suid Afrika is besig om te degenereer en hierdie degenerasie is besig om energie te skep wat intergroephaat aanblaas. Die verskeie maniere waarop swartes en blankes op die politieke en sosiale terreine in interaksie verkeer, skep spanning. Blankes verwag Westerse standaarde en die korrupsie, wanbestuur, misdaad en algemene Afrika-manier van dinge doen, maak dat blankes tereg kritiek daarop lewer. Swartes word daardeur beledig en dit skep verdere intergroepfrustrasie.

6. Politici in swart geledere is besig om rewolusionêre agendas na te jaag. In die proses word heelwat haatspraak jeens blankes vanaf verhoë, die media ens. gepleeg. Dit maak swartes konstant bewus van die noodsaaklikheid dat daar met blankes afgereken moet word.

7. Swartes is besig om maatskaplike en statutêre reëls te ontglip. Binne die kulturele konteks verkeer swartes in 'n normatiewe krisis. Sedert massale verstedeliking plaasgevind het, is die normatiewe kontroles wat hulle as stamlede in stamverband gehad het, ontwrig. Swartes het na my mening nog nie 'n interne lokus van morele kontrole ontwikkel, soos mens by Westerse individue vind nie. Met die stamlid ontwortel uit stamverband, soos in die lokasies en townships, is hulle as ‘t ware moreel rigtingloos. Op die koop toe is wetstoepassing besig om te disintegreer. Waar die streng gepolisieerde aparheidsbedeling aan kultureel ontwrigde swartes normatiewe struktuur kon verskaf, het dit in die nuwe bedeling, waar wetstoepassing tot 'n einde gekom het, verval. In die huidige situasie is swartes as ‘t ware 'buite beheer'.

Bogenoemde sewe punte is 'n resep vir ‘n katastrofe. Hierdie katastrofe intensifiseer by die dag soos meer blankes vermoor word. Onder 'gunstige' omstandighede kan hierdie toestand in 'n algehele orgie van massale geweld en dus volskaalse volksmoord ontaard. Gegewe dat die situasie aan die agteruitgang is, beweeg ons binne die huidige bestel gevaarlik naby daaraan. Ek wil sover gaan as om te sê dat tensy iets die rigting drasties verander, ons op 'n volskaalse bloedbad afstuur.

Selfs al volg daar nie 'n skielike bloedbad nie, sou bloot die huidige geleidelike toename in geweld jeens Afrikaners niks minder as die geleidelike uitwissing van ons volk meebring nie. Die uitwissing geskied nie net omdat 'n groeiende getal slagoffers hul lewens verloor nie, maar daar is ook die duisende wat emigreer en sodoende uiteindelik in vreemde lande vir ons volk verlore is. Benewens die biologiese uitwissing is daar verder die ekonomiese en kulturele uitwissingsprogram wat deur die ANC teen ons gevoer word (meer daaroor 'n volgende keer).

Die ergste skade is die emosionele letsels aan duisende Afrikaner slagoffers wat aanvalle oorleef en/of familie van slagoffers is. Met ons lae geboortesyfer, emigrasie, verliese weens moorde en emosionele demoralisering weens die totale aanslag sal ons volk nie gedy nie. Dit is ongetwyfeld reeds volksmoord. Binne die huidige bestel staar ons hetsy spoedig of geleidelik ons einde in die gesig.

Friday, July 10, 2009

Aankondiging: Komende onderwerpe op Perspektief


Vlad du Plessis sal binne die bestek van die volgende sewe hoofstukke, in komende aflewerings, die Afrikaner se huidige dilemma om oorlewing bespreek:

1) Die huidige bedeling: Waarom swartes blankes sal uitwis

2) Die Malthusiaanse krisis en misdaad as intstrumente vir rewolusie

3) Rewolusie en die onafwendbaarheid van eskalerende volksmoord

4)‘n Volk onder beleg: Die noodsaaklikheid vir weerbaarheid en millitarisering

5) 'n Afrikaner republiek: Die enigste metode vir volksoorlewing

6) Geregtigheid: Die vervolging van verraaiers en linkse propagandiste

7) Die heropbou van volkstrots in ‘n eie vaderland

Saturday, June 6, 2009

‘n Kleiner Afrikaner Pretoria is die werklike toets vir Mulder

Geskryf deur JH du Toit

Praag en die VF+ se beoogde plan om die Pretoria stadsraad oor te neem verdien bespreking. Dit is voorwaar verblydend dat daar nou 'n daadwerklike poging is om vir die Afrikaner 'n streek te bekom.

Die veldtog behels dat die VF+ die stadsraad tydens die plaaslike verkiesing, wat oor twee jaar plaasvind, oorneem. Hierdie gaan gewis nie 'n maklike stryd vir die VF+ wees nie. Nie alleen moet die party die DA verslaan nie, maar boonop moet hulle meer wyke as die ANC wen. Dit is natuurlik 'n skreiende skande dat die ANC Pretoria gekaap het deur naburige swart woonbuurte, selfs oor provinsiale grense heen, daarby in te sluit.

Indien die VF+ die stadsraad sal kon oorneem, sal hulle deur middel van bestaande wetgewing en die grondwet die stad in die rigting van 'n outonome Afrikaner-gebied kan bestuur. Natuurlik is daar nog die internasionale volkerereg wat ook aangewend kan word, indien nodig.

Ek wil egter aanvoer dat, om beheer oor Pretoria te verkry, daar nie gewag moet word tot die verkiesing nie. Ons moet nou reeds voor die verkiesing 'n onafhanklike Pretoria opeis. Ten eerste moet 'n petisieveldtog gevoer word waarin die Afrikaner op die area aanspraak maak met die doel om 'n munisipaliteit in eie reg te vorm. So 'n verkleinde munisipalitiet sal dan los staan van die groter en verswarte "Tshwane". As Pieter Mulder daadwerklik Afrikaner-belange in die kabinet wil bevorder, behoort hy die verkleinde Afrikaanse munisipaliteit by sy kollega, Jacob Zuma, te beding. Of Mulder werklik iets kan doen hang sekerlik daarvan af of hy bloot deur Zuma geko-opteer is. Indien Mulder niks vir ons saak kan doen nie, moet ander kanale ondersoek word, maar terselfdertyd moet Pieter Mulder dan maar uit die politiek tree. Die VF+ kan dan maar ook ontbind.

Indien Mulder 'n verkleinde Afrikaner-munisipaliteit voor die verkiesing kan beding, kan dit redelik seker wees dat die VF+ die nuutgestigde munisipaliteit met 'n Afrikaner-stemvee sal oorneem. Kiesers sal die VF+ beloon deur vir hulle - en nie vir die DA nie - te stem. Pretoria sal dan 'n ware Afrikaner-stad wees. Daarna is dit ons plig om outonomiteit te beding.